Creation Science Information & Links!
Tuisblad
Gereelde Vrae
Skakels
AF Artikels
Boeke
Visuele beeld
MP3
Videos

Afrikaans
العربية
Български
简体中文
繁體中文
Hrvatski
Čeština
Nederlands
English
Afrikaans
Arabic
Bulgarian
Chinese CS
Chinese CT
Croatian
Czech
Dutch
English
Français
Deutsch
Ελληνικά
עִבְרִית
Magyar
Indonesia
Latviešu
Norsk
Polski
French
German
Greek
Hebrew
Hungarian
Indonesian
Latvian
Norwegian
Polish
Português
Română
Русский
Српски
Slovenčina
Español
ภาษาไทย
Українська
isiZulu
Portuguese
Romanian
Russian
Serbian
Slovak
Spanish
Thai
Ukrainian
Zulu

 
    F A Q            Ver. 2.5
Gereelde vrae
http://www.creationism.org/afrikaans/creationism_faq_af.htm

'n Groot verskeidenheid vrae word elke week ingestuur.
Ons hoop dat hierdie vraag en antwoord sessie die algemene
vrae en uitdagings wat jy het sal beantwoord.

   Is jy van lotjie getik?

Mmmm ... moeilik om te sê.

   Hoe kan jy so onkundig wees?

Het ons al ontmoet? Onthou asseblief daar is 'n persoon aan die ander kant as jy so 'n (vergewe my) onkundige stelling maak dat een van ons onkundig of dom is.

   Is die kernuitgangspunt van die skeppingsleer dan nie: "God het so gesê, dis wat ek glo, einde van die storie" nie?

Vir sommige mag dit dalk wees, ja. Maar kan mens nie in antwoord daarop sê dat die kernuitgangspunt van die evolusieleer vir die meeste aanhangers: "Wetenskaplikes sê so, dis wat ek glo, einde van die storie" is nie?

   Wanneer hou jy op om die wetenskap teen te staan?

Wanneer hou jy op — om jou vrou te slaan? Met ander woorde die vraag impliseer iets wat nie waar is nie. Soms is die minderheid wetenskaplike, redelike persone wat 'n teorie voorstel nogtans diegene wat later reg bewys word. Ons is nie gekant teen die wetenskap uit die staanspoor nie.

Onthou dat die stigters van die moderne wetenskap almal die skeppingsleer voorgestaan het, mense soos Newton, Kepler, Pascal, Boyle, Galileo en baie ander. Volgens hulle verstaan van die heelal is daar 'n logiese, Goddelike Skepper wat hulle die grondslag gegee het om die natuurwette van Sy skepping te ontdek en om Sy gedagtes te oordink. On sdoen dieselfde wanneer ons besef dat ons in 'n logiese ontwerpte heelal lewe. Die idee dat alles wat ons om ons sien vanself ontplof het deur lukraak toeval? (Oerknal/Big Bang) Skeppingsleerders gerugsteun met wetenskaplike feite hou voor dat die getuienis sterk daarteen getuig.

   Wat van die dinosourusse?

In 'n neutedop moes hulle saam met die mens geleef het oor die duisende jare van ons bestaan en het hulle oënskynlik net voor die moderne tyd feitlik almal uitgesterf. Onthou die woord 'dinosourus' is maar 170 jaar oud. Legendes van gevaarlike reptielagtige kreature (of drake) word deur ons voorouers regoor Europa, vanaf China en die res van Asië, regoor die Amerikas (Noord-, Suid- en Sentraal-) en selfs in Afrika vertel. Hoekom moet al hierdie legendes/oorleweringe (wat strek oor al die bewoonde vastelande nê) as bog afgemaak word net om die teorie van evolusie geloofwaardigheid te gee? Met wetenskaplike ondersoek is dit belangrik om die getuienis van die interpretasie daarvan te skei. Die getuienis is dat daar groot, gevaarlike reptielagtige kreature in die verlede geleef het. Ons sien hulle beendere, vasgelegde geskiedenis en voetspore: Alles sterk getuienis. Die interpretasie dat hulle miljoene der miljoene jare gelede uitgesterf het is wat skeppingsleerders en evolusioniste skei. Talle verhale in vasgelegde menslike geskiedenis van mense wat gedood word deur drake/dinosourusse en groepe mense wat saamspan om hulle aan te val in weerwraak is duidelik aan ons kant ... soos die feite wat aan skeppingsleerders beskikbaar is elke jaar groei.

   Het dinosourusse dan nie 65 miljoen jaar gelede uitgesterf nie?

Daar is goeie getuienis dat die aarde slegs duisende jare oud is.  In BOOKS  (boeke), sien Dr. Ackerman se boek It's a Young World After All.  Die "65 miljoen jare" is 'n onlangse uitvindsel van die menslike denke. Evolusie verskaf 'n verstandelike wegkruipplek vanaf 'n magtige Skepper. Evolusie beweer (op teologiese gronde) dat ons God swak is en nie bestaan nie, nie waar nie? Dink daaroor wat evolusie beweer oor ons oorsprong. Drake (soos in die vorige vraag bespreek) is deur mense waargeneem en soms deur ons voorouers beveg op alle vastelande. Ons voorouers het hul eerlike waargenome aanblik van groot, gevaarlike reptielagtige kreature neergepen. Hulle moes derhalwe saam met mense geleef het. Toegegee, van die stories het stertjies gekry, maar die feit van die saak is dat mense en dinosourusse (drake) in dieselfde eras geleef het bly akkuraat. Hulle het in verskillende plekke geleef... maar terselfdertyd — totdat hulle tot uitsterwing gedryf is. (Daar is steeds 'n paar lewende dinosourusse daar buite, net so terloops.)

   4004 v.C. ... jy kan nie ernstig wees nie!!

Daar is eintlik 'n hele paar weergawes van wat 'skeppingsleer' (creation science) genoem word. Sommige skeppingsleerders neig baie sterk om die meeste van die evolusionêre vertolkings te aanvaar maar hulle aanvaar nie dat lewe vanself ontstaan het nie. Hierdie skeppingsleerders redeneer dat daar 'n aanvanklike oorsaak ("Eerste Oorsaak" of "First Cause") was m.a.w. "Iemand" ... wat die eerste gebeurtenisse aan die gang gesit het en dat evolusie die proses was wat deur hierdie "God" gebruik is om alles daar te stel. Vanaf www.creationism.org ee ons skakels na 'n paar van hierdie webblaaie indien jy sou belangstel . Maar ander skeppingsleerders, soos dié wat tot hierdie webruimte bydra, het bly leer... en het tot die verstaan (of geloof as jy so verkies) dat daar nie regtig enige goeie wetenskaplike getuienis is wat evolusie ondersteun nie: Daar is geen manier wat die aarde meer as 10 000 jaar oud kan wees nie. Dit is ingewikkeld, maar baie van hierdie "jong aarde skeppingsleerders" glo inderdaad dat die datum 4004 v.C. waarskynlik baie na aan die skeppingsdatum is. Ek weet dit is uiters lagwekkend vir diegene wat glo dat radio-aktiewe datering wel werk, jammer.

   40 Dae en 40 Nagte, regtig?

Eintlik staan daar in Genesis hoofstuk 7 dat die waters hoër as die land gestyg het vir 150 dae en daarna gesak het vir die opvolgende 150 dae. Die totale tyd wat Noag en sy familie in die ark spandeer het was omtrent 'n jaar vandat hulle die ark ingegaan het totdat hulle dit verlaat het. Dit is wat nog altyd duidelik daar gestaan het. Dit lyk egter of dit lekker hard gereën het vir die eerste 40 dae en nagte van hierdie kritieke tyd (daar was ook sterk winde, vgl Gen 8:1). Daar is duidelik geen getuienis dat reën alleen die Vloed veroorsaak het nie en moderne skeppingsleerders het dit nog nooit betwis nie. Vergewe my, maar dit is slegs die evolusioniste wat hierdie valse bewering aan die gang hou ten einde die skeppingsleer, insluitende die Vloed, openlik belaglik te probeer maak.

   Hoe kon al die groot spesies in die wêreld hoegenaamd op Noag se ark inpas?

Die grootste drake (dinosourusse) se eiers wat tot nog toe ontdek is, is die grootte van 'n voetbal. Mens kan byvoorbeeld 'n dosyn bragiosourus eiers in 'n motor se kattebak inpas en nog spasie oorhê! Dit beteken ook dat pasuitgebroeide drakies nie baie groot was nie. Noag se opdrag was om elke soort dier te bewaar. Hy het nie nodig gehad om die grootste van elke soort te vind nie. Dit was ook nie nodig om subspesies te bewaar nie. Het jy geweet dat die meeste honderasse eers in die laaste honderd jaar ontstaan het? 2 gesonde jong brakkies kon maklik die volledige genoom van die "honde-soort" preserveer. Die Bybel gebruik die woord "soort" vir die verskillende vorms van lewe. Perde en sebras kan (en het al ge-) paar om lewensvatbare nageslag te vorm; Dieselfde geld leeus en tiers wat beteken dat hulle (volgens die skeppingsleer) heel waarskynlik van dieselfde oorspronklike diere afstam. Honde en wolwe (hoewel hulle as verskillend beskou word deur die mens vandag) het waarskynlik ook van dieselfde "soort" ontstaan. Daar is 'n paar groot diere (wanneer uitgegroei) natuurlik: kameelperde, olifante en T Rex onder andere. Maar die gemiddelde diergrootte is omtrent die grootte van 'n skaap, m.a.w. in die drie verdieping ark was daar genoeg plek om die verskeidenheid diere plus hul kos te akkomodeer. Ontwikkeling van verskillende spesies vanuit hierdie oorspronklike soorte kon maklik voortgaan. Uit 'n wetenskaplike oogpunt dui dit op ongelooflike variasie in die ontwerp, nie waar nie?

   Selfs al was die atmosfeer 100% versadig met damp en dit het begin reën sou daar nie genoeg water wees om al die vastelande te bedek nie! Die Vloed kon nie plaasvind nie: Erken dit!

Hierdie is 'n algemene aanklag en is verwant aan die tweedelaaste vraag hierbo. Dit wat ons van die vloed lees in Genesis was Noag se waarneming en is nie noodwendig die volle verhaal van die gebeure wat dit voorafgegaan het nie. Daar word glad nie van ys melding gemaak nie en ons weet dat die stygende watermassa (Vir die eerste 150 dae) saamgeval het met die aanvang van die 40 dae se reënval en dat die fonteine van die dieptes oopgebreek het — 'n stelling wat baie stof tot nadenke laat. Reën het nie die Vloed veroorsaak nie, maar hierdie simptoom van die aardskuddende gebeurtenis was van meet af daar.

   Soutwater wat oor die vastelande gestroom het sou alle plantlewe vernietig het, reg?

Het jy al ooit suiker by jou koffie gegooi en vergeet om dit te roer? Hoe het dit geproe? Voor die Vloed was die oseane nog nie "geroer" nie. Die oseane was waarskynlik nog nie versadig met minerale voor die groot vloed toe die water met geweld oor die landmassas gestroom het nie. Ons weet ook dat natuurlike heel plantsade (Nie hibriede wat soos die voorgenoemde honderasse minder robuust is nie) baie gehard is en rond kan tuimel en selfs vir maande kan oorleef terwyl hulle in water dryf en sodoende vervoer word. Vanuit die fossielrekord lyk dit of sommige planttipes (en seekreature) tog nie die Vloed en klimaatsveranderinge daarna oorleef het nie. Katstert (Cattails), byvoorbeeld het tot 60 voet hoog gegroei vantevore, maar vandag se eksemplare word selde hoër as drie voet. Die moderne wêreld is maar 'n skaduwee van wat dit was.

   Was die vloed van Noag dan nie net ‘n plaaslike vloed nie?

Onmoontlik. Sommige beweer dit tot vandag toe, maar Genesis is duidelik dat God van plan was om alle land te vloed; alle mense, diere en voëls wat nie saam Noag op die ark was nie sou verdrink. Die gemiddelde mens kan ongeveer 3MPH, reg? In 10 ure kan ‘n mens dan ongeveer 30 myl (50km) loop. In 100 dae van loop sal dit moontlik wees om ‘n paar duisend myl af te lê, reg? (Dink aan Amerikaanse pioniers met hul waens wat Noord Amerika deurkruis het deur weswaarts te beweeg met hul waens oor ‘n tydperk van een lang seisoen.) Indien God ‘n “plaaslike vloed” sou stuur hoekom het Hy dan nie dat Noag ‘n “Noag se Wa” bou nie? Noag kon net ‘n paar valleie en dale oorgetrek het om so ‘n plaaslike vloed te ontsnap. Geologies sien ons diep sedimentêre lae reg oor die kontinent. Die meeste sedimente word neergelê deur water. Diep eenvormige dik lae wat lateraal strek oor honderde vierkante myl dui op ‘n eenmalige gebeurtenis in die verlede wat geweldige afsettingsomgewings prosesse teweeg gebring het wat ons nie vandag sien gebeur nie. Sulke diep lae deurtrek van steenkool en olie reserwes (geperste vorige lewe), is op alle kontinente wat op ‘n globale vloed dui.

Dit was ‘n globale vloed. Dit word onthou in legendes/geskiedenis van reg oor die wêreld, nie slegs net in die Hebreeus nie. Wat is jou uiteindelike fondasie vir die waarheid? Is dit “wetenskap, sogenaamde valse” navolging van tendense en geloof van tydelike konsenses?, of is dit die Woord van God met die erkenning dat die oorgroter meerderheid van wetenskaplikes soms verkeerd is...? Vir meer as ‘n 1,000 jaar vanaf Ptolemy tot Galileo was wetenskaplikes verkeerd in hul denke dat die heelal om die aarde roteer, reg? Galileo se vervolging deur die kerk was afkomstig van hul ondersteuning van (wat hulle gedink het) “wetenskap” deur wetenskaplikes aangebied in daardie dae. Kerk leiers het hul eweknieë ondersteun bo die mening van Galileo wie voorgestel het dat die Griekse wiskundige Ptolemy se teorie (van oor die 1,000 jaar) verkeerd kon wees. “Vertrou die meerderheid van wetenskaplikes”? omdat hulle moet reg wees...? Nee, somtyds is die meerderheid verkeerd. Hulle was verkeerd in hul denke dat die heelal om die aarde roteer en daar is goeie bewyse dat hulle vandag ook verkeerd is in hul voorstelle dat ons maar net bestaan as gevolg van ‘n kosmiese ongeluk wat ontplof het vanuit niks en vir geen rede nie. Net soos ‘n statistiese gebeurtenis met geen God om aan te antwoord nie, so leef jou lewe vir die heir en nou; mense maak die reëls; menslike konsensus is die hoogste gesag.

   Het die Scopes Verhoor in 1925 (die Monkey Trial) nie bewys dat evolusie gewen het en die skepping verloor het nie!

Dit is wat die liberale media en Hollywood konsekwent oor berig sedert dien.

   Hoekom is jy onverdraagsaam teenoor die geloof van andere?

Ek skakel en berig oor beide kante van hierdie belangrike kwessie ... anders as ... wat die liberale media en Hollywood doen oor die jare heen.

   Julle plat aarde kreasioniste maak my siek!

Hierdie is nie ‘n vraag nie, per se, maar weergawes van hierdie tipe kommentaar is algemeen. Hulle is gewoonlik afkomstig vanaf jong mense wie kreasioniste (of enige iemand anders wat met hulle verskil oor enigiets) op hul plek wil sit. (O, om weer jonk te wees!  :-)

Jy weet, een ding wat ek voorheen vrylik verklaar het voor skeptiese groepe is dat as hulle geheel en al verskil van my gevolgtrekkings, dat hulle asseblief die bewyse sal evalueer op meriete. Die mense wie die nuutste teorië opmaak 10 of 20 jaar van nou af, is diegene wie ook bewyse kan insluit wat saggies verontagsaam word deur spesialiste van hierdie generasie omdat die data nie by hul teorië pas nie (sien volgende aanhaling onder).

   Radioaktiewe datering bewys dat die skepping nie kon plaasvind nie, reg?

Kreasioniste staan op die kant van toetsbare-herhalende wetenskap. Nou ja, weereens, kreasioniste is diegene wie staan op die kant van wetenskap. Evolusioniste verwerp saggies wetenskap wanneer dit hulle pas! Rotse kom nie met datum stempels gestempel op hulle nie net so het niemand nog gesien dat hulle verouder oor (hulle glo) miljoene jare nie. Radiometriese datering is een derde feit en twee derdes aannames en kan nie herproduseer word nie. Lawa vloei wat plaasgevind het in aangetekende geskiedenis het radiometries gedateer as miljoene jare oud. Dit gee ons geen geloof in die huidige raai-skattings van die aarde se ouderdom nie.

Daar is waarneembare koolstof op en naby versteende draak bene. (Deur die huidige evolusionêre teorie, moet hierdie bene ten minste 65 miljoen jaar oud wees, reg?) Kreasioniste het van die koolstof afgeskraap en stuur van tyd tot tyd hierdie monsters weg na laboratorium vir (C14) datering;die resultate wys dat die dinosourus-geassosieerde koolstof maksimum 1,000 jaar oud is. Wetenskap seevier. Evolusioniste is bekend daarvoor om kwaad te raak wanneer kreasioniste later publiseer waarvandaan die koolstof kom. ‘n Ander voorbeeld is die nuwe lawa wat afkomstig is vanaf Mount St. Helens.  Dit is skaars 35 jaar oud maar radioaktiewe datering (K-Ar) wys dat dit ‘n miljoen jaar oud is! ...Iets is baie, baie verkeerd hier. Pompeii en Hawaii het ook historiese vulkaniese vloei wat bewys dat K-Ar datering nie werk nie. Nogtans klou die evolusie hoë priesters vas aan sogenaamde antieke tye omdat daar geen ander beweerde “bewyse” is wat hulle ‘n aarde ouer as 10,000 jaar kan gee nie. Alle groot riviere en watervalle wys dat die aarde slegs duisende jare oud is. Die mite-eons jare het eenvoudig nie plaasgevind nie. Hierdie is wetenskap; toetsbare-herhalende wetenskap is waarvan ons praat. Hierdie toetse ... kan herhaal word, wenk, wenk.

   Wat dan van die fossiel rekord?

Die “kreasionis se beste vriend” (die fossiel rekord) wys steeds ‘n duidelike tekort aan oorgangsvorme. Ja, elke generasie van evolusioniste het ‘n paar nuwes, maar nie een van hulle het die toets van tyd to dusver deurstaan nie. Die afgelope tyd probeer hulle baie hard om te eis dat “dinosourusse vere gegroei het” om hulle tydelike evolusie teorie te probeer bewys. Dit sal ook faal. Wag en sien. (Hulle het egter goeie kunstenaars nê?) Hulle het fantastiese illustrasies van “waarskynlike” tussentydse vorme sonder die geringste wetenskaplike bewyse om dit te staaf nie. Dit is hartseer om te dink wat hulle aan die kinders doen met sulke propaganda.

   Menslike (hominied) evolusie is ‘n FEIT! Erken dit!!

Mense wie vandag leef verskil in kraniale kapasiteit van omgeveer 700 cc tot 2200 cc, met geen verhouding van brein grootte tot intelligensie nie. (Die gemiddeld is ongeveer 1300 tot 1350 cc; in kubieke sentimeters.) Ek het in Tokyo, Japan gebly vir 5 jaar. Hulle gemiddelde “brein grootte is baie kleiner as myne (as ‘n lang wit mens) maar ek jou verseker dat die Japanese baie slim mense is. As ons na rekenaars kyk kan ons argumenteer dat stroombane wat nader aanmekaar is, meer doeltreffend en vinniger is, ... met ander woorde ‘n kleiner brein grootte mag dalk nie ‘n nadeel wees nie, reg? Wanner evolusioniste ou stom skedels langs mekaar uitstal van klein na groot (en met opset die antike skedels wegsteek wat groter is as vandag se gemiddeld), maak hulle valse aannames om ‘n skakel te plaas tussen brein grootte en intelligensie – verwaarlosing van rede! En, hulle radioaktiewe datering metodes werk in die eerste plek nie (soos bo gestaaf), met ander woorde, hulle het geen idee hoe oud elke skedel is nie.

Verskoon my, maar wat gebeur met die bene van ‘n mens wie nie genoeg kalsium in hul dieet het nie? Of indien hulle koper ontbreek byvoorbeeld, dit sal ‘n nadelige effek hê op die ontwikkeling van die brein. Indien mense in die verlede slegs lokale voedsel geëet het... (bly by my hier) en die lokale grond in verskillende plekke ‘n gebrek an selinium of magnesium of yster of enige ander getal van minerale gehad het ... dan sal dit ‘n effek op elke persoon en dier hê in hul onderskeie area oor generasies heen, korrek? Wanneer ons nou kyk na hominied fossiele agtergelaat, kom ons orrweeg dan al die logiese wetenskaplike moontlikhede (insluitend potensiele ingeteelde defekte), en nie net die selektiewe onwaar evolusionere steekproewe van die letterlike duisende hominiede oorblyfsels nie (die wegsteek of ignoreer van die groter meerderheid van hulle nie!), om die tydelike evolusie teorie te probeer publiseer en toe te rus met geloofwaardigheid – met ander woorde, hulle verkondig evolusie ten alle koste ten spyte van fossiel bewyse. Ons gaan ‘n duur prys betaal indien ons hulle laat wegkom om die publiek te mislei met valse, gedokterde bewyse. Die fossiel rekord (die kreasionis se beste vriend) wys dat elke soort altyd verskille getoon het binne elke soort, wat die bewys is vir ‘n geweldige wyse ontwerp.

Wat maak evolusie? (Ja, ek vra JOU ‘n ernstige vraag!) Dit vervul ons behoefte aan ons oorsprong. Dit is nie toetsbaar-herhalend nie. En wanneer kreasioniste wys dat evolusie teen wetenskaplike bewyse staan, word die evolusioniste kwaad. Kwaad? Verskoon my? Ek dog dit is “wetenskap” ... die vrye uitruiling van idees en bewyse en al’s. ons bedreig hulle godsdiens. Wie is ons as mens? Hoekom is ons hier? Waarheen gaan ons? 3.5 biljoen basis pare vir menslike DNA. Wow! Ek het nie genoeg geloof om te glo in ewekansige verandering vir ons oorsprong nie. Hierdie is anders ... anders as ander tipes wetenskap, is dit nie?

   Weet almal dan nie dat “skeppings wetenskap” ‘n oksimoroon is nie?

Dit is die uiteindelike antike geskiedenis waarvan ons praat – ons oorsprong. Dit maak dit ‘n omstrede onderwerp wat ons diep raak. Baie diep inteendeel en dit maak dit ‘n bedreiging. Dit is anders as ander tipes wetenskap. Daar is ‘n God daarbuite wie beide ons geskape het en die reg het om ons te oordeel na die huidige lewe, na die tyd van studie en toetsing, ons is dwase indien ons sterk staan teen realiteit, ons gesamentlike oë sluit en in massas verkondig dat Hy nie bestaan nie. Ons is darem klein, beperkte skepsels verbind aan ‘n sagte blouerige albaster in die ruimte wat eenkant van ‘n spesifieke sterrestelsel is; beperk tot 5 sintuie ook. En sommige van ons “slimste” mense, wie verkondig dat hulle wys is, neem aan dat alles ‘n moet antwoord moet wees betreffende ons beperkte verstandhouding of anders bestaan dit nie? “Evolusionêre wetenskap” met sy gepaardgaande hubris mag selfs ‘n oksimoroon wees, maar nie die term “skeppings wetenskap” nie, wat eerstens erken dat ons en ons eenvoudige verstand nie die middelpunt van alles is nie.

   Kreasioniste publiseer nie vir wetenskaplike eweknie resensies nie, wat bewys dat hulle nie goeie wetenskap toepas nie, reg?

Wel ... dit is vreeslik gemaklik dat dieselfde ivoortoring voogde wie afgekeurde manuskripte verwerp omdraai en kreasioniste blameer dat hulle nie toegelaat word om kwaliteit navorsing te publiseer in hulle wetenskaplike publikasies nie.

Die oorlede Dr. Henry Morris van die Institute for Creation Research het uitgewys dat daar baie kreasionis wetenskaplikes is wie werk in die industrie of wie in die gesondheid professie is, maar dat die antie-kreasionis vooroordeel so intens in die akademie is dat niemand openlik kan praat of skryf teen evolusie nie sonder om verstoot te word of afgedank te word nie. Eweknie resensensie onder eweknie druk terwyl in kompetisie vir respek en loopbaan bevordering het sy limiete. Evolusie het besluit dat daar geen “God” is (geen van enige gevolg nie) om aan verantwoording te doen nie wat beteken dat meslike konsensus die hoogste staatsaak is vir oordeelkundige waarheid.

Hoe kan enige persoon wie evolusie onderrig, vry breek van die geledere en hoop om sy of haar werk te behou? Om vry te breek van die (nie God vresende) konsensus maak een per definisie, verkeerd; verstaan dat met geen “God” om aan verantwoording te doen nie, korrupsie sterker sal groei tensy dit van buite gebreek word (nie anders as enige korrupte polisie departement, politiese bewind of valse godsdienstige hiërargie) nie.

Die gerespekteerde Creation Research Society het tans ongeveer 650 lede, van wie almal gevorderde grade het in wetenskap. Baie van die lede het al puik wetenskaplike artikels gepubliseer. Die CRS publiseer ook ‘n gereelde wetenskaplike joernaal en ‘n twee-maandelikse nuusbrief met ‘n verskeidenheid van wetenskap gebaseerde artikels.

   Evolusie is wetenskap; kreasionisme is ‘n godsdiens

Hierdie verklaring deur spotters is algemeen. Ek reageer gewoonlik kortliks op sulke onvoorbereide opmerkings. Ek sal noem dat evolusie 'n geloofsproses is om ons oorsprong te verduidelik. Dir is nog nooit bewys gedurende duisende jare van menslike boerdery nie. Daar is steeds geen bona fide oorgangs fossiele nie; nie 'n enkele een nie. Die sogenaamde geloofwaardige radio-aktiewe datering metodes om miljoene ("mistieke"-eons) van jare, dra geen gewig teenoor toetsbare-herhalende weteskaplike studies nie. Hier moet ek erken dat ek somtyds die woorde in die debat verander, vir die effek daarvan. Ek sal eerder die "kreasionis wetenskap vs die godsdiens van evolusie" bespreek. Makro evolusie (van molekule tot man, automaties oor tyd) word sterk in geglo deur hul aanhangers maar dit is nie die enigste teorie in die dorp nie.

   Wat is die verskil tussen makro-evolusie en mikro-evolusie?

Makro-evolusie is die teorie dat een soort lewensvorm in 'n ander kan verander gegewe genoeg tyd en toeval. Mikro-evolusie daarenteen is die waargenome biologiese proses wat nasate soortgelyk (maar duidelik nie klone van nie) hulle voorgangers toon. (Is dit nie verstommend dat die Skepper sulke outomatiese veranderbaarhid in elke soort ingebou het nie!) 'n Kind erf gewoonlik sigbare eienskappe van beide ouers, ens. Mikro-evolusie is 'n wetenskaplike konsep. Dit is hoe die Skepper alle lewe ontwerp het sodat spesievorming (Eng: speciation) kon plaasvind binne elke 'soort' lewensvorm. Wees op jou hoede — wanneer evolusioniste bewyse lewer van veronderstelde makro-evolusie is dit ALTYD gevalle van mikro-evolusie wat aangehaal word, terwyl hulle hoop dat jy nie die verskil sal agterkom nie. Mendel se genetiese wette wys hoekom mikro-evolusie nooit sal lei tot makro-evolusie nie.

...Daar is baie ander vrae en variasies van vrae en uitdagings wat mense stel. Hopenlik sal hierdie vrae en antwoordsessie sommige van die vrae waaraan jy gedink het aangaande hierdie belangrike onderwerp beantwoord. As jy 'n Godvresende mens is, moet jy om leiding bid aangaande hierdie fundamentele kwessie. Nadat jy albei kante van die munt beskou het — mag jy dalk tot ander insigte kom, maar oorweeg ten minste die moontlikheid dat die rede vir alles wat hier geskryf en geplaas is, is dat ons hoop dat jy dit opbouend en insiggewend mag vind.

======

Ten tye van die sondeval het Adam en Eva direkte kontak met ons Maker verloor. Dit was ongeveer 6 000 jaar gelede. Tydens die daaropvolgende geslagte was dit 'n voortdurende stryd om ons plek in die heelal te bewaar en oor te lewer aan ons nageslagte hoe ons weer ons regmatige verhouding met die Maker kan herwin. Soos ons voorouers uiteengespat het na die Sondvloed het hulle meer as 250 verhale van oorlewering aangaande die vloed aan hul nageslagte oorgedra! Daar is geen kultuur op aarde waarvan die geskiedenis meer as 5 000 jaar terugdateer nie. Dit geld vir almal regoor die aarde. Ten spyte daarvan het daar oor die afgelope 200 jaar baie druk van die 'moderne mens' gekom om totaal van ons ware geskiedenis van 'n paar duisend jaar in geheel te vergeet, net om vervang te word met die mitiese 'miljoene' veronderstelde jare, dat ons kosmiese ongelukke is en teen ons Maker te staan moet kom. Vreemde wesens (Eng: "Aliens") (m.a.w. gevalle engele; die gestorwe geeste of valse gode van ouds in nuwe baadjies) sal binnekort kan instap om die valse leer van anti-geskiedenis vir eie gewin te versterk. Moet asseblief nie val vir die geestelike misleiding van evolusie en alles wat met die geloof in evolusie gepaard gaan nie.

Ek gaan alles afsluit met die gebed dat selfs ateïste en anti-teïste saggies en opreg kan bid: "O Skepper, as U bestaan en my kan hoor, help my asseblief."  Neem net daardie eerste stap.  Ons is nie alleen in die heelal nie.

Paul Abramson,  Redakteur van:  www.creationism.org
 


Ander skeppingleer Vraag-en-antwoord sessies:  (Almal in Engels)
 

CMI • Creation Ministries Intl. - Creation Answers  FAQ

ICR • Institute for Creation Research  FAQ  

CSC's  "In the Beginning"  - Full Index  

AIG • Answers In Genesis  FAQ





(Media/Reporter Info)  Creationism.org's - "Press Release"

 

<http://www.creationism.org/afrikaans/creationism_faq_af.htm>

Tuisblad
Gereelde Vrae
Skakels
AF Artikels
Boeke
Visuele beeld
MP3
Videos