Kreasionisme is die teorie dat die mens, die aarde, en die res van die heelal oorspronklik geskape is, eerder as om lukraak te ontplof het vanaf niksheid na toevallige bestaan.
Ons bewoon die oppervlak van 'n klein, voortreflik afgewerkte, outonome, self-regulerende ruimte voertuig. Hand aan hand met oorlewing, verowering en die dood, lewer ons getuienis van skoonheid, geure, liefde en musiek. Dink hieroor na. Wiskunde, filosofie, lente, verdorwenheid, boerdery, hofmakery, kwasars en kougom; alles het bloot uit niks ontstaan nie?, gevorm deur die toeval…?
Van al die generasies wat tot dusver die Aarde bewoon het, het ons die minste verskoning daarvoor dat ons nie die stille teenwoordigheid van Die Wetenskaplike Wiskundige herken wat alles om ons in beweging gebring het nie. Ons behoort in ontsag te staan, nie aanmatigend of skepties nie.
Ongeveer 3 000 jaar gelede het Koning Dawid van Israel die volgende geskryf: ( Psalm 8:4-5 ) "As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het - wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?"