Click for: CSSHS Archive Main Page
Vol. VII • 1984 • v07n2p18       http://www.creationism.org/afrikaans/monotheism_af.htm


Noag se Vloed
Die Oorspronklike Wêreld van Monotheisme
deur Roy L Hales
Alle mense van die aarde het op ‘n tyd Die Enigste Werklike God geken, maar later het hulle nie meer Hom in hulle harte aanbid nie en hulle het Hom ook nie gehoorsaam nie.

Toring van Babel

Ongelowiges het gereeld opmerkings gemaak aangaande die uniekheid van die Judese Christen nageslag, maar Skriftuurlik (Die Bybel) wys duidelik aan dat die HELE mensdom eertyd God geken het.

Toe Noag, na die Sondvloed, ‘n altaar gebou het, Genesis 8:20-9:17, en vir die HERE van al die rein diere en al die rein voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring, is sy hele familie van die voor-vloed mensdom, deur die HERE geseën. Die mensdom het later in Shinar gesetel, (wat later Mesepotamia/ Sumeria geword het) waar hulle ook die Toring van Babel gebou het. Joodse tradisie onderhou dat God die mensdom aangemoedig het om die aarde te vul en te kolonialiseer, maar hulle wou nie, dus het God hulle tale verwar, en het hulle daardeur gedwing om uit mekaar te spat. (1) Noag se afstamelinge het geseil en te voet vêr afstande geloop en sodoende vêr gemigreer in ‘n relatiewe kort jaar tal.

Dus het die eertydse Egipte, China, Sentraal Amerika en ander streke, gou bewoon geraak met hulle tegnologie, gesofistikeerde eertydse taal en spoedig het verskeie kulture en gebruike tot stand gekom. Soos tyd verloop het die Momothestiese geloof in hulle gedagtes in die niet in verdwyn.

Opvolgende generasies van die mensdom het al hoe meer verwyder geraak van hulle Skepper, soos wat daar opgeteken is in Romeine 1:21-24 en so omskryf word:

Die Skepper het ‘n enkel familie gekies om sy aanbidding voort te sit, uit hierdie familie, wat spoedig ‘n nasie sou word, het daar lewende profete van die oorspronklike monotheisme, uitgestam. Ons sien toe Abraham in Kanaan was, het hy vir Melgisédek, die priester van die Aller Hoogste God (Genesis 14:18-20) ontmoet. In die Ou Testament, in die boek Númeri, hoofstuk 22 tot 24 word beskryf hoe die profeet Bíleam, van Siria of Iraq, (2) versoek was om Abraham se afstamelinge te vervloek voor hulle oorwinning oor Kanaan. ‘n Studie van verskeie wêreld tradisies echo die bostaande skriftuurlike beginsel dat oorspronklik het die mensdom die Here gevolg, en toe verdwyn dit. (3)

... Die “sleutel” vroeë beskawings van Sumeria, Egipte, India, China en Mexiko, wys tekens dat almal monotheisties was. Selfs primitiewe mense van Afrika, Noord Amerika en Japan omhels die gedagte van ‘n enkel Skepper God, maar vir alle praktiese doeleindes het hulle later hierdie gedagte verwerp en hang hulle die geloof van voorvader geeste aan. ...

Daar is baie bewyse van die verlies van die oorspronklike wêreld van monotheisme en afwaartse beweging na heidendom. Die “sleutel” vroeë beskawings van Sumeria, Egipte, India, China en Mexiko, wys tekens dat almal monotheisties was. Selfs primitiewe mense van Afrika, Noord Amerika en Japan omhels die gedagte van ‘n enkel Skepper God, maar vir alle praktiese doeleindes het hulle later hierdie gedagte verwerp en hang hulle die geloof van voorvader geeste aan. Die reis van monotheisme na geestes aanbidding in die geval van Sumeria, Egipte, Indië, China en Mexiko, het daartoe gelei tot die aanbidding van baie gode.

    MONOTHEISME IN SUMERIA, EGIPTE EN INDIË
Die bewyse vir die oorspronklike motheisme in Sumaria, Egipte en Indië is lank al bekend. Argioloeë het ontdek dat hoe verder terug hulle in die geskiedenis delf, hoe meer prominent die lug god, An, verskyn: dus, baie het geglo dat hy die alleen god van Sumeria was. Bewyse van die aanbidding van “Die Een God” in Egipte is meer in oorvloed en terselfde tyd verwarrend. Liedere soos die onderstaande is in oorvloed in die Egiptiese literatuur:

In die lig van die ooglopende oorvloed van die Egiptiese gode, het verskeie kundiges gedebateer of die gode almal verskillende aspekte dek van “Die Een” en of dit verkeie entiteite was wat gekompeteer het om “Die Een” te wees. (5) Van ‘n Bybelse perspektief het hierdie idee van “een-alleen” langer aangehou as wat hierdie kultuur weggebreek het van aanbidding van “Die Enigste Skepper”.

Die monotheistiese nalatenskap van Indië word duidelik ontbloot van hulle vroeë manuskripte, die “Rig Veda” :

    CHINESE MONOTHEISME
Oorspronklik het die Chinese ‘n godheid aanbid met die naam Shang Ti (上帝; Shangdi) wat, deur vertaling, beteken “Opper Here” of “Here Bowenal”. (7) Alle dinge is deur Hom gemaak, alle strawwe en seëninge, kan uiteindelik deurgetrek word na Hom toe. (6) ‘n Ondersoek na die tradisies van daardie tyd toe Hy aanbid was, ontvou ‘n mengsel van Geestes aanbidding en erkenning van God wat nie verskil van die Bybelse koninkryke van Juda en Israel nie. Die storie van een man, Keiser Ch'eng Tang (dateer 1760 V.C.), staan amper identies gelyk aan die Bybel stories.(8) Ch’eng Tang het geleef tydens die bose dae van die laaste keiser, Hsia.

Hy was baie ontwrig deur sy erge misdade, maar wou geen regstellings doen sonder die uitdruklike opdrag vanuit Die Hemel nie. Toe kom daar ‘n stem na hom toe in ‘n droom: “Val aan! Ek sal jou al die krag gee wat jy benodig; want ek het vir jou die hemelse mandaat ontvang.” (9) Ch’eng Tang het toe die Hsia dinastie vernietig en homself as keiser aangekondig. Sy gewete het hom nog gepla, alhoewel, Tang het vir baie jare gewonder of hy wel reg opgetree het. Heelwat later het ‘n swaar droogte die land geteister en Ch’eng Tang het homself gekleed asof hy homself gaan offer en hy het tot God geroep, “moet asseblief nie my volk verniettig terwille van my sonde nie!” (10) Daar word gesê dat dit van daardie oomblik af begin reën het. Ch’eng Tang het God gevolg, soos wat hy God verstaan het, maar sy voorbeeld is uniek in die Chinese arnale opgeteken. Verdere generasies het meer aandag geskenk aan God se wette, maar terselfde tyd het hulle God se persoonlikheid vergeet.

Confucius (511 – 479 VC) het opgemerk dat dit maak nie saak of God bestaan of nie, Sy aanbidding is goed vir die mense. Dit was in sy tyd dat die meer persoonlike titel Shang Ti (Die Keiser Bowenal) verruil vir die meer onpersoonlike opskrif Tien (Hemel).11

    MONOTHEISME TYDENS VROEË MEXIKO
Die vroeë mense van Mexiko het ‘n enkel Skepper God gehad. (Verskeie “kundiges” debateer of Hy aan sy vrou afsonderlike entiteite of verskillende aspekte van dieselfde wese is.) een legende vertel hoe Hy ‘n tuin of ‘n stad gemaak van ewige somer en vloeiende waters het. God het ‘n pragtige boom in die middel gesit en Hy het die ondergeskikte gode beveel om nie daaraan te raak nie. Hierdie ondergeskikte gode het die bevel verontagsaam en het groot stroke van die boom afgeskeur in hulle poging om dit te ontblom. Die resultaat was dat God hulle uit die tuin verban het en het aan hulle verskeie take gegee om te doen. Die eerste mens-paar het ook in in die tuin gewoon en was ook daaruit verban saam met die ondergeskikte gode.(12)

    DIE SKEPPER GOD EN BAIE GEESTE
Die oorskakeling van monotheistiese samelewing na een wat geeste aanbid word uitgebeeld deur baie primitiewe groepe mense wat vandag nog leef. Die wit vel Ainu van Japan, byvoorbeeld, glo in ‘n enkel Skepper God, maar dink dat Hy so vêr weg is dat Hy nie in die mens geinteresseerd is nie: dus aanbid hulle geeste.(13) verskeie Noord Amerikaanse stamme glo dat Die Skepper, geeste aangestel het om as tussenganger tussen hulle en God op te tree.(14)

Die Algonquin stam van oos Kanada het so vêr gegaan om te verklaar dat God, Homself, het hulle vertel om die geeste op te soek.

Hierdie vervreemding van God af word die beste uitgebeeld deur ‘n Wes Afrika vreemdeling, wat die Skepper God van hulle kultuur beskryf:

Bybelse Christenskap leer ons dat Jesus Christus meer magtig is as die bose magte. Hy alleen is ons sterkte in moeilike tye. Ons moet na Hom keer, vra vir vergifnis van ons sondes, aanvaar Sy kruisiging vir ons onthalwe, en glo dat Hy die dood oorwin het. (1 Korintieërs 15: 1-4). Die Skepper God wil ons terug hê! In hierdie opsig is Christenskap NIE ‘n vreemde geloof nie, maar eerder ‘n voltooiing, die herbouing! – dit bring ons terug na die aanbidding van die Waaragtige Enige God, die SKEPPER VAN ALLE MENSE EN ALLE NASIES.

    DIE OPKOMS VAN PANTHEISME
Vanuit ‘n oogpunt gesien waar baie geeste aanbid word, is dit maar ‘n klein sprong na die aanbidding van baie gode. Dit blyk dat die Kananiete halfpad in die prosess was met die aanbidding van hulle opper god, El, tesame met die laer gode. Egipte, Sumeria en Indië word almal lande van baie gode. Die gode van Mexiko is blykbaar sonder telling en word gevind in ontelbare forms in net soveel verskillende kulture. Die Chinese het die idee behou van ‘n enkel hemel, maar die werklikheid van hulle geestelikheid was in spiritisme en okkulte bedrywighede.

    GEVOLGTREKKING
Alle mense van die aarde het op ‘n tyd Die Enigste Werklike God geken, maar later het hulle nie meer Hom in hulle harte aanbid nie en hulle het Hom ook nie gehoorsaam nie. Al wat oorgebly het van hulle oorspronklike geloof van ouds, is die legendes. Die ware aanbidding van God wat deurgegee is in die moderne tye deur die afstamelinge van Abraham. Al het God Sy aanbidding in ‘n enkel familie behoue laat bly, en hulle later ‘n nasie geword het (die Hebrieërs; eertydse Israel), het Hy nie die res van die aardse bevolking vergeet nie, soos die Here aan Abraham gesê het, “En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het” (Genesis 22:18). Twee duisend jaar later het God homself (Jesus Christus) die aarde bewandel in die form van ‘n mens. Een van sy finale bevele aan sy dissipels behels die afstammelinge van daardie wat van Hom afgedwaal het so baie geslagte tevore, "En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom." (Mark 16:15).

    FOOTNOTES/ VOETNOTAS
1  Josephus, Antiquities of the Jews I. iv. 1.
The Companion Bible (KJV), (London: Samuel Bagster & Sons 1970) op bl. 212 is die ligging van Bíleam se tuisdorp Pethor.
3  Rev. Wilhelm Schmitt, Primitive Revelation (St. Louis, Missouri, & London, England: Herder Book Co., 1939) bl. 236-237.
4  E.A. Wallis Budge, Osiris (New Hyde Park, N.Y: University Books, 1961) bl. 357.
5  Dr. Brugsch & Maspero soos verwys na deur Budge, p.140.
6  Rig Veda excerpt from Selwyn Gurney Champion & Dorothy Short, Readings from World Religions (Greenwich, Conn., Fawcett Publ., 1951) bl. 26-27.
7  E. Allie and M. Frazer, Chinese and Japanese Religion (Philadelphia, Westminster Press, 1969) bl. 268.
8  Wing Tsit Chan, A Source Book in Chinese Philosophy (Princeton University Press, 1970) bl. 16.
9  Joseph Campbell, The Masks of God: Oriental Mythology (Viking/Compass, N.Y., 1974) bl. 396.
10  Li Ung Beng, Outlines of Chinese History (Peking, 1914) bl. 15.
11  Wing Tsit Chan, bl. 16.
12  Irene Nicholson, Mexican and Central American Mythology (London, N.Y., Sydney, Toronto: Hamlynn Publications, 1967) bl. 20, 21 & Burr Cartwright Brundage, The Fifth Sun (Austin, Texas & London: University of Texas, 1979) bl. 47, 48.
13  Rev. John Batchelor, The Ainu of Japan (London: The Religious Tract Society) p.252.
14  Schmitt bl. 171-174 & Cottie Burland, North American Indian Anthology (London, N.Y., Sydney, Toronto: Hamlynn Publ., 1965) pp.73, 103-106 & Diamond Jenness, The Faith of a Coast Salish Indian (B.C. Provincial Museum: Anthropology in B.C., Memoir 131 bl. 35, 36.
15  Schmitt bl. 171-174.
16  Nassau, Fetishism in West Africa, bl. 36-37 soos verwys word na Budge bl.369.


"Die Oorspronklike Wêreld van Monotheisme"
<http://www.creationism.org/afrikaans/monotheism_af.htm>
 Original English:  <http://www.creationism.org/csshs/v07n2p18.htm>
CSSHS • Creation Social Science & Humanities Society • Quarterly Journal

Main:  Afrikaans
www.creationism.org