Versteenkoolde Eike Stomp Gevind
http://www.creationism.org/afrikaans/OakStumpUkraine_af.htm
©2007   deur Yuri Petetsky
‘n Interesante ontdekking is gemaak reg in die hartjie van Ukraine, in die Cherkasy streek, naby die stad Kaniv (100km suidoos van Kiev). Dit was die laaste heenkome van die Ukraiense digter Taras Shevchenko.
Tydens die uitgrawing van die fondamente met die konstruksie van die Kanivska hidroelektriese kragstasie is ‘n eikehoutstomp gevind in alluviale sand op ‘n diepte van 22m (65ft).

Hierdie gebied is redelik plat, soos die meeste van die Ukraiense landskap met die uitsondering van die Krimeense skiereiland en die Carpatiaanse in die weste. So daar is nie veel vulkaniese aktiwiteit nie, en die temperatuur op hierdie diepte is ook laag.

Uitsig van die regterbank af, die graf van Taras Shevchenko, stroomop Dnipro, die opgaardam en kragstasie in die agtergrond.

Die verduideliking hierbo sê: “Soos enige ander hout onder soortgelyke omstandighede was dit onderworpe aan die proses van naturlike verkoling en het so sy donker kleur bekom. Die wetenskaplike waarde van hierdie uitstalling lê in die ligging en die aansienlike diepte daarvan. Dit bewys dat dit verkeerd is om aan te neem dat die diepte van die rivier se alluviale neersettings getuig dat die alluviale neersettings self ‘n ou geologiese ouderdom het. Die punt is dat hierdie eikeboom afgekap is met ‘n byl, wat ons duidelik kan sien aan die oppervlak van die snit. Daarom moet ons die geologiese ouderdom van die stomp bepaal deur die tyd wat metaal byle in ons area verskyn het. Dit was minder as drie duisend jaar gelede. Dus is die geologiese ouderdom van die stomp tegnogenies.”

So dit het nie miljoene jare geneem vir hierdie stomp om begrawe te word op 22m (65ft) diepte en vir versteenkoling om plaas te vind nie.

"Versteenkoolde Eike Stomp Gevind"
<http://www.creationism.org/afrikaans/OakStumpUkraine_af.htm>



Tuisblad:  AFRIKAANS
www.creationism.org