Kameelperde:
diere wat 
uitstaan in 
‘n menigte

deur Lynn Hofland


Kameelperde staan waarlik uit in ‘n menigte. In die dieretuin of in hulle natuurlike habitat in Midde-Afrika, troon hulle uit bo ander diere, en is die tweede grootste land diere steeds lewend vandag (die Afrika olifant is die grootste). Die lengte van die kameelperd se nek het menigte toeskouer al bekoor deur die jare. ’Hoe het die kameelperd sy lang nek gekry?’, vra sommiges.

Wanneer aanskou word hoe ‘n 3 meter (10 voet) skouerhoogte kameelperd sy 2.5 meter (8 voet) nek uitstrek tot die uiterste, en dan amper nog ʼn voet byvoeg met sy lang grypende tong na daardie oënskynlike buite-bereik tak, hoog in ʼn Akasia boom, mag party glo dat die strek proses die groei proses aangedryf het vir die kameelperd se nek. Maar is ʼn kameelperd werklik in staat om enigiets by sy gestalte te voeg?

    As een kenmerk sou verander, affekteer dit nie die geheel nie? Kom ons kyk na die kameelperd.

Die kameelperd is ʼn soogdier, dus is baie van sy anatomie dieselfde as die van ander soogdiere. Soos meeste ander soogdiere, het die kameelperd sewe nekwerwels. Wat as hy nie sewe nekwerwels tussen die skouers en die basis van die kopbeen gehad het nie? Mens se kort nek ondersteun ’n perfek gebalanseerde kop in die regop postuur met baie min moeite. Die kameelperd se groot kop moet omhoog gehou word ten alle tye. In staande posisie, is amper die helfte van sy ongeveer 225 kilogram (500 pond) nekspiere in spanning. Die aantal spiere nodig, is direk verwant aan die hoeveelheid litte wat ondersteun moet word. Vermindering van die litte na net twee, by die skedel en by die bors, sou die gewig aansienlik minder maak en vereis minder energie vir oorlewing. As die tekort aan kos veroorsaak het dat die nek verander, sou die aantal nekwerwels en –litte nie ook verander het deur so ‘n evolusionêre proses nie? Natuurlik sal die probleem met hierdie ontwerp die verlies van buigbaarheid wees, en sou dit breekbaarheid drasties verhoog as die kameelperk ʼn hou kry teen die kop of nek.

In dieselfde opsig, sou ʼn meer gelitte nek presies die teenoorgestelde vereis – meer energie gebruik en meer spiermassa om te ondersteun. Dit sou veroorsaak dat die kameelperd se swaartepunt na vooraan die voorbene sou verskuif wanneer die kop reguit vorentoe uitgestrek word, wat sou veroorsaak dat die agterbene van die grond gelig word - gestel dat die voorbene sterk genoeg was. Sewe nekwerwels is ’n uitstekende ontwerp!

Met die kop wat so hoog in die lug is, moet die groot hart van die kameelperd in staat wees om genoeg suurstofryke bloed drie meter (10 voet) op na die brein te besorg. Dit sou ’n probleem wees (betreffende te hoë bloeddruk) wanneer die kameelperd kop onderstebo water drink, was dit nie vir ’n unieke versameling van versterkte slagaar mure, … en teenoorgestelde pole of kleppe, wat bestaan uit ’n web van klein bloedvate (die rete mirabile, of ’wonderbaarlike net’) en ‘n gewaarwording sein wat druk waarneem en voldoende bloedvloei na die brein teen net die regte druk hou. Selfs vir dié wat dit as net ‘aanpasbaarheid na hoë swaartekrag drukkings in die kardiovaskulêre sisteem’ beskou, is die kameelperd uniek.
 
 

SWAARTEKRAG-SUITES
Die kameelperd se hart is waarskynlik die mees kragtigste van alle diere, omdat omtrent dubbel van normale druk benodig word om bloed te pomp op in die kameelperd se lang nek na die brein. Met sulke hoë bloeddruk, verhoed slegs spesiale ontwerpte eienskappe hulle om nie hulle ‘breins uit te blaas’ wanneer hulle afsak om water te drink nie.

Ewe wonderbaarlik is die feit dat die bloed nie poel in die bene nie, en ʼn kameelperd bloei nie oorvloedig indien hy ʼn sny op die been kry nie. Die geheim lê in ’n uiters taai vel en ’n inner gewelplaat wat bloed verhinder om te poel. Die vel kombinasie is in diepte deur NASA wetenskaplikes bestudeer in hul ontwikkeling van swaartekrag-suites vir ruimtevaarders. Wat ewe behulpsaam is om oortollige bloeding te verhoed, is dat alle slagare en are in die kameelperd se bene baie inwendig is.

Die kapillêre wat die oppervlakte bereik is uiters klein, en die rooibloedselle is omtrent een derde van die grootte van die menslike ewebeeld, wat kapillêre gang moontlik maak. Dit word gou duidelik dat hierdie unieke fasette van die kameelperd alles interaktief asook onderling afhanklik van mekaar is met sy lang nek.

Maar daar’s meer. Die kleiner rooibloedselle maak voorsiening vir meer oppervlak area en ʼn hoër en vinniger absorbering van suurstof in die bloed. Dit help handhaaf voldoende suurstof tot alle uiterstes, insluitend die kop.

Die longe werk in verbinding met die hart om die kameelperd met die nodige suurstof te voorsien, maar op ʼn manier wat uniek is aan die kameelperd. Die kameelperd se longe is agt (8) keer die grootte van dié van die mens, en hul asemhalingspoed is omtrent een derde van dié van die mens. Meer stadige asemhaling is nodig om sodoende die vereiste groot volume lug te kan omruil sonder om windbrand te veroorsaak in die kameelperd se gerimpelde 3.6 meter (12 voet) lugpyp. Wanneer die dier ’n vars asemteug neem, kan die vorige suurstof-verminderde asemteug nie totaal uitgewerp word nie. Vir die kameelperd is hierdie probleem saamgestel deur die lang lugpyp wat meer dooie lug sal terughou as wat die mens kan inasem in een asemteug. Daar moet genoeg long volume wees om hierdie ’dooie lug’ ’n klein persentasie van die totaal te maak. Dit is ʼn natuurkundige probleem wat die kameelperd opgelos het.

GEBOORTE VAN DIE KAMEELPERD

Om by hierdie wonder te voeg, seël die geboorte van ’n pasgebore kameelperdjie die saak van intelligente ontwerp. Die nuwe kalfie val die lewe in vanaf 1.5 meter (5 voet) hoog, omdat die ma onbevoeg is om gemaklik neer te hurk op die grond en om plat te lê gedurende die geboorte sal ’n seker uitnodiging wees vir ’n leeu of ander roofdier om die ma aan te val. Soos met alle soogdiere, is die kop oneweredig groot in vergelyking met die res van die lyf by geboorte en dit word ʼn uitdaging om dit deur die geboortekanaal deur te gee.

Die baba kameelperd het die bykomende uitdaging van ʼn baie tingerige lang nek wat hom verbind aan die res van sy 70 kilogram (150 pond) pasgebore lyf. As die kop eerste sou uitkom, sou die nek verseker breek wanneer die res van die lyf bo-op dit val. As die kop laaste sou uitkom, sou die nek verseker breek as die liggaamsgewig gepoog het om die kop uit die ma te trek. So ’n oënskynlike benarde toestand / netelige posisie is opgelos deur die agter-heupe wat kleiner is as die voor-skouers, en die nek is net lank genoeg om die kop verby te laat deur die geboortekanaal wat op die agter-heupe rus. Die agterpote gaan eerste uit om die val van die res van die dier te breek. Die kop is ondersteun en van kussings voorsien deur die agter-heupe, en die nek is soepel, wat ‘n skerp buiging om die voor-skouers toelaat.

Dit is ʼn perfekte uitgang, wat onmoontlik sou wees in enige ander kombinasie of met enige ander nuwe lengte van die nek. Binne minute staan die nuwe kalfie grasieus tussen die ma se bene. Van geboorte tot volwassenheid in net vier jaar, groei die nek van een-sesde tot een-derde van die kameelperd se totale hoogte. Sulke groei is nodig vir die dier om sy beenhoogte te oorkom en te buk om water te drink. Die kalf se eerste jaar van voeding is amper eksklusief sy ma se ryk melk, wat maklik bereik kan word.

Ekologies, is die kameelperd perfek aangepas in sy omgewing. Daar is behoefte vir ’n boomsnoeier om te verhoed dat die vinnig-groeiende skadu-bome die grond oorskadu wat die immer nodige gras doodmaak wat die kos voorsien vir die ander savanne (grasvlakte) diere. Daar is altyd ‘n behoefte vir ’n brandwag wat bo die lang gras kan sien en die bewegings van die roofdier katte kan waarneem. Die kameelperd is nie net lank genoeg vir dit nie, maar het uitstekende sig en ʼn nuuskierige neiging/gesindheid. Nadat ander diere gewaarsku is met verskeie sweepslae van die stert, sal die kameelperd vrymoedig uit die gevaar se weg tree. Die groot lyfhoogte, taai vel lae, dodelike agterhoef skop, en lang, rasse skrede maak die volwasse kameelperd ʼn ongewenste prooi vir enige karnivoor.

Om voor te stel dat dit alles kon ontwikkel in een klas dier, wat enige denkbare/versinbare/begryplike bloedverwante/naasbestaandes ontbreek/kortkom, wat so ontwikkel het alleenlik deur veronderstelde gebrek aan kos op grondvlak, is dwaasheid. Moes ander wat voed op grondvlak, wat kwesbaar is teenoor groot katte, en gebombardeer word deur dieselfde kosmiese radiasie/uitstraling nie ʼn meer kameelperd-agtige gestalte bereik het nie?

Interessant genoeg, daar is ander wat wel van bome af eet. Die gerenuk gaselle van Afrika het die langste nek in die familie van die gaselle, het ’n lang tong, en eet blare van bome terwyl hy op sy agterpote staan. Die Markhor bok van Afghanistan klim bome so hoog as 25 voet en eet blare van bome. Ander soogdiere begeer die blare van bome maar nie een van hulle sal ooit ʼn kameelperd word nie, en die kameelperd kom beslis nie van enige ander “minder-as-kameelperd” dier af nie!

Ons kan nie weet dat omstandighede dieselfde was in die verlede nie, maar die “behoefte om te oorleef deur altyd hoër te mik en te strek vir kos” is, soos so baie Darwiniese verduidelikings van hul soort, weinig meer as ʼn geskiedkundige spekulasie. Die fossiel rekord bevestig dit en die unieke en merkwaardige ontwerp gesien in hierdie dier bevestig dit. Die lof, glorie en eer gaan alles aan die kameelperd se Skepper.
 

Verwysings

1. Percival Davis and Dean H. Kenyon, Of Pandas and People, Haughton Publishing Company, Dallas (Texas), 1989, p. 71.

2. Alan R. Hargens, Developmental Adaptations to Gravity/Cardiovascular Adaptations to Gravity in the Giraffe, Life Sciences Division, NASA Ames Research Center (California), 1994, p. 12.

3. Helen Roney Sattler, Giraffes, the Sentinels of the Savannas, Lothrop, Lee and Shepard Books, New York, 1979, p. 22.

4. Francis Hitching, The Neck of the Giraffe, Where Darwin Went Wrong, Ticknor and Fields, New York, 1982, p. 179.
 


LYNN HOFLAND, B.S.E.E., is ‘n Omgewings Toets Ingenieur by NASA Ames Navorsing Sentrum, Mountain View, Kalifornië. Hy en sy vrou gee hul drie kinders tuis-onderrig, en het “Stiffneck Ministries” vyf jaar gelede begin om ‘n biblioteek van skeppingsmateriaal vir ander tuis-onderrig leerders beskikbaar te stel.

"Kameelperde: diere wat uitstaan in ‘n menigte"
<http://www.creationism.org/afrikaans/giraffes_af.htm>



Tuisblad:  Afrikaans
www.creationism.org