Creation Science Information & Links!
Die Nicaense Geloofsbelydenis
The Nicene Creed - in Afrikaans

 

Ons glo in een God, die Vader, die Almagtige,
skepper van die hemel en die aarde, van alles wat is, gesien en ongesien.
Ons glo in een Here, Jesus Christus, die eniggeborene Seun van God,
ewig uit die Vader gebore,
God uit God, Lig uit Lig,
ware God uit ware God, gebore, nie geskape nie,
van een Wese met die Vader.

Deur Hom is alle dinge geskape.
Vir ons en vir ons verlossing het Hy uit die hemel neergedaal:
deur die krag van die Heilige Gees het Hy vlees aangeneem
uit die Maagd Maria, en het mens geword.
Om onsentwil is Hy onder Pontius Pilatus gekruisig;
Hy het die dood gely en is begrawe. Op die derde dag het Hy opgestaan
volgens die Skrifte; Hy het opgevaar na die hemel
en sit aan die regterhand van die Vader.
Hy sal weer in heerlikheid kom om die lewendes en die dooies te oordeel,
en sy koninkryk sal geen einde hê nie.

Ons glo in die Heilige Gees, die Here, die Lewe-gewer,
wat uit die Vader en die Seun voortkom.
Hy word saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik.
Hy het deur die Profete gespreek.
Ons glo in een heilige Christelike en apostoliese Kerk.
Ons erken een doop tot vergewing van sondes.
Ons sien uit na die opstanding van die dooies,
en die lewe van die toekomende wêreld.
Amen.


Die Nicaense Geloofsbelydenis
https://www.creationism.org/afrikaans/saNiceneCreed_af.htm

Tuisblad: . Afrikaans
www.creationism.org