Antwoorde aan my Evolusieleer Vriende  ·   deur Thomas F. Heinze

Antwoorde aan my Evolusieleer Vriende
Wie het Houtkappers Ontwerp?
deur Thomas F. Heinze
(Translated by Niki Tolken)


Dr. Ludier Sunderlen, ‘n wetenskaplike en kundige in ontwerp-ingenieurs-wetenskap, was gefassineer deur die skelet van ‘n houtkapper wat onlangs in ‘n woud gesterf het. Die bene was silwerskoon deur insekte gevreet. Tydens sy ondersoek van die skelet, het hy ‘n baie ongewone ding opgemerk: Klein buigbare beentjies met die oorsprong in die houtkapper se regter neusgat, het agter sy kop en nek verbygesirkel, en terugbeweeg in sy snawel na die anderkant van sy kop. Wat was hierdie eienaardige bene? ‘n Groot aantal diere het bene wat die basis van die tong verstyf, en dit is hoofsaaklik die doel van hierdie bene (genaamd hyoid- of tongbene). Maar by die houtkapper, is die feit dat die tong agteruit begin en agter die kop verby sirkel, werklik merkwaardig!


‘n Houtkapper-skedel om die bene van die tong te illustreer
Daar is vyf bene, dun en buigbaar met

piepklein gewrigte.1 Wat het hulle laat ontstaan in die regter neusgat, 2 agter die kop en nek laat verby sirkel 3, en dan weer laat terugkeer na die holte tussen die twee halwes van die snawel? 4


    Die Houtkapper se Tong

Die houtkapper eet met sy tong wat weerhakies en ‘n bietjie gom op die punt het, sodat hy insekte kan optel wat wegkruip in klein tonneltjies binne-in bome. Die tong wat onder die los vel, agter die kop en nek verby sirkel, gee die tong genoeg ekstra lengte om ongeveer ses duim binne-in ‘n boomstomp in te skiet!

Iets of iemand het die houtkapper se tong op so ‘n unieke manier ontwerp. Dit is wel lank, maar in plaas daarvan om uit te hang en verstrengel te raak in die takke wanner die houtkapper vlieg, is die klep onder die los vel agter die nek weggebêre. Daar agter in die nek, verdeel die klein beentjies hoofsaaklik in twee tonge, wat weer bymekaarkom voor dit in die snawel ingaan. Ongetwyfeld is hierdie ontwerp meer akkuraat wanneer die houtkapper sy tong na die teikenprooi of larwe stuur.

    Evolusie?

Volgens die evolusieteorie, is die oorsaak van mutasies ‘n stapsgewyse ontwikkeling van ‘n enkelsel deur progressiewe akkumulering van klein veranderinge oor ‘n lang tydperk. Hierdie veranderinge word gepreserveer deur natuurlike seleksie en elke stap van verandering voeg by tot die skepsel se vermoë om te kan oorleef en om nageslagte te kan voortbring.

Evolusioniste vermoed dat die houtkapper evolueer het van ander voëls met normale tonge wat reguit uit die snawel kom. ‘n Geringe mutasie kon nie die houtkapper se tong ontwikkel het nie, en kon ook nie bydra tot die voël se oorlewingsvermoë nie. Die tong sou heeltemal onbruikbaar wees totdat die tong terugdraai en totdat die hele evolusie-sirkel voltooi is. Slegs die laaste stap in die evolusie van die houtkapper se tong, die terugkeer na die snawel, het enigsins oorlewingswaarde.

Om verder te verduidelik, gestel ‘n tong het ‘n oorsprong in die neusgat wat wel terugdraai, maar die tong en sy bene het nie lank genoeg gegroei om reg rondom die nek, tot terug in die basis van die snawel te kom en wat nie vêr genoeg uitstrek om kos by te kom nie, sou die houtkapper nie kon oorleef nie. Aangesien bene, gewrigte, are, senuwees en vlees ingesluit word, sou baie mutasies, vermoedelik versprei oor honderde, duisende of miljoene jare, nodig wees. Deur twee gewrigte en ‘n duim in lengte by te voeg, sou nie tot die oorlewingsvoordeel van die houtkapper strek terwyl dit in die verkeerde rigting wys nie. As die houtkapper se tong nie ontwerp was nie, maar gevorm het deur toevallige mutasies, kon slegs die mutasies wat die tong na die regter neusgat stuur en die terugwaartse draai van die tong, kon plaasvind. Daarna sou die houtkapper van honger sterf.

Selfs indien die eerste voël met ‘n onvolledige terugdraai-tong oorleef het, hoe suksesvol sou hy kon kompeteer met voëls met bruikbare tonge? En gestel hierdie houtkappers het nie gesterf nie (wat ‘n wonderwerk sou wees), sou ‘n tong wat vir baie generasies onbruikbaar was, volgens die evolusieleer, in elk geval geëlimineer word.

Die houtkapper se tong is sterk bewyse van ‘n produk van intelligente ontwerp, eerder as van evolusie.

    Ander Sisteme

Die houtkapper se snawel werk soos ‘n gespesialiseerde beitel, bevoeg om reg tot in ‘n boom in te sny. Deur te hammer op ‘n staal beitel, kan mense in bome insny nes die houtkapper, maar wanneer ons baie gate inbeitel moet ons sekerlik ons beitels gereeld skerpmaak.

Dit maak ook nie saak hoe skerp ons ons beitels maak nie, ons sal steeds nie weet in watter rigting om te kap om met die tonnels te verbind waar die kos is nie, maar die houtkapper weet waar die klein tonneltjies is wat larwes boor in bome. Totdat die houtkapper die komplekse meganisme vir vind-en-kap ontwikkel het, asook ‘n snawel wat skerp bly, sou sy gespesialiseerde tong van geen waarde gewees het nie.

Al was die bogenoemde sisteme in plek in ‘n gewone voël, sou die impak met die boom die voël laat vrek; amper soos om die volle impak van ‘n hamer wat ‘n duisend keer op ‘n beitel kap, op die punt van jou neus, te verdra. Daarenteen is die houtkapper toegerus met ‘n sterk snawel en ‘n skok-absorberende sisteem wat sy kop teen beskadiging beskerm.

In vergeleke met ander voëls: "Is die stertvere (veral die sentrale een of twee pare) sterker in houtkappers, en weerstaan slytasie, wat gewoonlik veroorsaak word deur die stut van die voël se liggaam terwyl hy met sy snawel hammer. Die toon-struktuur en verwante samestelling van tendons en beenspiere vorm ‘n funksionele kompleks van vere, wat die houtkapper in staat stel om boomstompe uit te klim en om sy stelling te behou terwyl hy aan die boom pik". (Encyclopedia Britannica CD 98, "Birds: Major Bird Orders: Piciformes," Form and Function).

    Gevolgtrekking

Tensy hierdie sisteme feitlik almal gelyk gereed was, sou dit geensins positief kon bydra tot die houtkapper se oorlewingsvermoë nie. Volgens die evolusieteorie, sou enige sisteme wat evolueer het voor die ander, of wat nog nie ‘n funksie gehad het nie, elimineer word. Daarom sien ons dat die bewyse grootliks teen die toevallige mutasie-ontwikkeling van die houtkapper se spesiale sisteme gekant is. Dit bewys dan dat hierdie verskeie sisteme ontwerp moes wees om te kon saamwerk en sou ook geskape moes wees op dieselfde tyd.

Aangesien die bewyse toon dat houtkappers nie kon ontwikkel deur toevallige mutasies nie, hoekom moet mutasies in aanmerking geneem word as die universele boustene in elke deel van elke lewende wese soos meeste evolusioniste aandring? Hoekom nie net gee krediet waar krediet is verskuldig is nie? Daardeur bedoel ek, aanvaar die bewyse. Vertrou dat mutasies dinge veroorsaak het, slegs wanneer die bewyse lei na die gevolgtrekking. Meeste genetiese siektes is voorbeelde hiervan. As dit kan bewys word dat diabetes waarskynlik vooroorsaak word deur mutasies, glo dit dan. Maar waarom dan tot die gevolgtrekking kom dat mutasies ook die pankreas, die lewer, die vis, die aap en mense gevorm het? Ons redeneer nie so oor ander dinge nie. As jy iemand sien wat ‘n gebou platslaan met ‘n hyskraan toegerus met ‘n breekyster, sal jy beslis nie aanneem dat die hele wêreld se geboue gemaak was deur hyskrane met breekysters nie.

Dr. Sunderlen, die eienaar van die skedel in die illustrasie, skryf: "Die houtkapper se skedel is dalk meer effektief om wetenskaplikes te oortuig van die beperkinge van die evolusieteorie, as enige boek in die skrywer se biblioteek. Ander voëls het ook tongbene, maar dit skyn van selfsprekend te wees dat ‘n wonderwerk nodig sou wees om die bene te laat ontstaan in die regter neusgat. ‘n Prominente evolusionis en ‘n personeellid van ‘n baie vooraanstaande wetenskaplike tydskrif het vertroulik meegedeel, na ‘n ondersoek van die houtkapper se tong: “Daar is sekere anatomiese kenmerke wat nie verduidelik kan word deur geleidelike mutasies oor miljoene jare nie. Net tussen ons gesê, moet ek God ook soms hierby betrek.

‘n Ander wetenskaplike, midde ‘n ondersoek van die houtkapper se tongbene onder ‘n mikroskoop, het gesê: "Dit is baie maklik om tussen mens-vervaardigde en God-geskape voorwerpe te onderskei. Hoe meer die mensgemaakte voorwerp vergroot word, hoe meer opmerklik die kruheid, maar hoe meer jy God-geskape voorwerpe vergroot, hoe meer opmerklik die presisie en ingewikkeldheid." (Ludier D. Sunderlen, Creation Research Society Quarterly, vol. 12, March 1976, p. 183) ‘n Houtkapper se snawel bly altyd skerp (anders as ‘n mensgemaakte beitel), en die skedel en senuweestelsel kan dag na dag veelvuldige harde skokke verdra, en goggas kan gevind en uitgetrek word, selfs tot 6 duim (15 cm) diep binne-in ‘n boom! Om die tong na ‘n neusgat te stuur en dan agter om die kop te laat verby sirkel, as dit moontlik sou wees, sou baie mutasies verg, en natuurlike seleksie sou alle houtkappers wat se tonge nie gewerk het nie, uitgewis het. Toon die bewyse dan dat houtkappers die resultaat is van etlike lang, stadige evolusionêre veranderinge, of is dit net nog ‘n voorbeeld van God se wonderbaarlike skeppingswerk?

"Wie het Houtkappers Ontwerp?"
<http://www.creationism.org/afrikaans/woodpecker_af.htm>



Tuisblad:  Afrikaans
www.creationism.org