Mensgemaakte Dinasourusbeelde

Dr. Dennis Swift
Argeoloog, Avontuurlustige, Pastoor!


 
 
Dr. Dennis Swift <drdino1@hotmail.com> is ‘n aktiewe skeppingswetenskaplike navorser. Hy reis ‘n paar maal per jaar na verre lande toe, werk met lokale instansies en maak opnames van intersante kunsvlyte. Fotos van twee sulke stelle kunsvlyte word hieronder vertoon.


Evolusioniste sê dat die mensdom nooit dinasourusse lewendig kon gesien het nie, want deur die afgelope 200 jaar of wat het hulle opgekom met die idee om te glo dat die Aarde miljoene en miljoene jare oud is. Nou is dit dan gerieflik dat die geloof in miljoene jare in direkte teenstelling is met die Bybel se stelling dat die mensdom en alles wat leef inderwaarheid nog net vir ongeveer 6,000 jaar lank bestaan.

Dinasourusse word in die Bybel genoem asook in ou historiese literatuur van baie lande. Hulle was drake  genoem. (Die woord “dinasourus” is eers uitgedink in die 1840’s, met ander woorde nadat meeste of al die soorte dinasourusse/drake uitgesterf het.) Daar is “legendes” van drake wat onthou word in Sjina, Thailand, Vietnam, Duitsland, Rusland, oeroue Rome, onder die Anglo-Saxons, deur verskeie streke in Afrika en selfs in dele van Noord en Suid Amerika. Daar is bewyse regoor die wêreld dat mense lewende dinasourusse (drake) gesien het voordat dieselfde mense (en moontlik veranderinge in klimaat en omgewing) hulle uitgewis het deur die verloop van duisende jare.

Hierdie beelde vertel ‘n deel van ‘n verhaal. Ondersoek hulle hier vir jouself. Net omdat die beelde se bestaan teenstrydig is met die evolusiegeloof beteken nie dat hulle bedrieglik van aard is nie. Hierdie kunsvlyte is ‘n stomme getuienis (baie van hulle is reeds in die 1940’s en 50’s ontdek). Let op dat die dinasourusse nie hulle sterte sleep nie. Die evolusioniste wie maar stadig leer het nou uiteindelik agtergekom wat die ou volke nog die heeltyd geweet het – uit dit wat hulle met hulle eie oë gesien het.

Bostaande teks deur Paul Abramson
Redakteur van:  www.creationism.org
Translated into Afrikaans by Leon Naude.

Die beelde is © 2003 deur Dennis Swift. Alle regte word voorbehou.
Moet dit nie gebruik sonder geskrewe toestemming nie.
Kontak Dr Swift vir verdere inligting.


 
 
 
Akambaro, Meksiko
Dinasourus Beelde

 
Nazka, Peru
Dinasourus Kleiwerke
 

"Mensgemaakte Dinasourusbeelde"
<http://www.creationism.org/afrikaans/swift_af.htm>



Tuisblad:  AFRIKAANS
www.creationism.org