Creation Science Information & Links!
Die Christen Evangeliewoord Boodskap
The Christian Gospel Message - in Afrikaans

   "Soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie."   Romeine 3:10

   "Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God."   Romeine 3:23

   "Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here."   Romeine 6:23

   "Maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was."   Romeine 5:8

   "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê."   Johannes 3:16

   "As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig."   I Johannes 1:9

   "As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;  want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding."   Romeine 10:9-10

   "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo."   Johannes 1:12

   "Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie."   Johannes 14:6

   "Want soos die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil."   Johannes 5:21

   "Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;  nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie."   Efesiërs 2:8-9

   "Broeders, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan.  Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte."   I Korinthiërs 15:1,3-4

   "Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag."   Jakobus 5:16

   "Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde."   I Johannes 4:7-8

   "Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie.  Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen."   II Petrus 3:17-18


The Christian Gospel Message - in Afrikaans
http://www.creationism.org/afrikaans/salvation_af.htm

Tuisblad:  Afrikaans
www.creationism.org