AFRIKAANS - NUWE TESTAMENT
ROMEINE 10:9-15
AFRIKAANS - GO TO MAIN PAGE

ROMEINE 10:9-15

 9As 'n mens openlik sê dat Jesus die Here is en in jou hart glo dat God Hom weer lewendig gemaak het nadat Hy dood was, dan sal God jou red. 10Want dit is in jou hart dat 'n mens glo en in die regte verhouding tot God kom. En dit is met jou mond dat 'n mens erken dat jy op Jesus Christus vertrou en gered word. 11Die Skrif sê: "Hy sal geen mens wat op Hom vertrou ooit in die steek laat nie." 12Dit beteken almal, want hier word nie onderskeid gemaak tussen die wat Jode is en die wat nie Jode is nie. Daar is net een Here en Hy doen wonderlike dinge vir almal wat Hom aanbid. 13Want in die Skrif staan daar: "Die Here sal elkeen red wat tot Hom bid vir redding."

14Maar hoe kan hulle die Here bid om hulle te red as hulle nie op Hom vertrou nie? En hoe kan hulle op Hom vertrou as hulle nog nooit van Hom gehoor het nie? Sal hulle ooit van die Here hoor as niemand hulle van Hom vertel nie? 15Kan iemand vir ander mense van die Here gaan vertel as die Here hom nie stuur nie? In die Skrif is hiervan geskrywe waar daar staan: "Mense is bly as iemand aankom om die goeie boodskap vir hulle te bring."
 
 



;
MATTEUS  5
MATTEUS  6
MATTEUS  7
JOHANNES  3
ROMEINE  8
ROMEINE  10:9-15
EFESIËRS  4
l  JOHANNES  l