Bombardierkewers:
Die Wetenskap Kopieer
Sproeierontwerp

by Thomas F. Heinze      Vertaal deur: Kobus Grobler


Onthou jy die Bombardierkewer, bekend daarvoor dat hy vuurwarm giftige vloeistof na sy vyande afvuur deur 'n spuitkop aan sy agterstewe? Science News berig dat hierdie kewer: “'n inspirasie is vir ontwerpers van enjins, toestelle wat geneesmiddels toedien en brandblussers om sproeitegnologie te verbeter.” … “Dit kan ook 'n meer energiebesparende meganisme verskaf vir brandstofinspuiting in motorenjins en selfs lei tot 'n nuwe generasie brandblussers wat terselfdertyd of 'n fyn mis of groot druppels kan produseer afhangende van die tipe vuur wat geblus moet word.”1  (Science News, April 5, 2008)

Hier is die verduideliking van Science News hoe die kewer dit kan vermag: “Die sleutel tot die kewer se kragtige verdedigingstruuk lê in die ontbrandingskamer se in- en uitlaatkleppe. Die inlaatklep maak oop om die chemiese stowwe in te laat. Laasgenoemde begin kook sodra hulle gemeng word en die inlaatkleppe sluit die moment wat genoeg gasse ingelaat is.

"Soos die gasse reageer, word hitte verwek en die druk in die ontbrandingskamer neem toe. Sodra die druk 'n kritiese punt bereik het, word die uitlaatkleppe oopgeforseer en die warm vloeistof word uitgewerp as 'n kragtige uitbarsting van giftige stoom bekend as 'flitsverdamping'. (Eng: flash evaporation)2

"Nadat die gas vrygestel is, gaan die uitlaatklep toe, die verbrandingskamer vul en die proses herhaal homself van voor af." (Science News, April 5, 2008)

Hoekom sou mense God se skepping kopieer om hul beste sproeiers te bou? Sproeiers deur mense ontwerp is nie so effektief nie. Daar is 'n goeie rede daarvoor: “Want wat dwaas is by God, is wyser as die mense; en wat swak is by God, is sterker as die mense.”   (1 Corinthians 1:25)

Die kewer se beskermingstelsel gee uitstekende getuienis vir intelligente ontwerp, maar die mense wat evolusie aanhang spekuleer dat dit eintlik ewekansige, toevallige veranderinge (mutasies) was wat daartoe aanleiding gegee het en natuurlike seleksie het al die toevalle wat nie verbeteringe aangebring het nie uitgeskakel. Kewers wat nie oor hierdie meganisme beskik nie het egter ook oorleef en oortref die Bombardierkewer by verre in getalle. Natuurlike seleksie? Skrik wakker!

Hoe dit ook al sy, moderne wetenskaplike navorsing vertel ons dat die wetenskaplikes besluit het om die kewer se sproeistelsel te kopieer om sproeiers te bou vir hul eie nywerhede omdat hulle nog nie in staat was om sproeiers wat so effektief is te ontwerp nie. Ons moet aanneem dat party van hulle wat God se handewerk so namaak evolusioniste is wat steeds probeer glo dat die "beste sproeier" 'n gelukkige ongeluk was.

    Die natuur is propvol voorbeelde van uitstekende ontwerp:
-- Swaar hommelbye wat verstom terwyl hulle verbyzoem op hulle piepklein vlerke, besig om stuifmeel te dra om heuning te maak.
-- Geitjies wat teen regop mure en oor plafonne loop wat veels te glad is vir enige ander dier so swaar soos hulle om op te loop.
-- Miere wat soveel as 50 keer hul eie liggaamsmassa kan dra.
-- Suikerbekkies wat hul vlerke tussen 40 en 200 keer per sekonde kan klap.

Ontwerp kan oral gesien word. Die feit is dat God 'n eenvoudige en effektiewe manier ontwerp het om sondaars te red. Hy het sy seun Jesus gegee wat ons sondes aan sy liggaam gedra het aan die kruis. Die skuld is ten volle vereffen en baie het reeds die voordele daarvan beleef. Aanvaar sy betaling deur Jesus Christus te vertrou om ook jou te red. Moenie eers probeer om 'n ander pad te ontwerp nie.

Kom ons hou ons oë en verstand oop om die wonders van God se ontwerp en skepping te sien en sê "Ek dank U!" vir die Skepper wat verantwoordelik was vir ontwerpe wat so intelligent is dat ons dit maar net kan na-aap.


VERWYSINGS:

1 - Science News Magazine, April 5, 2008
2 - S.k. ’Flash Evaporation’, http://en.wikipedia.org/wiki/Flash_evaporation
 

"Bombardierkewers: Die Wetenskap Kopieer Sproeierontwerp"
<http://www.creationism.org/afrikaans/bombardier_af.htm>

Tuisblad:  Afrikaans
www.creationism.org