Dr. Kent Hovind - Seminaar #4 - Leuens in die Handboeke - in Afrikaans Dr. Hovind het wetenskap aangebied vir 15 jaar. Toe het hy sy Ph.D. in die onderwys gekry. Hy het nog altyd 'n liefde vir onderwys gehad. Maar een ding wat hy ontdek het is dat in baie van die wetenskap handboeke regoor Amerika vandag is daar sommige wanopvattings; sekere vals inligting wat aangebied word. Waarom is hierdie inligting in die wetenskap handboeke? Wat probeer hulle bewys? Hi, my naam is Eric. En in hierdie seminaar wat genoem is, "Leuens in die Handboeke" Gaan jy uitvind van sommige van daardie leuens wat aangebied word, en wat jy daaraan kan doen. Skepping Wetenskap Evangelisasie – Seminaar 4a: Leuens in die Handboeke? – www.drdino.com Sessie 7 van 14 deur Dr. Kent Hovind – in Afrikaans – Vertaal deur Laurette Van Der Merwe, Pretoria (RSA) Wel, welkom by on seminaar oor “Leuens in die Handboeke”. Seminaar 4, Deel A. My naam is Kent Hovind. Ek het hoërskool wetenskap vir 15 jaar aangebied. En nou, sedert 1989, doen ek seminare oor skepping, evolusie, en dinosourusse. En ons doel is om jou geloof te versterk in God se Woord. Dit is nie my vrou nie - dit is net 'n foto van haar. Ons woon in Pensacola, Florida. Ons is daar al vir 16 jaar. Ons het drie kinders, almal groot. Hulle is almal getroud en die hond is dood. Ek het dit gedoen. Soos ek voorheen genoem het, ons het vier kleinkinders so ver. En kleinkinders is God se beloning vir die wat nie jou eie kinders doodmaak nie - wanneer jy daaroor gedink het. Hulle woon almal reg rondom my, en hulle almal werk in ons bediening. Dit is 'n ware seën. God het vir ons ‘n wonderlike personeel groep gegee in (SWE) Skepping Wetenskap Evangelisasie. Ons doel is om mense gered te kry. Ons hou van wetenskap by ons plek. Ons het "Dinosourus Avontuur Land". Ons het 'n wetenskap-sentrum,' n pretpark, 'n museum, en allerhande koel wetenskap dinge. Sommige mense probeer sê, "Wel, julle Christene is teen die wetenskap." Nee, ek hou van wetenskap. Maar ek is teen evolusie, want dit is nie deel van die wetenskap. Evolusie is ‘n leuen. Daar is geen wetenskaplike bewyse om evolusie te beaam nie. Ons sal daarby uitkom binne oomblikke. Die Bybel sê in die Tien Gebooie: “Jy mag geen valse getuienis gee nie.” Dit beteken: Moenie lieg nie. Spreuke 19:9 sê, “'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, kom om.” God haat leuenaars. Die Bybel sê (Psalm 62:4b) “…hulle het behae in leuens.” “Hierdie ses dinge haat die HERE, en sewe is vir sy siel 'n gruwel:” (Spreuke 6:16-19) “…'n leuenagtige tong,” En ‘n paar verse verder, “Een wat as valse getuie leuens uitstrooi.” Uit die sewe dinge wat God haat, is twee daarvan leuens. Hy moet dit regtig baie haat. Hy noem dit twee keer daarin. Johannes 8:44, sê Jesus: “Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen.” “Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie.” “Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan.” So, ek hou van wetenskap en ek versamel publieke skool handboeke; ek het honderde van hulle. Sommige tekste uit baie ander lande, en gaan duidelik terug vanaf die 1880’s tot 2005. Ek is nie teen wetenskap nie. Ons het alle soorte regtig koel wetenskap vertonings by ons museum. Julle kan na “Dinosourus Avontuur Land” toe kom en self kom kyk. Ek is egter daarteen om vir kinders te lieg. So in die eerste drie seminaar videos het ons gepraat oor hoe daar vir studente gelieg word. Die “Big Bang” – dit het nie gebeur nie. Daar word vir hulle gelieg oor die ouderdom van die Aarde. Dit is nie biljoene jare oud nie. Daar word vir hulle gelieg oor die Grot Man. Daar was nog nooit ‘n “grot man” nie. Behalwe as jy bedoel, Osama Bin Ladin. Daar word vir hulle gelieg oor die dinosourusse. Hulle het nie miljoene jare gelede gelewe nie. En in hierdie seminaar gaan on omtrent 30 meer leuens in die handboeke dek. Daar is honderde waardeur ons kan gaan. Maar ons gaan probeer om die hoogtepunte te tref. En dit kan aangaan vir dae, om net leuens in ons handboeke te dek. Ek gaan sommige van die grotes uitlig. Ons sal sommige van die kleiner leuens los vir ‘n ander keer. Ek probeer nie om evolusie uit die publieke skole te kry nie. Ek dink enige teorie moet toegelaat word om aangebied te word – as jy nie hoef te lieg om jou teorie te ondersteun nie. Ek probeer nie om skepping in die skole te kry nie. En ek dink dat Christene wat aan enige van die twee werk hulle tyd mors. En baie mense het honderde duisende dollars gemors in pogings om daardie twee doelwitte te bereik. Dit gaan nie gebeur nie. Ek probeer egter om leuens uit die handboeke te kry. Ek dink ons sal vind dat wanneer ons die leuens uit die handboeke verwyder daar niks sal oorbly om evolusie te ondersteun nie. Maar dit is hulle probleem. Hulle moes nie so dom teorie gekies het in die eerste plek nie. Dis nie my skuld nie. Nou, ek is ook nie teen onderwysers nie. My Moeder was ‘n Godvresende vrou. Sy het my Pa na die Here gelei die eerste keer wat hulle uitgegaan het. Sy het afgetree uit onderwys in die publieke skole. Sy is nou omtrent sewe jaar in die hemel. My broer het my na die Here toe gelei. Hy het net verlede jaar afgetree uit onderwys in die publieke skole na 34 jaar. Daar is baie goeie, Godvresende onderwysers in die sisteem. Daar is baie goeie, Godvresende hoofde. Baie goeie, Godvresende skool beheerliggaam lede. Ek is nie teen skole nie. Ek is nie teen skool beheerliggame nie. Ek is nie teen onderwysers nie; ek nie nie teen handboeke nie. Maar ek is teen leuens. Laat ons dit net in perspektief hou. Is daar enige iemand hier wat dink dat onderwysers en handboeke toegelaat moet word om doelbewus vir studente te lieg? En ek bedoel doelbewus. ‘n Persoon kan dalk lieg en dit nie weet nie. Maar as hulle doelbewus lieg – dit moet nie toegelaat word nie, moet dit? Wisconsin het ‘n wet wat vereis dat handboeke korrek moet wees. So ook Alabama. “Handboeke moet voldoende and huidiglik wees…” Dit beteken tot op datum; met behulp van die jongste inligting. Texas het ‘n wet wat sê, “Onderrigmateriaal sal feitelik wees…” Goed vir Texas. Florida het ‘n wet wat die akkuraatheid van onderrigmateriaal vereis . En die kommissaris is verantwoordelik daarvoor om boeke wat nie akkuraat is nie te verwyder. Wel, kommissaris – doen jou werk. Kyk hierdie video en verwyder dan die boeke wat nie akkuraat is nie. California sê dat handboeke as volg wees “feitelik akkuraat en weerspieël huidige en bevestigde navorsing”. Minnesota sê dat, “ ‘n Onderwyser sal nie doelbewus ‘n onderwerp verdruk of verdraai nie.” Die probleem is dat nie een van daardie state hulle eie wette afdwing nie. Ek weet nie of Tennessee ‘n wet het wat handboek akkuraatheid vereis nie. Hulle behoort indien hulle nie een het nie. As julle nie een het nie – stel een in. Hierdie is ‘n handboek van bykans 100 jaar gelede. Dit sê dat God die hemel en aarde geskape het in ses dae. Gebed is ‘n plig. Maar dit is tevergeefs om te bid sonder ‘n opregte hart. God regeer die wêreld met oneindige wysheid. Glo jy dat dit 'n openbare skool handboek? Wel, hier is een van vandag. “Evolusie is feit, nie teorie nie.” Hulle sê, “Voëls het ontstaan uit nie-voëls, en mense uit nie-mense.” “Geen persoon wie voorgee om enige begrip van die natuurlike wêreld kan hierdie feite ontken nie.” Shoe, iets het verander! Ek was in Chickasaw, Oklahoma, ‘n paar weke gelede. Dit was veronderstel om ‘n debat te wees, maar nie een van die professore wou met my debatteer nie. Toe skeduleer hulle ‘n evolusie seminaar twee dae nadat ek vertrek het. Hulle het my toegelaat om te praat oor die skepping, die studente groep het my daar ingekry. Hier is ‘n plakaat wat hulle opgesit het reg langs my plakaat. Die plakaat het mense genooi om na die evolusie seminaar te kom. “Stel jy belang in Evolusie? Wel, kom dan in!” “Evolusie lesings met Dr. Mather en Dr. Reigh” Dit sê, “Hoor BEIDE kante van die saak.” Ons het hulle genooi om te debatteer. Hulle kon beide partye tergelyke tyd hoor. Die kinders kry nege maande van evolusie onderrig – ek kom in vir twee ure – en hulle raak paniekerig. En dan sit hulle op hulle plakaat “hoor beide kante”? Hulle gaan nie beide kante aanbied nie. Hulle gaan net een kant aanbied, slegs die evolusie kant. En dit is wat hulle alreeds vir nege maande gehad het. Hulle wil dit nie hoor nie. Ek het later gehoor dat daar omtrent twintig mense opgedaag het, maar vyftien was van die Baptiste Studente Unie. Hulle wou hoor wat daardie onderwysers wou sê. Hulle eie handbook wat gebruik word in Chickasaw, Oklahoma het een kwart van die boek. Een hele eenheid is gewy aan die evolusie teorie. Daar is niks oor die skepping. Evolusie is ‘n sterwende godsdiens wat slegs oorleef op belasting geld. Dit is dood. Hierdie handboek het meer as 100 bladsye waar daar oor evolusie gepraat word. Daar is nie 'n enkele vermelding van die skepping. So moenie vir my sê dat hulle wil "albei kante" hoor nie. Hulle wil net een oogpunt aanbied. Dit word genoem "indoktrinasie", nie onderwys nie. Dit is 'n grafiek wat toon hoe die ateïste voel dat die verskillende state doen met die onderrig van evolusie. Hulle dink dat julle mense in Tennessee ‘n slegte werk doen met die onderrig van evolusie vir julle kinders. Gaan Tennessee! Maar hulle dink dat die mense hier in Noord Carolina ‘n goeie werk doen. So Noord-Carolina mense – kom aan! Maak julle staat rooi die volgende keer wat hulle hierdie opname doen. Is daar enige iemand hier wat dink dat onderwysers of handboeke toegelaat moet word om verouderde of vals inligting te gebruik net om student hulle teorie te laat glo? Sal dit ‘n goeie idee wees? Nee. Goed. Is daar enige iemand hier wie dink onderwysers wat doelbewus lieg, moet afgedank word? Is daar enige iemand hier wie dink handboeke wat lieg, moet verban word? Of die leuens uit die handboeke geskeur word? Wel – hang aan. Laat ons gaan! Dit het my nog altyd verstom hoe twee mense na dieselfde ding kan kyk en op teenoorgestelde gevolgtrekkings uitkom. Weet julle, twee mense kan na die “Grand Canyon” kyk. Een van hulle glo in evolusie. Hy kyk na die bergkloof en sê, “Shoe, kyk net wat het die Colorado Rivier gedoen.” “… Vir miljoene en miljoene jare.” Die Christen wat in die Bybel glo staan daar en kyk na dieselfde bergkloof. Hy kyk na die bergkloof en sê, “Shoe, kyk net wat het die groot Vloed gedoen in ongeveer 30 minute.” Nou presies hoe was die bergkloof gevorm? Hierdie handboek sê, “Oor miljoene jare het die Colorade Rivier die “Grand Canyon” uit soliede rots gekerf.” Goed, net so sekond. Dit is ‘n feit dat die “Grand Canyon” bestaan. Ek was baie kere daar. Ek het aardwetenskap aangebied vir 15 jaar. Ek is lief daarvoor om die “Grand Canyon”. Daar is twee interpretasies van hoe dit daar gekom het. Die evolusioniste sal sê dat dit stadig gevorm het met ‘n bietjie water oor ‘n lang tydperk. Soos biljoene jare. Maar die kreasioniste sal sê dat dit vinnig gevorm het deur baie water en min tyd. Soos in die Groot Vloed in die dae van Noag. En die mense wie glo in evolusie probeer altyd om die lyn uit te veë. Die lyn tussen hulle interpretasie en probeer om dit in te sluit asof dit deel is van die feit. Nee, nee, dit is net hulle interpretasie. Die handboek sê, “Die Colorado Rivier het deur laag op laag rots gesny oor miljoene jare…” Wel, nou hou net ‘n minuut. Hierdie ander handboek sê, “Die Colorado Rivier het deur 2000 meter rots gesny “ wat afsaksel lae ontbloot soos groot bladsye in die boek van die lewe. Beskou die bergkloof muur van die kant af tot teen die vloer en jy kyk terug deur honderde miljoene jare.” Ek dink nie so nie. Ek was in ‘n debat eenkeer en hierdie ateïs sê, “Hovind, jy’s so dom. Dink jy nie dit het miljoene jare gevat om die “Grand Canyon” uit te kerf nie?” Ek het gesê, “Wel meneer, daar is ‘n paar dinge wat jy behoort te leer van die “Grand Canyon”.” As jy ‘n dam sou bou oor die “Grand Canyon” sou ‘n groot meer opvul agter dit. Dit sou ‘n hele paar state bedek. Dit sou baie material vat om die dam te bou. Maar as jy ‘n dam kon bou oor daardie bergkloof sou jy ‘n baie groot meer hê. Eintlik dreineer van die water van Wyoming deur die “Grand Canyon”. Dit het ‘n baie groot dreinerings patroon. Hier is ‘n satalliet kleur foto daarvan. Die “Grand Canyon” is soos ‘n groot opening wat sny deur ‘n bergkam. Ek het oorgevlieg en het baie foto’s geneem oor die jare. Ek het eenkeer die vlieënier gevra, toe ek oppad was na die weste, of ons naby die “Grand Canyon” sou verby gaan. Hy het gesê, ‘Ja, omtrent een honder myl ver van dit.” Kan jy toestemming kry om daar om te vlieg? Kon ons naby genoeg verby gaan, om biejtie nader te gaan? Hy het toestemming gekry en ons het reg oor die bokant van die bergkloof gevlieg! Ek het baie foto’s geneem. Ek is lief daarvoor om die “Grand Canyon” te bestudeer. Eintlik is dit ‘n klomp nuttelose eiendom. Wat sou jy daarmee doen as jy dit gehad het? Jy kan daarna kyk en dan gaan jy huistoe. Dit is omtrent dit. Jy kan dit nie omploeg nie. En jy wil ook nie jou veëdiere naby die rant laat speel nie. Ek het vir die professor, “Daar is ‘n paar dinge om te oorweeg aangaande hierdie bergkloof.” Hierdie twee rooi lyne dui aan wat genoem word die “sneeu lyne”. Tussen daardie twee rooi lyne is ‘n rif wat omtrent 6900-8500 voet (2100-2600m) bo seevlak is. Na ver regs – is waar die rivier in die bergkloof inkom. Dit is ‘n 2800 voet (850m) hoogte. Deur die bergkloof vloei die rivier afdraande vir 270 myl (435km). Dit kom uit die ander kant. As jy na dit kyk van ‘n kant aansig – lyk dit so. Die rivier kom in by 2800 voet (850m). Die grond beweeg op terwyl die rivier afgaan vir 270 myl. So daar is ‘n paar dinge om te oorweeg aangaande hierdie bergkloof. Ek het vir die professor gesê, “Het jy geweet dat die bokant van die “Grand Canyon” hoer is as die onderkant?” Hy het geantwoord, “Wel, natuurlik”. Ek het gesê, “Meneer, het jy geweet dat die rivier slegs deur die onderkant loop?” Hy het gesê, “Wel, ja.” Ek het gesê, “Meneer, het jy geweet dat die bokant van die bergkloof hoër is “as waar die rivier inkom met meer as 4000 voet (1200m)?” Hy het redelik verras gelyk. Ek het voortgegaan, “Meneer, het jy geweet rivier vloei nie opwaarts nie?” En daar is geen delta nie. Die Colorado Rivier het bykans geen rivier delta nie. Waar is al daardie modder? Daardie rivier het nie daardie bergkloof gemaak nie! Die “Grand Canyon” is ‘n uitgewaste oorloop. Daar was twee groot mere: Grand Meer en Hopi Meer. Die mere is lankal weg. Maar die eeue oue eertydse strande is nog daar. Jy kan steeds die strandlyn sien. Dit het te vol geword – en het oor die bokant gewas en dit het daardie bergkloof spoedig uitgewas. Enige boer wie al ooit ‘n dam gebou het om water te hou vir sy koeie sal jou vertel. Wanneer die water oor die bokant van die dam gaan is dit alles verby. Dit is waarom hulle oor die heffing waak tydens die vloed seisoene, is dit nie? Kom daar uit met sand sakke. Mens kan nie bekostig vir dit om eers te begin nie. Hierdie rivier het af gevloei, bo begin, en dit moes ‘n groot meer gewees het. Selfs El Paso in Texas word genoem “El Paso” want dit is ‘n groot deurgang. Ek sal wed dat daar eens ‘n groot meer opgedam was agter El Paso. Dit het later opgedroog en het die wit sand van New Mexico agter gelaat. As jy na die “Grand Canyon” kyk, is dit duidelik dat dit ‘n uitgewaste oorloop is. Amper al die rivier regoor die wêreld kom bymekaar wat genoem word skerp hoeke, minder as 90 grade. Die riviere sal ineen smelt en aanhou vloei in dieselfde algemene rigting. As jy na die “Grand Canyon” kyk, aan die onder linker kant smelt dit inderdaad ineen met skerp hoeke, minder as 90 grade. Maar as jy na die regter bokant kyk, vloei die riviere agteruit. Hoekom sal hulle dit doen? Die riviere vloei agteruit, dan tref hulle die hoof kanaal, en draai om in die ander rigting. Dit word genoem ‘n weerhaak bergkloof. Daar is nie baie plekke soos hierdie op die planeet nie. Dit is bewys dat ‘n meer eens dreineer het. Die water het ingeloop, en moes toe van rigting verander het. Die “Grand Canyon” was nie gemaak deur die vloeing van die Colorado Rivier oor mijoene jare nie. Dit is een van die leuens wat jou kind gaan sien in julle handboeke. Dit is net nie geofisies moontlik vir dit om op daardie manier te gebeur het nie. Is daar enige boere or vegetariërs hier vanaand? Herken julle hierdie masjien? Ja, dit is ‘n kalf trekker. So nou en dan het ‘n koei ‘n hardy tyd om haar baba kalf te kry en dan kry hulle die kalf trekker uit. Hulle bind die kable om die kalf se bene en trek die kalf stadig uit die koei. Met genoeg drukking – kom die kalf uit sonder enige probleme. Wel, eendag was hierdie boer uit besig om ‘n kalf te trek. Dit was ‘n stuitligging geboort, die agter voete eerste. Dit is nie goed nie, maar dit gebeur so nou en dan. So die boer het die kalf trekker daar, besig om dit vaster te maak. Probeer om die kalf uit die koei te trek. Wel, hierdie stadsjapie het sy kar gestop om te sien wat op aarde besig is om te gebeur. Die boer het hom gevra of hy al ooit enige iets soos dit van te vore gesien het? Die stadsjapie het geantwoord dat hy nog nooit so iets gesien het nie. Die boer het gevra of hy enige vrae het. Die stadsjapie het gesê, “Ja meneer, ek het een vraag wat my al vir 10 minute pla. Die boer het gesê hy moet voortgaan en sy vraag vra. Die stadsjapie het gesê, “Hoe vinnig dink jy was die kalfie toe hy in daardie koei vasgehardloop het?” Nee, nee, nee! Dis ‘n ander situasie. Dit is moontlik vir twee mense om na dieselfde ding te kyk en een van hulle kry die verkeerde idee. Die Bybel het ons gewaarsku dat dit gaan gebeur. II Petrus 3:3 “Veral moet julle weet dat daar in die laaste dae mense op die toneel sal verskyn wat die spot dryf ..” Het julle geweet daar is mense wat met die Bybel spot? I deal with them on a regular basis. I attract them like a lightning rod. Hulle spot, sê dit, as gevolg van hulle begeertes. Daar is geen wetenskaplike rede vir hulle om die Bybel te verwerp nie. Hulle hou net nie van daardie Boek nie want dit bars hulle babbel. So hulle spot as gevolg van hulle begeertes, nie as gevolg van hulle wetenskap nie. Selfs Julian Huxley het dit erken. Hy het gesê: “Ek reken die rede waarom ons na die “Oorsprong van Spesies” oorgespring het was dat die “idee van God geinterfeer het met ons seksuele morale.” Met ander woorde, “Ons wil nie dat God ons vertel wat om te doen nie.” Meneer Arthur Keith het gesê, “Evolusie in onbewys en onbewysbaar. “Ons glo dit slegs omdat die enigste alternatief spesiale skepping is, en dit is ondenkbaar.” Die Bybel sê (Romeine 1:28) dat “hulle dit van geen belang ago m God te ken nie ..” II Thessalonicense 2:11a “Dit is waarom God hulle aan die mag van die dwaling oorgee, ..” Enige iemand wat glo dat hulle van ‘n rots voortgebring is 4.6 biljoen jaar gelede is erg mislei. Jy het hulp nodig om so dom te wees. Jy kan dit nie op jou eie doen nie. ‘n Mens het jare se opleiding nodig en kondisionering om so idee te glo. Is dit moontlik vir ‘n persoon om mal te word? O ja, dit gebeur, doen dit nie? Is dit moontlik vir ‘n hele groep mense om mal te word? Kan jy dink oor die 900 mense drink vergifte koeldrank en maak hulleself dood? ‘n Hele groep, as ‘n groep, het mal geword. Is dit moontlik vir ‘n hele nasie om mal te word? Soos miljoene en miljoene mense? O, dit het gebeur, mense. Nou dan, is dit moontlik vir die hele wereld om mal te word? Wel, die Bybel sê, (Openbaring 12:9) “want die groot draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die satan genoem word, en wat die hele wêreld verlei, ..” Ek dink ons lewe in ‘n tyd waarin omtrent die hele wêreld mal geword het. Hulle glo dat hulle van ‘n rots 4.6 biljoen jaar gelede af kom. Hoe dom wil jy wees? II Petrus 3:4, gaan voort om te sê, “En wat het nou geword van die belofte van sy wederkoms? Ons vaders is al dood, “en tog bly alles nog net soos dit was van die begin van die skepping af.” Dit is ‘n belangrike frase. Die spotters gaan sê dat die manier waarop dinge nou gebeur is die manier wat dit nog altyd was. Lang, stadige, geleidelike prosesse. Die Bybel sê dat die spotters vrywillig onkundig is. Vrywillig onkundig – dit beteken: onnosel met opset. Hulle is vrywillig onkundig van hoe Goed die hemel en die aarde gemaak het. En hulle is onkundig oor die Vloed. Die wêreld was (II Petrus 3:6) “deur water oorstroom en het vergaan.” Ons dek meer daaroor in video opname nommer twee in ons reeks. Een van die spotters in die laaste dae was ‘n man met die naam James Hutton. Hy het geleef in die laat 1700s. Hy het ‘n boek geskryf wat gesê het die aarde is miljoene jare oud. Julle moet verstaan dat in die laat 1700s meeste Westerse mense in die Bybel geglo het. Of hulle was ten minste sterk beïnvloed deur die Bybel and Christenskap. En mense het algemeen gedink die aarde was omtrent 6000 jaar oud. Dit was die gemeenskaplike onderrig van daardie dae. In die publieke skole het hulle geleer dat God die wêreld in ses dae geskape het. Maar dit was ook ‘n tyd van baie revolusies. Die Amerikaanse Revolusie; die Franse Revolusie; die Poolse, die Spaanse, die Duitse, ens. Amper elke land was toe in opstand teen die idee van ‘n koning. Hulle wou demokrasieë vestig. So hulle het monargieë afgegooi. Dit het later bekend gestaan as die Anti-Monargie tydperk. Hier leer die Bybel om “die koning te eer”. So sommige mense het die Bybel gesien as ‘n struikelblok vir hulle politieke doelwitte. En hulle wou die Bybel diskrediteer. Hou in gedagte dat hierdie alles gebeur het in die laat 1700s tot in die vroeë 1800s. So terug toe almal gedink het dat die aarde ‘n paar duisend jaar oud was het James Hutton ‘n boek gedruk wat beweer het dat die aarde baie ouer is as dit. En hy het beweer dat dit hier gekom het deur “uniformitarianisme”. Dit is ‘n groot woord, en dit gaan in die skool se toets wees. Uniformitarianisme beteken dat die huidige die sleutel is tot die verlede. Nee, ek dink dat die Bybel die enige perfekte sleutel is tot die verlede. Gedurende daardie tyd het die Christene egter nie teen daardie nuwe leerstelling van “miljoene jare” gestry nie. Hulle het dit nie teengestaan nie; hulle het dit net aanvaar. Die Christene het die idee van Gaping Teorie, of Dag-Tydperk Teorie, of Progressiewe Skepping aanvaar. Hulle het “miljoene jare” reg binne in die Bybel in aanvaar. Maar dit is duidelik aan enige iemand wie regtig die Bybel lees dat dit nie die miljoene jare leer nie. Dit is nie wat dit sê nie. So die eertydse Christene het nie effektiewe verdediging daar gestel nie. Hulle het die kerk toegelaat om sulke dinge te begin glo. En toe die teorie van evolusie uitkom – in 1859 – het hulle dit ook aanvaar! Jong, wat ‘n tragedie. Daardie boke, “Die Groot Draai Punt” bespreek hierdie geskiedenis. James Hutton se boek het ‘n groot invloed op ‘n jong prokureur van Skotland, genaamd Charles Lyell, gehad. Charles Lyell, die prokureur, het die Bybel gehaat. Julle weet, iemand het eenkeer bepaal dat as al die prokureurs in die wêreld rug teen rug rondom die ewenaar gelê sou word – sou ons almal beter af wees! In 1830 het Charles Lyell ‘n boek geskryf, “Beginsels van Geologie”. Ek het ‘n kopie daarvan op die tafel. In hierdie boek kan julle sy haat vir die Bybel sien – op amper elke bladsy. Hy het die term “antieke leerstelling” gebruik wat hy gespot het, soos “skrifgesag”. Het het verwys na “godsdienstige vooroordele”. Hy het gesê dat “Mans van uitstaande talen” (soos hyself), “wie vir hulleself gedink het en was nie verblind deur die Owerheid” Hutton het elke geleentheid gebruik wat hy kon om die Bybel te bespot. In kolleges deesdae hoef jy nie baie ver te gaan nie voordat jy in ‘n professor sal vasloop met ‘n spottende houding teenoor God se Woord. Hoeveel van julle het een of meer van hulle gehad terwyl jy skool gegaan het? Dit lyk of hulle hele doelwit in die lewe is om jou geloof te verwoes. Ek het ‘n hele paar van hulle gehad terwyl ek op skool was. Hulle wil net jou vertroue vernietig. Charles Lyell het gesê sy doel was om “wetenskap vry te maak van Moses”. Wat dink julle het hy daarmee bedoel? Wel, voor Lyell se boek het almal na iets soos die “Grand Canyon” gekyk en hulle sou sê, “Shoe – kyk net wat het die Groot Vloed gedoen!” Hy het nie van mense gehou wat die Aarde se geskiedenis in die lig van die Bybel interpreteer het nie. Hy wou hê dat hulle die Aarde se geskiedenis interpreteer in terme van miljoene jare. Lyell was die primêre persoon wat verantwoordelik was vir die ontwikkeling van wat bekend gestaan het as die “Geologiese Kolom” Hoeveel van julle het al ooit van te vore van die Geologies Kolom gehoor? Hulle het die aarde opgedeel in lae en het aan hulle almal tegnies-klinkende name gegee. Senosoïkum, Mesosoïkum, Paleosoïkum, en ander soorte groot name. Miskien het julle die film “Jurassic Park” gesien wat genoem is na die Jurassic laag. Elke rotslaag is ‘n naam gegee, en ‘n ouderdom, en ‘n indels fossielbrandstowwe. Nou hou in gedagte dat al hierdie gedoen was in 1830 voor daar ooit enige koolstofdatering was. Ook Kalium-Argon datering; Rubidium-Stronsium datering; Lood 208; Uraan-235 & 238; geen een van daardie was ooit aan gedink nie. So hulle het nie daardie lang tydperke bepaal deur enige radio-metirese verval metode nie. Hulle het net die nommers gekies uit die helder blou lug. Dit is ‘n feit dat die Aarde baie lae afsettingsgesteente het. Dit is ‘n feit. Hoe het dit daar gekom? Wel, daar is twee interpretasies. Een groep sê dat die lae stadig gevorm het oor miljoene jare. Die ander grope sê, nee, daardie lae is almal van die Groot Vloed in die dae van Noag. Maar hulle probeer altyd om die lyn tussen die twee uit te vee en maak hulle interpretasie deel van die feite. En dit is net nie. Dit is hulle interpretasie, dit is al. Die geologiese kolom is eintlik die Bybel vir die evolusionis. Die enigste plek in die wêreld – waar jy dit ooit sal vind – is in die handboeke! Dit bestaan nie. In hierdie handboek, erken hulle dit. Die outeur het geskryf, “as daar ‘n kolom van afsaksel was Ongelukkig bestaan daar geen so kolom nie.” Het julle geweet dat daar geen werklike “geologies kolom” is nie? As daar was sou dit 100 myl (160km) dik gewees het! Dit bestaan nie. Een van die leuens in die handboeke. Eintlik – alles oor evolusie is gebaseer op hierdie leuen net hier. Hierdie is een van die meer ernstige leuens, in my opinie. Dit is waar dat die aarde lae het. Dit is nie die vraag nie. Maar hoe het daardie lae daar gekom? Ek bedoel, as daardie laag daar gesit het vir 10 miljoen jaar, en gewag het vir die volgende een dink julle nie dit sou gereën het so nou en dan nie? In 10 miljoen jaar? Hoekom is daar geen erosie merke tussen daardie lae nie? Waarom is hullereg opmekaar gestapel soos pannekoeke? En terloops, hoekom is daar geen grondlae tussen die rotslae nie? Grond bou op aan die bokant van rots, reg? Moet daar dan nie sommige grondlae daar wees nie? As julle ‘n fles vat en dit opvul met vullis, rots, gruis, sand en modder en dit goed skud en dit dan neersit – dan sal dit vir jou in lae vestig binne ‘n paar minute. Dit vat nie lank nie. Hoeveel van julle het daardie goed gesien wat ‘n mens by die winkel koop met twee dele glas? Hulle voeg verskillende soorte sand tussenin en dan draai jy dit om. Binne oomblikke maak dit alle soorte lae. Dit vat nie lank nie. Jare gelede, het ‘n gepreek by ‘n plek in Unie Sentraal, Suid Dakota. Nou Unie Sentraal is presies daar. Dit is te klein om op die kaart te wees, eintlik. En Suid Dakota sit baie klein dorpies op hulle kaarte. Daar was 40 mense in die hele dorp. 38 van hulle het kerk toe gekom daardie aand. (Miskien het die ander twee ‘n kalf getrek) Ons het ‘n wonderlike vergadering gehad. En die pastoor daar het gesê dat ons na “Rapid City” moet gaan. Hy het gesê dat hulle ‘n klomp dinosourus bene in die museum daar het. Regso – I hou van dinosourusse! So die volgende dag het ons almal afgery na “Rapid City”. Ons het by die museum aangekom, en die amptelike gids het ons by die deur ontmoet. Hy het gevra of ons wil hê dat hy vir ons ‘n toer gee. Ons het geantwoord dat dit baie lekker sal wees, meneer. So – die eerste plek waar ons gestop het op hierdie toer was die “Geologiese Tyd Kaart”. Hulle het dit belig in ‘n spesiale plek, veilig agter glas. Ons het daar gestaan en die gids het ons vertel dat ‘n sekere rotslaag 70 miljoen jaar oud was. Hy het daardie huigelagtige toon in sy stem gehad. Somber, “70 miljoen jaar oud”. Wel, my dogter was toe 12 jaar oud. Sy het haar hand opgesteek. Sy’t gevra, “Meneer, hoe weet jy dat die laag 70 miljoen jaar oud is?” Hy het gesê, “Skat, dit is ‘n goeie vraag.” “Ons bepaal die ouderdom van die lae deur die tipe fossiele wat on daarin vind.” Hulle word genoem “indeks fossiele”. En dit is korrek; dit is wat die handboeke leer. “Wetenskaplikes gebruik indeks fossiele om die ouderdom van rotslae te bepaal.” Sy het gesê, “Dankie, meneer.” Ons het omgestap na die ander kant. En hy het ons vertel dat daardie bene omtrent 100 biljoen jaar oud was. My dogter het weer haar hand opgesteek. Sy het gevra, “Meneer, hoe weet jy daardie bene is 100 miljoen jaar oud?” Hy het gesê, “Wel, ons bepaal die ouderdom van die bene van watter laag dit vandaan kom.” Sy het gesê, “Wel meneer, toe ons daar anderkant gestaan het “het jy vir my vertel jy weet die ouderdom van die lae deur die bene. “Nous ê jy my dat jy die ouderdom van die bene weet deur die lae. “Meneer, is dit nie sirkulêre redenasie nie?” Ek het gedink shoe, welgedaan ou top. Die ou het die vreemdste uitdrukking op sy gesig gehad. Dit was amper asof hy besig was om te dink. Hy het na my dogter gekyk. Toekyk hy na my. – Ek was nie van plan om hom te help nie! Ek het gedink, shoe, dit gaan goed wees. Ek moet sy antwoord hoor. Hy het teruggekyk na my dogter and gesê, “Jy is reg. Dit is sirkulêre redenasie.” Hy het gesê dat hy nog nooit tevore daaraan gedink het nie. Daai ou het 50 myl gery heen en weer daardie aand om my te hoor praat in daardie klein dorpie. Die gehoor het gegroei van 38 na 39! Ons het ‘n stoel reggesit in die paadjie. Agterna het hy met my gepraat vir ‘n uur of so. Hy het gevra, “Dr. Hovind, is alles wat ekglo oor geologie verkeerd?” Hy het ook geologie aangebied by die kollege daar. Ek het hom vertel dat ek van geologie hou. Ek het ‘n groot fossiel versameling. Ek het ‘n rots versameling; ‘n mineraal versameling; ek bied Aardwetenskap aan; ek is lief vir die studie van geologie. Maar so ver as die lae van verskillende ouderdomme – het ek gesê ja meneer, dit is alles kaf. Dit is baseer op sirkulêre redenasie. Ek sal jou wys. Hier is ‘n teks wat kinders vertel om “die rotse deur die fossiele te dateer.” En dan op die volgende bladsy sê dit om “die fossiele deur die rotse te dateer.” Op die volgende bladsy en hulle vang dit nie. Dit is ‘n leuen; dit is sirkulêre redenasie. “Die intelligente leek het lankal reeds sirkulêre redenasie vermoed “in die gebruik van rotse om fossiele te dateer en fossiele om rotse te dateer.” “Maar die geoloog het nooit aan ‘n goeie antwoord gedink nie, “gevoel die verduidelikings is nie die moeite werd nie solank die werk resultate bring.” “Dit kan nie ontken word dat vanuit ‘n streng filosofiese standpunt geoloë is hier aan die stry in ‘n sirkel.” “Die relatiewe ouderdom van die rotse word bepaal deur die oorblyfsels van organismes wat hulle bevat. Hulle dateer die rotse deur die fossiele, en die fossiele deur die rotse. “Sedert die begin van die 19de eeu, “fossiele was en is steeds the beste en mees akkurate metode vir die datering en korrelering van die gesteentes waarin hulle voorkom.” Apart vam baie ‘moderne’ voorbeelde, wat regtig argeologie is, “Kan ek aan geen gevalle dink van radio aktiewe verval wat gebruik is om fossiele te dateer nie.” Hulle dateer nie fossiele deur die gebruik van Kalium-Argon datering of Koolstof-14 datering. Dit is nie hoe hulle dit doen nie. “”Radiometriese datering sou nie moontlik wees as die geologies kolom nie eerste opgerig was nie.” “Daar is geen manier om net na ‘n fossiel te kyk en te sê hoe oud dit is nie … “ … behalwe as jy die ouderdom van die gesteente waarvandaan dit kom weet.” Dit was Niles Eldredge wat dit gesê het! Hy is een van die mees bekendste evolusioniste wat lewe vandag. Hy het gesê, “En dit bring ietwat van ‘n probleem” Geen grappie. Dit bring ‘n groot probleem! As ons die rotse deur die fossiele dateer, hoe kan ons dan omdraai en praat oor patrone van evolusionêre verandering deur tyd in die fossiel record?” Sirkulêre redenasie. Hier ou sê, “Die rotse dateer wel die fossiele, Maar die fossiele dateer die rotse meer akkuraat.” Ek dink die kaas het uit sy toebroodjie geval, dis wat ek dink. Dit is alles gebaseer op sirkulêre redenasie. ‘n Ander ou het gesê, “Die beheer van sirkulêre redenasie kan op verskeie maniere hanteer word.” “Dit kan geignoreer word, as die nie-behoorlike kommer van die publiek.” “Dit kan ontken word, deur die roeping van die Wet van Evolusie.” Dit kan erken word, as ‘n algemene praktyk Of dit kan vermy word, deur pragmatiese redenasie.” Maar weer, dit is alles baseer op sirkulêre redenasie. Eintlik, by die Scopes Monkey Verhoor in 1925 daar in Dayton, Tennessee Dit is wat hulle wou gebruik as bewys van evolusie. “Die laagste lae is duidelik die oudste.” Van bladsy 275 van die hof manuskrip. Nee, die laagste lae is nie noodwendig die oudste nie. Het jy geweet dat in stil water die afsettingsgesteente lae van bon a onder vestig? Dit is korrek. Maar in bewegende water – kan jy 5 of 10 lae gelyktydig laat vorm. Hulle vorm van een kant en beweeg deur. So dit is moontlik om ‘n fossiel op die bodem te hê wat jonger is as die boonste fossiel . As dit bewegende water is. Daar is ‘n goeie video band genaamd, “Eksperimente in Stratifikasie” vir meer inligting hieroor. Of kry ons video #6 vir addisionele inligting. Ek hou daarvan om vrae te stel aan die evolusioniste. Hulle geologiese kolom bevat kalksteen in baie plekke. As ek vir jou ‘n stuk kalksteen gegee het hoe sou jy weet of dit 100 miljoen jare oue Jurrasic kalksteen is of 600 miljoen jare oue Kambriese kalksteen? Presies wat is die verskil? Hulle sou sê dat die enigste manier om die verskil aan te dui is deur die indeks fossiele. Dit, natuurlik, is presies my punt. Hulle dateer die lae deur die fossiele. Hierdie handboek wys die kinders ‘n trilobite. Dit sê seuns en meisies, trilobiete maak goeie indeks fossiele. As ‘n trilobite in ‘n rotslaag gevind word, dan was die rotslaag waarskynlik gevorm 500 tot 600 miljoen jaar gelede.” Ek dink nie so nie. Iemand het ‘n menslike skoen afdruk gevind, waar die man se skoen op ‘n trilobiet getrap het. Hulle het evolusioniste gevra oral oor die wêreld of ‘n mens op ‘n trilobiet kan trap? As trilobiete 500 miljoen jaar gelede gelewe het en die mens het nie hier gekom tot omtrent 3 miljoen jaar gelede nie En mense het nie begin skoene dra tot omtrent 10,000 jaar gelede, sê hulle. Hoe kon ‘n mens op ‘n trilobiet getrap het? Wel, een ateïs het gesê natuurlik moes sommige vreemde uitlanders die planeet 500 miljoen jaar gelede besoek het. O, daardie vreemdelinge sal dit elke keer doen. ‘n Ander ou het gesê dat daar miskien ‘n groot trilobiet was, wat soos ‘n skoen gevorm was, wat op ‘n klein een geval het. Nou, daar was sommige groot trilobiete daar buite. Maar hulle is nie gevorm soos ‘n skoen nie. Eintlik, die trilobiet het die mees ingewikkelde oogbal ooit! Trilobiet oë is ongelooflik. En hulle glo dit was een van die eerste wesens om te ontwikkel? En dit het alreeds van die mees komplekse oë?! Net die oog is een van die mees komplekse kenmerke. Nee, trilobiete is nie “indeks fossiele” vir enige iets nie. Daar is allerhande verskillende trilobiete En daar is moontlik steeds sommige lewendig vandag. Verseker is die Baltiese ringkreef steeds lewendig. Onlangs het iemand vir my ‘n fles vol van trilobiete gestuur van die Prudhoe Baai, Alaska water behandeling inrigting. Toe die pakkie in Pensacola, Florida arriveer – was hulle steeds lewendig in die fles! Maar ek weet nie hoe om ‘n trilobiet lewendig te hou nie. Wat voer ‘n mens hulle? Hulle het almal dood gegaan. Hulle is nou in ons museum in Pensecola. Iemand het pas vir my ‘n groot een van iewers in die Karibiese Eilande gestuur. Dit is omtrent 15 duim (40 cm) lank. Hy het dit van ‘n rots afgetrek, dit was steeds lewendig. Die naam vir dit daar is een of ander see “kakkerlak”. ‘n Kakkerlak? Dit het vir my gelyk na ‘n groot trilobiet! Hierdie handboek wys die kinders ‘n graptoliet. Hulle beweer dat dit 410 miljoen jaar oud is. Nee, ek dink nie so nie. Eintlik is graptoliete 10 jaar gelede steeds lewend gevind in die Suid-Stille Oseaan. So as jy ‘n graptolite vind, kan jy dit nie as ‘n “indeks fossiel” gebruik vir enige rots ouderdom nie, goedso. Hulle vertel die kinders in die skool dat die lobvinnige vis die indeks fossiel is vir Devoon. 325 miljoen jare oud. Sien julle daardie kort been seuns en dogters? Hy het ‘n kleine beentjie en dan die vin. Dit bewys dat hy ontwikkel van ‘n been tot ‘n vin. Nee, dis ‘n leuen. Die lobvinnige vis, is steeds lewendig vandag, hulle swem rond in die Indiese Oseaan. Toe hulle die eerste een gevang het in 1938 het die wetenskaplikes daarna gekyk en gesê, “Shoe, kyk net daarna, hulle het oorleef vir 325 miljoen jaar.” Dit het nooit by hulle opgekom om selfs eenkeer hulle geloof in die geologies kolom te bevraagteken nie. Daardie gedagte het nooit deur hulle breins gegaan nie. Mens bevraagteken nie die geologies kolom nie, dit is heilig en gewyd. Jy moet net sê, “Dit het vir 325 miljoen jaar oorleef.” Dit is in die handboeke vandag. En hulle sê steeds dat dit die indeks fossiel is! Selfs al weet hulle hulle swem rond in die Oseaan. Hoe kan hulle so dom wees? Hierdie dame het ‘n boek geskryf daaroor: “’n Vis Gevang in Tyd.” Ja, seuns en dogters, hierdie is “ons eie groot-oom veertig miljoen keer verwyder.” Sy lyk tog ‘n bietjie verdag, doen sy nie? Veral daar om haar kiewe rond. Julle gaan vertel word dat sommige dinosourusse die indeks fossiele vir die Jurassic Periode is. 70 miljoen, of krytagtig, 70 miljoen, jare gelede. Dis nonsens! Dinosourus bene was onlangs gevind wat bloedselle steeds in hulle gehad het. Hoe lank hou die bloedselle? Daar is ook voorbeelde van sagte weefsel wat ontdek is binne in dinosourus be, steeds buigsaam. Dit was in Maart van 2005. Hier is gefossileerde mens hande gevind in dieselfde rotslae as dinosourus bene. Hulle gaan julle vertel dat die lae verskillende ouderdomme is, maar dit is nie waar nie. Charles Darwin het van breedvoerig-klinkende nommers gehou. So hy het beweer dat die Wealden deposito’s in Engeland 306,622,400 jaar oud was. Hoe kon hy enigsins so ‘n ding weet? Reg oor die wêreld word versteende bome gevind wat regop staan. Effektief verbind hulle verskeie rotslae. Versteende bome is gevind in ‘n regop posisie. Nou, hoe lank bly ‘n dooie boom regop staan voor dit omval? Miskien 5 of 10 jaar, reg? 5 miljoen jaar? O nee, nie 5 miljoen nie. En steeds, versteende bome in die vertikale posisie word oral op die planeet gevind. Ek sal net baie vinnig hier deur sommige foto’s flits. Daar is allerhande soorte versteende bome gevind wat regop staan. En hulle hardloop deur verskeie lae. En die kinders word geleer dat die lae verskillende ouderdomme is. En tog is hier een boom wat hulle almal verbind. Ek het dit moeilik gevind om te glo dat hierdie lae verskillende ouderdomme is. Sentraal Alabama het ‘n groot koolmyn met ‘n hele klomp versteende bome wat regop staan wat deur twee steenkoollae hardloop. Die “Blue Creek” en die “Mary Lee”. Nou gaan hulle vir julle in die skool vertel, vir kool om ‘n bos te vorm moet dit groei en dan val dit alles om en verander in ‘n moeras en dan word dit begrawe. En dan was nuwe modder in aan die bokant en kool vorm stadig van die bos wat begrawe is. Dan duisende jare later groei ‘n ander bos bo op. En ‘n hele nuwe laag kool vorm. So as julle twee lae kool vind, o het dit duisende jare gevat. Dit is wat hulle vir julle sal vertel in die skool. Dis is eenvoudig nonsense. Ons behandel meer oor kool vormasie in seminaar #6. As julle kyk na sommige van die bome wat in die koolmyn gevind is, kyk net na hulle almal. Ek dink ek kan bewys hierdie twee kool vormasies was op dieselfde tyd gevorm, baie vinning, binne ‘n paar weke of maande van mekaar, dis verseker. Hulle het almal waarskynlik gevorm gedurende die Vloed in Noag se dae. In Cookville, Tennessee, hoe ver is Cookville van hier? … In Cookville, Tennessee is daar ‘n koolmyn met versteende bome. Dit is steenkool aan die onderkant – versteen in die middel – en dan steenkool aan die bokant! Waar dit deur ‘n tweede steenkoollae gegaan het. Dit is alles dieselfde boom. Terloops, waarom word steenkoollae gewoonlik gevind reg bokant rots of klei? Sou dit nie ‘n slegte plek wees om ‘n bos te groei nie? Dink julle nie dit behoort bo op grond te wees nie? Polystrate fossiele word reg oor die wêreld gevind. In Joggins, Nova Scotia, is daar dosyne versteende bome wat regop staan en rotslae verbind. Die wetenskaplikes gaan soontoe en kyk daarna, “Shoe, dit is nuuskierig.” Nee, dit is meer as nuuskierig. Dit is vernietigend vir hul onderrig, dat die lae verskillende ouderdomme is. Daar is ‘n brosjure wat julle by ons kan kry, slegs $2, wat 30 kleur prent het van polystrate fossiele. Soms word die versteende bome onderstebo gevind wat deur baie rotslae hardloop. Nou het hulle regtig ‘n probleem. Ek het hieroor gedink tot my brein seer is. Die evolusioniste het twee maniere om dit op te los. Hulle kan sê dat die bome regop gestaan het vir miljoene jar terwyl die lae gevorm het rondom dit. Of, miskien het die bome gegroei deur honderde voet soliede rots en gosoek na sonlig. Maar daar is ‘n derde manier om na dit te kyk – miskien was hulle almal begrawe in ‘n groot vloed. Mount St. Helens het duisende bome binne in Spirit Meer geblaas op 18 Mei, 1980. Baie van daardie bome is nou vas in die modder aan die bodem van Spirit Meer. Hulle gaan versteen in die staande posisie. Ons het meer daaroor in Seminaar #6. Dit vat nie lank vir iets om te versteen nie. Hier is versteende vuurhout waarop gekap was – voor dit in klip verander het. Hierdie is ‘n gemummifiseerde hond wat vas is in ‘n boom. Blykbaar het hy ‘n wasbeer teen ‘n boom opgejaag en daar vasgesit. Hier is ‘n versteende cowboy stewel met die cowboy se been nog in dit. Die stewel was oorspronklik gemaak in 1950. Die been binne in het versteend. Hierdie is ‘n versteende vi swat besig is om geboorte te gee. Dit vat nie miljoene jare om geboorte te gee nie. Hierdie is ‘n versteende hoed. En ‘n versteende piekel wat gevind is in ‘n fles. Die man het vir jy die fles en die piekel. Hy het gesê dat hy dit in Montana gevind het. Dit was ‘n ou verlate huis. Hy het gevra of ek ‘n ou versteende piekel wil hê vir ons museum. Ek het gesê, “Verseker, wie by sy volle positiewe wil nie ‘n versteende piekel hê nie!” Kom na Dinosourus Avontuur Land – en kom kyk die versteende piekel. Daar is versteende sakke meel wat gevind is in ‘n ou meel meule. Dit het oorstroom in 1910, in Arkansas. Hierdie is ‘n versteende paddastoel. Daar is ‘n wonderlike juweel en minerale museum net suid van Bloomington, Illinois. in ‘n klein dorpie genaamd Shirley Illinois, jy moet hard probeer om dit te kry om daar uit te kom. Maar dit is die moeite werd om die “Funk Gem and Mineral” Museum te sien. Daar is versteende akkers. ‘n Kind het dit vir my gestuur. Hy het gesê hy was sewe jaar oud to hy dit in ‘n bak water gesit het. Hy het gedink dit sou ontkiem en bome word. Maar hy het van hulle vergeet. Teen die volgende Lente het die akkers versteend. Hy het gevra of ons daarvan sou hou vir ons museum. Ek het gesê, “Verseker.” Kom en kom kyk die versteende akkers. Ons het meer oor verstening in Seminaar #6. So kinders, wanneer hulle vir julle vertel die lae is verskillende ouderdomme, dan vertel julle vir hulle Kent Hovind het gesê hulle is deurmekaar en hulle lieg. Dit is nie korrek nie. Hierdie is Leuen Nommer 5. Daardie lae het almal gevorm, amper al daai, in die tyd van Noag se vloed. Tagtig tot 85% van die Aarde se oppervlakte het nie eers 3 geologies periods sigbaar in opeenvolgende nie. Selfs al bestaan hierdie geologies kolom nie in die wêreld nie – behalwe in die handboeke - daardie lering is wat mense verander het, in die 1830s, weg van geloof in die Bybel na geloof in uniformitarianisme. Hierdie lering het veral ‘n jong prediker geraak. Hy het net uit Bybel kollege gekom, gestudeer om ‘n pastoor te word van ‘n kerk. Sy naam was Charles Darwin. Enige iemand al ooit gehoor van Charles Darwin? Charles Darwin het gegradueer van Bybel kollege om ‘n prediker te word. En hy sou eers om die wêreld reis vir 5 jaar. Hy sou sommige goggas versamel het vir sekere “bugologiste” terug in Engeland. So hy het sekere boeke saam hom gevat. Hy het sy Bybel gebring, verseker. Hy het toe net uit Bybel kollege gekom, en hy het hierdie splinter nuwe book gebring, “Beginsels van Geologie”. Darwin het later gesê dat die boek sy lewe vir altyd verander het. Later het hy aan ‘n vriend geskryf en gesê. “Ongeloof [in die Bybel] het stadig oor my gekruip. Ek het geen gevaar gevoel nie.” Hy het stadig sy geloof in die Bybel verloor. Soos Darwin om die wêreld geseil het, het die skip gestop by die Galapagos Eilande. Daar in daardie eilande, het hy opgemerk dat daar 14 verskillende soorte vinke was. Hierdie is baie klein voëltjies met ‘n baie klein bekkie, maar die bek vorms was verskillend. Meer onlangs het mense soontoe gegaan en hulle nog meer bestudeer. Hulle het uitgevind dat gedurende droë jare, is die bek ‘n tiende van ‘n millimeter dicker. En deur nat jare, is dit ‘n tiende van ‘n millimeter dunner. Maar dit werk altyd uit op ‘n gemiddeld. ‘n Tiende van ‘n millimeter… weet julle hoeveel dit is? Nie baie nie. Darwin het na die voëls gekyk en gesê, “Weet jy wat? Ek dink al hierdie voëls het een gemeenskaplike voorouer.” Ek wed jy was reg, Charles, dit was … ‘n voël. Teen daardie tyd het Charlie gesê, “Wel, miskien bewys dit dat voëls en piesangs verband gehou het. Julle sê, “Hy sê dit nooit”. Wel, hy het beslis. Ek het geweet julle sou my nie glo nie toe bring ek sy boek. Dis net hier. “Die Oorsprong van Spesies” deur Charles Darwin. Op bladsy 170, sê Darwin, “Dis regtig ‘n wonderlike feit dat alle diere en alle plante deur alle tyd en ruimte met mekaar verband sal hou.” Sê hy nie dat die voëls en piesangs verband hou nie? Hy doen beslis. Dit is ‘n leuen. Wat Charlie waargeneem het is wat dikwels genoem word mikro-evolusie. Mikro-evolusie vertel ons dat honde ‘n verskeidenheid honde produseer. Dis ‘n feit. Dit gebeur, regso? En rose produseer ‘n verskeidenheid rose. Niemand stry daaroor nie. Die vraag is, gaan dit enigsins verder as dit? Mens mag ‘n groot hond kry en ‘n klein hond, maar jy kry elke keer ‘n hond. En waarskynlik het die hond, die wolf, en die prêriewolf ‘n gemeenskaplike voorouer gehad. Ek sal nie daarmee stry nie. Ons het ‘n toets gedoen vanoggend. Ons het ‘n 5-jarige dogter gehad. Ons het gesê, goed, hier het ons ‘n hond, ‘n wolf, ‘n prêriewolf en ‘n piesang. Watter een is nie soos die ander nie? Sy het dit gekry … die piesang. Ons het kollege professore wie dit nie kan uitwerk nie. As “National Geographic” sê die evolusie van honde vanaf wolwe.. Wel, “duh”. Niemand stry daarmee nie. Ja, honde het van wolwe gekom. Die Bybel sê hulle bring voort volgens hulle soort. Tien keer sê dit so in die eerste hoofstuk van Genesis. Sien, hierdie woord “evolusie” het 6 verskillende betekenisse. Ons is hierdeur van tevore, so ek gaan ietwat vinnig daardeur gaan. Daar is eerstens “kosmiese evolusie”, die Groot Slag. Tweedens, “chemiese evolusie” waar al die chemikalieë uit waterstof kom. Dis nonsens. Derdens, “steller evolusie” waar al die sterre uit stof gevorm het. Jy kan nie stof kry om in ‘n soliede ster te kondenseer nie. Dit kan nie gebeur nie. Daar’s Boyle se gaswette wat dit wegdryf, goedso? Dan, daar is genoeg sterre daar buite, ons kan almal 11 triljoen vir onsself hê. Dan kry mens “organiese evolusie” waar lewe begin word uit nie-lewende materiaal. En dan “makro-evolusie” waar ‘n dier verander na ‘n ander soort dier. Nie een van daardie 5 is al ooit waargeneem nie! Nommer 6: Variasies binne die soorte, soms genoem “mikro-evolusie”. Daardie een gebeur. Die eerste 5 is godsdienstig. So wanneer ookal julle evolusie bespreek, moet julle definieer waaroor julle praat. As julle van #6 praat, is ek met julle. Ek stem saam dit gebeur. As julle oor die eerste 5 praat – geen daarvan gebeur nie. Daardie is dinge wat hulle glo gebeur. Kyk hoe verander hulle die definisie vir die kinders. Hulle sê, “goed, seuns en dogters, evolusie is verandering oor tyd. O, is dit regtig wat hulle bedoel? Kyk hierna versigtig nou. Met ander woorde, lewende dinge het oor tyd verander. Wag, wag, wag. Gaan hulle die eerste vier oorslaan? Hulle wil net die eerste 4 stadiums omseil asof dit nie deel is van die teorie nie? Weld an, dan het hulle nie ‘n samehangende teorie nie. Dan sê hulle, “evolusie kan gedefinieer word as ‘n verandering in spesies oor tyd”. Nou is hulle by wat ek in glo. Ek dink elke spesies kan en verander wel. Ek dink mens kan sekere regtig eienaardige verskeidenheid van diere kry, maar hulle is steeds dieselfde soort. Regso? Dit is ‘n leuen, kinders, daardie is nie regtig wat hulle bedoel met evolusie nie. Hulle wil vir julle voorbeelde gee van slegs #6 en maak julle glo dat die hele teorie bewys is. Moenie gebreinspoel word nie. Evolusieis nie waar nie. Meeste evolusioniste sal sê, “Wel, makro-evolusie is net mikro- maar met langer periodes van tyd.” Nee, dit is nie. Hulle het ‘n groot konferensie in Chicago gehad oor hierdie selfde vraag. Hulle het gesê, “Die sentrale vraag van die Chicago konferensie was of die meganismes wat mikro-evolusie onderlig geëkstrapoleer kan word om die verskynsels van makro-evolusie te verduidelik .” Die antwoord kan gegee word as ‘n duidelike – NEE. Dit werk nie. Variasies gebeur, ja, maar hulle het limiete. Het julle geweet, boere probeer al vir ‘n lang tyd om groter varke te kry. Dink julle hulle sal ooit ‘n vark so groot soos Texas kry? Ek wed daar is ‘n grootte beperking, is daar nie? Kakkerlakke het weerstandbiedend geraak teen plaagdoders. Dink julle hulle sal ooit bestand word teen ‘n voorhamer? Waarskynlik nie. Julle sien, daar’s ‘n tier wat 3 katjies gehad het, almal verskillende kleure, een werpsel. Dit is variasies, maar dit is steeds ‘n tier. Dit is nie evolusie nie. Hulle eindig altyd op deur dieselfde soort nageslag te produseer – net soos die Bybel sê. Die inligting vir die nuwe variasie moes reeds in die gene kode gewees het anders sou dit dit nie kon produseer nie. Geen nuwe inligting word ooit bygesit nie. Die geenpoel van die nuwe variasie is altyd meer beperk. Iemand het jare spandeer aan die kruisteling van honde om die Chihuahua te ontwikkel. Al daai geld om ‘n hond te maak wat 100% nutteloos is. Ek meen, dink daaroor. Hoe lank sal die Chihuahuas hou in die regte wêreld? Laat hulle almal los in die woude. Kyk wat gebeur. Hulle hardloop almal na die wolf. Hap, hap, hap, hap, hap, hap. Knars, einde van die gene kode, reg? Genetiese informasie is verlore, nie bygevoeg nie, wanneer mens ‘n vreemde verskeidenheid kry. Ware evolusie het ‘n toename in genetiese kompleksiteit nodig. Ons neem dit nooit waar nie. Ek het grootgeword in Illinois, dit is koring kontrei. Het julle geweet hulle het so baie soorte koring daar, hulle moet dit nommer? Julle kan op die hoofweg ry, en daar is ‘n teken wat sê BX65. Moet dit nie misgis met XL29, iets sal ontplof. Wel, mense, jy kan koring baie kere kruis-teel, maar jy gaan altyd koring kry. Jy gaan nooit ‘n hamster verander in ‘n tamatie nie of ‘n walvis laat groei op jou koringhalm nie. Dit gaan net nie gebeur nie, regso? Daar is baie verskillende variasies van honde in die wêreld, en hulle mag ‘n gemeenskaplike voorouer gehad het … ‘n hond. Hier is BBC Nuus: “Dit lyk asof 95% van die huidige honde afkomstig is van slegs 3 oorspronklike stigtings wyfies.” Haai, hulle kom nader. Reg hier sê dit, “Vandag se honde kom voor in alle vorms en groottes, maar wetenskaplikes glo dat hulle ontwikkel het uit net ‘n handvol wolwe wat getem was deur mense wat gewoon het in of naby China minder as 15,000 jaar gelede.” Hulle kom nader. Man, as hulle annhou om die wetenskap te studeer, gaan hulle ‘n onafhanklike Doper word wanneer hulle klaar is. Wanneer jy klaar die berg van waarheid geklim het, is dit waar jy opeindig, julle weet? Hierdie Ierse handboek noem dit uiteenlopende evolusie. Ag, kom aan. Hulle wys 5 honder om ‘n wolf. Dis nie uiteenlopende evolusie nie. Moenie dit ‘n siernaam gee nie. Dis steeds ‘n hond. Dis net ‘n verskeidenheid van hond. Hierdie Mexikaanse handboek sê, “Die perd en die sebra het ‘n gemeenskaplike voorouer.” Ek stem saam. Dit het gelyk soos ‘n perd. Julle weet, al die standaard perd toerusting. Hulle het vandag klein perdjies. Die wêreld se kleinste perd het ons kom besoek by Dinosourus Avontuur Land. Praat van nutteloos. Ek bedoel, jy kan dit nie ry nie. Wel, my kleindogter kan, maar dit sal ook nie soos ‘n hond blaf nie. Wat doen mens met ‘n perd soos die? Julle weet, perde, sebras en donkeys kan almal gekruis word. Hulle het ‘n kompetisie in California – wie kan die eienaardigste diere kry. Hulle sal kry: “zorses, zonkeys, zeonies, z-donks, zebrass, en shebras”. Hier’s ‘n sebra wat vergeet het om sy pajamas aan te trek. Hier’s ‘n kudde “zebroids” en perde wat rond hardloop. Julle weet, in die laaste honderd jaar, het die Kentucky Derby gegaan van ‘n gemiddelde resiesspoed van 127 sekondes af tot 123 sekondes. Selfs in die ou dae, het hulle maar redelik lae tye ingeteken. Vraag: Hoeveel geld is spandeer op teling om die vinnigste perd vir die Kentucky Derby te probeer kry? Miljoene en miljoene dollars. Hulle doen dieselfde ding hierrond, doen hulle nie nie? Spandeer sommige mense nie baie geld vir ‘n “Tennessee Walker” Perd nie? Wat is die duurste “Tennesse Walking” Perd waarvan julle al ooit gehoor het? ‘n Miljoen dollars vir een perd? Drie miljoen vir een perd? Dis hoeveel per pond? Toe ek in Italië was, het ons perd daar geëet. Dit was ook lekker. Dit het geproe soos hoender. Ek weet nie of hulle by die absolute limiet van perde spoed gekom het of nie. Ek weet nie. Maar ek vermoed dat hulle soort van naby kom, goedso? As julle regtig die Kentucky Derby wil wen, hoekom teel julle nie vlerke op julle perd nie en vlieg om die baan in 12 sekondes? Die hele punt is… ja, mens kry variasies, maar hulle is beperk. Daar is baie verskillende soorte koeie in die wêreld, en hulle mag ‘n gesamentlike voorouer hê … ‘n koei. Daar is tydskrifte waar jy hoenders bestel. Alles reg, seuns en dogters, watter soort hoender ras moet ons bestel? Kyk wat sê die tydskrif, “Oerwoud voëls is die oorspronklike voël vanwaar alle rasse en stamme van mak hoenders afgelei is.” Het julle geweet al die hoenders het ‘n gemeenskaplike voorouer? Wil enige iemand raai wat dit was? Hoender. Julle het dit. Daar is 8 soorte bere in die wêreld, en hulle kon ‘n gemeenskaplike voorouer gehad het … ‘n beer. Julle weet, spruitkool, kool, blomkool, en Brusselse spruitjies almal het ‘n gemeenskaplik voorouer. Dit word genoem ‘n plant. In California, het hulle groot velde waar die Engelse okkerneut bome op swart okkerneut stompe ent. Hulle doen dit as gevolg van die swart okkerneut stomp, die wortelstelsel is taai. Dit kan die weer daar hanteer. Maar die swart okkerneut proe nie so goed nie, dit verkoop nie vir so baie geld nie, en dis moeiliker om te kraak. Engelse okkerneute smaak beter. Hulle verkoop vir meer geld, en hulle is makliker om te kraak, maar die wortelstelsel vrot. So hulle sny dit af en plak hulle saam. Hulle doen dit alles daar. Wel, hulle kan dit doen want hulle is beide ‘n okkerneut. Sien, mens can nooit ‘n Engelse okkerneut boom op die rug van ‘n skilpad ent nie. Dit sal nie werk nie, sien? Die suikerbeet was gebruik vir jare toe suiker duur geword het. Hulle wou suiker uit beet kry. So hulle het probeer om selektiewe teling te doen om die suiker inhoud te verhoog in suikerbeet. Hulle het dit verhoog van 6% tot 17%, maar dit was die maksimum. Mens kan nie verby 17 gaan nie, en hoe verder hulle verby gegaan het van die normale wilde suikerbeet, hoe meer problem het hulle begin kry. Nou moet jy die veld oppas en sprei plaagdoders en alles anders op dit want hul siekte weerstand gaan af. Menses ê, “Raak bakterieë nie bestand teen dwelmmiddels nie?” Wel, dis omdat hulle inligting verloor, nie kry nie. Ek sal julle wys. Dr. Spetner wys uit, “Hierdie is gebaseer op ‘n misverstand. Vir die afwykings wat antibiotiese weerstand veroorsaak sluit steeds informasie verlies in. By voorbeeld, om bakterieë te vernietig, heg die antibiotiese streptomisien aan die deel van die bakteriële sel genaamd ribosome. Afwykings veroorsaak soms die strukturele misvorming in ribosome. Omdat die antibiotika nie met die misvormde ribosome kan verbind nie, is die bakterie weerstandig. Selfs al blyk hierdie afwyking om voordelig te wees vir die oomblik, vorm dit nog steeds ‘n verlies van inligting, nie ‘n voordeel nie. Geen evolusie het plaasgevind nie. Die bakterieë is nie sterker nie. In werklikheid, onder normale omstandighede met geen antibiotika teenwoordig nie, is hulle swakker as hul nie-veranderde neefs.” Ek sal vir julle ‘n voorbeeld gee. Veronderstel iemand kom na julle dorp, en hulle boei almal. Hulle vat hulle tronk toe, en dan, gaan hulle hulle doodmaak. Maar jy het nie arms nie. So hulle kan jou nie boei nie. Ha, ha, ha. Is dit ‘n voordelige afwyking om nie arms te hê nie? Wel, ja, vir die oomblik, regso? Maar op die lang termyn, is dit nie voordelig nie, reg? En so al die voorbeelde wat hulle ooit uitwys is bakterieë wat dwelmmiddel weerstandig word. Dis ‘n verlies van informasie, nie ‘n voordeel nie. Die Bybel is korrek. Hulle bring voort volgens hul soort. James Hutton het ‘n boek geskryf in 1795, en mense het begin twyfel dat die Aarde 6000 jaar oud was. Charles Lyell het ‘n boek geskryf in 1830, en mense het die vloed begin twyfel. En Charles Darwin se boek het mense laat twyfel in die Skepper. Teen die mid-1800s, het mense gewonder, “Shoe, as God dit nie gedoen het nie, hoe het ons hier gekom?” “Wie’s in beheer van die wêreld?” Dit het direk gelei tot die Kommunisme, Marxisme, sosialisme, Naziisme. Ons sal dit behandel in Seminaar Deel 5: Polities inkorrek, “Die Gevare van hierdie Evolusie Teorie”. Nou Darwin het nie die evolusie teorie begin nie. Dit was daar ‘n lang tyd voor hom. Hy het dit net eenvoudig populêr gemaak. Maar Timoteus was gewaarsku deur Paulus hier in 1 Timoteus 6:20 - “Bewaar wat aan jou toevertrou is. Vermy die onheilige en sinlose praatjies en die redenasies van die ‘kennis’, soos dit verkeerdelik genoem word.” Evolusie is nie wetenskap nie. Evolusie is ‘n godsdiens in elke sin van die woord. Hitler het gesê, “Laat ek die handboeke beheer en ek beheer die staat.” Professor E.O. Wilson by die Harvard Universiteit het gesê, “Soos baie persone van Alabama, was ek ‘n wedergebore Christen. Toe ek 15 jaar oud was, het ek die Suidelike Baptiste Kerk met groot ywer en belangstelling in die fundamentalis godsdiens. Ek het op 17 gegaan toe ek by die Universiteit van Alabama gekom het en gehoor het van evolusie teorie.” Hy het sy geloof verloor die eerste jaar van kollege. Dis wat gebeur het met Phillip Wentworth wie vir die bediening by Harvard gestudeer het, het sy geloof verloor, opgegee op die bediening. Di swat gebeur het met ‘n jong man genaamd, Scott, van Iowa. Hy het amper sy geloof verloor tot iemand vir home en van my videos bande gewys het, en hy het gesê, “O man, jy het my geloof gered, Broer Hovind.” Marty, van Ontario, Kanada, het aan my geskryf en gesê, “Ek wil jou laat weet, jou bediening was ‘n seëning vir my. Ek’s een van die hoërskool studente in die Antropologie klas wat ‘n slagoffer is van die gevare van evolusie lering. Ek was baie ontmoedig en het God se bestaan bevraagteken. Ek het na jou seimaars geluister en dit het my totaal bemoedig en was ‘n seën vir my.” Ja, een gered. Dis wonderlik hoe baie duisende mense deur die geskiedenis hulle geloof verloor het as gevolg van hierdie evolusie lering. Karl Marx het gestudeer en het geseê dat hy God wou dien met sy hele lewe. Hy het kollege toe gegaan en filosofie studeer en word to ‘n evolusionis. Kameraad Joseph Stalin … daar was ‘n spesiale aanbieding vanmiddag op televisie. Hoeveel het dit gesien oor Kameraad Stalin op die “History” Kanaal? Hy het ‘n Christen skool bygewoon, maar hy het ook Darwin se boek gelees. Hy het ‘n ateïs geword en tussen 60 en 100 miljoen van sy eie mense doodgemaak! Andrew Carnegie het ‘n evolusionis geword deur Darwin se boek te lees. Hy het gesê dit het hom vry gemaak van die boeie van godsdiens. “Lig het ingekom soos ‘n vloed. Alles was helder. Nie alleen het ek ontslae geraak van teologie en die bonatuurlike nie, maar ek het die waarheid van evolusie gevind.” Carnegie het miljoene dollars agter gelaat om seker te maak dat evolusie in ons skole geleer word in plaas van skepping. Hy het die “Nasionale Sentrum vir Wetenskap in Onderrig” befonds. Die lys is regtig lank. Ons sal nou moet ophou. Maar 75% van kinders uit Christen huise wie na publieke skole gaan verloor hulle geloof na een jaar van kollege. Wat is in hierdie handboeke in elkgeval? Wat leer hulle ons kinders wat veroorsaak dat hulle hulle geloof verloor? Ons hanteer meer leuens in die handboeke in die volgende sessie. (EINDE van Seminaar 4a) BEGIN van Seminaar 4b – Dr Kent Hovind – in Afrikaans – Vertaal deur Laurette Van Der Merwe Daar is nog steeds geen bewyse om die evolusie teorie te ondersteun nie. Dit was lank gelede as onwaar bewys. As werklike bewyse bestaan het vir hierdie evolusie teorie, sou ek dit graag wou sien. Ons het ‘n kwart miljoen dollars aangebied vir werklike wetenskaplike bewyse vir evolusie. Daardie aanbod staan al vir meer as 10 jaar. Daar is nie enige bewyse nie. Ek sal julle ‘n voorbeeld gee. Veronderstel ek het ‘n teorie gehad dat die maan van groen kaas gemaak is. Ek weet dit klink na ‘n dom teorie, maar dit is nie noodwendig sleg om ‘n dom teorie te hê. Daar is geen wette teen dom teorieë nie. Maar veronderstel nou ek begin my studente te leer: “Haai kinders, het julle geweet NASA het my teorie in 1973 bewys toe hulle na die maan gegaan het op ‘n geheime sending en ‘n gat geboor het en bevind het dat die maan van groen kaas gemaak is?” Wel, wag net ‘n bietjie. Dit is nie sleg om so ‘n dom teorie te hê. Dit is nie goed om te lieg oor my bewyse vir my teorie nie. Dit is nog erger om betaal te word deur belasting geld terwyl ek lieg oor my teorie. So ek gee nie om dat hulle ‘n teorie het dat ons van ‘n rots af gekom het nie. Dit pla my nie. Dit pla my dat hulle vir die studente lieg oor hulle bewyse. En dit pla my regtig dat ek hulle salaris moet betaal terwyl hulle lieg om hulle teorie te ondersteun. Hier is sommige van die (veronderstelde) bewyse wat hulle gebruik vir die evolusie teorie. Hulle sê, “Ons het bewyse van fossiele.” Ek sê, “Mense, julle maak seker ‘n grap.” Geen fossiel tel as bewys vir evolusie nie. Geen. Al bewys as bene in die grond gevind is, is dat iets gesterf het. Julle weet nie of dit enige kinders gehad het nie. Geen fossiel kan tel as bewyse vir evolusie nie. Geen. Hulle sê, “Ons het bewyse van struktuur, van molekulêre biologie, van ontwikkeling.” Wel, laat ons oor ‘n paar van hierdie dinge gesels. Evolusie is dood. Die teorie is snert. Daar is geen bewyse om dit te ondersteun nie. Maar sommige van die volgelinge is baie toegewyd, en vind dit moeilik om dit te laat vaar. Hulle sal selfs vir julle lieg om julle te laat glo alles is in orde. Hulle sê, “Sjoe, kyk na die evolusie teorie. Dit is heeltemal waar. Daar is geen uitdaging aan evolusie nie. “Kyk, dit het nooit beter gelyk nie. Pols en hartklop lyk goed. “Nee, ek is jammer, hy is eintlik dood. Moenie die laaste een op die boot wees nie. Dit is besig om te sink. Evolusie is gebaseer op 2 foutiewe aannames. Nommer 1: Hulle sê mutasies maak iets nuuts. Dit is nooit waargeneem nie. Nommer 2: Natuurlike seleksie sorg dat ons oorleef en die bevolking toeneem. Evolusie is eintlik ‘n godsdiens van die dood. Vir evolusie om te slaag, moet een dier ‘n bietjie beter as die res ontwikkel. Wat moet met die res van hulle gebeur om hierdie ding te laat slaag? Hulle moet doodgaan - anders keer die nuwe verbeterde geen terug na die oorspronklike erflikheidskode. Die vraag is so eenvoudig en diepgaande. “Het die mens dood in die wêreld gebring?” soos die Bybel sê – of – “Het die dood die mens in die wêreld gebring?” soos evolusie sê. Iemand is verkeerd. Die handboek sê daar is mutasies, en hulle is die oorspronklike bron van variasies in bevolkings. Ek stem saam. Mutasies gebeur, geen twyfel. Maar mutasies produseer nie enige evolusie nie. Mutasies skommel bestaande genetiese kodes. Hulle maak niks nuuts nie. Hier is ‘n 5-been bul wat ‘n mutasie is. Daar is geen nuwe informasie bygevoeg nie. Hy het alreeds die informasie gehad hoe om ‘n been te maak. Dit is net ‘n ekstra een in die verkeerde plek, dit is al. Dit is nie nuwe informasie nie. Dit is geskommelde informasie. Hier is ‘n kort-been skaap. Weereens, geen nuwe informasie nie. En so terloops, dit is nie voordelig nie. Hy is die eerste een wat die wolf gaan vang. Reg? Ag nee, laat ons hardloop! Hier kom die wolf! Brrr…uh-huh, Herman het dit nie gemaak nie, umm. Daar is ‘n 2-koppige lam. Dit is ‘n mutasie. Dit is nie voordelig nie. Twee-koppige skilpad, wat ‘n mutasie is. Dis nie ‘n ninja nie, maar dis ‘n “mutant”. Hy gaan sy eerste winder verkluim, want niemand maak ‘n dubbelnek skilpad-nek trui nie. Hy kan dit net nie oorleef nie. Nou, deur die letters van die word “Kersfees” te skommel sal vir jou alle soorte verskillende woorde gee. Maar dit sal nooit vir jou Xerox, Zebra of Koningin gee nie. Die letters is nie beskikbaar nie. Die handboek wys vir die kinders ‘n 4-vlerk vlieg. Wat terloops nie kan vlieg nie, en dit sê dan, “Seuns en dogters, normale vrugtevlieë het 2 vlerke. Hierdie mutasie het vier. Hierdie rare mutasie, soos meeste mutasies, is skadelik.” Dan sê dit, “Voordelige mutasies is die rou boumateriaal vir natuurlike seleksie.” Wel, wag net ‘n bietjie. Hoekom wys hulle nie vir ons ‘n voorbeeld van ‘n voordelige mutasie nie? Hoekom vertel hulle ons net van die goeies, maar wys ons nie ‘n prentjie van ‘n goeie een nie? Weet julle hoekom het hulle nie ‘n prentjie van ‘n goeie mutasie gewys nie? Want niemand het al ooit een gesien nie. Daar was nog nooit een voordelige mutasie nie. Ek het dit een keer in ‘n debat gesê, en die ateïs het gesê, “Hovind, jy lieg.” Hy het gesê, “Ek kan ‘n voordelige mutasie nou opnoem.” Hy het gesê, “Mense in Afrika wat sekelselanemie kry, is minder geneig om malaria te kry.” Ek het gesê, “Dit is briljant, meneer. Dit is soos om te sê, as jy jou been afgekap het, kan jy nie atleet-voet kry nie. Um-hmm.” (Gelag) Hulle is beide negatief. Dan sê hulle evolusie en natuurlike seleksie gaan hand-aan-hand. Hierdie een sê, “Natuurlike seleksie veroorsaak evolusie.” Dit is ‘n leuen. Natuurlike seleksie kies. Dit skep nie enigiets nie. Natuurlike seleksie is nie ‘n kreatiewe krag nie. Natuurlike seleksie mag ‘n stabiliseringskrag wees, maar dit is nie ‘n kreatiewe krag nie. Enigiemand met ‘n halwe brein kan dit uitwerk. Natuurlike seleksie kan nie enige eienskappe skep nie. Dit kan slegs kies. Hierdie handboek sê, “Evolusie deur natuurlike seleksie het in net 1 jaar plaasgevind.” O, hulle lieg. Dit sê, “Natuurlike seleksie kan lei tot evolusie.” Dit is ‘n leuen. Natuurlike seleksie kies. Dit skep niks nie. Dit is Leuen Nommer 8. As jy in ‘n fabriek gewerk het wat motors vervaardig… hoe ver is die Saturnfabriek van hier af? Redelik naby, is dit nie? Hoeveel van julle werk hier in die Saturnfabriek? Goed. Veronderstel jy het in die Kwaliteitsbeheer afdeling gewerk. Jou werk is om seker te maak van die motor wanneer hulle klaar gebou is. Jy weet, skop die bande. slaan die deure, en ry dit rond om te sien of dit goed werk. As jy elke enkele fout sou optel (so terloops, hulle doen nie), maar as jy sou, hoe lank sou dit daardie Kwaliteitsbeheerproses neem om die motor in ‘n vliegtuig te verander? Julle sê, “Hovind, Kwaliteitbeheer kan dit nie in iets anders verander nie.” O, ek weet. Slegs ontwerp-ingenieurs kan dit verander. En God se natuurlike seleksie is ‘n kwaliteitbeheerstelsel wat dit nooit sal verander in ‘n ander dier nie. Dit sal net seker maak jy kry ‘n goeie dier, dit is al. Hulle bly praat van “Oorlewing van die sterkste”. Ek stem saam, maar dit verduidelik nie die “Aankoms van die sterkste” nie. Selfs oorlewing van die sterkste is wankelrig. Dit is wat genoem word toutologie of woordherhaling – ‘n sin wat niks beteken nie. Ek sal verduidelik. Jy kan sê, “Professor, waarom het dit oorleef?” Hy sal sê, “O, want dit is die sterkste. Julle weet, oorlewing van die sterkste.” Hoe weet jy dit is die sterkste? Uh, want dit het oorleef. Hoe anders kan jy dit dan verduidelik?” O, ek sien. Kyk, as ‘n walvis deur ‘n skool visse gaan en 80% van hulle eet, is dit nie oorlewing van die sterkste nie. Dit is eintlik oorlewing van die gelukkigste. Dit is wat regtig daar buite aangaan. Maar sommige van hierdie wetenskaplikes het die vermoë om wonderbaarlike waarnemings te maak en steeds tot die verkeerde gevolgtrekking te kom. Eendag, het ‘n klomp wetenskaplikes gaan kyk hoe ver ‘n padda kan spring. Hulle het die groot ou padda daar neergesit en gesê, “Spring, padda, spring!” Daardie padda het 80 duim gespring. Hulle het die padda teruggebring, 1 been afgesny, en gesê, “Spring, padda, spring!” Hy het net 70 duim gespring. Hulle het hom teruggebring, nog ‘n been afgesny, “Spring, padda, spring!” Hy het 60 duim gespring. Hulle het hom teruggebring, nog ‘n been afgesny, “Spring, padda, spring!” Hy het 50 duim gespring. Hulle het die padda teruggebring, sy laaste been afgesny, en gesê, “Spring, padda, spring!” Hulle het verwag hy mag miskien 40 duim spring gebaseer op die data. Die werklike sprong was zero. Die padda het nie beweeg nie. Hulle het harder geskree. “Spring, padda!” Die padda het nooit beweeg nie. Die wetenskaplikes was stom. Hulle het die eksperiment weer probeer. Nuwe padda, en dieselfde resultate gekry - elke keer. So die briljante wetenskaplikes het hulle data saamgesit en gesê, “Mense, weet wat? Die padda het minder gespring soos die bene verwyder is.” Haai, dit is ‘n goeie waarneming. Hulle slaan die spyker op die kop. Toe het hulle gesê, “Ons moet dus aflei dat ‘n padda met geen bene doof word.” (Gelag) Duidelik ‘n swak gevolgtrekking. Dit is moontlik om ‘n goeie waarneming te hê en steeds tot ‘n verkeerde gevolgtrekking te kom. Dit is wat hulle gedoen het met die vrugtevlieë. Hulle het ‘n paar vlieë in die laboratorium gesit, hulle ontvlerk, gemikrogolf en ge-X-straal. Hulle het allerhande wrede dinge aan daardie vlieë gedoen, en hulle het ‘n paar eienaardige baba vlieë gekry. Hulle het vlieë met gekrulde vlerke gekry. Hulle vlieg in die rondte, bzzzzzz, hulle kon nêrens heen gaan nie. Hulle het vlieë gekry met hoegenaamd geen vlerke nie. Hmm. Wat noem jy dit, ‘n kruip of ‘n loop? Dit kan nie vlieg nie. Hulle het al hierdie gemuteerde vlieë in die laboratorium grootgemaak en gesê, “Weet julle wat, mense?” Vrugtevlieë weier om enigiets te word behalwe vrugtevlieë.” Wel, duhh! Toe het hulle gesê, “Alle mutasies het vlieë produseer wat minderwaardig is aan die oorspronklike vlieg.” Goeie waarneming. Hulle het gesê, “So, ons moet aflei dat vlieë maksimaal ontwikkel het.” O, slegte gevolgtrekking. Julle weet, miskien kan julle aflei dat God hulle perfek gemaak het van die begin af, en al wat julle doen is om hulle op te mors in julle laboratorium. Hulle het goed gedoen tot julle ouens hulle beet gekry het. Ja. Dan sê hulle, “Evolusie is so wonderlik. Die vrugtevlieë in die noorde het vlerke 4% groter as die vlieë in die suide.” Wel, dit bewys iets aan iemand iewers, ek is seker. Maar dit is steeds ‘n vlieg. Daarna vertel hulle vir die kinders dat die sout-en-pepermot bewys lewer vir evolusie. Hulle het die motte in die bome getel en gevind daar was 95% ligbruin en 5% swart. Toe het hulle steenkool in die fabrieke verbrand, en die bome het swart geword. En hulle het weer die motte getel, en daar was slegs 5% lig en 95% swart. Die probleem is die hele storie is ‘n leuen. Leuen Nommer 9. Hulle het die dooie motte aan die bome vasgegom om die foto te neem vir julle kinders se handboeke. Dit is net hier. Waar is hierdie boek gebruik, Broer? Dit word mos nie meer gebruik nie? Gepeperde mot. Dit is egter steeds in die nuwe boeke. Bewyse vir evolusie. Daardie dooie motte vasgegom aan ‘n boom, want na 40 jaar van kyk, het hulle ‘n somtotaal van 2 motte gevind wat op die boomstompe sit. Slegs twee motte. Kom ons kyk, wat is 95% van 2? Sjoe, ek sal ‘n paar berekeninge moet doen met daardie een. Hulle hou dit egter steeds in die handboeke as bewys vir evolusie. Wat doen die Tulsa-dieretuin deur ‘n sout-en-pepermot uitstalling te hê? Ek bedoel, die is ‘n dieretuin om Hemelsnaam! Hoekom druk hulle evolusie in ‘n dieretuin? Julle kan die boek kry, “Icons of Evolution”, as julle meer wil uitvind oor die geskiedenis van hierdie sout-en-pepermot idee. Hulle vertel die kinders, “Ons gaan leer om krities te dink. Seuns en dogters, dink julle die mens is steeds besig om te ontwikkel?” Watter soort vraag is dit? Dit is een van daardie vrae soos, “Het jy al opgehou om jou vrou te slaan?” Sjoe, laat ek dink. As ek ja sê, erken ek dat ek het. As ek nee sê, doen ek dit nog steeds. Het julle geweet dit is moontlik vir die vraag om alreeds ‘n ingeboude aanname te hê? Kyk na daardie vraag. Dink julle mense ontwikkel nog steeds? Wat is die ingeboude aanname? Dat mense ontwikkel het. Hoe is ‘n Christen kind veronderstel om dit in sy huiswerk vir Maandag te beantwoord, hmmm? Ek sou sê, “Onderwyser, hierdie vraag is swak geskryf. Dit veronderstel evolusie het gebeur terwyl dit nie het nie.” Dit is soos om die vraag te vra, “hoekom is olifante oranje?” Jong, nou daar’s ‘n tawwe een. Hoekom is hulle in elk geval oranje? Uh, hulle is nie oranje nie, um-hmm. Dit leer nie om krities te dink nie. Hierdie is ‘n Sowjet-styl indoktrinasie-tipe breinspoeling vraag. En wanneer die kind klaar is met hierdie klas, gaan hy dink hy weet hoe om te dink. Maar hy doen nie. Hy weet hoe om dink wat hy geleer is om te glo. En hy verstaan nooit hoe dit met hom gebeur het nie. Dit is nie krities dink nie. Dan, vertel hulle die kinders, “Ons het bewyse vir evolusie van homologiese (gelykstandigheids-) strukture.” Sjoe, wat beteken dit? Ja, seuns en dogters, het julle geweet julle het 2 bene in jul gewrigte? En hulle word die radius en die ulna genoem? Nogal koel. En het julle geweet, die krokodil het 2 bene in sy voorste ledemaat, en kyk hierna, hulle word genoem die radius en ulna? Sien dit? Dit bewys ons is verwant. Dit is wat hulle vir hulle gaan vertel. “Homologiese strukture verskaf bewyse dat hierdie diere ontwikkel het van ‘n gemeenskaplike voorouer.” Dit word gevind in omtrent elke handboek. Ek is seker jy het hulle seker in hierdie ander hier bo, het jy nie, Steve? Homologiese strukture as bewys vir evolusie. “Hulle stam van ‘n gemeenskaplike voorouer,” sê die handboek. Dink krities. Die bene is dieselfde, seuns en dogters. “Sien, dit bewys ons is verwant.” Ontwikkel uit ‘n voorste ledemaat van ‘n gemeenskaplike voorouer. Hierdie handboek sê, “Vergelykbare anatomie verskaf verdere bewyse van evolusie. Die ooreenkoms stel voor dat hierdie en ander gewerwelde diere almal verwant is. Hulle het waarskynlik ontwikkel van ‘n gemeenskaplike voorouer.” Dit is ‘n leuen. Hulle het waarskynlik ‘n gemeenskaplike Ontwerper, um-hmmm. Weet julle dat verskillende bene in verskillende diere ontstaan uit verskillende gene op die chromosome? Hulle is nie homologies om mee te begin nie. En selfs al was hulle, sou dit nog steeds nie gemeenskaplike voorouers bewys nie. Dit bewys ‘n gemeenskaplike Ontwerper. Dieselfde Ontwerper het hulle almal gemaak. Het julle geweet dat die skuifmoer van ‘n Pontiac sal pas op ‘n Chevy? Gaan probeer dit gerus buite in die parkeringsterrein. Hulle sal. Dit bewys dat beide uit ‘n Honda ontstaan het 14 miljoen jare gelede! Nee. Dit is waar dat baie diere ‘n soortgelyke voorste ledemaat struktuur het. Dit is ‘n goeie waarneming. Ek stem saam. Hulle sê, “Hulle moes ‘n gemeenskaplike voorouer gehad het.” O, slegte gevolgtrekking. Dan sal hulle sê, “Dit help bewys dat ons almal van ‘n rots gekom het.” Wel, nou het hulle regtig ‘n slegte gevolgtrekking daar. Dan, vertel hulle die kinders, “Ons het bewyse van ontwikkeling.” Nou hierdie een maak my kwaad. So ek gaan probeer kalm bly terwyl ons daaroor praat. Hierdie is waarskynlik een van die mees gevaarlikste leuens in die handboeke. Laat ek nou eers kalmeer. Reg, ek is gereed. Hierdie handboek sê, “Die ooreenkoms tussen vroeë stadiums van ontwikkeling, van baie verskillende diere het gehelp om Darwin te oortuig dat alle vorme van lewe gemeenskaplike voorouers gedeel het. Darwin het hierdie beskou as die sterkste orde van feite ten gunste van sy teorie.” Dit was die beste bewys waarvan Darwin geweet het vir sy teorie. Die ou wat hierdie dom idee opgemaak het, se naam is Ernst Haeckel. Haeckel het hierdie idee wat ons nou met julle gaan deel die “Biogenetiese Wet” genoem.. Dit beteken dat, tydens ontwikkeling in die baarmoeder, diere deur die stadiums van evolusie gaan. Al wat julle hoef te doen is om die woord “vars” te memoriseer, V-A-R-S. Vis, Amfibieë, Reptiel, Soogdier. Dit is hoe hulle sê dit gebeur het. Die frase wat hulle destyds gebruik het was, “Ontogenie rekapituleer filogenese.” Sjoe. Wat beteken dit alles? Wel, ontogenie (wordingsleer) is die groei van die baba. Dit gaan deur fases, sê hulle. Rekapituleer beteken dit herhaal of doen dit oor en oor. Filogenese (afstammingsleer) is die evolusionêre volgorde. Hierdie Ierse handboek sê, “Die teenwoordigheid van visagtige strukture in embrio’s van verskillende spesies toon hierdie diere het ontstaan uit vis en deel die basiese patroon van vis ontwikkeling. Dit is asof die embrio ‘n geheue van sy oorsprong behou en begin om hulle te kopieer tydens sy ontwikkeling.” Dit is die “ontogenie-rekapitulasie-van-filogenie”. Nou, die idee waarop Sigmund Freud staatgemaak het, was die idee dat ontogenie, filogenie sou oplos. Dit is, die ontwikkeling van die individu rekapituleer die evolusie van die hele spesie. Dit is dom en gevaarlik. Hulle leer die kinders dat die embrio of die baba wat groei in die moeder het kieue soos ‘n vis. Kieue? Dit is ‘n leuen. Dit is nie kieusplete nie. Leuen Nommer 11. Daardie klein voutjies van die vel wat julle sien op die embrio, vorm die beentjies in die oor en kliere in die keel. Hulle het nooit enigiets te doen met asemhaling nie. My oom het 5 of 6 kenne gehad. En hy kon nie deur enige van hulle asemhaal behalwe die boonste een nie. Daardie is nie kieusplete nie. Ernst Haeckel het gesê die keerpunt in sy denke was toe hy Darwin se boek in 1860 gelees het. Sien, Darwin se boek was gedruk in Engels in 1859. Die volgende jaar, was dit gedruk in Duits, 1860. Haeckel was ‘n Duitse embriologie professor. Hy het die boek gelees en gesê, “Sjoe, wat ‘n goeie teorie. As ons maar net enige bewyse gehad het.” Wel, 9 jaar later het hulle steeds geen bewyse gehad nie, toe het Haeckel besluit om te help. Hy sou bewyse vervaardig. Haeckel het ‘n tekening van ‘n hond embrio en ‘n menslike embrio geneem. Hy was ‘n embriologiese professor, soos julle weet, en – hy het gelieg. Hy het die tekeninge vervals. Hy het hulle verander en presies dieselfde laat lyk om te probeer bewys dat hulle verwant is. Dit is ‘n onbeskaamde leuen. Haeckel het reuse plakkate van sy vervalste tekeninge gemaak, en oral oor Duitsland gereis en die mense oortuig om in evolusie te glo. En dit het gelei na die volgende voor die handliggende vraag: Haai, as evolusie waar is, wonder ek watter ras van die mens die verste ontwikkel het? En raai wie die Duitsers gedink het dit was? Ons sal later meer daaroor praat. Nou, bo is Haeckel se vervalste tekeninge, dan is die werklike foto’s van hierdie diere, onderaan. Hy het gelieg. Sy eie universiteit het ‘n verhoor gehou en hom skuldig bevind van bedrog . Hy het tydens die verhoor gesê, “Ek moet eintlik heeltemal veroordeel voel, maar honderde van die beste waarnemers en bioloë lieg onder dieselfde aanklag." Die Biogenetiese Wet is so dood soos ‘n mossie. Dit is nie waar nie, maar dit kan nie uit die handboeke gehaal word nie - vir een of ander rede. Dit is verkeerd bewys al in 1875, en hulle hou dit steeds in die boeke. Dit word nog steeds in hierdie boek gebruik, “Evolutionary Analysis”, kollege handboek, 1998 uitgawe. Dit word gebruik by die Universiteit van Wes-Florida, met presies dieselfde grafiek van Ernst Haeckel. Alhoewel dit al verkeerd bewys is sedert 1875. Ek weet dat opdatering van handboeke neem ‘n ruk, maar dit is al meer as lank genoeg. Ek dink in 130 jaar behoort hulle in staat te wees om dit al teen hierdie tyd uit te kry, dink julle nie so nie? Meer oor die kieusplete in hierdie boek: “Icons of Evolution”. Darwin se teorie; sy boek het uitgekom in 1859. Hy het voorspel hulle sou bewyse vind. In 1859, het Haeckel die tekeninge vervals. In 1875 as vals bewys, maar kom steeds in handboeke voor wat wêreldwyd gebruik word. ‘n 2004 handboek bevat dit ook. ‘n 2005 handboek, en ek het dit verkeerd uitgespreek, dit is Chickasha, Oklahoma. Ek is reggestel tydens die pouse; dit leer steeds die baba het kieuholtes. Let op byvoorbeeld, kieuholtes. Kieusplete op die embrio. Hulle leer dit in handboeke wêreldwyd. Dit is maar net verkeerd bewys sedert 1875. Haal dit uit die boek! Skeur die bladsy uit. Ek bedoel, dit is nie brein chirurgie nie. Skeur die bladsy uit. Dit is nie waar nie. Hier is ‘n laerskool handboek waar hulle meen dat ‘n embrio kieusplete het. Hierdie een sê, “Dienooreenkomstig, lyk menslike- en vis embrio’s na mekaar want mense en visse deel ‘n gemeenskaplike voorouer. Hierdie ooreenkomste lewer bewyse dat hierdie 3 diere ontstaan het uit ‘n gemeenskaplike voorouer.” Klein kieusplete; kieusplete op die menslike embrio. Kieue van visse; klein kieuholtes, wat in kollege handboeke gebruik word. Hier is ‘n 2004 handboek wat sê, “Bewyse van evolusie word gesien in die ontwikkeling van embrio’s.” Jy kan nie hoë punte kry op “SAT” of “ACT” kollege toetse nie, tensy jy lieg en sê die baba het kieuholtes. Dit is gevind in elke enkele toets wat ons kon kry. As jy nie in evolusie glo nie, gaan jy nie hoë punte kry om kollege toe te gaan nie. Of ten minste sal jy die evolusie antwoord moet gee. Hoekom sou hulle dit in die handboeke hou, 130 jaar nadat dit verkeerd bewys is? Daar is net 1 antwoord waaraan ek kan dink. Ek sal julle in ‘n rukkie vertel. Hierdie een wys ‘n 5-6 week oue embrio, en dit sê, “Teen 7 maande lyk die fetus van die buitekant soos ‘n klein normale baba, maar dit is nie.” Is dit nie ‘n baba op 7 maande nie? Hallo? Dit is Leuen Nommer 12. Dit is ‘n mens by bevrugting; 34% van babas wat gebore word op 5-1/2 maande sal oorleef. Een dame het chirurgie op haar baba gehad voor hy gebore was. Hulle het versigtig die moeder oopgesny, die baarmoeder oopgesny, en die baba hou die dokter se vinger vas op 5 maande swangerskap. Kom ons kyk: Die engel van die Here het gesê, “Voorwaar, jy is met fetus.” Nee, ek glo hy het gesê, jy is swanger, het hy nie? Ja, dit is ‘n kind al voor geboorte. Scott Peterson is beskuldig van moord op sy vrou en ongebore kind. Nou Paula Zahn, jy is skynheilig. Jy glo dit is reg om ‘n aborsie te hê, en tog noem jy dit ‘n ongebore kind? Scott Peterson is skuldig bevind van moord op sy vrou en… seun. Dit is omdat jy in Kalifornië van ‘n dubbele-moord skuldig bevind moet wees om die doodstraf te kry. So, in daardie geval wou hulle hê dit moet ‘n seun of ‘n kind wees. Maar die res van die tyd doen hulle nie, sodat dit wettig is, as jy ‘n aborsie wou hê. Nou is dit nie meer ‘n kind nie, dit is net ‘n fetus. Wel, kom ons wees konsekwent mense. Wat is dit? Meer oor embriologie later, maar hoekom hou hulle dit in die handboeke? Dit is baie eenvoudig. Dit is die enigste manier om aborsie te regverdig. Hulle wil hê jy moet dink dit is nog nie menslik nie. Iemand wil die populasie van hierdie planeet verminder. En aborsie het alreeds 20% van die wêreldpopulasie verminder deur aborsie moorde. Meer as een biljoen mense. Kom ons kyk - Hitler het 6 miljoen vermoor, Stalin omtrent 100 miljoen, aborsies 1,000 miljoen. Dit gaan werk. Ons praat meer daaroor op video 5. Ana Rosa se arm is afgekap tydens ‘n mislukte aborsie. Sy was in elk geval gebore. Hulle het gedink sy is dood. Almal sê, “O, dit is verskriklik.” Wat daarvan as hulle haar kop sou afsny? Ons sou nooit van Ana Rosa gehoor het nie. Ek woon in Pensacola, Florida. Julle het dalk al van my dorp gehoor. Ons het 2 dokters gehad wat aborsies gedoen het wat doodgeskiet is. Verskeie klinieke is opgeblaas of afgebrand. Ek het nie enige dokters geskiet nie, en ek het nie enige klinieke opgeblaas nie. En ek dink nie Jesus sou dit so gedoen het nie. Hy het groot geword onder Romeinse beheer. Hy het nie rondgeloop en tenks opgeblaas en brûe afgebrand nie. Maar toe die eerste dokter geskiet is, was ek besig om in Fort Lauderdale te preek. Die volgende dag, het ek huistoe gevlieg, en reg voor my in die vliegtuig was 2 dames. Ek’s jammer, 2 vroue van NOWV, die Nasionale Organisasie vir Wilde Vroue. En hulle het na Pensacola gevlieg, ‘n groot saamtrek hou en in die dorp rond marsjeer. Toe ons van die vliegtuig afklim, het ek opgemerk dat gedruk op hul hemde (in groot blok letters) “KEUSE BO ALLES.” So het ek in my saggemanierde self, gevra, “Verskoon my, dame. Wat beteken dit, keuse bo alles?” Sy het gesê, “’n Vrou behoort die reg te hê om te kies.” Ek het gesê, “Wat Kies?” Sy het gesê, “Kies om ‘n aborsie te hê. Dit is haar liggaam.” Ek het gesê, “Wel, ja, dame, as sy haar liggaam wil aborteer, veronderstel ek dis reg. maar dit lyk vir my sy wil iemand anders se liggaam aborteer.” Um-hmm. As jy besef dat die helfte manlik is - dink daaroor; dit is nie haar liggaam nie. Um-hmm. Ek het gesê, “Terloops, dame, ek is soort van nuuskierig hieroor. Ek het 3 kinders. Ek het een van my kinders self by die huis verlos. Ek het hamsters gehad. Ek het biologie en anatomie onderrig. Ek is soort van vertroud met hierdie proses.” Ek het gesê, “Hoekom stop die vrou se reg om te kies by geboorte? Hoekom laat ons nie die moeder kies om hulle dood te maak nadat hul gebore is nie? Dit sou baie veiliger en makliker wees? Haai, hoekom verleng ons nie aborsie regte tot die kind 2 jaar oud is nie?” Ek weet van baie ma’s met ‘n 2-jariges wat dit al oorweeg het. Ek sal julle nie vra om jul hande op te steek nie, maar ek weet julle is daar buite. O, ek het dit. Kom ons verleng aborsie regte tot die kind 18 jaar oud is. Sjoe, ek wed julle, hulle sou hul baie beter gedra. “Seun, nog een keer, en ek gaan jou aborteer.” (Gelag) “Haai onderwyser, waar is Johnny vandag?” “O, hy het nie sy huiswerk gister gedoen nie, toe aborteer sy ma hom.” Haai, punte sal die hoogte in skiet, nie waar nie? Terloops, Peter Singer druk vir aborsie goedkeuring nadat die baba gebore is. Hy probeer om wetgewing te laat slaag sodat jy ‘n baba kan doodmaak tot 28 dae nadat hy gebore is en dit nog steeds ‘n aborsie noem. Het julle al ooit opgemerk dat die media hulle “pro-keuse” noem en dat hulle ouens soos ek “anti-aborsie” noem? Hulle gebruik die “anti-aborsie” woord, want dit klink na ‘n negatiewe term. “Pro-keuse” klink na so ‘n positiewe term. Kom ons noem my “pro-lewe” en noem hulle “pro-dood”, en ons albei kry ‘n term wat positief klink? Dit is waarom ek weier om die koerant te koop. Ek kan net nie hul liberale inslag op alles staan nie. Ons kry af en toe ‘n oproep, “Haai, wil jy die Pensacola Nuus Joernaal koop? Ek sê, “Nee, dame, ons het nie ‘n papegaai nie.” Klik (Gelag) Dit is my antwoord aan hulle. Sien, die media gaan die wense van die meerderheid ignoreer, en hulle gaan hulle liberale agenda bevorder. Ons gaan meer daaroor sê in deel 5. Onthou julle toe die kinders geskiet is in Columbine, Colorado? Dadelik het hulle op die vuurwapenbeheer kwessie gespring. Weet julle, as kinders aanhou doodgeskiet word in ons skole, is dit miskien hoogtyd om ‘n paar ander kwessies te oorweeg, soos: moet ons openbare skole hê? Of miskien: moet ons hulle van evolusie leer? Dit is wat die Columbine voorval tot gevolg gehad het. Daardie kinders was werklike sterk gelowiges in evolusie. Hulle het ‘n videoband gemaak voor die skietery. Een van die seuns het gesê, “Hy verdien nie die kaak wat evolusie hom gegee het nie. Soek na sy kaak. Dit sal nie op sy liggaam wees nie.” Hulle was sterk gelowiges in evolusie. Hulle het vooraf beplan om die skietery op Hitler se verjaarsdag te doen Hulle het Isaiah Shoels geskiet net omdat hy swart was. Op Eric se T-hemp was die woorde “Natuurlike Seleksie” geskryf. Daarna het Rosie O’Donnell gesê, “Sien julle, ons het meer wapenwette nodig.” (sug) Rosie, Rosie, Rosie. Om vuurwapens te blameer vir Columbine, is soos om lepels te blameer vir Rosie O’Donnell se vetsug. Dit is nie die lepel se skuld nie. Dit is nie die wapen se skuld nie. Dalk moet sekere kriminele in die publiek tereggestel word. Dit is dalk tyd om hierdie kwessie weer ‘n keer te deurdink. Dalk moet alle wetgehoorsame burgers verplig word om wapens te dra om hulself te beskerm. Um-hmm. Dink net as elke onderwyser in openbare skole verplig word om gewapen skool toe te kom. Dink daaraan.. Hoe ver in die gang sou daai kinders kom? Iemand het vir jy hierdie lapel-knoop gestuur: “TROTS ONGEWAPEN” Sou julle hierdie knoop dra? Wat sê dit vir ‘n misdadiger? Dit sê: “BEROOF MY!!!” (Gelag) Is dit nie presies wat dit sê nie? Verseker. Die stigters van ons land het vir ons die 2de Wetsontwerp gebring sodat ons vuurwapens mag aanhou en dra. En dit was ook nie sodat ons kan eende gaan jag nie.. Die doel van die 2de Wetsontwerp was dat ons onself kan verdedig as die regering korrup sou raak. Die laaste wanhopige verdediging teen ‘n bose regering is ‘n gewapende gemeenskap. Het julle ooit opgemerk dat sommige diere wat gras eet horings het? Het julle geweet dat jy nie horings nodig het om gras te eet nie? Die doel van die horings is om aan die leeus te verduidelik, “Bly weg van my af. Ek wil net die gras eet. Los my uit.” En ek dink almal behoort gewapen te wees, nie sodat ons iemand kan seermaak nie, maar sodat ons aan mense kan verduidelik, “Laat my alleen. Moenie my goed steel nie. Moenie in my huis inbreek nie. Moenie my kar steel nie. Moenie my familie kom seermaak nie. Reg so? Dankie. (Gelag) Ek het waarskynlik te lank gewag. Ek het nie my kinders leer skiet tot hulle omtrent 3 was nie. Ek moes hulle waarskynlik begin leer het rondom 2 jaar. Hier is die logika wat hulle gebruik om aborsie te regverdig. Hulle gaan sê, “Wel, dit is nie ‘n mens nie.” O, broer. Jy is óf dom, óf jy lieg. Dit is mens by bevrugting. Hulle gaan sê, “Wel, dit is nie lewensvatbaar nie. Dit kan nie op sy eie lewe nie.” Jy is ook nie lewensvatbaar poedelnakend op die Noord Pool nie, né? Dit kan nie op sy eie lewe nie? Ek weet van kinders wat 25 jaar oud is en wat steeds kom geld leen by pa! (Gelag) “Haai pa, kan ek ‘n bietjie geld leen?” “Jy behoort in staat te wees om al op jou eie te lewe, seun.” Hulle gaan sê, “Die kind is dalk ongewens.” Daar is kinders wat alreeds gebore is wat onwelkom is. My ouers het 4 keer verhuis toe ek grootgeword het, maar ek het hulle elke keer gevind. (Gelag) Terloops, daar is waarskynlik 5 mense in hierdie vertrek wat ‘n aborsie gehad het. Luister gou aandagtig. God is lief vir jou. Hy kan jou vergewe. Dit is nie die onvergeeflike sonde nie. God kan jou in ‘n kragtige manier gebruik. Maar jy kan nie deur die lewe gaan en dit regverdig nie. Moenie sê, “Dit was reg nie.” Nee, dit was nie reg nie. Dit was moord. So bely dit, toon berou, maak reg met God, en dien God met jou lewe. Die helfte van die Bybel was geskryf deur moordenaars. Julle is in goeie geselskap. Hulle gaan sê, “Wel, die kind mag ongewens wees.” Baie mense is onwelkom. Jaar na jaar, word die aantal mense wat wag om kinders aan te neem, omtrent gelyk aan die aantal aborsies. Die babas is nie ongewens nie. Hulle gaan sê, “Wel, die kind mag ‘n finansiële las wees.” Wys my ‘n kind wat nie is nie. Het enigiemand ‘n kind wat nie ‘n finansiële las is nie? Of, “Die swangerskap kon deur verkragting of bloedskande wees.” Wel, dan maak jy die verkragter dood, nie die baba nie. Stel die verkragter tereg en laat die baba aanneem. Dit is nie so ingewikkeld nie. Het julle geweet, dit is onwettig in omtrent elke staat, om bokke in die nag te skiet met spreiligte? Is dit onwettig in Tennessee om bokke te skiet in die nag met spreiligte? Hulle moet ‘n regverdige kans kry, reg? Laat ons die baba ook ‘n regverdige kans gee. Stel ‘n nuwe wet in Tennessee in plek, wat sê as ‘n dame vir ‘n aborsie gaan, sal die verpleegkundige ‘n fles albasters hê. En ons gaan ‘n lotery hou. Een albaster vir die baba, een vir die ma, en een vir die pa, een vir die dokter, en een vir die goewerneur. En laat ons ook ‘n paar insit vir die vorige president. Dan sal ons regtig ‘n keuse hê. As hy nie lewe nie, waarom groei hy? As hy nie ‘n mens is nie, watter soort wese is hy dan, h’m? Sy sê, “Toet, as jy pro-keuse is.” Dit is maklik vir haar om pro-keuse te wees. Sy is alreeds gebore. Ek weet nie of julle ooit gedink het hieroor nie, maar het julle geweet dat almal wat ooit gestem het ten gunste van aborsie is alreeds gebore? Dink hieroor. Hulle sê, “Wel, aborsie is wettig.” Dit maak dit nie reg nie. In 1936 het die Duitse Hooggeregshof verklaar dat Jode in Duitsland nie mense is nie. Dit het die weg gebaan om Hitler toe te laat om die Jode dood te maak. Minstens 6 miljoen Jode is vermoor! Ek het baie boeke oor Hitler gelees. Ek was ‘n paar keer in Duitsland. Hitler het gesê, “Ek het die reg om ‘n minderwaardige ras wat soos ongediertes aanteel, uit te wis.” Hitler het geglo die Jode was ‘n minderwaardige spesie. Hy het gesê, “Die Duitsers is die superieure ras en verdien om die wêreld te regeer.” Hitler het die Jode vermoor om meer plek vir die Duitsers te maak. Hy het gepoog om die gebruike van Duitsland te laat aanpas by die evolusie teorie. Hitler het gesê, “As julle hierdie kriminele wil hê, sal ek hulle aanstuur op luukse skepe.” In 1938, kon die Jode gered word. Maar Amerika het geweier om hulle te ontvang. Elke land behalwe Swede het geweier om die Jode te ontvang. Hitler se boek en gedagtes was betower, waarskynlik al sedert hy ‘n jong seun was, deur evolusionêre denke. Evolusionêre idees vorm die basis van alles wat sleg is in sy boek, “Mein Kampf”. Hitler het geglo dit was die plig van die sterkstes om die swakkes te vertrap. In sy boek, het Hitler gesê, “Die natuur begeer nie die paring van swakker met sterker individue nie, en nog minder begeer sy die vermenging van ‘n hoer ras met ‘n laer ras.” Wie is die hoër ras, Adolph? Hy het aanhoudend gepraat oor die vermenging van Ariese bloed in sy boek. Hy het verwys na Ariese rasse, en laer volke. Wel, ek het Hitler se treflys gevind. Hitler het geglo dat blonde, blou-oog Noorweërs naaste aan suiwer Ariërs was. Het julle dit gesnap? Die blonde, blou-oog Noorweër “Ja, verseker”. Hy het gedink die Duitsers is meestal Ariaans, en die Mediterrane is effens Ariaans. Die Slawieërs is half-Ariaans en half-aap. Oosterlinge is effens aap. Swart Afrikane is meestal aap, en Jode is naby aan suiwer aap. Hitler het die Jode vermoor om die evolusie proses te bespoedig. Laat ons die swakkes elimineer. Weet enigiemand waar die Olimpiese Spele gehou was in 1936? Berlyn. Weet enigiemand wie die meeste goue medaljes gewen het? Jesse Owens, ‘n swart Amerikaanse atleet. Hitler was so kwaad en het gesê dat dit nie regverdig is om sy manne teen hierdie dier te laat kompeteer nie. Hitler het gesê, “Ek beskou Christenskap as die mees fatale verleidelike leuen wat ooit bestaan het.” Wel, dit is omdat hy gedink het dat biologiese evolusie ‘n wapen sou wees, teen godsdiens, want die Bybel leer dat alle nasies uit een bloed geskape is. En as jy dink dat jy verhewe is bo iemand as gevolg van die kleur van jou vel: 1. Jy is verkeerd. 2. Jy is onnosel. 3. Jy is nie in regte verhouding met God nie. Ons behandel meer oor rasse, en daar is geen sodanige ding as rasse nie, dit is net velkleur, op Video #7. Ek het in die hofsaal gestaan in Nuremberg waar hulle jare gelede die beroemde verhoor gehou het. Daardie ouens onder verhoor het gesê, “Ons het niks onwettig gedoen nie. Ons het net bevele gehoorsaam.” Ja, en hulle is in elk geval skuldig bevind, was hulle nie? Sien, daar is ‘n hoër wet as Duitsland se wet. Dit word genoem God se wet. Die Hooggeregshof in Amerika het in 1973 gesê, “Die woord ‘persoon’ sluit nie die ongeborenes in nie.” Dit was die besluit wat die weg gebaan het vir 45 miljoen babas om vermoor te word in Amerika. Dit is 1,000 miljoen, d.w.s ‘n biljoen wêreldwyd. Op 11 September 2001, is 3000 Amerikaners deur terroriste vermoor. Ons het biljoene dollars spandeer om hulle te jag en te probeer doodmaak, né? Julle weet wat nog op 11 September 2001 gebeur het? Vierduisend vyfhonderd Amerikaners is vermoor deur vrugafdrywers; 50% meer sterftes, maar niemand het ‘n woord gesê nie. Die volgende dag het dit weer gebeur. Ons het ‘n 11 September tragedie elke dag sedertdien gehad. Het ons mal geword? Margaret Sanger het ‘n groep begin genaamd, “Beplande Ouerskap”, om die “minderwaardige ras” te elimineer. Sy wou die swartes uitwis, die Jode, en die Oosterlinge. Sy het geglo hulle is menslike onkruid. Ons kan heeldag praat oor Margaret Sanger. Maar net soos Hitler gesê het, “Die Jode is ‘n parasiet in die nasies se liggaam,” Margaret Sanger het gesê, “Die ongebore kind is ‘n parasiet in die vrou se liggaam.” Nee, dit is ‘n kind. Dit is ‘n baba. Ons kan heeldag aangaan oor Margaret Sanger. Ons gaan nie nou tyd mors met dit nie. Hierdie is ‘n Beplande Ouerskap dokument van 1952. Hulle sê, “Al jou vrae beantwoord oor geboortebeperking.” Wat is geboortebeperking? Is dit ‘n aborsie? Hulle het gesê, “O, beslis nie. ‘n Aborsie vereis ‘n operasie. Dit maak die lewe van ‘n baba dood nadat dit begin het.” Wel, julle klomp skynheiliges by Beplande Ouerskap! Nou is hulle die grootste befondser van aborsies in die land. Spreuke 6:16-17 “Hierdie ses dinge haat die Here: Hande wat onskuldige bloed vergiet.” God haat dit. Deuteronomium 27:25 “Vervloek is hy wat ‘n omkoopgeskenk aanneem om ‘n persoon—onskuldige bloed—dood te slaan; en die hele volk moet sê: Amen.” Die handboeke gaan julle kinders leer dat ons ‘n onnodige blindederm het. Julle het dit nie meer nodig nie. Dit is ‘n leuen. Julle het jul blindederm nodig. Die blindederm vorm eintlik deel van jou immuunstelstel. Leuen Nommer 13. Hier is ‘n artikel op die web van die Universiteit van Chicago genaamd, “Vra ‘n Wetenskaplike.” Nancy skryf in en vra, “Wat is die funksie van die blindederm in ‘n mens, voordat dit chirurgies verwyder word? Hierdie dame skryf terug en sê, “Die blindederm het geen bekende funksie.” Sy is ver agter die klip met daardie antwoord. Sy sê verder, “Daar word geglo dat die blindederm geleidelik sal verdwyn in die mens omdat ons dieet nie meer sellulose bevat nie.” Ons dieet sluit nie meer sellulose in nie? Die Universiteit van Chicago. Sjoe, ‘n goeie plek om onderrig te kry. Blykbaar nie in Engels nie. In die eerste plek is dit nie waar nie. Die blindederm is deel van jou immuunstelstel. Jy het jou blindederm nodig. Die blindederm aktiveer vegter B-selle soos jou skildklier vegter T-selle aktiveer. Dit is waar dat jy sonder jou blindederm kan lewe. Dit is waar. Jy kan sonder jou bene lewe, en beide arms, en beide jou oë. En altwee jou ore ook. Dit bewys nie dat jy hulle nie nodig het nie. As jy jou blindederm uithaal, het jy ‘n baie groter kans om verskeie soorte siektes te kry. Hierdie handboek sê, die walvis het ‘n onnodige bekkenbeen. “Baie organismes behou die spore van hul evolusionêre geskiedenis. Byvoorbeeld, die walvis behou die bekken asook die agter- en voorarmbene as nuttelose oorblyfsels.” Die “Nasionale Sentrum vir Wetenskaplike Opleiding” leer, “Bossie die koei het evolueer tot Blaas-Gat die walvis.” Die koei het evolueer tot die walvis. En die bewys is die bekken. “Walvisse het ‘n onnodige bekken en ledemaatbene wat geen doel dien nie. Hulle het agterste ledemaatbene wat geen funksie het nie.” “Dink net aan walvisse wat rondloop. Dit is waar.” Wel, hier is die bene waarvan hulle praat, net daar. Verbeel jou – ‘n walvis wat rond loop. Ek het probeer en probeer om dit in my verbeelding te sien en ek kan dit net nie doen nie. Amper elke tipe walvis het hierdie bene - net daar in die buik. Hulle is nie geheg aan die ruggraat nie. Dit is korrek. Hierdie handboek sê, “Die walvis se bekken is ver geleë van die werwels en het geen oënskynlike funksie nie. Die walvis se bekken is bewys van sy evolusie van viervoetige, landbewoner soogdiere. Dit is Leuen Nommer 14. Daardie klein beentjies is anker punte waaraan spesiale spiere heg wat die walvis toelaat om te reproduseer. Walvisse is soort van groot, julle weet, en sonder daardie spesiale spiere en daardie spesiale bene, kan hulle nie nog babawalvissies maak nie. So óf hierdie ouens is onkundig oor hulle walvis anatomie óf hulle lieg vir julle kinders terwyl hulle hierdie teorie probeer versprei. Maar dit is nie waar dat dit onnodig is nie. Daar is geen onnodige organe nie. En as daar was, dink ‘n bietjie hieroor. Dit sou die teenoorgestelde van evolusie wees. Dit is verloor, nie wen nie. Hoe gaan dit help? Jy verloor alles – tot jy dit alles het? Ons kan 2 dae praat oor walvis evolusie. Elkeen van hulle, insluitende die Ambulocetus en Pakicetus is bewys as bog. Hulle kan nie intermediêre spesies vir walvisse wees nie. Die outeurs was seker die voete was enorm, selfs al was niks gevind nie. Basilosaurus kon onmoontlik voorouers van enige van die modern walvisse wees nie. Pakicetus was gemaak van 1 klein stukkie kaak, ‘n klein stukkie skedel, en ‘n paar tande. Hulle vind ‘n stukkie kaak, ‘n stukkie skedel, ‘n paar tande, en sê, weet julle, dit is half-walvis, half-iets op land? Dit is ietwat van ‘n wilde droom, dink julle nie? Ons gesels meer daaroor later, en op ons webwerf is baie inligting hieroor. In my museum het ek ‘n 15-1/2 voet (5 meter) luislangvel. As julle na die suidekant van daardie slangvel kyk, het dit ‘n paar kloue geheg aan ‘n 2-duim beentjie wat binne-in die slang se liggaam opgaan. Ons het dit in ons museum. Die handboek sê, “Sien, seuns en dogters? Dit is ‘n onnodige struktuur. Die boa en die luislang het hierdie klein kloutjies. Het walvisse of slange agterpote? Julle kan sien hulle nie het nie. Tog het beide diere onnodige heupbene en ledemaat bene waar bene eens dalk kon wees.” Dit is ‘n leuen. Hierdie handboek sê, "Hulle het verkleinde agterpote, onnodige agterpote van ‘n luislang.” Julle maak seker ‘n grap. Daardie klein kloutjies word gebruik tydens paring. Reg? Die slang het nie enige arms nie en hy kan nie praat en sê, “Uh, skuif oor liefie.” Reg? Dit het hoegenaamd niks te doen met loop op land nie. Dit het te doen met die maak van babaslange. So weereens, iemand is regtig dom oor hulle slanganatomie of hulle lieg vir julle kinders terwyl hulle hul teorie probeer versprei. Hierdie handboek wys die koksiks, die menslike stuitjie, in ‘n “Discover” tydskrif. En dit sê, “Dit is al wat oor is van die stert wat meeste soogdiere nog gebruik. Mense het ‘n stuitjie wat van geen oënskynlike waarde is nie. Ek was in ‘n debat betrokke in Huntsville, Alabama, teen die president van die Noord-Alabama Ateïste Assosiasie, en hy het opgestaan voor God en mens en het gesê, “Mense, ek het bewyse vir evolusie. Mense het ‘n stuitjie wat hulle nie meer nodig het nie.” Ek het gesê, “Mnr Patterson, ek het biologie en anatomie onderrig. Ek weet toevallig daar is 9 klein spieretjies wat aan die stuitjie heg, waarsonder jy sekere waardevolle funksies nie sal kan verrig nie.” Ek sal nie nou noem wat hulle almal is nie, maar glo my, julle het daardie spiere nodig. Ek het gesê, “Nou, as jy dink die stuitjie is onnodig, sal ek, Kent Hovind, persoonlik betaal om joune te laat verwyder. Buig vooroor.” (Gelag). In die 2005 uitgawe van hierdie boek “Kritiese denke”, sê dit, “Aan die punt van jou ruggraat is ‘n koksiks, ‘n paar klein beentjies wat saamgesmelt is. Kan die menslike koksiks ‘n onnodige struktuur wees, of is dit die begin van ‘n nuwe geëvolueerde struktuur?” Is dit kritiese denke? Hulle gee die kinders 2 antwoorde, 2 opsies, waarvan beide verkeerd is. Daar is ‘n derde opsie. Miskien is dit reg, net soos dit is. Let op dat hulle nie dit as ‘n opsie gee nie, né? Miskien was dit ontwerp om jou kolon te ondersteun en jou laerug te ondersteun vir postuur wanneer jy sit. En daar is nog 5 of 6 ander dinge waarvan jy kan lees in die ‘Gray’s Anatomy” boek. Hulle sê, “Word babas nie gebore met sterte af en toe nie?” Nee. “Wel, daardie baba het ‘n stert, net daar.” Nee, hy is nie. Dit is nie ‘n stert nie. Dit is vetweefsel. Daar is geen been, geen spier, geen kraakbeen nie. Dit is nie eers belyn met die ruggraat nie. Dit het te doen met die wyse waarop die baba ontwikkel in die moeder. Daar is vet rondom die senuweestelsel om dit te beskerm totdat die been rondom dit groei. Gewoonlik word die vet absorbeer in die sisteem soos die baba groei en die beenstruktuur ontwikkel. Maar in uiters seldsame gevalle word die vet buite die liggaam gestoor soos ‘n groot vrat. Dit word bloot afgesny en toegewerk. Sit ‘n doek aan die kind, en stuur hom huis toe. Dit is net soos ‘n vrat, dit is al wat dit is. Sny dit af. Dit is nie ‘n stert nie. Hierdie een sê, “Die koksiks is ‘n klein beentjie aan die einde van die menslike werwelkolom. Dit het geen huidige funksie nie en daar word geglo dat dit oorblyfsels van beentjies is, wat vroeër in die plek van die lang stert van ‘n boom-wonende voorouer was.” Toe ek ‘n kind was, is ek geleer dat die mens ‘n stert gehad het, maar hy het dit verloor want hy het dit nie meer nodig nie. Ek het gedink, “Nie nodig gehad nie?” Het jy al ooit gedink hoe handig ‘n stert sou wees? Het jy al ooit by die deur gestaan met twee sakke kruideniersware? Sal dit nie lekker wees om daardie deur met ‘n stert oop te maak en net in te stap nie? Julle kan op die hoofweg ry en die Coke blikkie vashou en die radio se knoppies druk, als tegelyker tyd. (Gelag) Verloor want ons het dit nie nodig gehad nie! Dit is Leuen Nommer 15. Alle bewyse vir evolusie is al reeds verkeerd bewys. As werklike bewyse bestaan, sal ek dit graag wil sien. Ons sal ‘n kwart miljoen dollars betaal vir werklike bewyse vir evolusie. Maar moenie vir my lieg nie. Ek dink julle behoort aan te dring dat julle skoolraad bladsye met leuens sal uitsny. Moenie die snert toelaat nie. Ek het by die Universiteit van Wes-Florida gepraat, en een biologie onderwyser het gesê, “Hovind, ek dink nie ons moet handboeke ontsier nie.” Ek het gesê, “Wat bedoel jy?” Hy het gesê, “Wel, vanaand het jy gesê ons moet die bladsye met hierdie goed uitsny. Ons moenie die handboeke ontsier nie.” Ek het gesê, “Wel meneer, veronderstel jy gee wiskunde onderrig en jy het ‘n boek gekry wat sê, 2 plus 2 is gelyk aan 5. Wat sou jy jou leerlinge voorskryf om te doen? Hy het gesê, “Ek sou hulle voorskryf om die verkeerde antwoord dood te trek en die regte antwoord in te skryf.” “Ohhh, so jy sou ‘n handboek ontsier?” Ek het gesê, “Nou, meneer, jy is mos ‘n biologie onderwyser, né? Hy het gesê, “Ja, ek is.” Ek het gesê, “Wel, veronderstel jy het een van jou handboeke gevind wat sê dat die embrio het kieusplete, of die slang het ‘n onnodige bekken, of al die ander dinge wat ek gesê het vanaand. Sal jy jou leerders aanraai om daardie bladsy uit te skeur?” Hy het gesê, “O, nee, nee.” Ek het gesê, “Sal jy hulle vertel om dit dood te trek en in die kantlyn te skryf dat dit nie korrek is nie?” Hy het gesê, “Nee, nee, nee.” Ek het gesê, “Sal jy ten minste ‘n waarskuwingsplakker in die voorblad sit wat sê, “Haai kinders, die informasie op bladsy 85 is verkeerd?’ Sal jy hulle ten minste waarsku?” Hy het gesê, “O, nee, nee.” Ek het gesê, “Jy sal ‘n wiskunde boek korrigeer, maar jy sal nie ‘n biologie handboek nie? Meneer, jy is skynheilig en die mense in hierdie land moet jou help om ‘n ander werk te kry soos perskes pluk of bande ruil. Jy het nie die reg om ons belasting geld te gebruik om vir hierdie kinders in jou klas te lieg nie. Ons bid vir hierdie skool. Hoekom bedank jy nie eerder uit respek nie? Andersins, hou dan op om vir die kinders te lieg” Hy het gesê, “Hovind, jy het nie veel takt nie.” O, ek het verseker daardie ou se tak geknak. Evolusie is onbewys en onbewysbaar. Hulle glo dit, want die enigste ander alternatief is Spesiale Skepping. Hulle wil dit net nie glo nie. Hulle wil nie in die Skepping glo nie. Hulle is bereid om ‘n leuen te glo eerder as die waarheid, sodat hulle kan voortgaan met hul bose lewenstyl. Psalm 94 sê, “Sou Hy wat die oog formeer, nie sien nie?” God het die oog gevorm. Oë is ongelooflik ingewikkeld. Charles Darwin het gesê, “Om te veronderstel dat die oog gevorm kon word deur natuurlike seleksie, ek vrees om te bely, blyk absurd te wees.” Maar dan gaan hy vir 3 of 4 bladsye aan en sê hoe hy dink dit in elk geval gebeur het. Jou oog is wonderbaarlik. Aan die agterkant van jou oog is daar 137 miljoen lig-sensitiewe selle in 1 vierkante duim. Dit word jou retina genoem, en hulle almal is reguit na die brein bedraad. Hoe sal julle daarvan hou om 137 miljoen elektriese konneksies in 1 vierkante duim te bedraad? My Hemelse Vader het. Hy is redelik geniaal, is Hy nie? Ek het eenkeer met ‘n ateïs debatteer, en hy het gesê, “Hovind, die oog is ‘n voorbeeld vir evolusie, want dit is swak ontwerp.” Ek het gesê, “Wat op aarde praat jy nou van?” Hy het gesê, “Wel, die lig kom jou oog binne en dan gaan dit deur die bloedvate aan die voorkant van die retina.” Hy het gesê, “Dit is agterstevoor bedraad.” Hy het gesê, “Die seekat het ‘n baie beter oog want hul bloedvate is agter die retina.” Ek het gesê, “Meneer, mag ek gou vir u iets verduidelik?” Ek sê, “Ons woon omring deur lug. Lug is ‘n swak isolator teen UV-lig. Jou liggaam is ontwerp sodat die bloedvate voor die retina is. Dit is jou liggaam se laaste verdediging teen ultraviolet lig. ‘n Seekat lewe mos in die water. Water blokkeer UV-lig, so hulle het nie bloedvate voor die retina nodig nie. Sien, ons is ontwerp vir lewe in lug. En hulle is ontwerp vir die lewe in water. As jy dus jou oë wil omruil met ‘n seekat, gaan gerus voort, meneer, maar jy sal blind wees binne ‘n paar dae, omdat hulle nie die bloedvate aan die voorkant het om die UV-lig te keer nie.” Wat ‘n dom bewys vir evolusie. Wat hulle probeer sê is, “Wel, God sou dit nie op hierdie manier doen nie, so dit moes evolueer het.” Dit is ‘n lawwe argument vir evolusie. Miskien verstaan jy nie hoekom dit daardie manier ontwerp was nie. Die mens se begrip van die menslike liggaam is soos om ‘n 5-jarige kind onder die enjinkap van jou motor te sit en te sê, “Haai kind, haal uit wat hierdie enjin nie nodig het nie.” Hulle weet nie wat enige van die funksies is nie. Julle kon dit alles uithaal, reg? Julle weet, jou oog is wonderbaarlik. Dit sal ‘n minimum van 100 Cray-rekenaar-jare neem om na te boots wat plaasvind binne-in jou oog elke sekonde. Oë is wonderbaarlik. Maar hierdie handboek sê, “Die ingewikkelde struktuur van die menslike oog mag die produk wees van miljoene jare van evolusie.” Hoekom kry God nie die glorie vir wat Hy gedoen het nie? Hierdie handboek wys vir die kinders ‘n voël-oog en ‘n reptiel-oog. En dit sê net hier, “Seuns en dogters, julle gaan beter verstaan hoe die oog kon ontwikkel, as jy ‘n reeks veranderinge kan voorstel - jy moet jou nou verbeel hoe dit gebeur het. Verbeel jou die oog verander. Dis nie wetenskaplik nie, dis verbeelding. Waar is die bewyse? Evolusie vind plaas in die verbeelding, nie in die werklikheid nie. Hulle lieg vir julle. Leuen Nommer 16. Psalm 94:9 “…Sou Hy wat die oog formeer, nie sien nie?” Wetenskap handel met dinge wat ons kan waarneem, bestudeer en toets. Julle kan nie enigiets waarneem oor evolusie nie. As jy iets bestudeer wat ontwerp is soos ‘n oog, vereis dit ‘n Ontwerper. ‘n Skildery bewys daar was ‘n kunstenaar, selfs al sien jy nooit die ou nie. ‘n Gebou is bewys dat daar ‘n bouer was, en ‘n horlosie is bewys dat daar ‘n horlosiemaker was. En die Skepping is bewys dat daar ‘n Skepper was. Sien, ontwerp vereis eenvoudig ‘n Ontwerper. Punt. Romeine 1:20-22 “Die onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af ... duidelik gesien word. Hulle is sonder verskoning,” sê die Bybel. Daar is geen verskoning. Die psalmis het gesê, Psalm 8:3-4 “As ek U hemel aanskou…” God weet dat die studie van werklike wetenskap ons nader aan Hom sal trek. Satan weet dit ook. So satan het regtig hard gewerk in die wetenskappe om seker te maak dit trek mense weg van God af. Ons het goeie Goddelike wetenskaponderwysers nodig om betrokke te raak by die skole om hierdie probleem om te keer. Terloops, ons kan die bestaan van God deur die onmoontlikheid van die teendeel bewys. Dit is onmoontlik dat daar nie ‘n Ontwerper is nie. Onmoontlik. Daar moes ‘n Ontwerper gewees het. Ek hou daarvan om vir evolusioniste hierdie prent van die Rushmore gebergtes te wys. Ek sê, “Ouens, so ver ek weet, is hierdie die wêreld se grootste “rock-groep.” (Gelag) “Weet julle van ‘n groter “rock-groep”? Ek sal dit graag wil sien. Ek sal sê, “Dink julle dat George Washington se gesig toevallig op hierdie rots kon verskyn? Hulle sê, “Nee, dit was ontwerp deur ‘n ou genaamd Borglum. Dit het hom ‘n lang tyd geneem om dit te bou.” Reg so, baie goed. Nou, laat ek julle nog ‘n vraag vra. Julle sê daar is geen manier dat hierdie gesig toevallig op die rots kon verskyn nie. Dink julle nie wind kon dit gedoen het nie… wrywing… afskilfering… hitte-uitsetting van die rots… niks? “Nee, nee, dit het deur ontwerp gebeur.” Antwoord hulle. Reg, nou laat ek julle hierdie vraag vra. Dink jy dat George Washington die mens – met 50 triljoen selle in sy liggaam en al sy komplekse sisteme- het per ongeluk gebeur? Hulle sal sê, Ja.” Nou wag, wag, wag. Julle dink nie ‘n eenvoudige beeld van sy gesig kon toevallig op ‘n rots verskyn nie, maar julle dink sy hele komplekse anatomie kon toevallig gebeur? Is julle onnosel in enige ander area, of is dit die enigste een? Ai tog? Dan vertel hulle vir kinders dat plante by hul omgewing aangepas is. Aangepas? Ja, seuns en dogters, vis kieue is ‘n aanpassing om in water te leef. O wel, hoe het hulle geleef voor die kieue aangepas is, h’m? Wel, jy sien, Mnr Hovind, vir miljoene jare het nie een van hulle het oorleef tot die kieue aangepas is nie. Oooo, ek sien. Hoekom sê hulle nie dit is ‘n ontwerp-kenmerk nie? Hulle vermy dit om die woord “ontwerp” te gebruik, want dan gaan ‘n kind dalk sê, “Wie is die ontwerper?” Die handboek sê: Aanpassing vir Lewe op Land. Bene ondersteun die liggaam se gewig sowel as voorsiening vir beweging van plek tot plek. Wel, dit is waar. Dit bewys nie dat hulle self aangepas het nie. Longe. O jong, die delikate struktuur van ‘n vis se kieue is afhanklik van water vir oorlewing. Op land, voer longe gaswisseling uit. Dit is waar. Dit bewys nie dat een verander het in die ander nie. Hulle maak net hierdie denkbeeldige konneksies in die kinders se gedagtes. Ek het ‘n “Casio Databank” horlosie. Dit stoor 300 telefoonnommers. Dit is ‘n sakrekenaar, stophorlosie, ‘n wekker, en ‘n tydhouer. Dit gee nie tyd nie. Ek moet daarna kyk. Dit is ‘n redelik ongelooflike masjien. Sewentig dollars by Walmart. Ek was ‘n paar jaar gelede in Japan, maar ek het nie die ou gesien wat die Casio Databank horlosie maak nie. Ek het hom nooit gesien nie. Moet ek die ou sien wat dit gemaak het om te glo dit bestaan? Hmmm. Is dit logies vir my om hier in Tennessee te staan en sê, “Ek glo daar is ‘n horlosie ontwerper in Japan wat hierdie horlosie gemaak het.” Is dit logies? Selfs al het ek hom nooit gesien nie? Sekerlik. Sou dit onlogies wees vir my om te sê, “Ek het hom nooit gesien nie so ek glo nie hy bestaan nie.” Dit sal totaal onnosel wees, nie waar nie? So jy hoef nie die Skepper te sien om te glo dat Hy bestaan nie, reg? Evolusioniste argumenteer teen ontwerp, deur gebruik te maak van argumente wat hulle ontwerp. Hmm…dink daaroor. Hier is ‘n goeie boek wat die kompleksiteit van lewende dinge op ‘n mikro-skaal verduidelik. Ons verkoop die boek op ons webwerf. Michael Behe het dit geskryf en die boek is genaamd, “Darwin's Black Box”. Hy spandeer ‘n hele hoofstuk aan die hare wat op ‘n bakterieë voorkom. Dat hare nou so ingewikkeld is. Dit is aan ‘n klein motortjie geheg. Die motortjie is so klein dat 8 miljoen daarvan in die deursnee van ‘n menslike haar sal pas, en die motor draai teen 100,000 RPMs (omwentelinge per minuut)! Laat ons jou ‘n motor soos daardie sien bou. Ongelooflik. En soos dinge kleiner word, raak hulle leefwêreld meer klewerig, want die viskositeit van die vloeistof voel dikker. So, ‘n bakterieë wat deur water swem is soos ‘n persoon wat deur grondboontjiebotter swem. En daardie klein motor is so kragtig en draai so vinnig, dat bakterieë kan swem, amper soos ‘n persoon wat teen 60 myl per uur deur grondboontjiebotter beweeg. Ons het ‘n klein model daarvan in ons museum as julle wil kom kyk en sien hoe dit werk. Die handboek sê, “Mense het waarskynlik ontwikkel van bakterieë meer as 4 biljoen jaar gelede.” Wat? As hulle deur grondboontjiebotter kan swem teen 60 myl per uur, moet ons hulle beslis inskryf vir die Olimpiese Spele. Ons het uit hulle ontwikkel? H’m… ons word erger, nie beter nie. Dit is Leuen Nommer 17. Niks so klein en kompleks kon per toeval gebeur het nie. Hierdie is ‘n goeie boek wat ons verkoop in ons boekwinkel, “Exploding the Big Bang”, met eenvoudige illustrasies. Kan ‘n boks ontwikkel? Kan ‘n inkpen ontwikkel? Kan ‘n skuifspeld ontwikkel? Dit gaan net deur ‘n klomp eenvoudige dinge en wys dit kan nie gebeur nie. Dan, praat hulle oor die oorsprong van die lewe. Ja, seuns en dogters, hoe lewende dinge begin het uit nie-lewende materie. Dit is pure bog hoe hulle dit leer in die boeke. Ons gaan dit bespreek na ‘n vinnige pouse. Ons sal nog leuens in die handboeke uitlig en dan vir julle vertel wat julle daaraan kan doen. Daar is ‘n paar praktiese stappe om die probleem op te los net na die pouse. EINDE van Seminaar 4b – Dr Kent Hovind – www.drdino.com BEGIN van Seminaar 4c – in Afrikaans – Vertaal deur Laurette Van Der Merwe, Pretoria, South Africa In die laaste 2 sessies het ons meer as 15 leuens behandel wat in tipiese moderne handboeke gevind word. Ek het hoërskoolwetenskap aangebied vir 15 jaar. En ek is nie teen wetenskap gekant nie. Ek het niks teen skole nie. Ek het ook niks teen onderwysers nie, maar ek is teen leuens. Moenie vir die kinders lieg nie. Die Bybel sê in Spreuke 19:27 “Hou op, my seun, om na tug (van valse mense) te luister, terwyl jy tog afdwaal van die woorde van kennis.” Moenie luister na leuens nie. Haal die leuens uit die boeke uit. Die Bybel sê (Openbaring 4:10-11) God het alle dinge geskape, en dit sê, Handelinge 7:49,50 “Die hemel is My troon en die aarde My voetbank. Het My hand nie al hierdie dinge gemaak nie?” God het alles geskep. Die Bybel sê dat God die hele wêreld gevorm het. Die Bybel sê (Genesis 1:21) “God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg.” Die skoolhandboeke gaan jou kinders leer dat elke lewende ding self onstaan het. Hulle gaan nie vir hulle leer dat God alle lewende dinge geskep het nie, dis verseker. Hierdie handboek sê, “Die geskiedenis van lewe op aarde het ongeveer 3.5 biljoen jaar gelede begin. Hoe dit plaasgevind het, was en sal voortgaan om ‘n onderwerp vir ondersoek te wees.” Laat ek vir jou die Hovind-vertaling gee van wat hulle hier boedel het. Wat hulle hier gesê het is: “Dit is goed om te vra HOE dit ontwikkel het. Dit is nie goed om te vra OF dit ontwikkel het nie.” Kinders, julle word darem toegelaat om navorsing te doen oor hoe evolusie gebeur het. En as ‘n kind sou sê, “Wel, miskien het dit glad nie gebeur nie.” “O, bly stil kind, verlaat my klas!” Die enigste navorsing wat jy mag doen, is hoe dit gebeur het. Jy mag nie eers die vraag vra of dit wel gebeur het nie. Dit is nie behoorlike onderrig nie. Dit is indoktrinasie. Goed? Ek is siek en sat om vir daardie snert te betaal. “Niemand weet hoe ‘n mengsel van lewelose chemikalieë hulself spontaan kon organiseer in die eerste lewende sel nie.” , het Paul Davies gesê. Niemand het ‘n idee hoe lewe uit nie-lewende materiaal vanself begin het nie. Daar is nie eers ‘n goeie teorie daaroor nie. Die handboeke gaan jou kinders leer dat “dit sommerso gebeur het.” Hulle sê net, “Haai, dit het gebeur.” En jy mag nie eers die opsie oorweeg dat God dit dalk gemaak het nie. Hier is wat gebeur het. In die 1950s, het 2 navorsers, Miller en Urey, besluit om te probeer ontsyfer hoe lewe ontwikkel het. Hulle het ‘n mengsel van chemikalieë geneem en dit deur hierdie buise laat loop, en hulle het probeer om lewe te skep in ‘n laboratorium. Die eksperiment was oor en oor gedupliseer en was altyd ‘n mislukking. Dit het net nog meer probleme geskep vir die evolusioniste. Hierdie handboek sê, “Alhoewel hy nooit bewys het hoe lewe onstaan het nie, het hy getuig van bewyse dat lewe vanself kon begin.” Dit is ‘n leuen. Al wat hulle gedoen het was om probleme te skep vir die teorie dat lewe vanself kon begin. Hierdie een sê, “Malinge in die waters van oseane is ‘n borrelende sous van komplekse chemikalieë. Die vordering van ‘n komplekse chemiese-sop na ‘n lewende organisme is baie stadig.” Sjoe, dit is verseker. Dit is so stadig, dit gebeur nie eers nie. Daar is verskeie artikels wat sê lewe het uit klei ontstaan. Jip, klei is saamgevoeg en, poef, dit het lewend geword op die bodem van die oseaan. Hulle het nie die oorsprong van die lewe in Darwin se boek aangespreek nie. En hoe die lewe kon begin het, is sedertdien nog nooit uitgepluis nie. Miller en Urey het 4 chemikalieë geneem en dit in glas buise gesit. Toe laat hulle dit sirkuleer en probeer lewe skep in ‘n laboratorium. Hierdie handboek sê, “Baie belangrike gebeure het plaasgevind tydens die Argaïese era. Die belangrikste hiervan was die evolusie van die lewe. Ontwikkeling van komplekse molekules tot die eenvoudigste lewende organisme, was ‘n baie lang proses.” Ek reken so. As jy biljoene jare byvoeg klink dit om een of ander rede meer redelik, né? Hierdie een sê, “Die eerste lewende selle het tussen 4 biljoen en 3.8 biljoen jaar gelede te voorskyn gekom. Daar is geen rekord van die gebeurtenis nie.” Maar jy beter dit glo en jy gaan toets skryf daaroor. “Die eerste self-repliserende stelsel moes na vore gekom het in hierdie organiese sop.” So groot-groot-groot-groot-oupa was dus sop. Hierdie is een van die leuens in die handboeke wat julle kinders moet aanskou. Leuen Nommer 18. Niemand het ‘n idee hoe lewe kon begin het deur nie-lewende chemikalieë. Selfs Haeckel het bely (hy is die ou oor wie ons gepraat het in die laaste sessie, wat die idee opgemaak het dat die embrio kieusplete het, sodat hulle aborsie kon regverdig). Haeckel het beweer dat spontane generasie waar moet wees. Nie omdat dit enigsins bewys is in ‘n laboratorium nie, maar omdat dit andersins nodig sou wees om in ‘n Skepper te glo. Wel, Ernst, ek is jammer, dit is hoe dit is. Daar is ‘n Skepper – of jy nou daarvan hou of nie. So het hulle regtig lewe in ‘n laboratorium produseer? O, hulle het nie eens naby gekom nie. Hier is wat hulle gedoen het; Hulle het 4 gasse gegebruik: metaan, ammoniak, waterdamp en waterstof. Hulle het dit deur hierdie buise laat loop, en deur ‘n vonkkamer wat veronderstel is om weerlig te simuleer, en BOEM! Toe sê hulle, “Kyk, ons gaan dit saamvoeg en lewe skep in ‘n laboratorium.” Op die bodem van die fles het hulle rooi slym gevind, en hulle het die slym aanhoudend dreineer. Want as dit weer deur die vonkkamer sou gaan, sou dit vernietig word. So hulle moes die slym maak, maar moes dit ook van die vonke red. Hulle het in die handboek hier gesê, “Dit was ryk aan aminosure,” hierdie rooi slym. Wel, dit is eenvoudig ‘n leuen. Hulle het nie naby gekom om lewe te skep nie. Die probleem is dat hulle ‘n reduserende atmosfeer gehad het. Met ander woorde, hy het suurstof uitgesluit. Kyk na sy 4 gasse. Daar is geen suurstof nie. Hy het geweet dat suurstof die kombinasie van chemikalieë sou oksideer. As jy ‘n piesang oopsny en op die tafel los, word dit bruin. Dit oksideer. As jy nie jou motor verf nie, oksideer die metaal vinnig. Dit roes. Lewende selle sal vinnig oksideer in die teenwoordigheid van suurstof, daarom het hy die suurstof uitgelos. Dit skep ‘n ernstige probleem. Want as jy suurstof het, kan daar geen lewe uit nie-lewende chemikalieë ontstaan nie. Die probleem is, osoon bestaan uit suurstof. En osoon blok UV-lig. UV-lig vernietig ammoniak, en ammoniak is een van die 4 gasse wat hy gebruik het. So jy kan nie lewe met suurstof ontwikkel nie, en jy kan nie lewe skep sonder suurstof nie. As jy nie suurstof het nie, het jy nie osoon nie, en dan word jou ammoniak vernietig. Dit kan in ieder geval nie werk nie. Die Aarde het nog altyd suurstof gehad, selfs meer as vandag. Hierdie man het gesê, “Wat se bewys is daar vir ‘n primitiewe metaan-ammoniak atmosfeer op Aarde? Die antwoord is: daar is geen bewyse daarvoor nie, maar wel baie daarteen.” “Oor die algemeen vind ons nie bewyse in die sedimentêre verspreiding van koolstof, swael, uraan, ens., van ‘n suurstof-vrye atmosfeer wat ooit op die aarde bestaan het nie.” As iemand vir jou vertel dat die vroeë Aarde ‘n “reduserende atmosfeer” gehad het, antwoord jy, Kent Hovind het gesê hulle is verward of hulle lieg doelbewus, want dit is nie waar nie. Die Aarde het nog altyd suurstof gehad. Hierdie artikel sê, “Dit is voorgestel van die vroegsgedateerde rotse dat die Aarde 3.7 biljoen jaar gelede, ‘n suurstofryke atmosfeer gehad het.” Hulle het nog die heeltyd geweet die Aarde het suurstof gehad, selfs meer as wat ons vandag het. Ons behandel dit in Seminaar Deel 2 hoe die vroeë Aarde waarskynlik meer suurstof gehad het. Dit het hulle langer laat leef. Hierdie handboek sê, “Daar was geen suurstof op die Aarde nie.” Dit is ‘n leuen. En dan sê dit, “Die rotse het dit absorbeer.” (Gelag) Hallo? Hoe kon die rotse die suurstof absorbeer as daar nie suurstof was nie? Wel, dink daaroor. Die tweede probleem wat hulle met die Miller-eksperiment gehad het was, dat hulle het produk filtreer het. Dit is nie realisties vir die natuur nie. Hulle het die rooi slym gered om nie weer bestraal te word nie, want anders sou dit vergaan het. Wat hulle eintlik in die eksperiment vervaardig het was 85% teer en 13% karboksielsuur. Beide van hulle is giftig. As jy ‘n mengsel maak wat 98% giftig is teenoor die oorblywende 2%, dink ek nie dit is logies om te sê jy het geslaag in die maak van iets wat lewe kan skep nie. Daar is ander probleme ook. Hy het eintlik net 2 aminosure gemaak. Daar is 20 verskillendes nodig om lewe te skep; 20 verskillende aminosure. Nou, hierdie aminosure is soos letters van die alfabet. Jy het 26 letters in die Engelse alfabet nodig om al die woorde te maak wat ons het. Wel, jy moet 20 verskillende aminosure hê om al die proteïne wat jou liggaam het, te maak. Met daardie 20 verskillende aminosure kan jou liggaam baie verskillende soorte proteïne bou. Dit is soos om baie verskillende woorde met dieselfde letters te maak. Wat hy eintlik gemaak het was soos 2 van die letters van die alfabet, deur hierdie gasse te kombineer. Dit veroorsaak ‘n werklike probleem sedert die helfte van hulle linkshandig, en die helfte van hulle regshandig was. Wat hy eintlik gemaak het was eenvoudige aminosure, slegs 2 soorte, en die helfte van hulle was agterstevoor. As ek letters van die alfabet laat val, daar is ‘n 50/50 kans dat sommiges onderstebo sal land. Hulle dien geen doel nie. Jy moet hulle almal in dieselfde rigting laat wys. Die kleinste proteïene wat ons van weet het ongeveer 70-100 aminosure, almal lê in dieselfde regte rigting. Dit kompliseer die probleem nog meer, né? DNA en RNA is beide regshandig. Alle ander proteïene is linkshandig. “Hierdie is ‘n baie verwarrende feit dat alle proteïene wat ondersoek is van diere, plante, en hoër organismes en van eenvoudige organismes, bakterieë, skimmel, en selfs virusse is gemaak van linkshandige aminosure.” Hulle is almal so. So hy het regtig ‘n probleem, want die helfte van sy letters was agterstevoor. En daar word honderde aminosure benodig om in die regte rigting te heg om ‘n proteïen te maak. En hulle ontbind in water vinniger as wat hulle bind, en hulle beweer dat dit alles in die see gebeur het? Wel, die oseane is heeltemal vol water tot by die bodem. Die Beweging van Brown sal hulle ook uitmekaar dryf. Dit gaan hulle nie saamvoeg nie. Een van die leuens in die handboeke is dat – hulle lewe ontwikkel het in die laboratorium. Elke eksperiment wat hulle gedoen het, het die probleem net erger gemaak vir die evolusioniste. Hierdie spontane ontwikkeling vind nie spontaan in water plaas nie. Lewe gaan nie so ontstaan nie. Daar is heelwat meer in die boek “Icons of Evolution” as jy meer wil weet oor die onderwerp, om dieper te delf. Maar hulle het hierdie vreemde idee in hul kop gekry dat al wat hulle hoef te doen is om al die regte chemikalieë saam te voeg en energie by te voeg, en dit sal lewe laat ontstaan. Goed, wel, laat ons ‘n eksperiment doen. Kom ons sit ‘n padda in ‘n versapper en sit dit aan. In ‘n paar oomblikke sal julle padda-pons hê… (Gelag) Jy sal al die chemikalieë hê wat nodig is om een padda in ‘n versapper te maak, reg? Ons gaan nou energie byvoeg. Jy kan dit stel na puree vir 30 minute. Jy kan dit uitwis, dit mikrogolf, dit raps met geleier-kabels. Ek gee nie om wat jy doen nie, gooi ‘n handgranaat daarin, voeg al die energie daarby wat jy wil. Hoe lank gaan dit neem om die padda weer saam te stel? Dit sal nooit gebeur nie. Sien, om net die chemikalieë saam te voeg is nie die probleem nie. Gaan besoek die lykshuis. Jy het ‘n dooie liggaam wat daar lê, jy het al die chemikalieë wat nodig is vir lewe, net daar in een plek. Laat dit weer lewe. Lewe is iets anders. Ek dink nie die wetenskap het dit al ooit duidelik definieer nie. Maar hulle praat oor hoe ons almal van hierdie vroeë vorm van lewe ontstaan het. Nadat hierdie eerste vorm van lewe begin het, die enkele sel, toe het alles in iets anders ontwikkel. Soos hierdie handboek wat aan ‘n kind wys dat ‘n bakterieë stadig ontwikkel het tot ‘n mens. Hierdie lewensbome is absolute propaganda. Daar is geen bewys vir enige van hierdie uitlatings nie. Selfs Mary Leakey het gesê, “Daardie lewensbome met die takke van ons voorouers, is ‘n klomp snert.” Stephen Gould het gesê, “Die evolusionêre bome wat ons handboeke versier is nie die bewyse van fossiele nie.” Dit is seker. Daar is geen bewyse dat enige dier verwant is aan enige ander soort dier nie. Maar hierdie handboek sê, “Al die baie vorme van lewe op Aarde vandag is afkomstig van ‘n gemeenskaplike voorouer wat in ‘n bevolking van primitiewe eensellige organismes gevind word.” Daar is nie so iets soos ‘n primitiewe eensellige organisme nie. As dit lewe, is dit ingewikkeld. Ons praat meer daaroor in ‘n rukkie. En dan sê dit, “Geen bewyse van daardie gebeure bestaan meer nie.” Wat hulle doen is, hulle vertel die kinders, “Goed kinders, die soogdiere, die voëls, en die krokodille het ‘n gemeenskaplike voorouer.” Hulle teken hierdie bome in die boeke, en hulle lyk so pragtig. En die kind dink, “Sjoe, hulle het bewyse. Ek het dit in my boek gesien.” Nee, dit is net ‘n prentjie in jou boek. Alles binne daardie sirkel is suiwer godsdienstige spekulasie. Hulle glo dit het gebeur, hulle hoop dit het gebeur, maar daar is zero bewyse vir enigiets in daardie sirkel. Dit is een van die leuens wat jy gaan moet aanskou in jou handboek. Die Bybel sê, “As jy een van hierdie kleintjies laat struikel, sou jy beter af wees met ‘n meulsteen om jou nek” in ‘n swembad. Hierdie mense wat evolusie onderrig is in ernstige moeilikheid wanneer hulle voor God staan. Dan vertel hulle vir hulle ons, ons kom van ‘n eenvoudige primitiewe eensellige organisme. Kyk, net omdat dit kleiner is beteken dit nie dat dit eenvoudiger is nie. ‘n Paramecium (pantoffeldiertjie) is meer ingewikkeld as ‘n ruimtetuig. En jy kan duisende van hulle in 1 druppel water sit. Kleiner is nie eenvoudiger nie. Dit is een van die leuens in die handboeke. Ek sal julle wys. Hier is ‘n mikroskyfie binne-in ‘n skuifspeld. Taamlik klein. Nie eenvoudig nie. Hierdie mikroskyfie word in die mond van ‘n mier gehou. En daardie klein mikroskyfie kan elke letter van die Bybel 200 keer per sekonde verwerk. Kleiner is nie eenvoudiger nie. Ek sal julle wys. Kom ons vergelyk die brein van ‘n heuningby met NASA se Cray-rekenaar, wat eens die wêreld se vinnigste rekenaar was. Ek dink hulle het ‘n vinniger een nou. Die brein van ‘n heuningby is redelik klein, die Cray-rekenaar is enorm. Ons sal almal saamstem dat daar ‘n verskil in grootte is, reg? Die Cray-rekenaar kan 6 biljoen berekeninge per sekonde doen. Dit was beraam dat die heuningby se brein omtrent ‘n triljoen berekeninge per sekonde kan doen. Dit is ‘n duisend biljoen. So daardie klein heuningby-brein is omtrent 133 keer vinniger as ‘n Cray-rekenaar. Die Cray gebruik baie megawatt. Dit is krag-honger. Die heuningby gebruik 10 mikrowatt. Het julle geweet heuningbye maak nie net heuning nie, gebruik heuning om te vlieg? Dit is hulle bron van energie. En ‘n heuningby kan ‘n miljoen myl vêr vlieg op 1 gelling heuning. Hoe sal julle hou van ‘n masjien wat ‘n miljoen myl per gelling kry? Veral teen vandag se petrol pryse, reg? Maak eenkeer vol, en jy is klaar vir die res van jou lewe. Die Cray het 48 miljoen dollar gekos. Die heuningby se brein is redelik goedkoop. Hulle spat baie op jou voorruit, reg? Baie mense skarrel wanneer die Cray breek. Niemand maak die heuningby gesond nie, dit is ‘n self-genesende rekenaar. Steve, jy werk op rekenaars, hoe sal jy hou van een van daardie? Iets bots, bzzz, herprogrammeer vanself, herstel alles, geen probleem. Die Cray sal 2300 pond weeg. Die heuningby se brein weeg nie veel nie. So wat moet ons aflei? Kom ons kyk, die super rekenaar is groot. Dit is stadig, Dit is baie ondoeltreffend. Dit is krag-honger, en dit moes ontwerp word. Ons almal weet dit, reg? Maar tog, hulle draai om en kyk na die heuningby en sê, “Wel, dit het per toeval gebeur.” Uh… En die brein van ‘n mens is heelwat meer kompleks as ‘n heuningby s’n, om Hemelsnaam. Jou brein kan meer inligting stoor as die hele Britse biblioteek. Die menslike brein is fenomenaal! Jy het meer rekeningkundige krag in bisse per sekonde as die hele nasionale telefoon sisteem. Een brein chirurg het beraam dat daar meer konneksies in net een persoon se brein is as die hele elektriese rooster-stelsel van die Verenigde State. Hoeveel drade is aanmekaar verbind in die Verenigde State? Met elke rekenaar en binne enige masjien en binne enige gebou, soos ziljoene daarvan? Een brein het meer as dit. Een professor het my vertel hy glo in evolusie, en ek het gesê, “Wel, meneer, glo jy jou brein is niks meer as 3 pond chemikalieë wat toevallig saamgevoeg is? Hy het gesê, “Ja.” Ek het gesê, “Hoe kan jy dan jou gedagtes en die gevolgtrekkings wat jy maak vertrou?” (Gelag) Miskien het jy ‘n chemikalieë agterstevoor daar binne! Hy het eintlik ‘n hele paar, so terloops. Dan vertel hulle die kinders, “Wel, DNA is redelik klein, maar dit bewys evolusie.” Dit is wat hierdie handboek sê. “Ons het bewyse van evolusie uit molekulêre biologie. Darwin het bespiegel dat alle vorme van lewe verwant is. Hierdie spekulasie is geverifieer.” Hulle lieg vir julle kinders. Niks oor DNA het enigsins gehelp met die evolusie teorie nie. DNA, wat staan vir deoksiribonukleïensuur, is die mees komplekse molekule in die heelal. Die DNA is ‘n ongelooflike ingewikkelde molekule; daardie klein DNA-molekule. Die gemiddelde persoon het 50 triljoen selle in hul liggaam met 46 van daardie klein molekules in elke sel. 46 chromosoom stringe in elke sel van jou liggaam. As jy almal sou onttrek, sou dit net sowat 2 eetlepels volmaak. Maar as jy daardie DNA stringe sou vat en hulle afrol, uitrek en hulle saam vasbind, sou een persoon se DNA strek van die Aarde af tot by die maan en terug meer as ‘n half-miljoen keer! Daardie is nogal baie reise na die maan toe en terug. Hulle sê die DNA hou meer inligting as al die rekenaar programme wat ooit geskryf is deur die mens gekombineer. IBM boetseer die nuutste rekenaars na DNA. Die hoeveelheid inligting is so baie, ons moet nuwe syfers uitdink om dit te kan meet. Daar is nou “terrabytes, petabytes, exabytes, zettabytes”, en “yottabytes”. Al die woorde geuiter deur almal wat al ooit gelewe het sou neerkom op – 5 “exabytes”. En die DNA in jou chromosoom hou selfs meer inligting as dit. Dit is so ongelooflik kompleks. As jy die kode wat in jou DNA gevind word sou uit tik, wanneer jy klaar getik het, sou jy genoeg boeke gehad het om die Grand Canyon 78 keer te vul. Dit is die instruksies om JOU te maak. Ek sou sê jy is redelik spesiaal. Wat ‘n lang lys van instruksies om jou te maak! Dawid het gesê, “Ek wil U loof, want U het my op wonderbaarlike wyse geskape.” En hy het nie eers ‘n mikroskoop gehad nie, en hy kon dit verstaan. Julle weet, van bevrugting tot geboorte, voeg die baba 15,000 selle per minuut by sy liggaam. Elke een is meer ingewikkeld as ‘n ruimte-tuig. Hoe sal jy daarvan hou om in beheer te wees van die leweringspunt in ‘n vervaardigingsfabriek wat 15,000 ruimte-tuie per minuut produseer? En dit is jou taak om seker te maak hulle het almal genoeg boute en moere en skroewe en alles wat hulle nodig het om daardie ding aanmekaar te sit? Sommige van julle vrouens sê, “Sjoe, ek het dit gedoen. Dit was moeilik ook. Soms wil hulle piekels ook hê in die middel van die nag. Die man mag vra, “Wat is jy in elk geval besig om daar onder te bou, hê?” Die waarskynlikheid van een DNA wat per toeval gebeur is bereken op 1 in 10 tot die 119,000ste krag. Dit is ‘n groot getal wanneer jy bereken die hele sigbare heelal is ongeveer 10 tot die 28ste duim in deursnee. DNA het niks bewys wat die evolusie teorie sou help nie. Dit het die probleem baie, baie, baie erger gemaak. Maar, laat ons aanvaar dat die chromosoom nommer iets beteken en dat dit kon ontwikkel. Goed, toe doen ek ‘n bietjie navorsing daaroor. Ek het ontdek dat penisillien 2 chromosome het. Een moes eers ontwikkel. En toe stadig oor miljoene jare, het hulle meer chromosome by gekry want hulle is ingewikkeld en het in ‘n vrugte-vlieg verander. Julle kan die ooreenkoms daar sien. Dit het slegs 8 chromosome. En dan baie stadig, het dit ‘n bietjie meer chromosome ontwikkel en dan óf ‘n tamatie óf ‘n huis-vlieg geword. Dit is baie moeilik om die verskil te sien. Hulle is identiese tweelinge, né? En toe baie stadig oor miljoene jare, het dit in ‘n ertjie óf ‘n by verander. Julle kan die ooreenkoms daar sien. Julle weet, ertjie, by, baie soortgelyk. Dit het stadig blaarslaai en toe ‘n wortel geword, en uiteindelik, toe ons by 22 chromosome kom, ‘n drieling. Die buidelrot, die rooihout boom en die nier-boontjie het almal 22 chromosome. Die gemiddelde wetenskaplike kan hulle nie uitmekaar ken nie. (Gelag) “Kom ons kyk, watter een is watter een hier. Goed, kyk, boom, buidelrot, boontjie, h’m.” En ons het 46, en as ons net nog 2 kan kry – die volgende stap van menslike evolusie – gaan ons tabak plante word. I weet party ruik reeds soos dit. Soms sal ek in die hysbak klim, dan sal ek sê, “Man, jy is ontwikkeld. Jy is ver voor my.” En dit sal waarskynlik nie in my leeftyd gebeur nie, maar ons mag eendag genoeg chromosome kry om ‘n hond óf ‘n hoender te wees. Hulle is ook ‘n tweeling, julle weet. En dan lank daarna, gaan ons ‘n karp word. Hulle het dubbel die hoeveelheid chromosome wat ons het. En eendag teen sterre datum 349572, gaan ons ‘n varing word. Ek was eenkeer by ‘n kerk en hierdie dame het agterna na my toe gekom, en sy het gesê, “Mnr Hovind, my naam is Fern.” Ek het haar hand geskud met daardie hand net daar. Hoekom vergelyk die evolusioniste altyd dinge wat by hulle teorie inpas? Hoekom wys hulle nie vir ons die dinge wat nie by hulle teorie inpas nie? Byvoorbeeld, kom ons sê ons gaan kyk hoe dinge ontwikkel het, baseer op lewensduur. Wel, ons kan diere rangskik volgens hoe lank hulle lewe, en ons sal vind dat die hamster eerste ontwikkel het, stadig in ‘n kat ontwikkel het, en toe ‘n kanarie, en toe ‘n hond. En toe ‘n sjimpansee en ‘n krokodil, olifant, perd, skilpad, en mens. Ons het dit gemaak, mense, ons het dit gemaak. Laat ons die diere rangskik baseer op hoe lank hulle verwagtend is, hulle draagtyd. Wel, in daardie geval, die buidelrot, slegs 13 dae. Hoe sal julle daarvan hou dames? Om slegs swanger te wees vir 13 dae, nie sleg nie, né? Ja, ek sou ‘n klomp kinders hê. Stadig ontwikkel in ‘n hamster, dan ‘n rot, dan ‘n konyn, kangaroe, tot aan die einde van die lys. En die olifant, teen 640 dae. Hulle is die wenner. The mees ontwikkelde wesens op Aarde. O regtig? Julle kan hier sien die kat en die hond is ‘n identiese tweeling. Miskien moet ons hulle rangskik baseer op gewig in hul volwasse vorm. Wel, die skeerbekmuis weeg slegs 4 gram. Stadig, het dit ‘n muis geword. En baie stadig, stadig, oor biljoene jare het dit ‘n walvis geword. Wel, die walvis is die mees ontwikkeld nou. Hoekom wys hulle nie vir ons hierdie kaarte nie, h’m? En hoekom het amfibieë 5 keer meer DNA as soogdiere? En sommige amoeba het 1000 keer meer DNA? Hulle vertel ons nie hierdie dinge nie, want dit pas nie hulle teorie nie. Dit is onmoontlik om enige soort evolusie-reeks te rangskik baseer op net 1 stukkie feit. Jy beter al die feite kry. Julle sien dat hierdie evolusie teorie ‘n miserabele mislukking is. Maar hulle vertel die kinders, “Ons gaan krities dink, seuns en dogters.” Daar is 20 soorte aminosure (dit is ‘n feit). Verduidelik hoe hierdie feit die idee ondersteun dat alle lewe ‘n gemeenskaplike voorouer deel.” Hoe is ‘n Christen kind veronderstel om dit te beantwoord vir huiswerk Maandag? Hmmm? Sien julle nie ‘n ingeboude aanname in hierdie vraag nie? Dit leer nie om krities te dink nie. Sal die kind toegelaat word om te verduidelik hoe die feit dat alle lewensvorme 20 aminosure het - Sal die kind toegelaat word om te sê, “Miskien bewys dit die intelligensie van ‘n gemeenskaplike Ontwerper?” Miskien het God al die diere dieselfde basiese 20 aminosure gegee, sodat ons nie mekaar net hoef te eet nie. Ek bedoel, as hulle almal totaal verskillend is, heeltemal verskillende soorte, dan kan ons net ander mense eet. Maar sien, God het dit so gemaak dat die bruin koei die groen gras kan eet en wit melk gee en geel botter maak, en ek eet dit en kry blonde hare. Um-hmm. Miskien is dit waarom daar dieselfde basiese boublokke is. Een van die leuens in die handboeke, is hierdie idee dat al die ooreenkomste ‘n gemeenskaplike voorouer bewys. Wel, kom ons gee voor dat dit so is, reg? Hierdie handboek sê, “Mense en orangoetangs is 96% soortgelyk, die bewys van ‘n gemeenskaplike voorouer 15 miljoen jaar gelede. Ek dink nie so nie. Mense en sjimpansees het duisende verskille, duisende verskille. “Algeheel,” sê hierdie ou, “is die genetiese verskil slegs 1.6%.” O, dit is wat hulle destyds gedink het, maar dit is ‘n leuen. Barney Maddox was die leidende genetikus op hierdie projek, en hy het gesê, “Die genetiese verskille tussen mens en sjimpansee is ten minste 1.6%. Dit klink nie na baie nie, maar bereken is dit ‘n gaping van 48 miljoen nukleotiede. ‘n Verandering van slegs 3 nukleotiede is fataal vir ‘n dier.” Hy het gesê dit gaan nie gebeur nie. Dit is toe hulle gedink het die verskil was 1.6%. Die gaping is steeds te groot. Later het hulle uitgevind, o eintlik is dit ‘n 95% ooreenkoms, wat ‘n 5% verskil is. En net onlangs, het hulle gesê, “O, nee, sjoe, kyk hierna. Dit is 7.7% verskil.” Hoe meer ons hieroor bestudeer, hoe erger word die probleem vir die evolusioniste. Eintlik, word dit erger by die dag. Hierdie resultaat is gebaseer op slegs 1 miljoen DNA basisse uit 3 biljoen. Hulle het slegs 1/3000ste van die menslike DNA kode ontleed. ‘n Baie klein persentasie is eintlik ontleed. “Franse en Amerikaanse wetenskaplikes het chromosoom 14, die langste huidige volgorde, gekarteer. Dit is die tuiste van meer as 60 siekte gene. Die taak het byna 100 navorsers ingeroep en is die 4de van die 24 menslike chromosome gekarteer tot dusver.” As iemand vir jou vertel hulle het die hele menslike genoom gekarteer, vertel jy vir hulle Kent Hovind het gesê hulle maak ‘n fout of hulle lieg. Hulle het slegs ‘n klein persentasie gekarteer. En dit sê, “Die Franse Nasionale Sekwensie Sentrum het gesê, “Die chromosoom bestaan uit meer as 87 miljoen pare DNA, wat almal so geplaas is dat die chromosoom se kaart geen gapings insluit nie. Hierdie is die langste stuk aaneenlopende gerangskikte DNA.” Sewe-en-tagtig miljoen pare – ‘n fraksie van die totale 3 biljoen pare wat gevind word in die menslike genoom. Hulle weet nog steeds nie hoeveel daarin is nie, en dit is alreeds ‘n 7.7% verskil. Die navorser het gesê, “Die menslike genoom is besaai met tot 20,000 pseudogene. Dit bewys evolusie.” Ek kry dit baie in debatte. Hulle sal sê, “Wat van die pseudogene?” Ek sal sê, “Daar is nie so iets nie.” Hulle sal sê, “Wel, ja, daar is. Daar is duisende pseudogene (wat beteken ‘n vals geen, dit doen niks nie).” O nee, daardie pseudogene dien verskeie doele. Nommer 1, hulle dien as lokaas om gifstowwe weg te trek van die regtes. Nommer 2, hulle dien as rugsteun meganismes. Dit is soos jou rekenaar wat ‘n outomatiese “backup” het. As ‘n stuk van die geheue vernietig word, spring ‘n ander een van daardie “pseudogene” in en neem oor. Hulle het ‘n paar van die pseudogene uitgehaal om te sien wat sou gebeur. Hulle het gesê, “Wel, die muis het nie hierdie goed nodig nie. Kom ons haal hulle uit.” En daar is hoe hulle uitgedraai het. Hulle is vreeslik misvorm. Daar is nie so ding soos ‘n pseudogene nie. “Die pseudogene mag funksioneer as lokaas om afbrekende ensieme weg te lok.” – Discover tydskrif van 2003. Ons kan heeldag praat oor DNA sekwensies, maar julle weet. Dit kan wees dat ons soortgelyke DNA as ander diere het, want ons het dieselfde Ontwerper. Julle weet, soortgelyke brûe sal soortgelyke bloudrukke het, sal hulle nie? Soortgelyke motors sal soortgelyke instruksies hê oor hoe om hulle te bou, hoe om hulle te maak. Mens het ‘n redelike goeie begrip van hoe motors werk. My pa het ons seuns aan motors laat werk toe ons 7 jaar oud was. Ek het 128 motors gehad, dink ek. Ek het die motors herbou, die ratkas, die dryf-as, die ewenaars, die hoë-spoed kleppe en die uitlaat laers. Ek het ‘n redelike goeie begrip van hoe motors werk. Maar die begrip van die werking van ‘n motor verduidelik nie die oorsprong van die motor nie. Groot verskil, né? Kom ons veronderstel jou seun word 16. Al my kinders het ‘n paar jaar gelede. Jou seun kom en sê, “Haai, pa, ek het my lisensie gekry.” “Laat ek daardie ding sien, seun. Laat ek jou lisensie sien, kom nou. Sjoe, seun, dit is ‘n slegte foto. Dit is wel ‘n goeie ooreenkoms.” Hy sê, “Haai pa, kan ek die motor bestuur?” “Wel, seun, ek en jou ma het geweet dat hierdie dag sou aanbreek. Die motor is ‘n baie ingewikkelde masjien. Het jy geweet daar is 3000 boute wat ‘n motor aanmekaar hou en 1 moer kan dit alles oor die hoofweg verstrooi? Ons dink nie jy is reg vir die hele motor nie, seun. Ons gaan dat jy stadig binne-in die motor ontwikkel. Hierdie jaar gaan ons vir jou 10% gee, volgende jaar miskien ‘n bietjie meer.” Haai, hoe goed is 10% van ‘n motor? Dit hoort in ‘n skrootwerf. Hoeveel goed moet reg wees aan ‘n motor om dit te laat werk? Soos duisende goed, hmm? Hoeveel goed moet verkeerd wees om dit te laat ophou werk? Een van baie duisende goed soos om nie die sleutels te hê nie, of nie enige petrol te hê nie.. Haal jou vonkverdelerprop af en trek ‘n potloodstreep aan die binnekant en sit dit weer terug. Jong, hulle sal nooit daardie probleem kan oplos nie. Haal ‘n vonkprop kabel af, druk ‘n deurklokkie se draad daarin, druk dit terug in plek, voer die deurklokkie-draad deur die brandmuur en vleg dit deur die materiaal van die voorste sitplek. Doen dit wanneer hulle op hulle wittebrood gaan. Klim in die motor, en sjoe, kom ons gaan liefie. Bam! Whoa, wat was dit? Daar is ‘n duisend dinge wat jou motor kan laat ophou werk. Daar is waarskynlik 10,000 maniere om ‘n motor te breek. Druk ‘n aartappel in die uitlaatpyp en kyk wat gebeur. Ek wil julle nie enige verdere idees gee nie. (Gelag) Daar is duisende verskille tussen mense en sjimpansees. Maar as julle dink ‘n persentasie van eendersheid bewys verwantskap, laat ek vir julle die navorsing wys wat ek gedoen het . Ek het ontdek wolke is 100% water. Waatlemoene is 97%. Dit is slegs 3% verskil. Dit bewys hulle is verwant. Jellievisse is 98% - die vermiste skakel! En so is roomys-horinkies, h’m, ja, daar gaan ons, ons het ‘n bewys gekry. Dan, vertel hulle vir ons fossiele bewys evolusie. Ek sê, “Mense, julle maak seker ‘n grap!” Hierdie handboek sê, “Bewyse van evolusie uit die fossielopgawe…” O nee, moenie dit vir my sê nie. Dit is ‘n leuen. Daar is geen fossielopgawe nie. Daar is ‘n klomp bene in die grond. Dit is nie ‘n opgawe nie. Reg? Jy sit jou interpretasie by daardie bene wat jy uit die grond uit grawe. Daar is geen “fossielopgawe” nie. Hierdie handboek sê, “Evolusie is ‘n feit. Die fossielopgawe bied sommige van die sterkste bewyse dat spesies met verloop van tyd ontwikkel het.” Dit is dom. Daar is geen fossielopgawe nie. Julle kyk nie terug na die verlede nie. Julle kyk na ‘n klomp bene wat julle uit die grond gegrawe het, en julle maak julle eie afleidings. Fossiele bestaan slegs in die hede. Hulle bestaan nie in die verlede nie. Ek bedoel, julle grawe dit op, en dit is 2009. Julle kan nie sê, “Sjoe, hierdie fossiel is 40 miljoen jare oud nie!” Julle weet dit nie. Al wat ons doen is ons plaas ons eie interpretasie op die fossiele, maar die kinders word geleer, “Fossiele dra by tot ons begrip van evolusie.” Kinders, hou in gedagte, dooie diere plant nie voort of ontwikkel nie. Darwin het gesê, “As my teorie waar is, moes ontelbare intermediêre spesies in die fossielopgawe gewees het.” Wel, ek is jammer. Hierdie ou het gesê, “Sedert Darwin, is baie van hierdie skakels gevind.” O, hulle lieg vir julle. Geen vermiste skakels is gevind nie. Selfs David Raup, wat in evolusie glo, sê, “In die jare na Darwin, het sy kampvegters gehoop om voorspelbare progressies te vind. Oor die algemeen, is hierdie nie gevind nie.” Tog het die optimisme het wreed gesterf, maar suiwer fantasie het in die handboeke ingekruip. O, julle grap! Fantasie in die handboeke? Dit is ‘n spog word vir … ‘n leuen. En ons kan 2 dae spandeer aan die fossielopgawe. Daar is geen fossielopgawe nie, en daar is gapings oral oor. Elke plek waar daar iets moes wees, het hulle niks gevind nie… geen bewyse vir hoe lank ‘n walvis ontwikkel het, of hoe voëls ontwikkel het, of hoe blomplante ontwikkel het nie. Geen bewyse hoegenaamd nie. As julle ‘n fossiel in die grond vind, is al wat julle weet… dit het gesterf. Julle kan nie bewys dit het enige kinders gehad nie. En julle kan beslis nie bewys dit verskillende kinders gehad het nie. En hoekom sou julle dink ‘n been in die grond kan iets doen wat diere vandag nie kan doen nie? - dit is om iets te produseer anders as hul eie soort! Luther Sunderland het aan groot evolusioniste oral geskryf en gesê, Haai, waar is die bewyse vir evolusie?” Hulle het terug geskryf en gesê, “Ons het dit nie. Iemand anders het dit nie.” Hy het aan Colin Patterson geskryf want, Patterson het toegang gehad tot die grootse fossiel versameling in die wêreld, die Britse Museum van Natuurlike Geskiedenis. Niemand in die wêreld het meer fossiele as die Britse Museum-versameling nie. Patterson het ‘n boek geskryf oor evolusie, maar hy het nie enige vermiste skakels aangetoon nie. Toe het Sunderland ‘n brief aan hom geskryf en gesê, “Verskoon my. Hoekom het jy nie die vermiste skakels in jou boek aangetoon nie? Ek wil graag ‘n foto sien van die vermiste skakel.” Patterson het terug geskryf en gesê, “Ek stem saam met jou kommentaar oor die gebrek aan evolusionêre oorgange in my boek. As ek geweet het van enige fossiel of lewende voorbeeld, sou ek dit verseker ingesluit het. Ek sal die kans waag.” Daar is nie een so ‘n fossiel nie.” Daar is geen vermiste skakels nie. Die hele ketting ontbreek. Dit is nie ‘n skakel waarvoor hulle soek nie, mense. Selfs Stephen Gould het gesê, “Die afwesigheid van fossielbewyse is ‘n knaende probleem vir evolusie.” Ja, dit is verseker. Stephen Gould het gesterf met ‘n stel van my video’s op sy rak in sy biblioteek. Ek hoop hy het dit gekyk. Hopelik het hy dit gekyk en is hopelik ook gered. Ek weet nie. So, Niles Eldredge en Stephen Gould het basies, die interpunkteerde gelykmaking -idee “opgewek” wat eintlik van Richard Goldschmidt gekom het. Goldschmidt het gesê, “Die eerste voël het uit ‘n reptieleier uitgebroei.” Hulle het so gefrustreerd geraak op soek na vermiste skakels, en niks kon vind nie, toe sê hulle, “Wel, dit bewys net evolusie vinnig gebeur het.” O, ek sien, jip. En hierdie voël wat uit die reptieleier gebroei het, uh, verskoon my, met wie het dit getrou? Moet ‘n mens nie twee in dieselfde plek hê van die teenoorgestelde geslag nie? Ek bedoel, wat as jy 2 manlikes kry? En moet hulle nie in dieselfde tyd leef in die geskiedenis nie? Wat as een net 10 jaar voor die ander een gebore is? O, het dit net gemis. Jy moet hulle in dieselfde plek, van die teenoorgestelde geslag, op dieselfde tyd kry, en hulle moet geïnteresseerd in mekaar wees. Julle het ‘n hele klomp probleme, reg? Ernstige probleme. Dan vertel hulle die kinders om krities te dink. Watter teorie beskryf die organisme se evolusie die beste: Geleidelikheid of interpunkteerde gelykmaking? Kyk wat doen hulle. “Kind, watter teorie is die beste verduideliking, stadige evolusie of vinnige evolusie?” Sien julle hoe hulle die kinders slegs 2 opsies gee, waarvan beide vals is. Wat is korrek, seuns en dogters, is olifante oranje of is olifante pienk? Uh… Ai tog. “Mamma, wat moet ek skryf vir die een?” (Gelag) “Ek weet nie, liefie. Gaan doen jou huiswerk.” Nie een nie! Besef julle hoe frustrerend dit is vir Christen kinders? Hulle moet openbare skole bywoon en kry elke dag hierdie soort vrae. Dit verflou hulle geloof. En uiteindelik begin hulle maar om die evolusie antwoorde gee. En 75% van die kinders uit Christen huise se geloof word vernietig en gaan verlore terwyl hulle deur die openbare skoolsisteem beweeg. Dit is nie kritiese denke nie. Hierdie handboek sê, “Wat is korrek, seuns en dogters, het evolusie geleidelik gebeur of in kort spronge en interpunkteerde gelykmaking?” Hulle gee vir hulle 2 opsies: Evolusie het stadig gebeur of evolusie het vinnig gebeur. Hierdie ouens is nie in staat om buite die boks te dink nie. Dit het glad nie gebeur nie. Is dit ‘n opsie? Maar ek waarborg julle dat as ‘n kind sou skryf, “Dit het glad nie gebeur nie” op sy vraestel, gaan die onderwyser dit verkeerd merk. Ek het Dr Pigliucci van die Universiteit van Tennessee in Knoxville, gedebatteer, en gesê, “Dr Pigliucci, jy het die evolusie van plante bestudeer en aangebied vir 10 jaar. Jy het $650,000 ontvang in toelae om die evolusie van plante te bestudeer. Wat is die beste bewyse waarvan jy weet vir evolusie?” Dit was my vraag. Sy antwoord was, “Die evolusie van walvisse.” Ek het gesê, “Net presies watter soort plant is ‘n walvis in elk geval? Hmm? Hy het gesê, “Die seekoei is bewys vir evolusie want dit is tans in ‘n aanpassingsproses, na ‘n akwatiese lewensstyl.” Die seekoei is bewys vir evolusie want dit hou van water? Sjoe... Ek hou ook van swem. Wat beteken dit? (Gelag) Evolusie is ‘n dop speletjie. Almal dink dat iemand anders die bewyse het. Die bioloog sê, “O, ons het dit nie. Die geoloog het dit.” Die geoloog sê, “O, ons het dit nie. Die antropoloog het dit.” Dit is ‘n dop speletjie met 1 groot verskil. Jy ken die swendel-speletjie waar hulle die ertjie wegsteek onder die dop en probeer om jou te flous, onder watter dop die ertjie lê. Die verskil met evolusie is, daar is geen ertjie nie! Niemand het die bewyse vir evolusie nie! Niemand nie. Hulle lieg almal. Hulle sê, “Wat van perde evolusie? Ja, seuns en dogters, julle sien dit? Die 4-toon perd het ontwikkel tot die 1-toon perd.” Dit is ‘n leuen wat al 55 jaar gelede verkeerd bewys is. Die klipdassie is die sogenaamde 4-toon perd. Hulle is vandag nog lewend in Afrika en Turkye. Dit is ‘n klein ou diertjie. Daar is een, net daar, ‘n klipdassie. Hulle vertel nie vir julle die vroeë perd het 18 pare ribbes gehad nie. Die volgende een het 15 gehad. Hierdie diere is nie eers verwant nie. Hulle het net ‘n paar bene opgetel en in die volgorde gesit wat hulle dit wou hê. Die volgende een het 19 gehad en toe terug na 18. Hierdie perde evolusie teorie is ‘n lang tyd gelede verkeerd bewys. Daar is ‘n hele verskeidenheid perde vandag, so terloops, grotes en kleintjies. Maar terug na 1950 het G.G. Simpson, a beroemde evolusionis gesê, “Hierdie perde evolusie was onopsetlik vervals. Dit is nie waar nie. Die evolusie van die perd was alles verkeerd. Dit het nooit in die natuur gebeur nie. Perde evolusie het nie bly staan onder noukeurige ondersoek nie.” Die hele idee was opgemaak deur Othniel Marsh in 1874. Hy het diere wêreldwyd gekies en hulle in volgorde rangskik op die manier wat hy wou hê dit moes gebeur. Hy het hulle nie in daardie volgorde gevind nie. Moderne perde word in dieselfde lae as die sogenaamde “antieke perd” gevind. Die antieke perd is net ‘n dier wat vandag nog lewe in Turkey en Oos-Afrika. Die ribbes, tone en tande is anders. In Suid-Amerika is die fossiele in die omgekeerde orde! Dit is ‘n werklike probleem. Hulle word nooit gevind in die orde wat in die handboek aangebied word nie. Die Tulsa Dieretuin het uiteindelik hul uitstalling verwyder want ‘n vriend van my het aan hulle ‘n brief geskryf en gesê, “Haai, hoekom hou julle ‘n perde evolusie uitstalling?” Ek het die briewe hier iewers. Het jy dit uitgehaal, Steve? Hulle is in die tas. Julle kan dit later kom lees. Hy het aan hulle ‘n brief geskryf en gesê, “Ouens, julle perde evolusie uitstalling was al 50 jaar gelede verkeerd bewys, sal julle asseblief die uitstalling verwyder?” En hulle het gesê, “Ons het nie die fondse om dit te verwyder nie.” Toe gaan hy na ‘n plakkaat drukkery en kry ‘n prys vir ‘n plakkaat, sê maar 60 dollar, en die plakkaat sou sê, “Ons sal die uitstalling afbreek sodra ons die fondse ontvang het, want die uitstalling is nie akkuraat nie.” He het na die dieretuin kurator gegaan en gesê, “Hier is 60 dollars vir die plakkaat. Hierdie ou sal die plakkaat maak. Wanneer kan ons dit laat aflewer? Hy het gesê, “Wat is dit? O, ons gaan die vertoning afbreek wanneer ons die fondse kry?” “Ja,” het hy gesê, “jy behoort ten minste die mense te waarsku dat die uitstalling nie reg is nie.” Hulle het dit nie verwyder nie. Uiteindelik het sowat 2000 mense ‘n petisie geteken wat sê, “Haal die ding uit ons dieretuin.” Dit was op die nuus 10-uur een aand: “Tulsa Dieretuin het ‘n vals uitstalling.” Die volgende oggend was dit weg. Hulle het die fondse gekry! Ses maande later het hulle dit weer opgerig. Yale Universiteit het steeds hulle perde evolusie uitstalling wat 55 jaar gelede verkeerd bewys is. Lees meer oor die evolusie van perde in die boek “Icons of Evolution”. Net omdat jy diere kan rangskik in volgorde, bewys dit nie iets nie. Selfs al vind jy hulle begrawe in ‘n sekere volgorde, bewys dit niks nie. As ek bo-op ‘n hamster begrawe word, bewys dit dat hy my oupa is? Nee! Die orde van begrafnis beteken niks! Maar as jy dink jy kan dinge rangskik en dit dan iets bewys? Ek het baie navorsing gedoen oor die evolusie van die vurk. Ek het fragmentariese bewyse oor ‘n lang tyd versamel. Ek glo na baie intense bestudering, dat dit eers van die mes ontwikkel het. Stadig, oor miljoene jare het geologiese druk dit saamgedruk en dit aan 1 kant konkaaf gemaak, en konveks aan die ander, en dit in ‘n lepel gedruk. En toe het erosie stadig gleuwe gesny op die punt en dit verander in ‘n vurk. Ek het geweet ek iets beet, maar ek het gevoel asof ek ‘n vermiste skakel het, veral tussen die lepel en die vurk. Ek kon dit nie vind nie, totdat ek eendag na Connecticut gevlieg het op US Lugrederye. Ek was 30,000 voet in die lug, en die lugwaardin het in die paadjie afgeloop en eenvoudig vir my die vermiste skakel oorhandig. Ek dink nie sy het die waarde besef van wat sy het nie. Maar my geleerde wetenskaplike oog het dit dadelik opgetel. Ek het gesê, “Sjoe, hier is dit!” Ek het dit in my sak gesteek. Later die dag, is ek na “Popeye’s Chicken” en het nog een gevind. (Gelag) Daar is hulle, mense, die vermiste skakels. So die evolusie van silwerware is amper volmaak. Natuurlik het ons ‘n paar mutasies gekry, wat vir een of ander rede, nie heeltemal oorleef het nie. En natuurlik het mense uitgevind ek is besig met navorsing daaroor , en hulle wil almal beroemd wees. Hulle wou ook in die glorie deel. Hulle het hulle navorsing gestuur. Hierdie een is duidelik ‘n vurk kop op ‘n lepel handvatsel. Ek meen, kyk. Dit het my nie ontgaan nie. Ek het dit dadelik gesnap. Julle weet, ek val nie vir sulke goed nie. Selfs die rasse natuurlik, het ‘n bietjie ontwikkel. Kyk, as julle goed wil rangskik, kan julle ‘n rat tot ‘n kat tot ‘n kar tot ‘n kas verander deur een letter op ‘n slag. Julle kan daarmee rondspeel en jouself in ‘n dwaas verander tot jy klaar is. Hulle sê, “Dinosourusse het verander in voëls.” Daar is min idees so dom soos hierdie een. Die Bybel sê God het die voëls gemaak op dag 5. Hy het die reptiele gemaak op dag 6. Evolusie sê reptiele het eerste gekom en toe die voëls. Julle weet, alles oor evolusie is agterstevoor teenoor die Bybel… alles. Hierdie artikel sê, “Dinosourusse lewend as voëls, sê wetenskaplike.” O, die wetenskaplike sê so, dit tel seker as die bewyse. Dit is asof dit vir hulle ‘n soort outoriteit het. Sjoe, wetenskaplikes het gesê. Dit is absurd. Alles oor voël-evolusie is bog. “Archaeoraptor” was in 1999 gelys as die vermiste skakel. Ja, seuns en dogters, deurbraak nuus! National Geographic: Ons het die vermiste skakel gevind! Hulle het ‘n hele lang artikel gehad oor die vermiste skakel wat ontdek is. Toe, ‘n paar maande later, oeps, was dit verkeerd bewys. Julle weet, alles oor hierdie geveerde dinosourusse is as bog bewys. Maar raai wat, hulle bied dit steeds aan. Hier is ‘n hele boek: “Die Geveerde Dinosourusse van China”. Julle het dit net onlangs gekry. Hoekom sou hulle steeds iets onderrig wat verkeerd bewys is 5 jaar gelede? Al hierdie geveerde dinosourus goed is bog. Dit is alles bog. Ons praat meer daaroor op een van die debatte wat ek gedoen het. Ek vergeet watter een. Maar hulle sê, “Voëls is afstammelinge van dinosourusse.” Wel, kinders, in geval julle nie weet nie, daar is ‘n paar verskille tussen ‘n dinosourus en ‘n voël. Mens sit nie net ‘n paar vere op hulle en sê, “Komaan, probeer dit. Dit sal nie te seer maak nie.” (Gelag) Dit is nie so maklik nie. Sien, reptiele het 4 perfekte goeie bene. Voëls het 2 bene en 2 vlerke. So as sy voorbene gaan verander in vlerke, iewers langs die pad , gaan hulle half-been en half-vlerk wees. Wat beteken dat hy op ‘n dag nie meer kan hardloop nie, en hy kan nog nie vlieg nie, so hy het ‘n groot probleem. ‘n Ernstige probleem. Hulle sê Archaeopteryx is bewys vir evolusie. Julle kry een hier op die tafel, Broer, Archaeopteryx? Wanneer jy ookal ‘n sak dinosourusse koop, druk hulle bykans altyd een van hierdie daarin. Archaeopteryx. Sjoe. En dit skep die indruk by kinders, “Sjoe, ons het bewyse dat dinosourusse in voëls verander het. Hier is een hier met vere daarop.” Hulle lieg. Dit is steeds in die handboeke, ek bedoel vandag nog, oor Archaeopteryx. En dit is jare gelede bewys dat Archaeopteryx slegs ‘n voël was, ‘n grondvoël. Alan Feduccia, wie in evolusie glo, sê dit is nie ‘n vermiste skakel nie. Dit het die regte kenmerke gehad vir vlug. Al die kenmerke van die brein was vir vlug, reg? Archaeopteryx beteken “antieke vlerk”, en hy het kloue gehad op sy vlerke. Wel, dit is ongewoon. Maar 12 soorte voëls vandag het kloue op hulle vlerke. Daar is die swaan, die ibis, die hoatzin… verskeie voëls het kloue. Hulle sê, “Wel, hy het tande in sy snawel gehad.” Nie baie voëls het tande nie, maar sommige het. Hier is die kolibrie wat tande in sy snawel het. Maar meeste voëls het nie tande nie, ek stem. Sommige soogdiere het tande, en sommige nie. Sommige voëls het tande, en sommige nie. Sommige visse het tande, en sommige nie. Sommige van julle het tande, en sommige nie, reg? (Gelag) Vermiste skakel! Die Chinese dino-voël was ‘n vervalsing, en ons het nie tyd om dit alles te bespreek vandag nie. Maar ons gee baie meer detail daaroor op een van die debatte wat ek gedoen het. Dit is waar dat vere en skubbe beide van keratien gemaak is, dieselfde boublokke, dit is waar. Maar dit is waar die ooreenkomste stop, reg? Eintlik het voëls en reptiele verskillende longstelsels. Hulle het verskillende voorplantingstelsels, verskillende liggaambedekkings, verskillende breine, en verskillende omloopstelsels. Duisende verskille bestaan tussen dinosourusse en voëls. Dit kan ‘n hele seminaar wees op sy eie. Dit is interessant… daar is 2 verskillende soorte dinosourusse – die voël-heup en die akkedis-heup dinosourus. Hulle heupe is baie verskillend. Vra ‘n evolusionis, “Watter soort dinosourus het in ‘n voël ontwikkel? Is dit die voël-heup of die akkedis-heup?” En hulle sal waarskynlik hul kop laat sak en saggies sê, “Wel, dit was die akkedis-heup.” O, so nou moet die heup ook omdraai saam met die biljoene ander veranderings wat jy het om te maak. Daar is geen bewyse hoe dinosourusse ontwikkel het tot voëls nie. Geen. Zero. So wie is reg? Wel, Richard Dawkins het gesê, “Dit is veilig om te sê as jy iemand ontmoet wat nie in evolusie glo nie, dat daardie persoon onkundig, dom, kranksinnig of goddeloos is.” Klink of hy gereed is vir ‘n debat. Toe ek Engeland toe was, het ons alles probeer om Richard Dawkins te kry om te debatteer. Hy het geweier. Hy het die foon doodgedruk in my sekretaresse se. Sy sekretaresse het die foon doodgedruk toe ek teruggeskakel het. Jesus het gesê, “Jy sal God liefhê met jou hele… verstand.” Daar is geen verstandelike rede om Christenskap te verwerp nie. Dit is ‘n logiese afleiding om te sê, “Haai, daar moes ‘n Ontwerper gewees het.” Julle bekyk hierdie ingewikkelde wêreld, en sê, “Haai, daar moes ‘n Ontwerper gewees het.” Evolusie is nie ‘n feit nie. Dit is nie eens ‘n goeie teorie nie. Dit is nie eens ‘n hipotese nie. Dit is ‘n metafisiese navorsingsprogram. Julian Huxley het gesê, “Ek glo die rede dat ons bly was oor die Oorsprong van Spesies, was die idee dat God inmeng met ons morele sedes.” Ons wil nie hê dat God vir ons vertel wat om te doen nie. Evolusie is ‘n godsdiens. Selfs Michael Ruse het so gesê. Hy het gesê, “Ek is ‘n vurige evolusionis en ‘n ex-Christen, maar ek moet erken op hierdie een klagte, en Mnr Gish een van vele ander om so te sê, die letterknegte is heeltemal reg, evolusie is ‘n godsdiens. Dit was waar van evolusie in die begin, en dit is waar van evolusie vandag nog. Ons glo in evolusie want die enigste alternatief is Skeppingsleer.” En dit is so; dit is die enigste alternatief. Een Russiese ateïstiese sterrekundige het hier na Amerika toe gekom en by die universiteit gepraat, en gesê, “Mense, óf daar is ‘n God óf daar is nie.” Ek het gedink, “Sjoe, dit is ‘n briljante gevolgtrekking. Maar toe sê hy, “Beide moontlikhede is skrikwekkend.” Ek het gedink, “Sjoe, daardie IS werklik ‘n briljante stelling.” Sien, as daar ‘n God is, beter ons uitvind wie Hy is en uitvind wat Hy wil hê en doen wat Hy sê. As daar nie ‘n God is nie, is ons gedoem. Ons slinger deur die ruimte teen 66,000 myl per uur, en niemand is in beheer nie. Vreesaanjaend. Een beroemde wetenskaplike het gesê, “Die evolusionêre transformasionisme is ‘n feë verhaal vir volwassenes. Die teorie het niks gehelp met die vooruitgang van wetenskap nie. Dit is nutteloos.” Selfs al was die evolusie teorie waar, is dit nutteloos. Dit is hoegenaamd van geen waarde tot die wetenskappe nie. “Evolusie is ‘n soort dogma wat sy eie priesters lankal nie meer glo nie, maar wat hulle voorhou vir die mense.” Meeste wetenskaplikes glo dit nie eers nie, maar hulle is bang om hulle werk of navorsingsbeurse te verloor. of hulle is bang vir groepsdruk. Net soos ‘n graad 5 outjie, bang vir wat die ander graad 5’s van hom gaan dink. Ons het kollege professore wat hierdie leuens wat ek behandel het, aanbied omdat hulle moet. Want dit is hulle werk. Muggerigde het gesê, “Ek is oortuig dat die evolusie teorie een van die grootste grappe in die geskiedenisboeke van die toekoms gaan wees.” Satan is ‘n leuenaar. En alles omtrent hierdie teorie is gebaseer op leuens. Selfs Tahmisian het gesê, “Mense wat evolusie aan ander leer is bedrieërs.” Die storie wat hulle vertel is die grootste poets ooit. Daar is nie ‘n greintjie bewyse om die evolusie teorie te ondersteun nie. Sir Fred Hoyle, die beroemde astronoom het gesê, “Wel, lewe is so gekompliseerd, dit sou glad nie kon ontwikkel op aarde nie, so dit moet van die buitenste ruim af kom.” Wel, duh, dit verskuif net die probleem. Hoe het dit daar buite gebeur, hmmm? Hierdie ou sê, “Evolusie is ‘n lig wat alle feite verhelder.” Alle denkpatrone moet daarin volg. Dit is wat evolusie is.” Pierre de Chardin en die Katolieke priesters – hulle het meeste van die Katolieke en selfs die Pous, laat glo in evolusie. Die Pous het al 3 keer gesê, “Ons glo in evolusie.” Pierre de Chardin is een van die mans wat verantwoordelik was vir die Piltdown poets. Hy is ‘n leuenaar. ‘n Absolute skaamtelose leuenaar. God se Woord is ‘n lig, evolusie het geen lig nie. Maar as ‘n kind vir 12 of 15 jaar skoolgaan in die huidige skoolsisteem, wat sal sy wêreldbeskouing wees? Waarskynlik dieselfde as ‘n evolusionis. Waarom sal hulle hierdie leuens versprei? Sommige mense dink iets is waar wanneer almal daarin glo. Dit maak nie saak of almal daar in glo nie. Dit maak dit nie noodwendig waar nie. Sommige mense doseer die leuen om die salaris te behou. Kinders, daar is onderwysers wat nie in evolusie glo nie, maar hulle onderrig dit steeds, want hulle hou van hulle lone elke Vrydag. Hulle sal vir julle lieg om hulle salaris te behou. ‘n Paar verstaan die groter prentjie. Evolusie is die fondasie van die Nuwe Wêreld Orde. Ons kyk meer in diepte daarna in Seminaar 5. Evolusie is die fondasie vir Marxisme, Nazisme, Kommunisme, Sosialisme. Dit is waarom ek tydens ‘n debat dit die “Skepping versus Evolusionisme,” debat noem. Dit maak hulle gek! Hulle is so gewoond om te sê, Evolusie versus Kreasionisme,” Daar is altyd ‘n -isme by Kreasionisme (Skeppingsleer). So wanneer ek my plakkaat aan die begin wys wat sê, “Skepping versus Evolusionisme Debat,” sit hulle daar met daardie verwarde blik op hulle gesigte. Hulle probeer dit lees en dink, “Iets lyk nie heeltemal reg nie, maar ek kan nie my vinger daarop plaas nie.” Dit is ‘n klein stekie in die kortrib. Hoekom glo mense in evolusie? U mag dalk hierdie boek wil aanskaf: “The Case Against Darwin”. ‘n Uitstekende kort boek wat vinnig lees, vir daardie intellektuele vriende wat hou van hooftrekke. Vir ander is dit al wat hulle ooit geleer het. Toe ek in Rusland ‘n toespraak gehou het by die universiteit, was daar 30 professore wat kom luister het, en na omtrent ‘n uur, het een van die professore begin huil. Ek het die tolk gevra, “waaroor huil hierdie man?” En hy antwoord, “Hy het nog nooit die Skeppingsverhaal gehoor nie. Hy het nie geweet daar is een nie. Al wat hy nog ooit gehoor het is evolusie. Hy wil nie hê jy moet ophou praat nie.” Ek het vir nog ‘n uur gepraat. Ek het by ‘n Russiese openbare skool ook gepraat. Die vertrek het sitplek vir 400 leerders. Daar het 700 hoërskool leerders opgedaag en vir 2 ure na my geluister. ‘n Mens kon ‘n speld hoor val die hele toespraak deur. Ek kon dit nie glo nie. Ek het die skoolhoof gevra voor ek begin het, “Is daar enigiets wat ek nie vir die kinders mag sê nie? Ek weet hierdie is ‘n openbare skool en die onderwerp is redelik sensitief.” Hy vra toe, “Wat bedoel jy?” Ek antwoord, “Wel, ek is ‘n Christen. Is dit in orde om die Bybel aan te haal?” Hy sê, “O ja, vertel hulle net wat jy wil.” Ek sê, “Wel, is dit in orde as ek vir hulle vertel hoe om Hemel toe te gaan?” Hy sê, “Sekerlik, asseblief ja, Hierdie kinders sal graag hoor van Christenskap. Hulle het nog nooit so iets gehoor nie.” Sjoe! Hier is die deur wawyd oop, Broer. Maar, hulle gebruik dieselfde leuens in Russiese handboeke. Hierdie Russiese handboek noem dat die voorste ledemaat lewer bewyse van evolusie in die verskillende geologiese kolom lae, alles wat ons vroeër behandel het. Waarom glo hulle die snert? Sommige mense glo dit, want dit is al wat hulle ooit geleer is. Vir ander is dit ‘n inkomste. Ander hoop weer daar is nie ‘n God om teenoor verantwoording te doen nie. Hulle hou nie daarvan om God in hulle kennis te huisves nie, soos die Bybel sê. Hulle hou net nie van die idee nie. En dit sê, “God sal hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo.” Hoe meer ek daaroor dink, is dit so waar. Enigiemand wat glo dat hulle 4.6 biljoen jaar gelede van ‘n rots afkomstig is, moet erg mislei wees. Dink daaroor. O, daar is so baie wat ons nog hieroor kan sê. Sommige mense het eenvoudig te veel trots om te erken dat hulle amper lewenslank verkeerd was. So kinders word evolusie geleer. Dit is nie te betwyfel nie. Kinders word belieg in die handboeke. Dit is ook nie te betwyfel nie. Wat doen ons hier omtrent? Ons behandel dit in baie detail in ons Openbare Skool Aanbieding op die Groen Reeks kassette. Kry die Openbare Skool Aanbiedingsreeks. Ons sal julle stap-vir-stap verduidelik wat om te doen: Hoe om die leuens uit die handboeke te kry; hoe u by die skoolhandboek keurkomitee kan aansluit; hoe u kind vrystelling kan ontvang van ‘n klas. Ouers, as u kinders in ‘n openbere skool is, behoort u ‘n nota aan die onderwyser te stuur wat sê, “Ek wil nie hê dat my kind evolusie leer nie, dit is teen my geloof.” Onderteken dit, noteer dit as u wil, en gee dit vir die onderwyser en die skoolhoof. As hulle dan aanhou om dit moeilik te maak, sê u, “O, ekskuus tog, diskrimineer julle teen mense as gevolg van hulle geloofsoortuigings?” Kyk hoe hulle wenkbroue lig op daardie vraag. En as hulle dan steeds moeilik is, kontak my. Ek het ‘n paar prokureurs wat gretig uitsien na ‘n lekker regsgeding. Titel 42 – Diskriminasie teen Geloof. Sjoe, die skoolhoof mag dalk volgende week se vullisverwyderaar wees. Ek is seker dat die skoolhoof die onderwyser gaan inroep en sê, “Laat hierdie kind buite die klas wag. Hou op evolusie leer.” ‘n Man het my ‘n paar jaar gelede gebel en gesê, “Broer Hovind, my graad 2 dogter se onderwyseres het my pas geskakel, en gesê, “Mnr Jones (wat sy naam was kan ek nie mooi onthou nie), jou graad 2 dogter is in my klas, en sy stop my elke keer as ek begin les gee oor evolusie.” En die onderwyseres het gesê, “Ek het pas besluit ek gaan hierdie evolusie goed vir die res van die jaar laat oorstaan, totdat jou dogter uit my klas uit is.” (Gelag) En my eerste gedagte was, jippie! En toe dink ek, “Wag, wag, wag, wag... hoekom stuur ons graad 2’tjies om te gaan oorlog voer?” Hierdie is ‘n stryd wat die ouers behoort te veg, nie die kinders nie. Ons is die sout van die aarde. Sout irriteer. As julle niemand nog ooit irriteer het nie, is julle nie goeie Christene nie. Julle hoef nie te probeer om hulle te irriteer nie. Wees net sout... dit sal hulle irriteer. Sout preserveer en keer verrotting. Hoekom het julle so baie leuens in handboeke hier in Tennessee, in die middel van die Bybel-Band? Waar is die Christene wat veronderstel is om die wêreld te preserveer, h’m? Waarom raak julle nie betrokke by die skool se beheerraad en doen iets hieromtrent nie? Stig ‘n komitee wat sê, “Kom ons verwyder hierdie bladsye uit die handboeke. Dit is leuens.” Dit sal die skool niks kos nie, ek sal julle wys hoe. Hoeveel van julle sou vrywilligers wees om die bladsye uit die boeke te sny en julle eie skêre te bring? Dit sal die skool nie ‘n sent kos nie. Laat ons selfs beter doen as dit. Hoeveel van julle sal $20 betaal vir die voorreg om op die komitee te dien wat die bladsye uit die boeke uitsny, en ook hulle eie skêre bring? Ons het pas ‘n fondsinsameling gehou. Ons het pas $1000 vir die skool ingevorder. Sjoe! Dit sal hulle nie ‘n sent kos nie. Daar is baie goeie, opregte, Goddelike openbare skool onderwysers, en ek prys God vir hulle. En hulle is net so gefrustreerd soos ek met wat hier aangaan. As daar ‘n goeie onderwyser in u skool is wat die regte ding wil doen, ondersteun hulle. Want, ek waarborg dat as daar ‘n onderwyser is wat probeer opstaan vir Skeppingsleer teen evolusie, is daar ‘n goeie kans dat hulle afgedank of vervolg sal word daarvoor. Ons praat meer hieroor in Video #7, hoe onderwysers vervolg word wat vir geregtigheid opstaan. Baie doseer hierdie teorie, want hulle was nooit iets anders geleer nie. Baie dink dit is nie veilig om die Skeppingsleer te doseer nie. Dit is heeltemal veilig. Ag, wat staan ons te doen? Wel, daar is ‘n lang geskiedenis hoe die teorie in ons skole beland het. En ons behandel dit volledig in die Openbare Skool Aanbieding. Wat doen ons daaromtrent? Dit word bespreek in Kasset #5. Ons sal die gevare van hierdie teorie bewys. Dit is nie net ‘n dom idee nie. Evolusie is ‘n gevaarlike godsdiens. Ek sal vir julle praktiese stappe gee om dit te benader in Seminaar 5. Dankie dat ons met u kon deel. Ons vertou julle het hierdie video reeks oor die Skepping, Evolusie en Dinosourusse geniet. Maar nog meer belangrik as om al die wetenskaplike feite en waarhede te ken, is om die waarheid te weet, of u Hemel toe gaan of nie. As u nog nooit in Christus as u Verlosser vertrou het nie, laat ek gou verduidelik wat u nodig het om Hemel toe te gaan. Die Bybel sê ons is almal sondaars. Ons het almal God se wette verbreek. Ons was ongehoorsaam aan die Skepper. Ons het slegte dinge gedoen. Ons is sondaars. Sommige erger as ander, ten minste in mense se oë. Maar ons het almal God se wette oortree. En die Bybel sê ons moet bekeer. Die woord “Bekeer” beteken om te draai, dit beteken eintlik 2 dinge, om weg te draai van sonde en na God toe te draai. God soek na ‘n verandering in u houding, as u sê, Here, ek wil nie meer sondig nie. Ek is jammer ek het U aanstoot gegee. Ek wil reg doen.” En wanneer u van sonde af wegdraai en na God toe draai en sê, “God sal U my asseblief vergewe? Sal U my red?” Die Bybel sê in Romeine 3:23: “want almal het gesondig en ontbreek aan die heerlikheid van God.” U moet erken dat u ‘n sondaar is. Nommer 2: Die Bybel sê in Romeine 6:23,”Die loon van die sonde is die dood.” Ons verdien om te sterf en hel toe te gaan as gevolg van ons sonde. Maar, Jesus het gesterf vir jou. Hy het jou lief. Hy wil hê jy moet Hemel toe kom na Hom toe. Vir enigiemand wat Hom vra vir gratis redding, sal God die geskenk van die ewige lewe gee, soos dit sê in Romeine 6:23. Dit is ‘n gratis geskenk. En dit sê in Romeine 10:13, “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.” As jy net sal uitroep en sê, “Here, ek is ‘n sondaar. Sal U my asseblief vergewe?” Vra Hom net. Hy sal jou die gratis geskenk van die ewige lewe gee. Sal jy nou saam met my bid? En Christus aanneem as jou Verlosser? Daar is nie spesiale woorde nie. God kyk na jou hart. As jy die volgende kan sê en dit werklik bedoel, sal God jou vergewe. Sê net, “Liewe Here Jesus, ek weet ek is ‘n sondaar. Ek het u wette verbreek. Ek is regtig jammer. Vergewe my asseblief. Bedek asseblief my rekening met U Bloed. Vergewe my sonde en neem my na die Hemel. In Jesus se Naam, Amen.” Die Bybel sê: “As jy die Here aanroep, sal jy gered word.” So, as jy die Here gevra het om jou te red, is Hy getrou om dit te doen. Jou werk is nou om te groei. Lees jou Bybel, bid en raak betrokke by ‘n goeie kerk wat die hele Bybel glo. En begin die groeiproses as ‘n goeie Christen. Baie dankie. Skakel of skryf as ons van enige hulp kan wees. Ons sal bly wees om te help. Vir meer inligting: Creation Science Evangelism, Posbus 37338, Pensacola, FL. 32526 VSA Dit is 1-850-479-3466. Of besoek ons webwerf: www.drdino.com. EINDE van Seminaar 4c – Dr Kent Hovind – Afrikaans - [Ed.13.5]