Seminar 3a - www.drdino.com - Dr. Kent Hovind - Afrikaans Vir baie jare was dinosourus fossiele gesien as 'n probleem vir die Bybel. Hallo, my naam is Eric. En wat jy nou gaan sien is 'n kragtige seminaar... wat 'n kombinasie is van die laaste 30 jaar van navorsing deur Dr. Kent Hovind. Dit is in 'n veld genaamd: kripto-dierkunde. wat 'n studie is van: versteekte diere. Die seminaar is getitel: "Dinosourusse en die Bybel" - www.drdino.com Seminaar 3a - Dr. Kent Hovind - Afrikaans - Vertaal deur Jan & Erika Bergh Dankie dat u by ons aansluit; dit is 'n eer om hier in Indiana te wees. Hoeveel van u was al by een van my seminare of het al een van my videos gesien? Reg, hoeveel het nog nooit? En hoeveel van u verstaan nie die vraag sover nie? Dieselfde drie as gister. Reg. My naam is Kent Hovind. Ek het wetenskap op hoërskool aangebied vir vyftien jaar. En vir die laaste sestien jaar is ek 'n evangelis. Ek praat ongeveer 900 keer per jaar oor die onderwerp Skepping, Evolusie en dinosourusse. Ek gaan van die standpunt uit dat die Bybel letterlik waar is en wetenskaplik akkuraat is. Die Evolusie teorie wat in ons skole aangebied word, 'n oortreding van die eerste wysinging, is die domste en mees gevaarlikste godsdiens in die geskiedenies van planeet aarde. Ek bly in Pensacola, Florida. Ek het drie kinders, almal groot. Almal is getroud en die hond is dood. Prys God ek het dit gemaak en is in die pylvak. Sover het ons vier kleinkinders en dit is God se beloning omdat ek nie my kinders vermoor het toe ek daaraan gedink het nie. So bytvas ouers - dit sal die moeite werd wees! Al my familie bly rondom my en almal staan in die bediening. Dit is wonderlik om kinders te hê wat lief is vir die Here. 'n Paar is by die tafel daaragter en die ander een beman die kamera. Ons het in ons agterplaas in Pensacola, Florida: Dinosour Avontuur Land. Ek hou van dinosourusse. Ons telefoon nommer is: 1-850-479-DINO, (1-850-479-3466) en ons web adres is: www.drdino.com. Dinosour Avontuur Land se nommer is: 1-850-478-DINO, (of 1-850-478-3466). Ons hou van dinosourusse; ons het duisende en duisende besoekers. Ons het seker naby aan 'n duisend mense wat gered is wat die Dinosour Avontuur Land besoek het. Alles wat ons hier doen het 'n wetenskap les en spirituele les, ons het 'n wonderlike tyd met die gebruik van dinosourusse vir die glorie van God. Vir die laaste twee honderd jaar, was Christene geweldig verward oor waar dinosourusse inpas in die Bybel. Gisteraand was ek besig om getuienis te bring aan 'n dame by die hotel en sy't gesê, "Ek het 'n vriend wat my vertel het dat dinosourusse nooit bestaan het nie." 'n Man het my vertel dat die duiwel daardie bene in die grond gesit het om ons om die bos te lei. Jy gaan soos 'n idioot lyk wanneer jy met iemand praat met normale intelligensie en jy so iets sê. Ja, dinosourusse het gelewe, wanneer het hulle geleef? Waar pas dinosourusse in, in die Bybel? Hier is twee van my kleinkinders besig om met 'n dinosour te speel by Dinosour Avontuur Land. Ons het 'n wonderlike tyd. Christene aan die anderkant is soms baie verward oor waar hulle inpas. Wat gebeur het is dat Christene'n kompromie aangeggan het oor duidelike onderrig van die Bybel om dinosourusse te akkommodeer. Dit is hoekom hulle die "Gaping teorie" of die "Dag Ouderdom" of die "Progresiewe Skepping" of "Teïstiese Evolusie" het. Dit is nie nodig nie. Ek gaan vir u die Bybelse siening van dinosourusse gee vanoggend. Hierdie man in National Geographic, sê dat geen mens nog 'n lewendige dinosour gesien het nie. Wag 'n bietjie, weet hy dit of dink hy net so? Hy dink so. Daar is geen manier dat hy so iets kan weet nie. tensy hy met almal gepraat het wat al ooit gelewe het. Dink u dat hy met Adam of Eva gepraat het voordat hy dit geskryf het? Het hy met u gepraat voordat hy dit geskryf het? Nee. Dit is nie iets wat jy kan weet nie. Die Bybel sê, (Genesis 1:1) "In die begin het God die hemel en die aarde geskape." Dit sê "in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is". As Hy alles in ses dae gemaak het, dan moes Adam dinosourusse gesien het. Daar's geen ander manier nie. Gister het ond gepraat in Seminaar gedeelte 2, oor hoe die Tuin van Eden was. God het gesê laat daar 'n uitspansel wees tussen die waters. en laat dit skeiding maak tussen die waters en waters. Ons het gepraat oor hoe God oorspronklik die wêreld geskape het met ... 'n bedekking van water oorhoofs wat alles geval (gereën) het tydens die vloed. Dit is nou weg, eintlik was die meeste van die water onder die kors van die aarde. Psalm 24:1, "Die aarde behoort aan die Here, ... Hy het dit gegrond... op die seë en dit vasgestel op die strome." Psalm 136:6, "Wat die aarde op die water uitgespan het," Ek weet nie hoe kan Christene dit kan lees en nie sien wat dit sê nie Meeste van die water wat nou in die oseane is, was onder die kors van die aarde. Dit het alles uitgeskiet toe "die fonteine van die groot watervloed oopgebreek" het. Ons behandel dit in Seminaar #6; wat het die vloed veroorsaak in die dae van Noag. Ons noem dit die Hovind Teorie sodat niemand anders daarvoor geblameer sal word nie. Vanaf die Skepping 6000 jaar gelede, tot tydens die Vloed, 4400 jaar gelede, was die aarde baie anders. Gedurende daardie tydperk sê die Bybel het die mense oor die 900 jaar oud geword. Hulle het regtig geleef om 900 jaar en ouer te word. Baie outydse kulture het legendes wat hulle die Goue Era noem. Die Babiloniërs, die Soemeriërs, die Egiptenare, en andere ... almal het gepraat van 'n tyd waar die mens gelewe het tot amper 'n duisend jaar. Dit is omdat dit werklik waar is. Hulle het gelewe tot amper 'n duisend jaar. In Seminaar #2 ("Die Tuin van Eden") het ons behandel hoe reptiele hul hele lewe lank aanhou groei. Reptiele hou nooit op met groei nie. So dinosourusse was groot akkedisse wat saam Adam en Eva in die Tuin van Eden gelewe het. Dinosourusse het nie miljoene jare gelede gelewe nie. Die vanselfsprekende vraag sal wees, "Het Noag dinosourusse op die ark gevat?" Hulle het Billy Graham gevra, "was dinosourusse op die ark?" "Nee, Noag se ark het nie dinosourusse ingesluit nie omdat hulle uitgesterwe het toe die mens hier gekom het." Ek prys God vir al die goeie goed wat Billy Graham gedoen het, maar hy is verkeerd oor daardie een. "Dinosourusse op die ark?", vra mense. Ek hoop Noag het die houtkappers in 'n staalhok gehou ... dit sal later belangrik wees. Mense sê, "Dinosourusse op die ark?" Nou Hovind; hulle is bietjie groot is hulle nie? Die grootes was groot, maar die kleintjies was klein. Jy sien Noag was 600 jaar oud toe hy daardie groot boot gebou het. Hy was waarskynlik wys genoeg om te weet dat jy nie nodig het om die grootste dinosourusse te bring nie. Jy bring twee babas, maak seker om een pienk en een blou te vat, dit sal later belangrik wees. Daar is allerhande redes om babas op die ark te bring. Jy bring babas omdat hulle kleiner is. Die grootste dinosourus eier is kleiner as 'n voetbal. Jy bring babas omdat hulle minder weeg, minder eet, hulle slaap baie meer, en hulle is baie taaier. Het u geweet dat wanneer kinders val spring hulle op en hou aan hardloop. Volwasse mense val en breek of hulle lê daar vir 'n ruk. Plus wanneer jy babas bring sal hulle na die vloed langer lewe om voort te plant En dit is die groot rede hoekom jy hulle bring. Hoekom op aarde sal jy groot olifante op die ark neem? Dit sal dom wees vir verskeie redes. Hoekom sal jy 'n groot kameelperd bring? Bring net die babas van alles. God het vir hom gesê om twee van elke soort te bring, nie twee van elke spesie nie, nee twee van elke soort. Hy't gesê jy moet twee van elke soort, volgens hulle soorte.... Die Bybel is baie duidelik oor die onderwerp. Bring alle soorte, nie elke spesie nie. Jy moet slegs die wat die asem van die lewensgees in die nuesgate gehad het, alles wat op droë grond was. Noag het nie nodig gehad om visse op die ark te neem nie. Hulle het genoeg water buite gehad. Hy hoef ook nie enige insekte op die ark geneem het nie, insekte het nie neuse nie. Insekte haal asem deur hulle vel, deur spirakels (luggaatjies). Insekte was nie benodig op die ark nie. Insekte kan vloede oorleef. Gaan maar na enige plek waar daar 'n vloed was, na die water gesak het. Loop tot in die modder en sê my wat is die eerste ding wat jy sien. Insekte by die miljoene en miljoene reg? Insekte hoef nie op die ark gegaan het nie. Sommige kon daar gewees het maar hulle hoef nie gewees het nie. Noag het nie 400 pare honde op die ark gehad nie. Noag het waarskynlik nooit 'n Chihuahua in sy lewe gesien nie. Hoekom het iemand dit aan die hond gedoen? Alle spesiale teelery om 'n hond te kry is 100% nutteloos. Noag het waarskynlik net 'n generiese hond gehad soos my hond Nikki. Ons het Nikki vir 12 jaar gehad voordat ek geweet het watter soort hond dit is. 'n Vriend van my het eendag oorgekom en gesê dat ek 'n volbloed "Canhardly" (Kanskaars) het. Ek het gesê wat? Hy't gesê, "Jou hond is 'n Canhardly (Kanskaars). Ek't gesê rerig? Hy't gesê kyk jy "kan skaars" sê watter tipe hond dit is. Ja 'n volbloed "Kanskaars". Waarskynlik het die perd en die zebra dieselfde voorouer, soos die Mexikaanse handboek sê. En ek sal saamstem, die perd en die zebra het dieselfe voorouer. Maar dit het soos 'n perd gelyk - "vierwiel aangedrewe, egte leer oortreksel" - al die perd se uitrusting. Die skeptisie sê, "Hoe het Noag miljoene diere in die ark gekry?" Wel in die eerste plek het hy net land diere geneem. Tweedens het hy slegs diere met twee neusgate geneem, geen insekte. Derdens het hy net babas geneem, dit is net logies. Vierdens, jy neem twee van elke soort, nie elke verskeidenheid nie, en God het die soorte gemaak. En God het aan Noag gesê hoe groot die boot moet wees. Ek wet jou God het bereken wat die groote moes wees en hoeveel diere was daar? Baie deskundiges sal jou vertel dat daar ongeveer 8,000 basiese soorte diere was in die wêreld. 8,000 basiese soorte diere. Noag het 2 van elke soort, sewe van sommige soos ek verstaan. Daar's baie plek in die ark daarvoor. Sommige ateïste sê dat Adam nooit al die diere in een dag name sou kon gee nie. Wanneer ek opgewonde raak kan ek 350 woorde 'n minuut praat. Teen 300 woorde 'n minuut kan jy al die diere in 26 minute noem. Hond, kat, olifant, aardvark, hamster, ens. Plus jy moet reken dat Adam 'n buitengewoon hoë IK gehad het. Hy't direk vanaf die hand van God gekom ten volle geprogrameerd. Het u geweet dat hy elke taal in die wêreld kon praat? Reg, daar was net een taal. Die man kon loop, praat, en al die diere name gee en trou op een dag. Adam het waarskynlik 'n super hoë IK gehad. Geen problem vir hom om al die diere name te gee in 'n halfuur nie. Reg wat's volgende? Wat anders het U vir my God? En hoe groot was die ark? Ek het ateïste gehad waarmee ek gedabateer het wat sê, "Noag kon nooit al daardie diere in die ark gekry het nie." Ek sê, "Rerig, hoe baie was daar?" Hulle antwoord, "Ons weet nie." Ek sê, "Hoe groot was die boot?" "Wel ons weet nie. ...al wat ons weet is dat hy dit nie kon doen nie!" O ek sien, is dit hoe dit werk? Dit wen wat hulle glo, hulle glo 18- 20 bijoen jaar gelede was daar 'n oerknal (big bang). waar niks ontplof het - en alles gemaak het. En 4.6 biljoen jaar gelede het die aarde afgekoel. En het 'n rotsagtige kors gevorm, ja, die Planeet Aarde het afgekoel en 'n rotsagtige oppervlak het ontstaan. En toe die aarde gevorm het, was die oppervlak warm en daar was poele borrelende lawa. Hierdie teksboek sê: "Daar was geen suurstof op aarde nie; nul persent suurstof. Maar die rotse het dit geabsorbeer." Ek probeer al jare daardie een verklaar. Toe het die "Oseane gevorm omdat dit gereën het op die rotse vir miljoene jare. ..." "Miljoene jare van stortreën het die oseane gevorm. ..." En "in die maling in die oseane is 'n borrelende brousel van komplekse chemikalieë. ..." "Vordering van 'n komplekse chemiese sop tot lewende organisme is baie stadig." Man dit werklik is. Dit gebeur egter glad nie, dit is hoe statdig dit is. "Lewe op aarde mag dalk in rotse op die oseaan vloer ontstaan het." Wow, alle lewe kom van 'n klip! "Die eerste self repliserende sisteem moes uit hierdie organise sop verrys het." So volgens hulle teorie, 20 biljoen jaar gelede was daar 'n oerknal (big bang). 4.6 biljoen jaar gelede is die aarde gevorm. Dot was 'n warm rotsagtige bal. En to ebegin dit reën, en reën, en reën. En eindelik het die oseane vol geraak. En in die oseane het die eerste lewende organisme verrys. So oer, oer, oer, oer, oer, oer, oer oupa-grootjie was sop. Dit is die Evolusionêre teorie. Ek het dit nie opgemaak nie, hulle het, Jy kan maar vir hulle lag as jy wil sover dit my aangaan. Hulle het my gevra om na 'n kollege in Boston te gaan om te spreek. Ek sou daar by 'n kerk gaan praat het. Ek't gesê, "Broer, bel van die ander kolleges en kyk of ons 'n debat kan hou." Ek is mal daaroor om 'n debat te voer teen hierdie ouens voor hulle eie universiteite. Hy het elke kollege binne a honderd myl van Boston gekontak; daar is baie kolleges rondom Boston. Uiteindelik het een kollege gesê, "Nee, ons soek hom nie om 'n debat te hou nie, maar hy kan met ons studente kom praat as ons professore hom enige vraag kan vra, omdat hy daarvan hou om hulle studente te wys hoe dom Christene regtig is." Ek het gesê, "Ek sal geërd wees om daarvoor te kom." Ek het toe opgedaag. Daar was 6 professore, en al hulle studente. Ek het soos Daniel in die leeukuil gevoel. Ek het my twee tydlyne uitgehaal en gesê, "Mense ek glo die Bybel," maar niemand het hande geklap nie. Ek sê toe dat ek glo dat 6,000 jaar gelede het God alles gemaak. 4400 jaar gelede het God 'n vloed gemaak. Alles is tydens die Groot Vloed vernietig. Noag het twee van elke soort, (nie spesies) ... twee van elke soort in die ark gehad. Sedert dien is daar 'n hele klomp nuwe verskeidenheid geproduseer. En ek het hulle vertel wat hulle glo. Meeste evolusioniste weet nie wat hulle glo nie; jy moet hulle vertel. Ek sê toe, "Julle ouens glo 20 biljoen jaar gelede was daar 'n oerknal (big bang). En 4.6 biljoen jaar gelede het die aarde afgekoel. Dit het op die rotse gereën vir miljoene jare, in sop verander. En die sop het lewendig geword, ongeveer 3 biljoen jaar gelede." Die een professor het baie kwaad geword. (Ek het nogal daardie uitwerking op hulle.) Hy't gesê, "Mnr Hovind besef jy dat daar amper 400 verskillende tipes honde is in die wêreld vandag?" Ek het gesê, "Mnr, ek het geen idee hoeveel nie maar 400 klink goed." Hy sê toe, "Jy bedoel dat jy glo dat al daardie honde van net twee honde op Noag se ark kom?" Hy sê ook, "Wil jy hê dat ek dit moet glo?" Ek antwoord toe, "Mnr, sal kyk na wat jy jou studente leer?" Jy leer jou studente dat al daardie honde van 'n klip afkomstig is. Hy het daarna geen meer vrae gehad nie. Ek het eenkeer 'n debat gevoer by 'n universiteit en na die tyd kom daar 'n dame na my aangestap. Man was sy kwaad. Die rook het by haar neus uitgekom. Ek kon sien dat sy baie kwaad was vir my. Sy het reguit na my aangestap. Ek bid toe, "Here, ek kom huistoe" Sy het haar hande op haar heupe gesit en gesê, "Vanaand het jy almal vertel dat ons glo dat ons van 'n rots afkomstig is. Ons glo nie dit nie!" Ek sê toe, "Mevrou jy moet kalmeer; jy gaan ontplof." Ek sê ook, "Mevrou, glo jy in evolusie?" Sy antwoord, "Ja ek glo in evolusie. Ek is 'n professor hier by die universiteit." Ek sê toe, "Mevrou, sal jy asseblief vir my vertel waar kom ons vandaan?" Sy antwoord, "Ons kom van 'n makro-molekule." Ek vra toe, "Waar kom dit vandaan?" Sy antwoord, "Van die oseane, die prehistoriese sop." Ek vra toe, "Waar kom dit vandaan?" Sy antwoord, "Dit het op die rotse gereën vir miljoene jare...." Ek kon sien dat sy stadig begin agterkom het wat sy werklik glo. "Weet jy ... ek glo regtig dat ek van 'n rots afkomstig is." Ja mevrou, jy beter versigtig wees wanneer jy uitgaan. Jy beter versigtig wees dat nie op oupa trap nie. Ek het haar lewensvers gekry, (Jeremia 2:27) "wat vir 'n stuk hout sê: Jy is my vader; en vir 'n klip: Jy het my gebaar." Daar's oupa, die klip wat daar is. Ek het selfs my pa se lewensvers in die Bybel gekry, (MatthèÜs 17:15) "Here, ontferm U oor my seun, want hy is maansiek en ly swaar." Die Bybel sê, (Genesis 6:11-12) "Maar die aarde was verdorwe voor die aangesig van God, ... ... en die aarde was vol geweld; ... want alle vlees het sy wandel op die aarde verderwe." (Genesis 6:13-14) "En God sê vir Noag: die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom;" ... die aarde is deur hulle vervul met geweld. ... En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg. Maak vir jou 'n ark. ..." En Noag het vir sy seuns gesê, "Seuns, gaan haal hout ons moet 'n boot bou." Hulle het toe gegaan en al die hout gekry en hulle het 'n groot boot gebou. Na die vloed verby was het Noag 'n seun gehad en hom Arpagsad genoem. Hoekom sal enigiemand sy kind Arpagsad noem? Kan jy jou die arme kind voorstel in die kleuterskool, "Wat is jou naam?" Arpagsad. Weet jy hoe om dit te spel? Nee. Niemand weet nie. Dink u nie dat wanneer klein Arpagsad groot genoeg is en op sy oupa se skoot sit En hy kyk rond soos kinders maar doen, en hy sê, Haai oupa, ek het 'n vraag, hoekom is ons die enigste mense op aarde?" Jy bedoel ons het die hele planeet net vir onsself? Wat het gebeur? Oupa gaan hom die storie van die vloed vertel. Hulle gaan eintlik oor die vloed praat vir 'n lang tyd. In Pensacola, Florida gaan ons oor die orkaan Ivan praat vir 'n land tyd, en dit is slegs een klein stormpie. Kan jy jouself inding a wêreldwye vloed? Hulle sal daaroor praat vir eeue. Arpagsad se pa, Sem, (Noag se seun) het lank genoeg gelewe om die storie self aan Abraham, Isak en Jakob te vertel. Jy sal dit nooit sien wanneer jy jou Bybel lees nie, maar as jy daaraan dink, is dit daar. Weet u dat hulle nogsteeds oor die vloed praat in baie kulture regoor die wêreld? Sover is 270 Groot Vloed legendes geidentifiseer in verskillende lande en kulture regoor die wêreld. In Hawaii is daar 'n legende wat sê "lank na die dood van Kuniuhonna, die eerste man ... ... het die wêreld 'n geweldadige en vreeslike plek geword om te bly." Daar was een goeie man oor; sy naam was Nu-u. Hy het 'n groot kanoo met 'n huis daarop gebou, en dit gevul met diere. Die water het opgekom regoor die aarde en al die mense doodgemaak. Net Nu-u en sy familie was gered in die boot met al die diere. Klink soos die Bybelse vloed nê? Die Chinese het 'n legende genaamd Hihking klassiek. Hulle sê dat Fuhi die vader van die beskawing is. (Die man wat hulle ken as Fuhi is waarskynlik Noag) Die storie vertel dat Fuhi, sy vrou en hulle drie seuns en drie dogters, die groot vloed vrygespring het. Hy en sy familie was die enigste lewende mense op die aarde. Na die groot vloed het hulle die wêreld bevolk. Die Toltec Indiane in Mexiko het 'n baie interessante storie. Hulle sê die eerste wêreld het 1716 jaar gehou en dit is verwoes deur 'n vloed wat die hoogste berge gedek het. Een familie genaamd Coxcox het oorleef. 1716 jaar...? Wel die Bybel tydperk tot op 1656 jaar is gelyk aan die typerk vanaf die skepping tot die vloed. Dit is nie sleg vir 'n legende wat meer as 4000 jaar oud is nie. Vraag: Hoekom is daar byna 300 vloed legendes? Ek dink dit is omdat daar 'n vloed was. Dit is my teorie. Moontlik is die Atlantis legende, en almal wat soek na die verlore kontinent van Atlantis, ook 'n vloed legende. Volgens die mense op die ark, het die hele wêreld onder die branders weggesak. Eintlik het hulle opgegaan en nie afgegaan nie. Ek dink Atlanyis is nog 'n vloed storie. As jy na die land van Turkye kyk, in die vêr oostekant, sal jy 'n berg kry, die berg Ararat. Dit is 12 myl vanaf die Russiese grens; a baie onstabiele politieke streek. Op 'n Turkse kaart word dit "Nuhun Gemisi" genoem wat beteken "Noag se groot boot." Hulle het tekens; jy ry tot by dit: "Noag se groot boot" gaan hiernatoe, 5 kilometer. Die Bybel sê dat die ark in die sewende maand gerus het, dit is interessant. Noag het nie uitgekom tot die 13de maand nie. Hoekom sal hy in die ark bly vir 5 1/2 maande ekstra nadat die ark gerus het? Ons behandel al die redes in Seminaar #6, "Die Hovind Teorie." Die Bybel sê dat dit in die sewende maand gerus het op die gebergte van Ararat (meervoud). Die Bybel sê nie dat die ark op die berg Ararat geland het nie. Lees noukeurig, dit sê nie so nie. Dit sê dat dit gerus het op die gebergte van Ararat. Eintlik is daar vier teorië oor wat met Noag se ark gebeur het. Een teorie sê dat hulle dit uitmekaar gehaal het en die hout as boumateriaal gebruik het. Die tweede teorie sê dit het gevrot. Die derde teorie sê dit is steeds op die berg. En die vierde teorie sê dit is in die vallei. Die mense wat dink dit is op die berg gaan elke paar jaar soontoe, tydens 'n groot ekspedisie. Hulle klim die berg en almal kom terug en sê dat hulle dit amper gekry het. Ek is nie seker hoe jy kan weet dat jy amper iets gekry het nie. Dit is wat hulle sê. Miskien is dit daar, ek weet nie. Dit maak glad nie aan my saak nie. Maar ander mense sê, "Haai ouens dit is nie eers op die berg nie, dit is onder in die vallei 17 myl weg." En hulle dink dat dit Noag se ark is, net daar, iets wat 'n boot vorm het, 'n traandruppel tipe vorm. In 1960, is dit ontdek deur 'n hoë ligging observasie vliegtuig. In 1978 was daar 'n aardbewing, of dit het dit opgelig of die grond het weggesak, die resultate is dieselfde. Die voorwerp steek uit die grond uit omtrent 18 - 20 voet (5.8 m). Ron Wyatt het in 1999 gesterf, hy was my goeie vriend. Hy en talle andere het jare lank hierdie voorwerp bestudeer wat hulle gedink het is Noag se ark. Soos ek gesê het, ek weet nie. Dit maak nie saak aan my waar dit is nie. Sommige Skeppings gelowiges raak ongelukkig met enigeen wat noem dat daar 'n ander teorie is behalwe hul eie. Kyk - my benadering tot enige onderwerp is, as daar meer as een opsie is, vertel almal al die opsies. Wanneer daar verkeie teorië aangaande wat ookal is - gaan voort en doen self navorsing. Ek dink dat al die opsies oorweeg moet word. Richard Reeves het oorgeneem ny Ron Wyatt. Daar is hy voor sy model van Noag se ark. Volgens hulle het die ark inmekaargesak. Natuurlik sal 'n boot wat so oud is insak en uitvou na die kant; dit het getregterboog. Een van die argumente wat die skeptisie gebruik is dat dit te wyd is om Noag se ark te wees. Natuurlik is dit te wyd. Alle bote doen dit. Hulle val na buite. Indien jy 'n verotte boot iewers sien, sal jy dieselfde effek sien, maar radar skanderings wys dat daar dek hout is. 'n Groot tipe houte is daar. Klaarblyklik is daar 'n groot tipe struktuur daar. Hulle het ook yster klinknaels daar gevind. Die ark was vasgebout. Hulle het toe al van yster geweet, dit is nie 'n problem nie. Jy kan die klinknaels in die Wyatt Museum sien, www.wyattmuseum.com, suid van Nashville, Tennessee. Hulle het gelamineerde hout gebruik, hulle het drie lae van hout aanmekaar gegom met 'n teer tipe stof. Die pik was gemaak van boom sap. Klaarblyklik word dit gemaak soos basiese laaghout; groot dik lae hout, en daar is geen grein in die hout nie. Dit is amper asof die bome nie groei seisoene gehad het nie wat deur hulle gebruik is. Die Wyatt Museum is 'n omgesitte brandstof stasie, net suid van Nashville op die 27 uitgang. Dit is op die noordwes hoek; jy kan daar stop en dit sien. Mev. (Mary Nell) Wyatt het 'n boek geskryf genaamd, ... ..."Die Boot Vormige Vorm op Oordeelsdag Berg," met al die navorsing wat sy en haar man gedoen het. Klaarblyklik het die ark naby aan die berg Ararat in die modder vasgesit, toe het almal afgeklim en daarvandaan gegaan. 'n Tyd later was daar 'n modder storting of lawa wat die ark afgderuk het en die bodem afgebreek het. Wat eens die kiel was was vol betonklip om dit regop te hou. Dit was afgebreek en is ver bo-op die berg. Die ark het waarskynlik geskuif en verskeie myl afgesak vanwaar dit was. Dit was heeltemal hier op linkerkant, by a klein dorpie genaamd Kazan wat in Turks beteken, "dorp van agt." "Dorp van Agt,?" nou wag 'n bietjie, daar was agt mense op die boot. Die ark het waarskynlik afgeskuif vanwaar dit eers was. Die Turkse regering het al hierdie dinge bestudeer en sê dit is Noag se ark. Hulle het selfs 'n besoekers sentrum daar gebou. Sommige mense het al gesê dat dit nie Noag se ark is nie; dit is 'n bootvormige voorwerp. Dit is 'n vloei formasie rondom 'n statiese voorwerp. Wanneer modder om iets vloei maak dit 'n traandruppel vorm. Soos 'n vliegtuig se vlerk. Maar die punt gedeelte van die traandruppel is altyd stroom af. Die ronde kant is stroom op, soos 'n vliegtuig se vlerk. Die een is agterstevoor. Daar is vloei formasies in daardie area, maar hierdie is nie een van hulle nie. Een se argument was dat dit net 'n fort is. Wie sal 'n fort onder 'n heuwel bou? Die ander mense kon rotse binne in gooi. Sommige Skepping gelowiges sê dit is nie Noag se ark nie en hulle word kwaad as ek dit net noem. Ek gaan aanhou om dit te noem totdat ek vir julle begin werk dan sal ek ophou, regso? Die Bybel sê dat die ark 300 el lank (140 meter), 'n el is vanaf jou elmboog tot vingerpunt. Ek is ses voet een; my el is 21 duim (53 cm). Die gemiddelde Egiptiese standaard el was 20.65 duim (52 cm), net 'n bietjie korter as myne. Die bootvormige voorwerp is 515 voet (157 m) lank, wat 300 Egiptiese el is. Maar dit bewys nie dat dit die ark is nie. Dit is interessant dat dit die regte grootte is. Dit is ongeveer twee derdes die grootte van die Titanic. Omtrent twee voetbalvelde lank. 'n Taamlike groot boot. In daardie streek in die dorp van Kazan het hulle twaalf reuse rotse gevind. Hulle weeg 9,000 pond (4000 kg) elk. Elke rots het 'n gat naby die bopunt. Waarskynlik is die rotse oor die rant van 'n boot gehang. Dit sal wees wat genoem word 'n ankersteen of dryfanker. En die gat naby die bopunt van die rots is eintlik 'n geboë gat. Ek het al baie gate geboor in my lewe en ek het al baie bouwerk en konstruksie gedoen. Ek weet nie hoe jy 'n geboë gat in 'n rots kan boor nie maar hulle het. Toe die see van Galilea taamlik opgedroog het so tien jaar terug, het dit allerhande dinge blootgestel wat nie blootgestel was vir eeue nie. Oral het hulle honderde klein klippe met gate in hulle gekry. Dit is 'n algemene praktyk in stormagtige areas dat hulle klippe (rotse) om die kant van die boot sit om dit te stabiliseer. Hulle sou dit gewig gee. As dit winderig word, sit hulle in die water en jy het 'n see anker. Daar is baie mense wat eintlik dink dat hulle dryfankers of see ankers is vir Noag se ark. Wat dit sou doen dit sou die boot stabiel maak gedurende stormagtige weer. Dit is amper om geanker te wees aan die water, as jy dit kan indink. As dit rerig winderig sou word, sou die rotse agter jou aansleep. En nou bly jy in 'n loodregte stand met die golwe, jy kan nie omslaan nie. Een ateïs het aan my geskryf en gesê, "Hovind, ek hoor jy praat in jou seminaar oor Noag se ark ... met groot rotse wat oor die kant hang, jy is onnosel. ... Weet jy nie dat met rotse ooral rondom die boot dit die boot sal stadig maak nie!?" Ek het teruggeskryf, "waarheen was hy oppad?" Daar was nêrens om heen te gaan nie. Die hele wêreld was onder water op daardie stadium. Hy't net probeer dryf. Jy sien Noag, die instruksies is baie eenvoudig. Klim in, sit, dryf, land en klim uit. Jy het nie nodig om erens heen te gaan nie; jy hoef nie die boot te stuur nie. Een ateïs het gesê, "'n Seilboot was gebou met ses maste en dit het so erg gelek ... as gevolg van die buiging van die seile. "Noag se ark het geen seile gehad nie, dit was net ontwerp om te dryf. Sommige mense dink dat dit moontlik 'n "maanbad" in die middel gehad het. Dit is omdat a lang skip 'n moeilike tyd het om oor die golwe te vaar. Dit neig om op te lig op die kante wat blootgestel is en neig om te buig of breek in die middel. Wel as Noag 'n "maanbad" gehad het sou dit die probleem oplos. Wat dit is, is 'n gat in die middel van die boot. Wanneer die golwe op en af beweeg, beweeg die water in die middel van die bad op en af. Natuurlik moet 'n muur aan die binnekant opgebou word, dit word genoem 'n "maanbad". Die water in die "maanbad" gaan op en af soos die boot oor die golwe gaan. Dit is soos 'n reuse suier wat vars lug in en uit die boot blaas elke keer as die boot 'n golf tref. Jy mag dalk vir 'n goeie golf bid so nou en dan. "Here ons is oppad om die olifante te voer, sal U asseblief 'n golf stuur?" Wat het met die dinosourusse gebeur toe Noag die ark verlaat het? U weet die vraag oor wat met die dinosourusse gebeur het word in skole ... gebruik om 'n gesprek te begin oor evolusie, al vir 'n lang tyd. Een van Satan se gunsteling maniere is om dinosourusse te gebruik omdat kinders mal is oor hulle. Ek het eenkeer 'n praatjie gegee by 'n publieke skool aan 300 graad 1's, probeer dit eendag. Ek het 'n kerkbus bestuur vir 17 jaar. Ek het ook junior kerk aangebied vir 17 jaar. Daar was 300 graad 1's in die vertrek waar ek gespreek het. Ek het my dinosourusse uitgehaal en gesê, "Seuns en meisies, ek het 'n vraag vir julle, wanneer het dinosourusse geleef?" Oombliklik het almal geskreeu, "Miljoene jare gelede!" Ek dog toe, wag 'n bietjie hierdie kinders is in graad 1. Hulle kan skaars lees. Hoe glo hulle dit alreeds? Waar het die Christen die waarheid oor die Skepping geleer? Hoekom wag ons totdat kinders se verstand klaar besoedel is met evolusie en probeer dan om hulle terug te wen? Hoekom probeer ons nie om hulle van die begin af nie te verloor nie? Hoekom was daar nog nie 'n Christelike teensang gewees oor dinosourusse nie? Wat die Christen gedurende die 1800's gedoen het was om 'n kompromie aan te gaan rondom hul Bybel Hulle het die "Gaping Teorie" uitgedink om dinosourusse te akkommodeer. Hulle het toegelaat dat Satan die dinosourusse sy eie maak; dit is wat gebeur het. Elkgeval, daar is sestien evolusionêre teorië oor wat met die dinosourusse gebeur het. Een teorie sê dat astroïdes die Yucatan Peninsula van Mexiko getref het 65 miljoen jaar gelede en almal gedood het. 'n Wetenskaplike hier in Indiana sê dat dinosourusse hulself gedood het deur hulle winderigheid. Hulle kon nie die hitte hanteer nie. Ek is nie seker wat om met so 'n teorie te maak nie. Hier is die regte rede hoekom hulle uitgesterf het: rook. Wat het veroorsaak dat dinosourusse uitgesterf het? Besef jy dat hulle steeds die verkeerde vraag vra? Die vraag is nie, "wat het hulle laat uitsterf nie? Die vraag is, "Het hulle uitgesterf?" Die liberale is regtig goed om ons te kry om te argumenteer oor die verkeerde onderwerp. Hulle vra my altyd, "Moet ons die Skepping teorie leer in publieke skole?" Dit is 'n goeie vraag, ek sal dit met graagte bespreek. Maar daar is 'n ander vraag wat ons eerste moet vra. Die regte vraag is: "Moet on spublieke skole hê?" Kom ons argumenteer eerste daaroor. As ons hulle gaan hê dan moet ons bespreek wat daar geleer gaan word. Wie besluit wat gaan geleer word in hulle? Besluit Bill Clinton wat daar geleer gaan word? Of gaan Osama Bin Laden besluit? Moet jy besluit wat geller gaan word of moet ek besluit? Die groot probleem is dat sommige mense die idiotiese idee het dat kinders aan die staat behoort. Nee, nee, nee, kinders behoort aan God, hulle word toevertrou aan hulle ouers. Die ouers moet besluit wat God hulle wil hê om te leer, die stta het nie eers kinders nie. As dit steriel is kan dit nie kinders hê nie, hulle wil joune steel. Die Tiende Wysiging in die Amerikaanse konstitusie sê dat die federale regering ... net sekere perke van krag het. Alles anders word aan die state oorgelaat. Die federale regering het geen besigheid daarin om betrokke te raak met opvoeding, ... of welsyn, of orkaan verligting of enigiets anders nie. As jy wil sien hoekom die skole publiek gegaan het, is daar baie artikels daaroor. Een deur Samuel Bluemnfeld, dit is ongelooflik, vertel hoekom ons 'n publieke skole siteem het. Dit is alles deel van die plan vir 'n "Nuwe Wêreld Orde." 'n Groot deel van die plan. Kry ons kollege klas, CSE 102. Ek bied kollege klasse aan oor die Skepping, wat baie meer besonderhede het. Ek jaag elke haas, skop elke hond. Jy kan dit kry as jy tyd het. Dinosourusse wat van die ark gekom het het 'n baie moeilike tyd gehad. Die klimaat het verander; die wêreld was anders. Onthou voor die vloed het mense tot 900 jaar oud geword. Lees jou Bybel. Na die vloed het mense slegs sowat 400 jaar oud geword, en 200 jaar oud en toe 100 jaar oud. Iets het verander. Wel die een ding was dat die oorkoepeling weg was. Ook was die grond nie meer gelaai met minerale soos voorheen wat plante groot laat groei het nie. Die atmosferiese druk was anders; die koepel het inmekaargesak; dit was weg glo ek. Sonlig het deurgekom met addisionele tipes van vernietigende radiasie ens. Baie meer probleme het ontstaan in die na-vloed omgewing. Dinosourusse het twee probleme gehad: Nommer een, die klimaat het verander. Nommer twee was dalk nog erger; mense het hulle gejag; hulle het hulle doodgemaak. Nee hulle is nie toe dinosourusse genoem nie. Hulle het hulle drake genoem. Die woord "dinosourus" het nie bestaan tot 1841 nie. So vir die grootste deel van mense geskiedenis is hierdie gediertes Drake genoem. Die woord dinosourus is nie eers in die woordeboek van 1891 nie. Vir die grootste deel van mense geskiedenis was hulle bekend as Drake. Daar word 34 keer melding gemaak van drake in die Bybel. Mense sê, "Hoekom is daar nie dinosourusse in die Bybel nie?" Ek het met 'n dame gepraat by die hotel en sy het gesê dat dinosourusse nie in die Bybel is nie. Ek sê toe dat dit reg is, daardie woord was nie opgemaak tot 1841 nie. As jy die regte Bybel het wat in 1611 vertaal is. Natuurlik sal jy nie die woord daarin vind nie, hulle was genoem: Drake. Drake is in die woordeboek gelys in 1946 as "nou skaars." Soos die menslike populasie gegroei het na die vloed, het die populasie van die drake afgeneem. Omdat niemand langs 'n draak wil bly nie. Dieselfde ding het gebeur in Cobb County Georgia, waar Atlanta vandag is. Weet u hoeveel bere daar naby Atlanta, Georgia vandag is" -nil. Weet u hoeveel was daar net drie honderd jaar gelede? -honderde. Wat het met die bere gebeur in Cobb County, Georgia? Soos mense in 'n gebied inbeweeg en dit beskaaf maak word groot wrede diere gedood of uitgedryf, dit gebeur orals. As dit op op die nuus sou verskyn dat daar 5 bere in die Cobb omgewing rondwaal, ... weet u wat sal gebeur teen ses uur in die oggend? Hulle sal almal dood wees. Omdat elke rooinek in vier state daar sal wees met 'n geweer, besig om een te probeer skiet reg? En wie ookal die grooste een sou skiet sal die held wees. Hulle sal sy foto op die voorblad plaas, "Bubba het 'n Beer Geskiet" en die dorp gered. Dit is presies wat met die drake gebeur het. As jy 'n manier kon bewerk om 'n draak te dood sal hulle stories oor jou vertel rondom die kampvuur. Mense het drake doodgemaak vir vleis, omdat hulle 'n oorlas was, om te bewys dat jy 'n held was of ... om te wys dat jy beter is, in kompetisie vir land of vir medisinale redes. Baie antike resepte benodig draak bloed, draak bene, draak spoeg, hoekom? Gilgamesh is bekend daarvoor dat hy drake gedood het. 'n Chinese legende vertel van 'n man genaamd Yu wat die land van China opgemeet het. Dit sê dat na die vloed die land opgemeet het, hy het dit in seksies verdeel. Hy hey kanale gebou om die water te drein na die see om die land weer leefbaar te maak. Baie slange en drake is uit die vleilande verjaag. Weet jy dit is normaal as jy 'n stad wil bou. Jy moet die drake verjaag en dan jou stad bou. Dit was van jou verwag om die drake te verjaag of om hulle dood te maak. Hoekom sal die Chinese kalender elf regte diere hê: die vark, die eend, die hond en ... die draak? Hoekom sou hulle net een "mistiese" dier daar sit? Kan dit wees dat gedurende die tyd toe hulle met die diere na vore gekom het daar 12 regte diere was? Hier is een van die oudste stukke van potskerwe op aarde. Dit is 'n stuk leiklip van Egipte; die eerste dinastie van Verenigde Egipte. Dit wys langnek drake; ons het replikas daarvan gemaak. As jy een vir 'n prys vir jou bus roete wil hê of uit te gee aan die kind wat wat ookal doen. Hulle sal mal gaan oor hierdie ding; dit is half grootte replikas van een van die oudste potskerwe op aarde. Hoekom sou hulle langnek dinosourusse 3,800 jaar gelede op potte sit? Hier is twee langnek dinosourusse met 'n skaap tussen hulle in hulle monde. Hier is 'n seekoei tand van die tydperk twaalf eeu B.C., wat 'n dier met 'n lang nek wys en 'n lang stert. Hier is 'n prent van wat blyk te wees 'n duidelike langnek dinosour. Die Bybel praat van 'n vlieënde draak in Jesaja 14. Wag 'n bietjie: 'n vlieënde draak? Lees een of ander tyd die storie van Herodotus. Herodotus sê dat hy na 'n plek in Arabië amper regoor Buto gegaan het, ... om navrae te doen oor gevlerkte slange. "Met my aankoms het die ruggraat en ribbes van slange gesien in getalle wat onmoontlik is om te beskryf." Die gevlerkte slang het dieselfde vorm as 'n waterslang. Sy vlerke was nie geveer nie; maar vergelyk baie met die vlerke van 'n vlêrmuis. Die plek waar die bene lê is by die ingang van 'n nou kloof, tussen steil berge. Die storie gaan so, "Gedurende Lente het die gevlerkte slange vanaf Arabië gevlieg na Egipte. ... Hulle is in hierdie kloof ontmoet deur ibis voëls wat hulle toegang verbied het en almal uitgewis het." Die boek van Josephus praat van die vlieënde slang wat Moses moes doodmaak toe hy in Ethiopië aangekom het. Hy het oplaas met die prinses van die Ethiopiers getrou, dit is hoekom sy suster later vir hom kwaad geraak het. Sy was kwaad omdat hy met 'n Ethiopier getrou het. Nie omdat sy swart was nie maar oor die manier waarop alles gebeur het. Lees die storie oor Moses in die Josephus boek. In die Anglo-Saxon Kronieke praat dit van die vlieënde drake wat oor die oorkoepeling gevlieg het in 793 A.D. Die Babiloniese god Marduk, hy verskyn hier in die foto saam die vuurblasende draak. "Nou broer Hovind, jy glo sekerlik nie in die vuurblasende draak nie doen jy?" Ja ek glo daar was 'n klomp. Ons behandel dit alles in ons video kasset oor Leviathan. In Job 41 word daar oor Leviathan gesê: "Uit sy mond kom fakkels, spat vuurvonke uit." "Uit sy neusgate kom rook." Weet jy, ek het al diakens gesien in die Suidelike Baptiste Kerke wat dit oorkom. So dit is geen groot affêre nie, "Sy asem laat kole opvlam, en 'n vlam gaan uit sy mond." Wag nou, was daar regtig 'n vuurblasende draak? Wel jy moet die Leviathan video kyk, alles oor die vuurblasende draak. As jy 'n Katolieke Bybel het sal jy vind dat die boek van Daniel twee ekstra hoofstukke het. Dit is deel van die Apokriewe boeke, Daniel 13 en 14. Baie interessante leesstof. Definitief nie Skrif nie maar Daniel 14 sê, "daar was 'n groot draak in die plek en die Babiloniers het hom aanbid." "En die koning het aan Daniel gesê, voorwaar jy kan nie sê die ding is nie 'n lewende god nie, vereer hom daarvoor." "En Daniel sê, ek vereer my God, want Hy is die lewendige God, maar daardie is geen lewende god." "Maar gee my verlof (om permissie te gee), ... en ek sal die draak doodmaak sonder swaard of knuppel en die koning het hom verlof gegee." "Toe vat Daniel pik, en vet, en hare en kook dit saam en maak klonte, en sit dit in die draak se mond en die draak het oopgebars." (Direk vertaal) Wat 'n vreemde storie, laat ek vir u die Hovind vertaling gee. Die Bybel vertel ons dat Daniel 'n man was wat wetenskap verstaan het. Dit was die soort jong manne wat Nebukadnèsar van Israel weggeneem het gedurende daardie tyd. Daniel sou geweet het dat die pik van boom sap gemaak is en baie taai is. Vet is souterig en amper alle diere hou van iets wat na sout smaak. Daniel het ook geweet dat hare nie verteer nie. Hy het toe klonte van pik, vet en hare gemaak en dit in die draak se lêplek gegooi. Hy het dit ingesluk maar kon dit nie verteer nie en dit het sy intestinale kanaal verstop. En dit was die dae voor loodgieters so hy het oopgebars. Saddam Hussein het 'n ego probleem gehad en hy het gedink dat hy 'n reinkarnasie was van Nebukadnèsar. George Bush het hom altyd Sa-daam Hussein genoem; ek wonder hoekom het hy hom Sa-daam Hussein genoem. Dit was Sa-daam. Wel Saddam beteken: prins. Sa-daam beteken: 'n perd se agterkant. Hy't hom: Sa-daam Hussein genoem. Saddam het 'n betaalmiddel uitgebring met sy gesig voor die van Nebukadnèsar. Saddam het 'n fortuin spandeer om die outydse stad van Babilon te herbou. Outydse Babilon is ontdek begrawe in die droë sand. Die stene was amper perfek gepreserveer deur die droë grond. Hulle het toe eertydse Babilon opgegrawe en herbou. Babilon is heeltemal herbou gedurende die afgelope 20 tot 30 jaar. Saddam het 'n steen elke tien voet rondom die mure geplaas en gesê, "Ek is Saddam Hussein. ..." ... ek het Babilon die grootte herbou; ek is die kleinseun van Nebukadnèser." Maar op die oorspronklike mure het hulle graverings van leeus en drake gevind. Ek kan verstaan hoekom daar leeus daarop was, ons weet van leeus. Hoekom het hulle graverings van drake op 'n steenmuur gemaak 2,600 jaar gelede? Miskien is dit omdat hulle geweet het van drake. Hulle is steeds daar, jy kan hulle gaan sien, 'n vriend van my was daar as 'n soldaat. Die Ishtar Hek is vol van hulle, afwisselende prente van leeus en drake. Ons het 'n model daarvan vir Dinosour Avontuur Land. As jy na Pensacola, Florida wil kom, dit is 'n bietjie nader as Irak vir die meeste van julle. Alexander die Groote noem dat sy soldate bang was vir die drake toe hulle Indië verower het in 300 B.C. Die Romeinse Mosaïek wys twee langnek drake wat baklei of soen. Hoe het die Romeine van drake geweet in 200 A.D? Sint George is bekend daarvoor dat hy drake gedood het in 275 A.D. Beowolf het twee drake gedood en die derde het hom gedood. U moet probeer om die Beowolf storie in ou Engels te lees. Voorspoed, dit is Engels. 1,500 jaar gelede was dit Engels. Ek kan slegs die eerste woord op die bladsy lees en dit lyk of dit "DUH" sê. Wanneer die storie na moderne Engels vertaal word sê dit vir ons dat Beowolf Grendel die draak gedood het ... ... deur een van sy klein armpies af te skeur en die gedierte het toe doodgebloei. Sy arm afgeskeur het? Hulle het 'n Babiloniese silindriese seël gevind wat wys hoe 'n man 'n draak se arm afskeur. Interessant. Kry die boek "After the Flood." deur Bill Cooper as jy baie meer wil weet oor drake wat saam met die mens gelewe het. Daar's 'n stad in Frankryk wat bekend is daarvoor dat 'n draak uit die water opgekom het en 'n man dit gedood het. Hy het die kop afgesny en dit oor die hoek van 'n gebou gesit. Die kop van die draak was op die gebou gemonteer. Hulle het dit die Gargoyle genoem. Hoeveel van u het al van die Gargoyle gehoor? Hulle doen dit steeds vandag nog, jy kan die lelike gediertes koop en hulle op jou gebou of oor jou deur hang. Die woord Gargoyle beteken "keel." Ons kry die Engelse woorde "gargle, gurgle, regurgitate, gorge en glutton; al die is verband aan die keel. Die volgende keer as jy gorrel kan jy du dink daaraan om 'n draak te dood. Jy sê, "Broer Hovind, ek dood 'n draak wanneer eg gorrel." 'n Ierse skrywer sê dat hulle 'n draak gedood het met yster spykers op sy stert. 'n Stegosourus het sekerlik groot spitse op sy stert gehad dis seker. Daar's Viking hout wat wys hoe 'n draak 'n man insluk. Die Viking is van die 11de eeu, 1,000 jaar gelede. Die Vikings het draak koppe op hul skepe gesit al 1,000 jaar gelede, hoekom sou hulle dit doen? Hulle het geweet van die groot drake van die see, hulle het dit Kracken genoem. Weereens Bill Cooper het baie in sy boek, "After the Flood." Die bekende Yslandse held Siegfried het die draak Fafnir gedood. Stene is in'n kasteel van die 12de eeu gevind wat drake vertoon. Hier is 'n 12de eeuse kasteel in Duitsland wat drake vertoon. Hoekom sou hulle drake op hulle kastele vertoon? Marco Polo het in China gebly vir 17 jaar. Toe hy terugkom het hy gesê dat die keiser drake grootmaak om sy strydwaens in sy parades te trek. Hoekom sou Marco Polo dit sê? Seker omdat ... die Chinese Keiser drake grootgemaak het om strydwaens te trek in sy parades; dit is my teorie. In 1611 in China het hulle die pos "Koninklike Draak Voeder" ingestel. Hoekom sou jy 'n koninklike draak voerder nodig hê? Laat ek raai, om die draak te voed. Daar is 'n 13de eeuse kasteel wat drake vertoon. Daar is 'n graf van die 15de eeu met twee langnek dinosourusse in koper gegrafeer. Die 16de eeuse kasteel het drake daarop. Ons het sewe munte in ons museum, hulle is silwer dollars van die 1500's tot 1600's. Hulle is regte silwer dollars, almal van hulle wys iemand wat 'n draak doodmaak. Drake was algemeen tot ongeveer 400 jaar gelede. Almal het geweet van drake doodmaak. Natturlik moes jy 'n draak doodmaak. Dit was standaard prosedure. Maak dood die draak, red die prinses, of wat ookal. Daar is 'n Russiese medalje, 'n man maak 'n draak dood. 'n Bulgaarse posseël wys iemand wat 'n draak doodmaak. Die kruin van Litaue wys iemand wat 'n draak doodmaak. 'n Stad in Frankryk is hernoem Nerluc, om die man te eer wat die draak doodgemaak het. Indiane in Amerika het dinosours op die mure van die Grand Canyon gegrafeer. Hoekom sou hulle dinosourusse op die mure van die Grand canyon sit. Miskien is dit omdat hulle dinosourusse gesien en gejag het? In 1925 het 'n paar ouens 'n vlot rit deur die spoelklowe in die weste geneem en 'n raport geskryf. Hulle het een van die dinosourusse gesien. Hulle sê die feit dat sekere prehistoriese mense ... 'n piktogram van 'n dinosour op die mure van die spoelkloof gemaak het, krap al ons teorië deurmekaar. O hulle krap sy teorie deurmekaar, a nee a. Hy't gesê, "Nagenoeg 'n jaar gelede, ... was 'n foto van 'n dinosour aan 'n wetenskaplike van die nasionale aansien gewys wat in dinosourusse gespesialiseer het. Hy't gesê dat dit nie 'n dinosour is nie, dit is onmoontlik omdat ons almal weet dat dinosourusse 12 miljoen jaar gelede ... ... voor mense op die aarde verskyn het." Wag 'n bietjie. In die eertse plek is dit nie vir hom moontlik om te weet wat 12 miljoen jaar gelede gebeur het nie. Laat ons dit net verstaan. Tweedens let op dat hy 12 miljoen gesê het." Vandag word die kinders geleer dat dinosourusse "65 miljoen jaar" gelede uitgesterf het. 65 miljoen jaar gelede? Dit is interessant om die inflasie van die ouderdom van die aarde te sien. In 1770 het hulle gesê die aarde is 70,000 jaar oud. Teen 1902 was dit 2 biljoen jaar oud. In 1969 was dit 3.5 biljoen jaar oud. Vandag is dit 4.6 biljoen jaar oud. Weet u dat die aarde al hoe ouer word teen 'n koers van 21 miljoen jaar per jaar. Dit is 40 jaar per minuut; die aarde raak vinnig oud. As jy na Blanding, Utah sou gaan sal jy graferings sien van dinosourusse op 'n rotslys. Waarskynlik het hulle van dinosourusse geweet in Utah. Indiane het geweet van hulle. Hulle het hul waarskynlik doodgemaak. Hierdie is 'n grot tekening in Australië wat wys hoe 'n man weghardloop van wat 'n dinosour blyk te wees. Ek kan nie die naam van die plek in Kanada uitspreek nie: Misshepezhieu, in Ontario. Dit lyk of die Indiane iets geverf het op die rotslys wat lyk soos 'n dinosour ... ... met 'n geplooide riffel huid wat langs die rug afbeweeg. Hierdie skildery is in Australië, hierdie ouens is besig om rondom 'n dinosour te dans. Waarskynlik is hulle ongelukkig omdat dit hulle vriend geët het. Daars die vriend binne in. Gee hom asseblief nou terug. Hierdie ou sê dat niemand nog 'n dinosour gesien het nie. Hoekom het hulle grot tekeninge daarvan gemaak? Hoekom is hulle op outydse potte geverf? Hoekom sien ons so baie legendes van drake as niemand hulle nog gesien het nie? Onder in Peru het hulle die droogste woestyn in die wêreld. Dit het nog net twee keer in 400 jaar gereën volgens wat ek verstaan. Toe die Spanjaarde daar aangekom het in die 1500's het hulle wit lyne in die woestyn gevind. Hulle was duidelik mensgemaak. Iemand het rotse opmekaargestapel. Daar is 'n hoop wit klippe myle aaneen, lyn reguit. Hierdie is bekend as die Nasca Lyne. Hoeveel van u het al gehoor van die Nasca beelde? Hulle het al hierdie beelde onder in Peru. Jy kan dit bestudeer as jy wil. Baie snaaks, hierdie beelde is interessant en een van hulle wys 'n spinnekop. Die spinnekop het geen oë nie en een been is langer as die res. Vir eeue het almal geglo dat dit vir arm, onkundige, onnosel mense was. Hulle het vergeet om die oë op te sit en hule het een been per ongeluk langer gemaak. Onlangs is 'n besondere spinnekop in die Amasone Woud ontdek, 'n duisend myl weg. Hulle lewe net in grotte en is vreeslik skaars. Dit is veronderstel om een van die skaarste spinnekoppe op aarde te wees. Hulle is 1/8 ste van 'n duim (3 mm) lank, 'n baie klein spinnekop. Hulle lewe 'n duisend myl weg in donker grotte; die spinnekop het geen oë nie. En gedurende die paringseisoen groei die een spesifieke been langer en ruil DNA vanaf die punt van die been. Hoe weet hulle dit in Peru, 'n duisend myl weg? Miskien was glad nie so onnosel nie. In 1535 het die Spaanse veroweraars deur daardie gebied getrek en afgekom op rotse met vreemde diere daarop. Hulle het 'n paar teruggestuur na die koning van Spanje en gesê "wat op aarde is hierdie diere wat op die rotse uitgegrafeer is?" Die koning het gesê dat hy geen idee het nie. Vandag noem hulle dit die Ica Begrafnis Stene van Ica, Peru. Dennis Swift is waarskynlik die wêreld se voorste kenner hiervan; hy is een van my goeie vriende van Portland, Oregon. Hy het 'n baie goeie sessie aangebied by ons skeppings kamp in 2005. Ons Skeppings Kamp wat ons aanbied in Pensacola, Florida. Ons het sy DVD's waar hy praat oor die Ica Stene. Dit is ongelooflik; u kan dit steeds op ons webwerf kry. Hierdie stene wys dinosourusse op hulle. Die Ica Begrafnis Stene is vanaf die tyd van Christus, plus of minus a paar honderd jaar. Sommige van hulle wys brein chirurgie. Hulle het brein chirurgiese instrumente gevind: verharde koper. Hulle het gelouterde koper instrumente gehad vir die oopsny van mense koppe. Sommige van hulle wys hart chirurgie en ledemate hegting. Een van hulle het selfs iets gewys wat soos 'n stoom enjin lyk. Vreemde dinge word gevind op hierdie Ica stene in Peru, 'n hele klomp van hulle. Oor die 500 glo ek wys dinosourusse. Hoekom sou hulle dinosourusse en mense op dieselfde stene hê? Wel omdat memnse saam dinosourusse gelewe het. daar's een van ons museum. Dit wys 'n dinosour wat 'n man aan die kop beet het. Hierdie een wys wat lyk of 'n man besig is om 'n draak se kop af te sny omdat dit sy vriend doodgemaak het. Jy kan die vriend se liggaam binne sien maar sy kop word vermis. Sy vriend doen dus wat die Bybel sê, "Wraak is reg sê die Here." Hierdie man steek een in deur sy keel met 'n spies. Hierdie een is moeilik om te sien maar hierdie een druk 'n spies in die draak se keel af. Hierdie draak het 'n man aan sy arm beet en wwarskynlik verlaat sy gees hom, dit vaar na die hemel. of wat ookal hulle geglo het gebeur met hulle na die dood in hulle kultuur. Hierdie man se mes sit vas in die draak se kop en die draak byt hom. Ons het agt van hierdie stene in Pensacola, Florida, die grootste versameling in Amerika. Teen 1500 dollars elk het nie baie mense hiervan nie. Sommige wys sirkels op die kant. Dit is nogal interessant. Hoekom sou hulle sirkels op die kante van dinosourusse sit? Niemand het nog 'n dinosourus vel gevind nie, tot 20 jaar gelede toe versteende vel gevind is. Dit is baie interessant dat die dinosourus vel sirkels opgehad het. Hulle moes 'n lewende een gesien het om te weet wat om op die rotse te sit. Omdat jy nie kon bepaal dat daar sirkels op die vel as deur net na die bene te kyk nie. Ons het dinosourus vel in ons museum in Pensacola, Florida. Onlangs het hulle nie-versteende sagte dinosourus vel gevind. Sagte dinosourus vel? Nou probeer die briljante wetenskaplikes uitvind hoe die vel sag kon bly vir 70 miljoen jaar? Die gedagte dat dit nie 70 miljoen jaar oud is nie sal nooit geopper word nie. Dit sal hulle gedagtes glad nie binnedring nie. Hierdie ou sny die draak se kop af. Daar's 'n man wat op een ry. Ons het 'n ton informasie oor dinosourusse wat saam mense geleef het. Soms is daar 'n vriendelike gebaar. Soos hierdie man een vryf, hy lê sy kop op sy skouer. Potte is gevind met dinosourusse daarop. 'n Mummie in 'n graf is gevind toegedraai in 'n kombers, oral op die kombers was daar dinosourusse. Hoekom sou hulle dinosourusse op komberse sit? Hoekom sou hulle dit op hulle potte sit? Hoekom sou hulle dit uitgrafeer op rotswande? Hoekom sou hulle dit sit op belde? In Acambaro, Mexiko is ongeveer 56,000 klei figure van dinosourusse gevind. Hulle het van hulle geweet in sentraal Mexiko. Hulle het altyd saam met die mens gelewe, hulle het nie miljoene jare gelede geleef nie. Maar die evolusioniste sê vandag dat dinosourusse miljoene jare gelede geleef het ... en dat niemand ooit een gesien het nie. Ja ek dink hulle het. 'n Italiaanse landbouer het 'n draak dood gemaak wat sy koeie gepla het. Hulle het dit opgestop en gemonteer vir 'n museum in 1572. So terloops, weet u hoekom word so baie Italianers Tony genoem? Jare gelede het baie van hulle na Amerika gekom. 'n Bietjie vasvra daar. Die Sutton Artefak wys wat blyk te wees 'n Pterodaktiel met sy vlerke opgevou. Hierdie dame het my 'n foto gestuur van 'n draak wat in Utah gevind is. Sy't gesê, "Broer Hovind dit lyk vir my na 'n dinosourus" uitgekerf op 'n rotslys. Romeinse artefakte is gevind in Tucson, Arizona. Terloops, Romeine het oor die see gekom 'n lang tyd voor Columbus dit gedoen het. Columbus was nie die eerste wit man oor die oseaan nie. Daar was heen en weer gehandel vir eeue totdat die donker eeue gekom het ... en oorsese kennis en informasie tot 'n stilstand gebring het. Brendan die Navigator het oorgekom in 500 A.D. Hebreeuse munte is in Ohio in 'n graf gevind. Daar was heen en weer gehandel in die tyd van Christus, oor die Atlantiese Oseaan. Die Decalogue Steen is in Los Lunas, New Mexiko gevind. Daar is 'n 80 ton rots wat die Tien Gebooie wys in Byzantine. Hierdie taal weergawe is slegs gebruik rondom 500 A.D., volgens wat ek verstaan. Iemand het oorgekom om in Amerika te evangeliseer, en net so ver as New Mexiko gekom 1,500 jaar gelede. Een van die Romeinse swaarde wys wat opmerklik wat 'n dinosourus blyk te wees. Hoe op aarde kan hulle dinosourusse op hulle swaarde kry gedurende die Romeinse Ryk? Gedurende die tyd van seilskepe was daar duisende legendes van mense wat see monsters gesien het. As jy in 'n seilboot is weet jy dat dit baie sag deur die water gaan. Deesdae met 'n diesel enjin kan dit 50 myl ver hoor aankom onder die water. Natuurlik sal jy nie een vandag sien nie. (Hulle sal jou van veraf hoor aankom.) Daar is legendes regoor die wêreld oor drake wat saam met die mens gelewe het. Ek dink daar is vir ons leuens vertel. Ons kan 'n lang tyd spandeer aan draak legendes. Ek lees in oorvloed oor die onderwerp van draak waarnemings deur die geskiedenis. Kry ons Seminaar #3 as jy meer wil weet oor draak legendes. Weet u dat daar stories is oor reuse seekatte wat in die oseaan leef? Ek bedoel regte, regte, regte groot seakatte. Een spesifieke seekat het uitgespoel op die strand in Florida. Dit was 200 voet breed en het 5 ton geweeg. dit is 'n groot seekat. 'n Walvis is gedood naby Seattle; in sy maag was een arm van 'n seekat wat 150 voet lank was. Walvisse is lief daarvoor om seekatte te eet. Wanneer 'n walvis te veel seekat eet raak hy naar en gooi dit op. As jy ooit 'n stuk opgegooide seekat sien ronddryf in die oseaan maak seker om dit te gryp. Dit is 'n fortuin werd. Weet enigiemand waarvoor gebruik 'n mens opgegooide seekat? Parfuum, dis reg. Dit verduidelik 'n paar dinge nê manne? "Haai lief, jy ruik soos opgegooide seekat." "Ja en jy kan op die bank slaap vir 'n maand." Daar is reuse pylinkvisse daar in die oseaan. Ek bedoel regtig groot pylinvisse, ons kan lank daaroor praat. 'n Reuse pylinkvis het op die strand in New Zeeland uitgespoel. Hulle sê dit was 'n baba. Volwasse sou dit 150 voet lank wees. Mense sê, "Wag nou Dr. Hovind, as daar dinosourusse genoem word in die geskiedenis, ... word daar van dinosourusse in die Bybel ook gepraat?" O ja! Dinosourusse in die Bybel? Ja, ons gaan dit bespreek in ons volgende sessie. Dinosourusse word nie net genoem in die Bybel nie, sommige van hulle kan selfs vandag nog lewe. Ons sal dit binnekort bespreek. (EINDE van Seminaar 3a) - www.drdino.com Begin van Seminaar 3b - Dr. Kent Hovind - Vertaal deur Jan & Erika Bergh Reg kom ons begin waar ons laas gestop het. "Dinousourusse in die Bybel." Mense sê, "Dinosourusse is nie in die Bybel nie!" Natuurlik is die woord "dinosourus" nie in die Bybel nie. Die woord het nie bestaan tot 1841 nie. Die woord "rekenaar" is ook nie maar daar is regtig rekenaars. Maar ja, dinosourusse word eintlik in die Bybel genoem. Lees net jou Bybel mooi. As jy by die boek van Job kom, dit het 42 hoofstukke. Job is in die middel van die Bybel, net voor die boek Psalm. U sal vind dit is 'n baie fassinerende boek. In Job hoofstuk 1, sê dit dat Job 'n perfekte man was. Hy het God gevrees en die slegte gehaat. Terloops, dit is goeie advies. Job het 7 seuns en 3 dogters gehad. Job het duisende skape, kemele, osse en esels gehad. Hierdie man was ryk, rerig baie ryk. Job is waarskynlik geskryf na die vloed maar voor die Wet gegee is in die dae van Moses. Voor die vloed het hulle oor die 900 jaar oud geword. Na die vloed het hulle 400 jaar oud geword. Job het lank genoeg gelewe om 10 groot kinders te hê wat uit die huis was, almal was oorlede en daarna ... ...nog 10 kinders en hy het sy agter, agter kleinkinders gesien - van sy tweede familie. So jy moes regtig lank gelewe het om al daardie dinge te bereik. Dit is hoekom die meeste mense dink die boek van Job is na die vloed geskryf. Dit sou gewees het gedurende die tyd toe mense regtig oud geword het. Eendag kom die boodskapper by Job en sê, "Ek het slegte nuus. Die osse en esels is gesteel. ... En u diensknegte is vermoor, die skape is verbrand en die kamele is ook gesteel." Dit was soos 'n aandelemark ineenstorting. 'n Ander boodskapper het gekom en gesê, "Job, al jou kinders is dood. Al 10 van jou kinders is dood." Job het 'n slegte dag beleef. Toe sê Job, (Job 1:21) "Die Here het gegee, en die Here het geneem:die Naam van die Here sy geloofd!" Watter tipe man was hierdie? Wat doen jy as slegte dinge met jou gebeur? Die Satan het hom met bose swere getref van kop tot toon. 'n Sweer is soos die wêreldse ergste puisie. Job was vol daarvan, en sy vrou ook het teen hom gedraai. 'n Man kan omtrent enige tragedie in die lewe hanteer maar dit is die swaarste een net daar. Daar is 'n vers waaroor jy waarskynlik nog nie'n preek oor gehoor het nie. Efesiërs hoofstuk 5 sê, "Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, en vroue wees aan julle eie mans onderdadig." U het al preke daaroor gehoor. Ek wet u het nog nie die deel gehoor nie. Die vrou moet toesien dat sy haar man eerbied; ja, behandel hom soos God. Bied hom "gebrande offers" drie keer 'n dag. Hoofstuk 2 vers 10 sê Job, "Soos 'n dwaas praat, praat jy; ... Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie?" Toe kom besoek Job se vier vriende hom. Een van die mans was die kortste man wat in die Bybel genoem word, Suhiet. "Suhiet" word uitgespreek in Engels as shoe-height (skoen hoogte); dit is kort. Hierdie vier vriende het na Job gekom en met hom gesels vir 35 hoofstukke. Meeste van die boek Job is die vriende wat aan Job verduidelik wat alles verkeerd gegaan het. Hulle moes Baptiste gewees het, soos ek redeneer. Hulle het gesê, "Job jy moes gesondig het, ek bedoel" het Elifas gesê, "wie het ooit onskuldig omgekom?" "Job, die rede hoekom al die dinge gebeur het is omdat jy gesondig het." Nou mense, dit is die wysheid van die wêreld, dit is nie waar nie. As iets slegs met iemand gebeur weet jy nie hoekom dit gebeur nie. Jy behoort liefde te betoon en vir hulle bid ondersteun hulle en bly stil. Moenie hospitaal toe gaan wanneer hulle galstene verwyder is en sê, ... "Haai broer, hierdie is nie galstene nie maar tiendes en offerhande, ... God sal dit uit jou kry die een of ander manier." Moenie dit doen nie, regso? Laat God omgee oor hoekom alles verkeerd gegaan het, Hy kan dit hanteer op Sy eie. Nou sit Job daar en krap die etter van sy swere by die graf van sy tien oorlede kinders en dink ... "God sal U my nou asseblief antwoord, hoekom het dit met my gebeur?" Mense, julle hoef nie lank op hierdie planeet te bly voordat julle daardie vraag sal vra nie. God hoekom het U dit aan my gedoen? Ek wil nie geraamtes uit enigiemand se kas krap nie regso? Miskien het u 'n tragedie beleef in die lewe. Ek weet so bietjie waarvan ek praat, ek het drie kinders hier en drie kinders klaar in die Hemel. Ja tragedies gebeur met goeie mense wat goed probeer doen. Dit gebeur maar wat is jou reaksie wanneer iets verkeerd gaan? Job het gesê ek wens God antwoord my, jy sien hy het nie geweet van Romeine 8:28 nie. God het gesê, "alles ten goede meewerk ... vir hulle wat na sy voorneme geroep is." Hierdie vers sê nie dat alles wat gebeur goed is nie; dit sê nie dit nie. Dit sê dat alles ten goede meewerk. Ek sal u wys. Was iemand al honger? Hoe honger was u al? Veronderstel jy kom na my huis en klop aan die deur, Haai Hovind, ek is honger." Ek sal sê, "Kom binne." En ek sal jou 'n koppie meel gee, ... Dit klink nie te goed nie. Ek het dit - hoe lyk dit met 'n lepel sout. Jy mag dalk sê, "Nee, dit gaan nie help nie." Ek het dit, hoe lyk dit met 'n lepel koeksoda. Dit sal jou wakker maak in die oggend. Jy word nou seker 'n bietjie droog, so gooi sluk 'n koppie Crisco. En jaag dit af met 'n koppie bottermelk. U sal sê, "Broer Hovind dit sal aaklig proe." Wat daarvan as ons alles bymekaar voeg en koekies maak? Weet u die individuele bestandele vir koekies proe aaklig maar hulle werk saam om koekies te maak. Weet u dat alles wat met u gebeur nie noodwendig goed is nie ... maar dit sal alles ten goede meewerk as jy God liefhet en na sy voorneme geroep is. Jy sien die Christelike lewe is so eenvoudig. Hou jou hart reg met God; dit is al. Dit sal moeilik wees omdat die hart bo alles bedrieglik is en desperaat euwel is. Job sit daar en krap die etter van sy swere af en sê, "God sal U my asseblief antwoord." En in hoofstuk 38 het die Here hom geantwoord vanuit 'n storm. Weet jy as 'n tornado met my begin praat gaan ek aandag skenk. Die Here sê, "Wie maak die raadsbesluit daar tot die duisternis met woorde sonder kennis?" Haai Job, jou vier vriende het nie geweet waarvan hulle praat nie! En terloops wees baie versigting om enige Bybelse doktriene van die boek Job te kry. Dit is waar dat die man dit gesê het, wat hulle gesê het is nie waar nie. Okkulte groepe is baie goed daarmee om 'n vers hier te gebruik; lees eerder die hele hoofstuk. Ek glo die Bybel is die Woord van God, maar die Bybel bevat sommige leuens. Dit vat die leuens van die mens akkuraat saam. Dit is waar dat hulle dit gesê het maar wat hulle gesê het is nie waar nie. Dit is die geval met hierdie vier mans. God het gesê (Job 38:3), "Gord dan soos 'n man jou heupe - dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My." "Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Ek het dit 36 jaar gelede as 'n nuwe Christen gelees en gedink watter dom vraag, "God, hoekom sou U vra waar Job was toe U die aarde gegrond het? Ek het gesê, God, "Hy was nie daar nie en hy weet dit, hoekom vra U hom so'n vraag?" Hoeveel van u was hier toe God die aarde gemaak het? Was enigiemand hier toe God die aarde gemaak het? Net 'n paar Mormone, reg julle is net in die tweede bestaan so verstaan ek. Nee julle was nie hier toe God die aarde gemaak het nie. Kinders hierdie gaan gekompliseerd wees so luister mooi. Aangesien julle nie hier was toe God die aarde gemaak het nie beteken dat God ouer is as jy. Hoeveel van u kan dit bereken sonder enige hulp? Het u al ooit daaraan gedink dat God ook slimmer is as jy? Het u al ooit daaraan gedink dat God sterker is as jy? Het u al ooit daaraan gedink dat God ryker is as jy? Jy sê, "Broer Hovind almal is ryker as ek," Reg wel God definitief ook. Probeer hierdie een, ek het die een al 'n duisend maal gesê en dit nie eenkeer verstaan nie. Maar dit sê baie en ek dink baie daaroor tot my brein seer is: Het u al ooit daaraan gedink dat God nog nooit per toeval aan iets gedink het nie? Hy't alreeds aan alles gedink. Hy weet selfs alles wat ek en jy al ooit gedink het. Die Bybel sê dat Hy die verbeeldings van ons gedagtes verstaan, dit is 'n fasinerende vers. Hy weet nie slegs ons gedagtes nie maar ook die verbeeldings van ons gedagtes. Jy sien jy kan slegs dink oor dinge nie maar kan eintlik ... dink oor - waaroor jy dink. Dink daaroor. Die brein is ongelooflik. Die Bybel sê God ken die denke van die mens. En terloops dit sê in Lukas, Jesus ken hulle gedagtes .... Dit is een van vele verse wat bewys dat Jesus God in die vlees is. God ken jou gedagtes en is in elkgeval lief vir jou. Wow, Prys God vir sy genade. Job 38:4, sê God, "Gee te kenne as jy insig het. Wie het sy afmetinge bepaal? -- jy weet dit mos!" Job antwoord nie. Inteendeel antwoord Job geen van God se vrae nie. God sê (Job 38:16), "Het jy gekom tot by die bronne van die see?" Wetenspaklikes het nie eens geweet dat daar fonteine in die see is nie tot 1977. Wetenskap is baie stadig om op te vang met sekere dele van die Bybel. God sê, "Waar is tog die weg na die woning van die lig?" Dit is fasinerend; ek het Fisieka aangebied. Het u geweet dat lig nie op een plek bly nie. Dit beweeg altyd. Dan staan daar, En die duisternis --waar is tog sy plek, Die spoed van lig is 186,282.4 myl per sekonde (300,000 km per sekonde). Weet u wat die speod van donkerte is? Nil. Donkerte kan nie beweeg nie. Dink daaroor, ons is kinders van die lig. Ons is veronderstel om aan die beweeg te bly, om iets vir God gedoen te kry. Mense sê wel dit word donker, die wêreld is nie so sleg nie, wel skakel jou lig aan. Die rede hoekom dit donker is, is oor jou. Jy is die lig, skakel dit aan. Die Bybel sê dat die poorte van die hel nie sal seëvier nie. Poorte val jou nie aan nie; jy val hulle aan. Kom ons gaan, doen iets vir God. Vers 24, "Waar is tog die weg na die plek waar die lig gedeel word, die oostewind hom uitsprei oor die aarde?" Wag nou, vertel God aan Job dat die lig die wind maak. Inderdaad. Jy kan enige weerman vra dit is presies wat die sonlig veroorsaak, wind patrone. Die grond warm op en die lug swel. Ons het wind op die aarde oor die lig, net soos God 4,000 jaar gesê het. God sê (Job 38:35), "Kan jy die bliksems uitstuur?" Man dit is goed dat ek nie kan nie. Hoeveel van u kan dink aan enigiemand wat lewe wat bly is dat u nie die weerlig kan uitstuur nie. Ek kan aan verskeie dink. God sê, "Kan jy die bliksems uitstuur , sodat hulle heengaan en vir jou sê: Hier is ons!" Wag nou, vertel God aan Job dat elektrisiteit gebruik kan word om 'n boodskap te stuur? Dit sal wees soos 'n radio, 'n selfoon, 'n mikrogolf of 'n TV. Elektrisiteit stuur 'n boodskap op twee verskillende maniere. Eerstens, elektrisiteit deur 'n draad en ook deur elektromagnetiese krag, Dit is die radiogolwe wat vanaf dit kom. God het dit vir Job vertel 4,000 jaar gelede. Marconi en ander wetenskaplikes het dit eers ontdek die afgelope honderd jaar of so. God vra Job 84 vrae. Job het nie een daarvan geantwoord nie. Daar is tipe vrae wat nie 'n antwoord nodig het nie. Die vrae is ontwerp om 'n mense se houding te verander. Daar is soortgelyke vrae wat pa's aan hulle kinders moet vra. Julle sien ek het drie kinders. Ek weet waarvan ek praat. Kinders kom op 'n sekere ouderdom wat hulle dink dat hulle die reëls moet maak rondom die huis. Die kind kom eendag en sê, "Luister pa, ek glo dat ek nou toegelaat moet word om uit te bly ... tot 4:00 in die oggend saam my vriende; ek is altemits al 10. Pa sê, "Wag 'n bietjie my kind, wil jy weet hoekom jy nie tot 4:00 in die oggend kan uitbly nie." "Wel seun, laat ek jou 'n paar vrae vra: wie betaal die krag rekening in die huis?" Wie betaal vir die huis? Wie betaal vir jou klere wat jy aantrek seun? Wie het vir die bed betaal waarop jy laas nag geslaap het? Wie betaal vir die kos wat jy eet en eet en eet en eet en eet? Wie betaal vir die warm water en seep waarmee jy stort - 'n maand gelede? Laat ons nou reguit wees met mekaar, die Bybel is baie duidelik, "Hy wie die rekeninge betaal maak die reëls." Die boek van "Tweede Opinies," hoofstuk 4 vers 7. Jy sien seun, ek is die pa, jy is die kind. En as jy onder my dak wil slaap en my kos eet, ... Gaan jy dit my manier doen en as jy dit jou manier wil doen, gaan ... kry jou eie dak om onder te slaap en doen dit jou manier. Dit is die goue reël. "Hy wie die goud het maak die reëls." Wie dink jy is jy kind? Waar was jy toe ons hierdie eiendom gekoop het en die erf skoongemaak het? ... en al die bere weggedryf het, en skool toe geloop het vir 40 myl in die sneeu kaalvoet beide rigtings. Hoeveel van u het dieselfde toespraak gekry? U weet waarvan ek praat. Kom ons verstaan dit reg seun, ek is die pa, jy is die kind. Ek dink dit is wat God met Job doen. God het 84 vrae gevra. Job het nie een geantwoord nie, maar hy het 'n gesindheidsverandering ondergaan. Jy sien, Job het dieselfde probleem as die meeste van ons. Hy het nie 'n goeie wardering gehad van wie God was nie. Gaan na hoofstuk 40. God sê nou "behemot," wat op aarde is 'n behemot. Wat ookal dit was, Job kon dit aanskou omdat God nooit aan jou iets vertel wat jy nie kan aanskou nie. U sien God sou nie sê, "Aanskou nou behemot" as hy dit nie kon aanskou nie. Dit is diep teologie ek weet maar dink daaraan. Sommige verwysende bybels sê behemot is moontlik die olifant of seekoei. Dit is belaglik. Nee ek glo dat behemot 'n langnek dinosourus is. Daar is 13 verskillende soorte langnek dinosourusse: Bragiosourus of die Apatosourus, Seatasourus (hy het 'n groot sitplek, ... Daar is die Blondesourus en jy moet effens stadig praat met haar. Ek dink die Behemot is die Bragiosourus. Dit sê dat dit gras eet soos 'n bees. Sommige mense sê, "Haai my Bybel sê olifante," en olifante eet gras. Hasies eet ook gras; baie diere eet gras. Kyk na die volgende vers, sy krag is in sy kruis. en sy sterkte in die spiere van sy buik, die grootste deel is sy maag. Hulle sê dat olifante ook 'n groot maag het. Ja ek weet. 'n Seekoei het 'n groot maag. Bragiosourus het 'n groot maag. Hy het 'n groot maag. Hy ook? Hy is siek, siek, siek, wie sal vir so 'n foto poseer? Hy stert reguit soos 'n seder, al 'n olifant se stert gesien? Herinner dit jou aan 'n sederboom? Het jy al ooit gesien hoe 'n olifant se stert? Wil hê dat julle herinner aan 'n ​​seder? Of 'n seekoei stert? Nie soos 'n sederboom nie. 'n Bragiosourus se stert sou meer wees soos 'n sederboom eerder as die res van hulle. Voordat hulle daardie voetnotas onderaan die Bybel gesit het, ... dink ek dat hulle ten minste die gedeelte eenkeer moes deurlees en dan daaroor kommentaar lewer. Terloops julle predikers, as jy gaan preek - lees ten minste eenkeer voordat jy daaroor preek. Volgende vers (Job 40:13) sê, "Sy gebeente is pype van koper, sy bene is soos stawe van yster." Hy het groot swaardiens bene en hulle het gehad. Hierdie is 'n regte dinosourus been wat ek in my museum het in Pensacola. Dit is een van die kneukelbene van 'n Bragiosourus. Dit gaan gekompliseerd wees so luister aandagtig. Die rede hoekom hy so 'n groot toonbeen gehad het is omdat hy groot tone gehad het. Hoeveel van u kan dit indink sonder enige hulp? Vier, vyf, ses. Die rede hoekom hy sulke groot tone gehad het is omdat hy 'n groot voet gehad het. Daar is 'n kind wat 'n bad vat in 'n Bragiosourus voetspoor. Daardie foto is hier in die boek op die trappe. Die rede hoekom hy so 'n groot voet gehad het is omdat hy 'n groot been gehad het. Sy voorbeen is 20 voet lank. Die grootste dinosourus sover gevind is 60 voet tot bo-op sy kop. Dit is gevind in Oklahoma. Hulle sê dat dit hulle 20 jaar gaan neem om al die bene op te grou. Dit is 'n regeringsprojek. Hulle sê dat toe dit gelewe het, dit waarskynlik honderd ton geweeg het. Een honderd ton is gelyk aan 14 skoolbusse bymekaargesit. Dit beteken dat as hy op jou sou trap hy waarskynlik 'n "diep indruk" op jou sou gelaat het. Jy sou pad pizza gewees het. So gepraat van regeringsprojekte, ek moet my nuwe uitvindsel met u deel. Dit sal my die rykste man op aarde maak. Ek gaan soveel geld spaar vir die hoofweg departement, ... konstruksie span, utiliteits maatskappye en die weermag ook. Al wat ek wil hê is 10% van hulle besparings. Ek sal die rykste man op aarde wees. Ek het 'n graaf uitgevind wat vanself regop sal staan. Jy sal nie nodig hê om hierdie ouens te betaal om daarop te leun nie. A dankie, dankie. Volgende vers sê (Job 40:14), " Hy is die eersteling van die weë van God;" Hy is die baas, dit is die Hebreeuse woord re'-shiyth. Hy is die baas, die hoof; hy's die grootste dier wat God al ooit geskape het. Wel dit sal nie die olifant of seekoei wees nie. Dit sal die Bragiosourus wees. En dit pas in by die patroon wat die duiwel sal gebruik. Wanneer God dinge maak probeer die duiwel om dit te verwoes. God maak mooi dinge en Satan probeer dit altyd verwoes. 'n Vraag, "Hoe groot is jou God?" Dink jy ooit daaraan? Wanneer jy stop en bid en sê"Hemelse Vader," het jy enige idee met wie jy besig is om te praat!? Het jy al ooit net gestop en daaraan gedink? Met wie jy gaan praat? Ek bedoel, jy sit aan vir ete en gaan bid, "Reg Here, seën die klomp terwyl hulle eet en sweet. Amen." Ons verwag van God om soos 'n hondjie te kom wanneer ons roep nè? Reg God, ek het nou tyd vir jou, gee aandag, hier is my gebed." "Gee my dit, gee my dat, gee my dit, gee my dat - en gee dit gou." Dit is waarop dit neerkom is dit nie? Het u al ooit gestop en gedink met wie u praat? Hoe groot is God? Haai is jou God groot genoeg om jou te vertel wat om te doen? En doen u dit - sonder vrae? Byvoorbeeld, vertel God jou watter klere om aan te trek? 1 TimòtheÜs 2:9 sê dit dat vrou haar beskei moet beklee. Jy sien my pa het altyd gesê, "As jy nie in besigheid is nie, moenie adverteer nie." Sê God vir jou hoe om jou hare te sny? 1 Korinthiërs 11:14 sê dat dit vie 'n man 'n oneer is om lang hare te dra. Toe ek gered is was ek 'n lewensredder, mooi sonbrand, lang blonde hare. Ek het dit gelees en gesê ag nee, ek moet dit sny. Dit is net logies. God is u nie gelukkig nie? Dan ja. Dit is tog net logies. Hoe groot is jou God? Wie is God in jou lewe? As hy werklik God is dan lees jy die Boek en doen wat dit sê, en dit is die einde van die storie. Haai vertel God jou watter tipe spraak jy moet hê? Efesiërs 4:29 sê, "Laat daar geen vuil woord uit jou mond uitgaan nie." Is God tevrede met alles wat uit jou mond kom? (Lukas 6:45) "want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond." Daar is 'n goeie vers om te kwoteer aan iemand wat jy hoor vloek. Kontroleer God wat jy kyk op Tv? Psalm 101 sê Ek stel geen lae dinge voor my oë nie; Het jy lae dinge voor jou oë gestel? Veronderstel jy het 'n reël gemaak rondom jou huis. As jou 'n vloekwoord hoor op Tv, dan sit jy dit af vir 2 ure. As jy iemand sien wat onbeskeie geklee is op Tv, skakel dit af vir 2 ure. As jy iemand op Tv sien wat alkohol drink, skakel dit af vir 2 ure. Wat as jy daardie drie eenvoudige reëls instel by jou huis? Hoeveel Tv sal jy kyk? Niks. Jy kan net sowel dit verkoop en die 30$ wat jy spandeer 'n maand aan 'n sendeling gee. Ons kan dan die hele wêreld vir Christus wen kan ons nie? Vertel God jou watter tipe musiek jy moet luister? Efesiërs 5:19, "Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere ... en sing psalmsing in julle hart tot eer van die Here." Is God tevrede met jou musiek? Jy sien God is lief vir musiek. God het musiek uitgevind. Maar Satan het ongoddelike musiek uitgevind en jy moenie daarna luister nie. Iemand het my eens gevra Hovind, weet jy wat jy kry ... as jy counntry musiek agteruit speel? Ek't gesê, "Nee." Jy kry jou vrou terug, jy kry jou hond terug, jou bakkie en jy kom uit die tronk. God het hulle geskape man en vrou. Het u geweet dat God trou en die familie en seks uitgevind het. Hy het die hele ding uitgevind, en Hy wil hê dit moet wonderlik wees? Hy het 'n paar reëls neergelê; seuns moenie aan die meisies vat voordat julle nie getroud is nie. As jy nie aan hulle wil vat nie bly dan weg van hulle. Ek het jou kind in San Francisco gesien. God lê die reëls neer. God lê die reëls neer omdat hy die beste vir jou wil hê. Hy sê (Spreuke 6:26), "en 'n ander vrou maak jag op 'n kosbare lewe." God wil nie hêjy moet 'n kosbare lewe najaag nie. Hy wil hê dat jy 'n kosbare lewe moet hê. Weet u hoekom moet die Hollywood sterre elke ses maande trou? Brittney Spears, 55 ure; Jennifer Lopez, 7 maande; Brandy Norwood, minder as 2 jaar, minder as 6 maande; Zsa Zsa Gabor getroud vir 1 dag. Weet u hoekom moes hulle elke ses maande trou? Hulle maak jag op 'n kosbare lewe. Hulle het dit nie. Luister nou mooi; moenie aandag skenk aan Hollywood nie. Hulle het geen idee nie, hulle het glad nie 'n idee hoe om 'n kosbare lewe te hê nie. As jy 'n kosbare lewe wil hê moet jy jouself rein hou ... totdat jy voor die kansel staan en die prediker sê sal jy en sal jy. Wat ookal gebeur, jy moet aan daardie een persoon getrou bly vir die res van jou lewe. Dit is 'n kosbare lewe. Moenie Hollywood glo vir 'n sekonde nie. Hulle het geen idee van hoe om die beste te lewe nie. God het lewende wesens geskape, alle lewende wesens, soos daar staan in Genesis 1:21. God het dinosourusse gemaak. Hy't hulle gemaak maar Satan sê, "Weet jy, daar moet 'n manier wees waarop ek die dinosourusse teen God kan gebruik. Hy kon nie Adam uitoorlê nie; nie met dinosourusse nie. Adam het hulle name gegee. Kan jy jouself indink dat die duiwel na Adam gaan en sê, Haai Adam, het jy geweet dat dinosourusse miljoene jare gelede geleef het?" Adam sou sê, "Is jy dom?" Daars een in my agtererf net daar besig om aan die kersieboom te eet! Wat bedoel jy "miljoene jare gelede?" Die duiwel kon nie vir Noag uitoorlê nie, hy het hulle elke dag kos gegee gedurende die vloed. Maar vir die volgende 4,000 jaar het die dinosourusse al hoe skaarser geraak. Hulle het doodgegaan of is gejag of wat ookal, is van die redes hoekom hulle uitgesterf het. Teen 1809 was hulle amper uitgesterf en iemand het die bene gekry en dit aanmekaar gesit. In 1809 was die eerste dinosourus waarvan ons weet aanmekaar gesit vir 'n museum. Satan was daar daardie dag en het gesê, "Nou is my kans." Hierdie kreatiere het altyd saam met die mens gelewe, ek weet dit en God weet dit. Maar hierdie mense weet dit nie. So die duiwel het gesê, ... "Ek dink ek gaan almal vertel dat hulle miljoene jare gelede geleef het." En as hulle dit glo sal dit veroorsaak dat hulle in die Bybel twyfel. Man het daardie strategie goed gewerk. Weet u dat vir die llaste 200 jaar die kinders kleuterskool bygewoon het en hulle het 'n boekie soos die gekry. Boek titel: "Ek kan oor dinosourusse lees." Wil enigiemand 'n raaiskoot waag wat die eertse sin in die boek sê? "Miljoene jare gelede!" Hoeveel kinders word dit geleer in jou dorp? Ten koste van jou, jy betaal vir die vernietiging van die volgende generasie. Miskien pla dit jou nie maar dit pla my beslis. En as jy dink dat ek my pragtige vrou agterlos en regoor die wêreld reis - was ek weg oor die 200 dae per jaar, vir jare nou. Ek het 215 keer gevlieg laas jaar, oor die 900 keer gepraat. As jy dink ek los my pragtige vrou en 4 kleinkinders - omdat ek daarvan hou om weg te wees maak jy 'n fout. Ek sal veel eerder by die huis wil wees maar daar is 'n oorlog aan die gang! Iemand het nodig om die troepe te waarsku, "Hallo, bewapen julself, neem op die gewere, kom ons gaan!" Daar is biljoene kinders wat gebreinspoel word op hierdie planeet, en Satan gebruik dinosourusse om dit te doen. Amper al die boeke sê "miljoene jare gelede" en dan het ons sommige Christene ... wat die onderwerp totaal ignoreer omdat hulle nie 'n antwoord het nie. Wel (2 Timotheüs 2:15), "Lê jou daarop toe om jou beproef voor God..." Kry die antwoord en gaan deel dit met iemand. "Miljoena jare gelede," sê die boek. Ek gaan gereeld na museums; dit laat my bloed kook. Jy sien honderde en honderde kinders wat verby hierdie ongelooflike uitstallings van dinosourus skelette beweeg. En raai wat sê die teken onderaan? "Miljoene jare gelede." Christene blyk dit nie te verstaan nie, die museums en wetenskap sentrums - dit is hulle kerk. Hulle verkondig hulle godsdiens net soos jy jou godsdiens probeer verkondig. En hulle gebruik jou belasting geld om hulle godsdiens te verkondig. Dit is hoe dit gebeur, "Miljoene jare gelede..." Die Bybel sê Behemot lê onder die lotusbome, in die skuilplek van riete en moeras Die woord "fenz" is 'n ou Engelse woord wat moeras beteken. Weet u dat die grootste moeras in die wêreld reg in die middel van Afrika is? Dit word die Likawala Moeras genoem. Dit is enorm. Meeste Amerkaners waardeer nie die groote van Afrika nie. So lyk Afrika teenoor die hele Amerika. Afrika is reusagtig. Die moeras is die groote van die staat van Florida, 55,000 vierkante myl (140,000 vierkante km). Daardie moeras is groot. Weet u dat 80% van hierdie moeras nog nie ontdek is nie - selfs vandag? In 1885 is Kongo in Afrika oorgeneem deur België; dit was bekend as die Belgiese Kongo vir baie jare. In 1960 het die kommuniste dit bevry. Weet u hoe bevry kommuniste lande? Hulle vermoor almal. "Reg, nou is jy vry." Daar was berigte in daardie moeras sedert die 1700's, toe die eerste sendelinge daar aangekom het. En hulle het gesê dat daar steeds dinosourusse daar lewe in die moeras! Dinosourusse steeds lewend? In 1910, het die New York Herald 'n artikel geplaas dat dinosourusse steeds leef in Afrika se moerasse. Hier is 'n artikel in die "Saturday Evening Post" in 1948, "Daar kan dalk Dinosourusse" lewe in Afrika. 'n Groot wildjagter genaamd Mnr. Gobler het teruggekeer na 'n reis in Angola. Hy het aangekondig in 'n Kaapstadse koerant, die Cape Argus, dat daar ... "'n dier van groot dimensies is wat slegs aan die beskrywing van 'n dinosourus kan voldoen." Die plaaslike mense noem dit: Chipekwe. In die Sentrale Afrika Republiek noem hulle dit: Ngururi. Roy Mackal is daarheen in 1980, op 'n ekspedisie; hy het 'n kwart miljoen dollar spandeer. Hy het die volgende jaar teruggegaan en na die moeras gegaan. Hy sê die moeras is die mees mislike moeras op die planeet aarde. Die muskite het op hulle toegesak teen 'n koers van 'n duisend per uur, ... aanmekaar - soos swerms van stof rondom jou, bloeddorstige muskiete. 95 grade F (35 C) en 95% humiditeit die heeltyd. Soos hulle rondom die moeras geries het, het die plaaslike mense gepraat avn 'n dier genaamd: Mahomba. Hy't gesê wats dit en hule het aan hom 'n krokodil gewys. Hulle het gesê, "Ja dit is Mahomba," en hy't gevra hoe groot word dit? Hulle het op die sandbank afgetree - 50 voet lank (15 m). As jy 'n dwerg is 4' 4" (1.3 m), lyk 'n 50 voet krokodil baie groot vir jou! Almal sê, "Nee, krokodille word nie groter as 17 voet (5.2 m) lank nie." Ek dink nie dit is reg nie. Vroeër in die somer van 2005 het hulle 'n 24" krokodil gedood in dieselfde moeras. Natuurlik sal die plaaslike mense sê, "Jy moet die grootes sien!" Die plaaslike mense praat ook van 'n ander dier genaamd: Mokele-Mbembe. Mokele-Mbembe? ...wat op aarde is dit? As jy vir hulle 'n prent wys van 'n Apatosourus sal hulle sê, "Ja, daars hy, Mokele-Mbembe." Die plaaslike mense beweer dat hierdie diere onder water leef. Hulle is baie skaars en natuurlik is hulle diep in die moeras in sentraal Afrika. Niemand gaan uit in die aande nie. Daar is geen ligte daar nie. Die diere word die meeste gesien vroeg in die oggend of laat in die middag ... Wanneer hulle uitkom is hulle gunsteling plant die Molombo plant. Daar is 'n Dr. Mackal wat die Molombo plant vashou. Dr. Mackal was 'n professor in Mikrobiologie aan die universiteit van Chicago. Hy het oorgegaan en dit alles haarfyn bestudeer. Hy het teruggekom en 'n boek geskryf genaamd, "A Living Dinosaur" ('n Lewendige Dinosourus) Hy glo in evolusie, maar sy boek is goed met die bewyse ... van dinosourusse wat steeds in 'n Afrika moeras leef. Hulle het voetspore daarvan gevind. 'n Sendeling vriend van my was daar vir 43 jaar as 'n sendeling, Eugene Thomas. Hy is nou in Ohio. Hier is sy telefoon nommer, bel hom gerus. Hy was daar vir 43 jaar. Hy't gesê "Ek het twee dwergies in my kerk wat een gedood het en geëet het." Dinosourusse. Daar is berigte van die gediertes in die moeras al vir 'n lang tyd. Een Belgiese Kongo bioloog is rivier op vir 500 myl en hy het gesê dat hy een gesien het. Maar sy kamera het nie gewerk nie as gevolg van die hoë humiditeit. Daar was al baie berigte van dinosourusse in daardie moeras; jy kan dit self bestudeer. Een groep was daarheen en het gesê, die gedierte was donkerbruin van kleur, die vel blink en glad. 'n Lang nek en klein kop; hulle het dit gehoor, hulle het dit gesien, dit het 'n brullende geluid gemaak. En selfs die regeringsbeamptes het dit gesien. Daar was 'n artikel geplaas in die Boston Herald koerant oor 'n groep wat oorgaan om vir die dinosourus te soek. 'n Dinosourus wat steeds lewe in die groot en meestal onderontdekte Kongo moeras. Al wat jy hoef te doen is tik in "Kripto dierekunde", Kripto beteken weggesteek, en dierekunde gaan oor diere. Kripto dierekunde - jy sal allerhande dinge kry oor dinosourusse wat nog leef. Die plaaslike mense beweer dat die diere in grotte langs die kant van die rivier woon. William Gibbons was al vier keer daar in die Kongo Moeras. Ek en hy het hierdie boek geskryf vir kinders, "Kloue, Kakebene en Dinosourusse" William Gibbons het aan my 'n brief geskryf, "Volgens ons gids, Pierre Sima, ... was ons die eerste wit mense wat eintlik die woud en moeras gepenetreer het aangrensend die Boumba Rivier." "Amper al ons informante, Baka Dwergies, met die uitsondering van 'n ouerige Kameroense Moslem was welbekend met al die bekende en onbekende diere in die moeras. ... Terwyl hulle nie die Le'Kela-bembe erken, dit is 'n verskillende taal, as 'n ongewone dier nie, hulle steeds bang is vir die dier in sy wreedheid in sy aanvalle op seekoeie, olifante en krokodille. Die dier blyk heeltemal onverdraagsaam te wees teenoor enige ander groot gedierte wat die rivier deel ... en beheer groot dele van die rivier veral waar kos voorraad teenwoordig is. "Die twee vermoedelike dinosourusse Mokele-Mbembe en N'Goubou word op 'n gereelde basis gevind. Ek het 'n ouerige Baka paartjie ondervra wat op Pierre se plantasie werk. Soos die meeste dwergies is hulle baie bekend met die plante en diere van die omgewing. Ek het aan hulle ons boek gewys met bekende Afrika diere en dinosourus illustrasies. Omtrent 98% van die dinosourus illustrasies was verwerp - behalwe twee. Wat hulle uitgekies het sonder huiwering van wat hulle al gesien het. Een was 'n Sourapod dinosourus en die ander een 'n Triseratops." Nou hoekom sou mense in die middel van die moeras in Afrika sê, "O ja, ons het daardie een gesien"? Sendeling Cal Bombay was vir jare in Kenia. Hy sê dat hy en sy vrou al een van die gediertes gesien het. Maar die skubbe op sy rug was grooter; meer soos 'n Stegosourus. Onder in Suid-Amerika het hulle die Amasone Woud wat baie groot is. In 1907 het die Britse weermag Kolonel P.H. Fawcett gestuur om die grens tussen Brasilië en Peru te merk. Hy was 'n offisier in die koninklike ingenieurs en was bekend daarvoor dat hy baie feitlik was. In die Beni Moerasse het hy gesien wat hy glo 'n Diplodokus blyk te wees. Die plaaslike mense en stamme daar het gesê, "O ja, daardie dier bly steeds hier in die moeras." Kolonel Fawcett se seun het sketse van die spore gemaak. In 1883 het die Wetenskaplike Amerika die volgende artikel geplaas, voordat hulle evolusie aangehan het. So 'n artikel sal nooit vandag gepubliseer word in die Wetenskaplike Amerika nie. Omdat hulle nou getrou is om die evolusie teorie te beskerm. Hulle het gesê dat "Die Brasiliaanse minister in La Paz, Bolivië, beskikbaar gestel het ... aan die minister van Buitelandse Sake in Rio, foto's of tekeninge van 'n ongelooflike ... dinosourus wat doodgemaak is op die Beni nadat dit 36 skote toegedien is. ... In opdrag van die president is die gedroogte liggaam gepreserveer en na La Paz gestuur." Dit was 12 meter lank, ongeveer 39 voet van sy neus tot stert. Dit het skubbe gehad, 'n lang nek en sy maag groot, dit het amper op die grond gesleep. Professor Gilveti het dit ondersoek en het gesê dat dit 'n lid was van 'n verlore spesie. Die Indiane in daardie omgewing het klein erde potte gemaak met dieseflde vorm. Hulle is waarskynlik kopieë van die natuur. Dinosourusse? 'n Sendeling genaamd Vaughn Goff het my drie dae gelede gebel omdat ek oppad was na Indiana. Hy't gesê dat die plaaslike mense in die area praat oor 'n groot likkewaan wat 30 voet lank is (9 m), en 5 voet hoog is. Dit maak 'n donderagtige geluid om sy prooi skrik te maak. Die plaaslike Waiwai Indiane noem dit "urufere" en hulle is vreeslik bang vir die gedierte. Stuur hom 'n e-pos as jy wil praat oor dinosourusse wat steeds daar voorkom. Hier is 'n reuse slang wat 'n paar jaar gelede doodgemaak is. Dit is 'n 35 voet (10.7 m) slang; dit het 'n man geëet wat aan diens aan die slaap geraak het. Dit is 'n goeie idee om wakker te bly as jy werk kêrels. Hierdie slang is gerapporteer in Indonesië as 49 voet (15 m) lank. Ek weet nie of dit waar is of nie. Mense kon oordryf het maar dit is die berig van die reuse slang daaronder. Kolonel Percy Fawcett het gesê dat hy 'n 62 voet (19 m) Anakonda dood gemaak het en die inboorlinge was baie bang. Hulle het gesê, "Kolonel, as daar een is gaan daar nog een wees!" Die beamptes by die Braziliaanse Kolombiese grens het in 1933 'n 98 voet (30 m) slang, 2 voet indiameter dood gemaak. Dit het 2 ton geweeg. 'n Kok van 'n hotel in die Amasone vertel dat hy eenkeer 'n 100 voet (30.5 m) slang gesien het. Die weermag het dit gejag nadat dit twee soldate geëet het. Die kop was 5 voet (1.5 m) lank. Reuters Nuus Diens het 'n 130 voet (39.6 m) slang gerapporteer in 1997. En hier, hiedie ding het afgedryf in die Amasone rivier. Niemand het dit aangeraak om te sien of dit lewend is nie. Hulle het gerapporteer dat dit ongeveer 150 voet (46 m) lank was. Die Amasone rivier is enorm. 'n Vorig student van my, 'n sendeling, het gesê dat die Amasone rivier halfpad op 9 myl (14.5 km) breed is. Die Amasone is 'n lang en brëe rivier! Daar is 'n meer in Skotland gennamd Lock Ness. Het iemand al gehoor van Lock Ness? Lock Ness is 'n enorme meer, 24 myl (39 km) lank, meer as 'n myl (2 km) wyd en tot 900 voet (275 m) diep. Dit is groot genoeg dat almal op die planeet aarde tergelyke tyd daarin kan verdrink. Dit sal die aarde se populasie in geheel vat. 6 biljoen mense sal in die meer pas. Dit is groot. In 1933 het hulle paaie aan weerskante van die meer in die berg gemaak. Voor 1933 as jy die meer wou sien moes jy oor die berg klim. Of rivier op gaan vir 7 myl (11 km) in jou boot. Nie baie mense het daarheen gegaan nie; dit word yl bewoon. In 1933, toe die pad gebou is, was daar 52 verskillende mense wat die Lock Ness monster gesien het. Hierdie outeur sê daar was 9,000 mense wat dit aanskou het tot die 1960's, toe die boek geskryf is. vandag is daar oor die 11,000 geraporteerde gevalle van mense wat die Lock Ness monster gesien het. 11,000! Natuurlik is sommige vals en bedrieglik. Ek sou nie sommige koerante vertrou nie, hulle het baie vreemde dinge daarin. Sir Peter Scott is 'n lid van die parlement. Hy's gesê hy het dit gesien. Hy glo dit is 'n Plesiosour. Amper almal wat dit sien, sê dit is hierdie dier, 'n Plesiosourus. Langnek, groot swemvoete. Een man het geskryf en het gesê ... "Sommige mense dink Nessie is 'n Plesiosour. Maar daar is een ding verkeerd met hierdie teorie. ... Plesiosourusse het glo al 70 miljoen jaar gelede uitgesterf." O, is dit wat verkeerd is met die teorie? Hulle "glo" in evolusie. Ek dink dat hierdie evolusie teorie die grootste hindernis vir wetenskaplike navorsing is. Jy moet na die feite kyk; vergeet die teorië. Kyk eers na die feite en maak dan jou eie gevolgtrekkings. 'n Man genaamd Arthur Grant het amper een nag vir Nessie met sy motorfiets gestamp. Hy't gesê, "Ek het 'n goeie uitsig op die voorwerp gehad. inteendeel ek het dit amper met my motorfiets gestamp! Dit het 'n lang nek gehad en groot ovaal vormige oë bo-op 'n klein koppie. Die stert sou 5 tot 6 voet (1.5 - 2 m) lank wees. Hy beskryf dit 15 tot 20 voet (4.6 - 6 m) lank in geheel. Hy sê dat hy heeleat dinge weet oor natuurlike geskiedenis. Hy was 'n veearts student. Hy't gesê, "Ek het nog nooit so iets in my lewe gesien nie!" Hier is 'n skets van die ding waaroor hy amper gery het met sy motorfiets. Dit lyk soos 'n 20 voet lange Plesiosour. Alexander Campbell was die wild bewaarder van Lock Ness vir 47 jaar. Hy het dit 18 keer gesien. Hier is 'n skets wat hy daarvan geteken het. Baie mense het al probeer om die Lock Ness monster te vang. Hulle het alles wat jy jouself kan indink gebruik as aas en sommige dinge wat jy jouself nie kan indink nie. Sover het niemand dit gevang nie. Die meer is groot maar daar was baie sketse al gemaak. Een familie het gesê dat hule dit met 'n skaap in sy mond gesien het. Een man het 'n foto gekry van dit met sy rugkant wat uit die water steek; die nek is aan die regterkant. Reader's Digest, (hulle maak alles kleiner) hulle het die nek afgesny toe hulle die foto gepubliseer het. McCloud sê hy het dit dopgehou vir 9 minute deur sy verkyker, hy het vier sketse gemaak van wat hy gesien het. McCloud het gesê, "Ek dink die monster lyk so." Al wat jy hoef te doen is om Tv programme te kyk waar hulle oor die Lock Ness monster praat. Daar is duisende mense wat op rekord sal gaan en sê, "Ek het dit gesien." Die Wêreld Boek Enseklopedie het betaal om 'n duikboot te kry vanaf Suid Carolina. Die man sê die water is so swart dat hy nie eens voor sy eie boot kon sien nie. Lock Ness is soos 'n reuse modderbad. Jy gaan net 'n paar voet/meter na onder en die sigbaarheid is nil. Jy kan niks sien nie. Die Japanese het 24 bote gebruik en al die pad oor die meer gegaan en hulle het gerapporteer dat hulle die hele bodem geskandeer het met 'n sonar. Hulle sê dat hierdie 'n diep meer is en verimpel is soos 'n rosyntjie. Daar gaan grotte af na die kante, moontlik met lugkamers. Die gedierte kan in die berg ingaan, en asemhaal en daar lewe. Een man het 'n foto gekry van 'n diamandvormige vin onder die water. Weereens het hulle gedink dat dit 'n Plesiosour is. Reader's Digest het hierdie foto in 1978 gepubliseer. Hierdie foto hier op die grond wys Nessie met sy mond oop. Ons kan die hele dag aangaan oor Lock Ness monsters. Hulle het gesê dat die 1933 foto vals was, en dit was waarskynlik maar ek weet nie. Dit is interessant dat hulle gewag het tot die laaste man oorlede is wat daarby betrokke was en toe dit as vals verklaar het. Hoe stel jy nou die waarheid vas? Daar is ander mere buiten Lock Ness. Daar is Loch Lochy. Daar is Loch Morar. Daar is so baie mere wat gediertes rapporteer. Daar is een genaamd Morawr, die"Cornish" see slang naby Engeland. Daar is baie sulke rapporte in die Engelse Kanaal van sulke gediertes. In 1749 in Engeland is 'n gedierte gevang. Dit lyk baie soos 'n alligator (krokodil). Maar dit het twee groot vinne, die lyf was oortrek van ondeurdringbare skubbe met 5 rye tande. In 1934 het hierdie ding op die strand uitgespoel in Normandy, Frankryk. Daar is 'n man wat daarna kyk en dit wys die skaal 'n Paar wetenskaplikes het gerapporteer dat die gedierte verby hulle boot geswem het in Brasilë in 1905. Hulle het die hele ding in 'n wetenskaplike journaal gerapporteer. Die gedierte het 'n rugvin gehad van 6 voet hoog 'n klein kop aan die nek van so 7 of 8 voet lank. Twee ervare Britse natuurkenners het die ding gerapporteer. Weereens kan ons die hele dag aangaan oor waarnemings. Hierdie ding is in 1977 deur 'n Japanese vissersboot in hulle nette gevang. Dit was 32 voet (10 m) lank, 4,000 pond (1800 kg). Hulle het gewonder wat op aarde is dit? Die kaptein het gesê hy weet nie maar dit het gestink. Toe hulle dit op die dek neersit het dit in die helfte gebreek. Hulle het 'n klomp sketse gemaak en vyf foto's geneem, en toe gooi hulle dit oorboord. 'n Spesiale seël is gemaak vir die Japanese poswese in 1977 Sommige mense het geargumenteer dat dit 'n walvishaai was. En ek stem saam, dit kon 'n walvishaai gewees het. Maar die vissermanne aan boord het gesê, "Ons weet wat 'n walvishaai is en dit was nie." Walvishaaie is geneig om weg te vrot en los net die kop gedeelte agter. Daar is 'n walvishaai. Dit kon 'n walvishaai gewees het, dit maak nie aan my saak nie. Hulle sê die proteïne is 96% ooreenstemmend. Ja ek weet maar niemand het nog Plesiosour proteïne gesien, om te weet hoe dit lyk nie. Mense en ape is baie dieselfde maar het ook baie verskille. Daar is baie argumente daaroor - dit maak nie aan my saak nie. Sommige mense buig hulself uit vorm vir my as ek net die Japanese vangs van 1977 noem. Russe het 'n gedierte gerapporteer in 'n meer by hulle genaamd die misterie van die meer. Dit lyk soos 'n dinosour wat uitgespoel het op 'n strand in Rusland in 1994. Dit was 39 voet (12 m) lank. Hierdie is waarskynlik 'n gedokterde foto van 'n haai. Iemand met Photoshop het dit laat lyk soos 'n Plesiosour maar eintlik is dit net 'n gedokterde foto. Wees versigtig, daar is baie bedrog daar buite, geen vraag nie. Maar die bestaan van bedrog of valsheid bewys nie die teendeel van die bestaan van die oorspronklike nie. In 2004 het 'n klomp mense in Papua, New Guinea 'n gedierte gerapporteer at soos 'n dinosour lyk. 10 Voet lank met 'n stert soos 'n krokodil en 'n kop soos 'n hond. Dit was op 'n eiland in die stad an Kokopo. Een dame sê sy het dit gesien en sy het en vir haar lewe gehardloop het. Sy het 'n 3 meter lange gedierte gesien met 'n kop soos 'n hond en'n stert soos 'n krokodil. Jy kan alles hiervan lees op die internet oor die gedierte gesien in 2004. Japan het ook rapporte van sommige van die gediertes. Die noord eiland van Hokkaido rapporteer hulle asook op die hoof suid eiland van Japan. Hulle noem dit "Issie" in die Ikeda Meer. In China is daar een genaamd USO, Ongeidentifiseerde Swemende Voorwerp. Noorweë het verskei rapporte asook in Sweedse mere, in 'n paar van die Sweedse mere. Hulle noem dit, "Storsjoodjuret" in die Storjon meer. In Noorweë het hulle 'n gedierte wat baie ooreenstem met die Lock Ness monster. Honderde mense sê hulle het dit gesien. Dit is gereeld in die nuus net soos die Lock Ness monster. In Kanada is van hierdie gediertes al gesien, Kanadese meer monsters. Nessie se Kanadese neef. Daars 'n meer in die dorpie van Kelowna genaamd die Okanagan meer. Dit is 'n enorme meer, 80 myl (130 km) lank. Ek was al tweekeer daar om in die dorp Kelowna te praat. Die plaaslike mense noem hierdie gedierte Ogopogo. Ons verkoop 'n boek op ons tafel daaragter as jy dit wil aanskaf: Die Ogopogo. Dit is baie dieselfde as die Lock Ness monster. Duisende mense beweer dat hulle dit gesien het. Die artikel sê, "Hulle is die laaste van duisende wat iets vreemds gesien het ... in die smal 18 myl (30 km) lange meer. Een man het die lengte van die meer deurgeswem. Hy sê die ding het onder hom opgekom en hy het hom amper dood geskrik. Ek het baie nuusberigte hieroor. Sy sê, "Ek het Ogopogo twee maal gesien." Ek het 'n onderhoud gevoer met John Caruso. Hy en sy familie het op hulle boot geslaap op die meer. Hulle het op die meer gekampeer op hulle groot boot en iets het die boot van onder gestamp. Dit het hulle almal wakker gemaak vroeg in die oggend. Hulle het na buite gegaan en twee Ogopogos gesien ... wat oor die meer geswem het, hy het sy kamera gaan haal. Teen die tyd dat hy dit gekry het was dit al vêr weg maar hy het aan my 'n kopie van die beeldmateriaal gegee. Dit was te vêr weg om die besonderhede waar te neem, maar hy't gesê, "Kyk broer Hovind, ek het Ogopogo gesien!" Baie mense sal op rekord gaan en sê dat hulle dit gesien het. Daar is een in Cadboro Baai, Britse Columbië. Daars 'n boek gepubliseer as jy meer daaroor wil lees. 'n Baba Caddy is gevind in die maag van 'n walvis. Hulle sê dit het kort, gepunte voor vinne en dit is 'n langnek gedierte met 'n kop soos 'n perd. Een man het een met sy net gevang. Hy het 'n skets daarvan gemaak voordat hy dit vrygelaat het. Hy het nie geweet wat dit was nie daarom het hy dit laat gaan. Ek het 'n onderhoud met hom gevoer vir 'n uur lank. Hierdie vier manne het visgevang in Kanada. 'n Gedierte het hulle boot gejaag buite Cape Sable Eiland, Nova Scotia toe ek daar gepreek het. Dit het in 1992 gebeur toe ek hom ontmoet het. Hy was 67 toe dit gebeur het. Hy het daar begin visvang vandat hy 5 was. Die 40-50 voet (12-15 m) lange gedierte het hulle boot vir 1-2 myl gejaag. Hy sê die nek was 2 voet dik en 8-9 voet (2.5-3 m) lank, dit het 9 duim (23 cm) deursnee oë gehad. Hy sê hulle was 6 myl suid can Cape Sable Eiland gewees. Hy't gesê dat hy dit nie weer wil sien nie. Dit is wat hy gesê het. Hierdie ding het op die strand in Newfoundland, Kanada uitgespoel. Somtyds spoel stukke uit op die strand. Somtyds is dit walvisvel. Wanneer 'n walvis doodgaan word die meeste geëet maar die laag vet spoel uit. Somtyds is dit 'n Walvishaai. Hierdie ding het uitgespeol in Parker Cove, Kanada. Ek het met baie mense gesels wat dit gesien het. Baie mense het dit gaan analiseer. Ek dink nie dat dit ooit positief geidentifissser is nie. Dit kon 'n Walvishaai gewees het, niemand weet werklik nie maar dit is nou weg. Mense het dele daarvan afgesny. Die geraamte lyk soos haai geraamte eerder as van enige ander tipe. Dit is net interessant dat sulke goed op die strand uitspoel. Ons verkoop 'n boek genaamd "Monster! Monster!," ... oor Noord Amerikaanse meer monsters en see slange. Hier is 'n goeie boek deur Lauren Coleman wie 'n kripto dierkundige is maar ook 'n evolusionis. Ek het 'n onderhoud gevoer met Jacques Boisvert vir drie ure. Hy versamel berigte oor die Memphremagog Meer gedierte tussen Vermont en Quebec, Kanada. Honderde mense beweer dat hulle iets gesien het in die meer bo in die Memphremagog. Gediertes is al gesien in die Potomac Rivier. Daars 'n boek oor die New England See Slang. Daars 'n eiland by Connecticut en Rhode Eiland genaamd Block Eiland. Baie mense beweer dat hulle gediertes daar sien rondswem het. Hulle noem dit die "Block Ness Monster". Een het uitgespoel in 1996. Nog een het uitgespoel in 2004. Sover ek weet is dit nooit geidentifiseer nie. Ek voer gereeld onderhoude met mense hieroor. Die Erie Meer het ook een. Hulle sê, "Erie se Besse weergawe van Nessie." Dit is 35 voet (11 m) lank en hulle sê dit het 'n kop soos 'n slang. Dit is so af en toe in die koerant. Erie Meer se Monster. 'n Dooie baba gedierte is gevind op die strand van die Erie Meer. 'n Man het dit huistoe geneem en dit op gestop, hy is 'n taksidermis. Hy't gesê, "Vertel jy my wat dit is, ek weet nie!" Dr. Baugh het dit gekoop en dit is in sy museum in Texas. Dit is nooit geidentifiseer nie. Hulle is nie seker nie, dit kan vals wees. Niemand weet nie. 'n Baie interessante gedierte. Ek het 'n onderhoud gevoer met die balju wat die eerste persoon was wat die Scituate Hawe Monster gesien het. Dit was 50 voet (15 m) lank toe dit op die strand uitgespoel het. Almal het stukke begin afsny. Die tyd toe die foto geneem is was dit al redelik geslag. Sommige mense sê dit was 'n Walvishaai, ander sê dit was 'n regte see slang. Die gesondheids departement sê, "Ons gee nie om nie, dit stink en ons gaan dit hier uitkry." Hulle het dit met dinamiet opgeblaas. Kalifornië, in 1925 het hierdie gedierte op die strand uitgespoel. Daar is die kop en daar is die nek - dit loop af na regs. Net die nek was 20 voet (6 m) lank. Almal wat dit ondersoek het sê dit was 'n Plesiosourus - 'n 20 voet (6 m) lange nek! Een atheïs het aan my geskryf en gesê, "Hovind jy is dom, weet jy nie dat dit 'n walvis was nie?" Ek het gesê, "Nou waar presies is die nek op 'n walvis?" Dit behoort tussen die kop en vinne te wees. Hy't gesê, "Dit is 'n skaars vorm Bards Beaked Walvis." Dit is nogal skaars met 'n 20 voet (6 m ) nek. Die mense wat dit gesien het sê dit was 'n Plesiosourus. Hoekom is dit so moeilik om te glo? Weet u hoekom weerstaan mense sulke verduidelikings? Dit dryf in teen hulle evolusie teorie. Hulle hou van die evolusie teorie omdat dit hulle vryheid van God gee. Dit is hoekom hulle van die teorie hou. Ons kan die hele dag spandeer aan Kripto dierekunde. Ek het dit vir jare gestudeer. Ek het al onderhoude gevoer met honderd mense wat beweer dat hulle 'n lewende dinosourus gesien het. New York, in 1969 het die hawe polisie iets baie groter as 'n walvis rivier op gejaag. Hulle het dit nooit gevang nie. Dit kon 'n Zeuglodon of 'n Basilosourus gewees het. Ek weet nie. Maar die Wit Rivier Monster in New Port, Arkansas is al heelwat gerapporteer - tot en met 1973. Dit het waarskynlik verdwyn. In Arkansas het die Senaat 'n resolusie deurgevoer. Hulle sê dit is onwettig om die Wit Rivier Monster te molesteer, te dood of te vertrap. Op die kuslyn van Juniper, Florida is iets soortgelyks aan 'n dinosour gesien ... wat in die oseaan geswem het. Jy kan die artikel self lees. Baie van die dinge is op my webblad www.drdino.com, jy kan alles daaroor lees. Daar is 'n meer tussen New York en Vermont genaamd die Champlain Meer. Baie het beweer dat hulle die Champlain Meer Montser gesien het. Ek het 'n onderhoud gevoer met Sandy wie die foto geneem het. Ek het gesê, "Sandy, dink jy dat jy 'n dinosour gesien het?" Sy't gesê, "Nee, ek weet ek het 'n dinosour gesien." Sy en haar man en haar twee kinders het dit dopgehou vir tien minute. 58 Mense op die Ethan Allen dink hulle het 'n gedierte in die meer gesien. Ek weet nie, miskien het hulle net te veel Twinkies geëet. Die kaptein aan boord in 1998 het gesê, "As jy dink dat ek 'n vis gesien het, het dit 3000 tot 5000 pond (1300-2300 kg) geweeg." Die Bybel praat van die drake van die waters. Jesaja (27:1) "en Hy sal die draak doodmaak wat in die groot water is." In Pensacola waar ek woon het 5 tieners gaan skuba duik in 1962. Een het dit oorleef. Hier is wat hy gesê het. Ons was oppad na 'n gesinkte skip in Pensacola Baai genaamd die Massachusetts. "Ons was in 'n Lugmag reddingsboot oppad na die gesinkte skip 'n paar my van die kus. Halfpad daarheen is ons deur ;n storm oorweldig en see uit gesleep. ... Toe die storm verdwyn was daar digte mis. ... Ons het vreemde geluide begin hoor soos 'n dolfyn wat water spat. En 'n aaklige reuk soos dooie vis. Die geluid het nader aan die boot beweeg en ek het 'n harde sissende klank gehoor. In die mis het ons iets gesien wat gelyk het soos 'n lang paal van omtrent tien voet (3 m). Dit het uit die water gesteek. Bo-op was 'n ovaal vormige struktuur. Dit het in die middel gebuig en onder water gegaan. Dit het verkeie kere opgekom al nader aan die boot. Die stilte is weereens gebreek deur iets in die mis. Ek kan dit slegs beskryf as 'n hoë noot gehuil. Ons was panikeurig. Al vyf van ons het ons paddaskoene aangetrek en in die water gegaan. "Bly bymekaar en probeer vir die skip!" het ek geskreeu. Nadat ons in die water was is ons in die mis geskei van mekaar. Agter my kon ek die geskreeu van my vriende hoor. Ek het die gedierte van naby gesien net voor my laaste vriend onder gegaan het. ... Die nek was ongeveer 12 voet lank, bruin-groen en het glad gelyk. Die kop was soos 'n seeskilpad maar net langer. Die oë was groen met ovaal pupille. Ek weet nie hoe lank was dit voordat ek 'n geskreeu gehoor het nie. Dit het ongeveer 'n half minuut aangehou. Ek het Warren hoor roep, "Haai help my! Dit het Brad! Ek moet hier uitkom!" Sy stem is skielik afgesny deur 'n kort hulp roep. "Brad, Warran! Haai, waar is almal?" Het ek baie hard geskreeu. Larry het nou saam met my en Eric geswem. Warren en Brad was nêrens te sien nie. Die telefoon paal figuur het langs Eric uit die water gekom. Ek kon die lang nek en twee klein ogies sien. Sy mond het oopgegaan en hy het oorgebuk. Dit het bo-op Eric geduik en hom na onder gesleep. Ek het begin skreeu en verby die skip geswem, ek het onbeheerbaar geskud. Hy het 'n skets gemaak van die ding wat sy vriende doodgemaak het. Hy sê, "Ek het uiteindelik dit gemaak tot by die skip waar ek die meeste van die nag gespandeer het. Die volgende oggend het ek strand toe geswem waar ek deur die reddingseenheid gevind is. Hier is die skets wat Brian McClearly geteken het van wat hy gesien het wat sy vriende doodgemaak het. Ek het 'n toespraak gelewer te Fort Walton Beach, Florida. Valerie Bill het aan my gesê, "Mnr. Hovind my stiefseun Larry Bill was een van die vier kinders. Die storie wat jy vertel is waar. Maar die Pesacola News Journal het gesê nadat hulle 'n onderhoud met hom gevoer het, "Hierdie is 'n strand dorp; mense kom hierheen om te swem. ... Ons gaan nie rapporteer dat jou vriende deur 'n dinosour geëet is nie. Ons gaan rapporteer dat hulle verdrink het. So dit is wat nie koerant gesê het, "vier tieners verdrink." In Panama City, Florida was daar iets soortgelyk as wat daar gesien is. 'n Jeugdirekteur van die Luther Kerk het my vertel dat sy hele groep jeugdiges in die bussie was. Hulle het 'n gedierte gesien soos die een in Panama City Baai. Daar was heelwat rapporte van lewende dinosours. Daar kan 'n paar Pterodaktiele lewend wees. Die plaaslike mense noem die gedierte "Kongamato" as jy in die Kongo is. In Kenia noem hulle dit "Batamzinga." Steve Romonde was voorheen deel van die Kenia Olimpiese Maraton span. Hy het my gebel toe hy op skool was in Louisiana. Hy't gesê, "Mnr Hovind, ek het daardie gediertes gesien. Ons het hulle in ons dorp in Kenia." Hulle gunsteling kos was verrotte menslike vlees. Hulle het die grafte oopgegrou en die liggame geëet. Baie mense het al gepraat van die Kongomato (of "Batamzinga"). Ons kan nog vir ure praat oor lewende dinosourusse. Daar was verskeie rapporte oor Pterodaktiele wat nog leef. Ek kry gereeld oproepe van mense wat Pterodaktiele gesien het. Hulle word gesien in Papua, New Guinea of oor Indonesië of in Venezuela. Ek wens ons het tyd gehad om oor al hierdie Pterodaktiel rapporte te praat. Dave Weitzel was daarheen en sê die plaaslike mense hou aan praat van hierdie vliëende "Ropin." Dit gloei in die donker oor Papua, New Guinea. Hy bly op daardie eiland. Jy sê, "Wat's die punt?" Jy sê, "Broer Hovind, wie gee om?" Ek dink dat daar steeds lewende dinosourusse is. En ek dink dat daar vir ons gelieg is oor die dinosourusse. Nee ek dink nie daar is baie nie en dit is waarskynlik veilig om koshuis toe te gaan. Moenie opgewonde raak en sê, "Ons gaan deur dinosourusse geëet word" nie. Nee dit is nie so nie, die gange sal skoon wees vanaand, ek belowe jou. Indiane het 'n legende genaamd "Thunderbird." Hulle sê dat hulle 'n reuse voël gesien het wat deur weerlig getref is. Toe hulle dit drie dae later gevind het, het die aasvoëls die bene skoon gevreet. Maar hulle sê dat dit 'n vlerkspan van 20 voet (7 m) gehad het en 'n benerige knop op die agterkop. Die Indiaanse bidstokke tot vandag toe nog het 'n kop van 'n Pterodaktiel daarop. Henry Ford het 'n Arend op die agterlig gesit, dit was 'n "Thunderbird". Dit moes 'n Pterodaktiel gewees het. Jy's verkeerd Henry. 'n Franse ontdekker Jacques Marquette en Joliet het by die dorp van Saint Louis gestop. Hulle het gerapporteer dat hulle 'n groot lelike voël gesien het wat op 'n rots geverf is in Alton, Illinois. Die Indiane sê dit was 'n Piasa voël. 'n Groot leier het hom jare gelede gedood. Hulle het die prent daar geverf. Hulle het toe 'n groot metaal bord daar opgesit. Daar staan ek; hulle het dit later verwyder omdat hulle bang was dat dit sou val. Ek raai dat hulle die Piasa bord teruggesit het. As jy na Alton, Illinois gaan sal jy die Piasa sien: Piasa Diary Queen, ens. ... Dit is taamlik bekend daar, wat ookal die Piasa voël was. Mense sê, "Broer Hovind hoekom praat jy oor dinosourusse?" Wel een rede is dat Satan dit gebruik vir sy godsdiens. Dit is tyd dat Christene verdedigend begin raak. Christene is verward oor waar dinosourusse inpas. Hulle is 'n baie goeie evangelistiese instrument. Kinders sal rondom jou vergader wanneer jy dinosourusse kry "Hy is die dief van die weë van God." wel dan moet God al die eer ontvang. Die Bybel praat ook van Leviatan. Dit is 'n heel ander storie, ons sal die Leviatan 'n ander tyd bespreek. So God het alles in ses dae gemaak. Dinosourusse het saam mense gelewe, mense het hulle doodgemaak. Daar kan selfs nog 'n paar lewe en Christene behoort op te hou om ons te bekommer oor dinosourusse. En ons moet hulle begin gebruik vir God se eer. Ons sal dit behandel in ons volgende sessie. (EINDE van Seminaar 3b) BEGIN van Seminar 3c - Dr. Kent Hovind - in Afrikaans - Vertaal deur Jan & Erika Bergh --Onderhoude met mense wat beweer dat hulle lewende dinosourusse gesien het.-- Hallo, dit is Kent Hovind. Ek sit hier by "The Antique Quest" in Winchester, New Hampshire met Sandy Mansi. Dit is goed om jou weer te sien Sandy. Ek het jou in 1992 laas gesien; en Sandy is die een wie Champ gesien het. Haar foto kom voor op die voorblad van 'n boek deur Joseph W. Zarzynsky. Hoekom vertel jy ons nie van wat dit was nie en waar jy was en so bietjie daaroor. Ek was by die Champlain Meer, aan die Vermont kant ... saam my verloofde (nou my man) en my kinders. Ons het die meer ondersoek. Ons het in daardie area groot geword. Ons het slegs die mere gaan ontdek. Ons het daar gesit en die stilte geniet. My man het na ons motor gegaan om die kamera te kry. Terwyl hy weg was, was daar 'n steuris in die meer. Ek het oor die meer gekyk en gedink dat dit 'n skool visse is; of miskien 'n duiker of iets, Toe kom die kop en nek uit die water. Die kop het opgekom en die nek en die rug - ek het geweet dat dit nie 'n vis is nie. Ek het gehoor dat iemand gesê het dat hulle gedink het dit was 'n eend. Wel miskien was dit 'n twee duisend pond eend! Toe jy by die kerk was het jy na my kom luister toe ek in Dublin, New Hampshire gepraat het. Ek het al my dinosourusse op die tafel gehad, jy het onmiddelik hierdie een opgetel as Champ. Maar jy't gesê dit het 'n bietjie anders gelyk as die een wat jy gesien het. Ja, wat ek gesien het, was dat die gedierte se nek nie so lank was nie. Die kop was gevorm soos 'n perd sin. Die nek was nie naastenby so lank nie. Daar is drie of vier verskillende soorte swemmende dinosourusse wat se bene gevind is. Daar is 'n Cronosour, wat 'n groot nek het; die Plesisour, wat jy vashou; ... dan is daar die Elasmosour, dit het 'n korter nek, en die nek is op die regte hoek met die lyf. Nie regtig in lyn met die lyf nie. Daar mag dalk ander wees wat nog nie ontdek is nie. Ons sal dit kry waar hulle die beeld op die kamera kan sien. Ek dink die een maar met 'n korter nek of die nek kon nie heeltemal uit die water gewees het nie. Reg al die dinge was gedurende 1977. Hoeveel ander mense weet jy van of het jy mee gepraat wat beweer hulle het dit ook gesien? Ek het waarskynlik met omtrent ses verskillende mense gepraat wat dit ook gesien het. Al ons ervaringe is baie, baie dieselfde. So ons almal kan nie mal wees nie. Ons kan nie almal van iets vertel wat ons nie gesien het nie; maar hulle stem almal baie ooreen. Die vorm van die kop en nek, net die massiewe grootte daarvan. Hoe lank het jy dit dopgehou sou jy sê? Vanaf die tyd van die steurnis totdat dit onder gegaan het omtrent agt minute. Agt tot tien minute. Die laaste maal dat ons gesels het so jaar gelede aan my gesê, ... Toe dit die eerste keer opgekom het, het dit in verskillende rigtings gekyk, dit het rondgekyk. Toe dit opgekom het, het na my gekyk, toe dit uit die water gekom het. Dit het rondgekyk, toe ek die een foto neem, het dit senuagtig geword. Dit het meer rondbeweeg en dit het sy kop gedraai om oor sy rug te kyk. Dit is toe dat ek die foto geneem het, dit het toe gedraai en na onder gegaan. Dit het so begin na onder gaan en toe verdwyn sy kop onder water. Nadat dit heeltemal onder water was het ek 'n boot hoor aankom. Ek het die boot gehoor. Ek het dit nie eers gesien nie maar dit hoor aankom. Ek het geweet dat daar 'n boot aankom lank voordat ek dit gesien het. Baie mense met wie ek onderhoude voer het my vertel van die soos in Afrika, dinosourusse in Afrika, ... die plaaslike mense beweer dat hulle gehoor baie sensitief is. Hulle kan jou hoor aankom en dan duik hulle onder water. Ek het sendeling vriende daar en hulle sê dat daar dinosourusse in die meer daar oorkant is. Ek is absoluut seker daarvan. God het een geskape, Hy het baie geskape. Hier is iets wat 'n skepsel moet wees. Dit is nie iets wat van 'n paling afkomstig is nie. Hy het een geskape, Hy het baie geskape. Jou foto wat op die voorkant van Joseph se boek is was al op 'n paar plekke. Dit was in Time Magazine, Julie, 1981. Jy was op 'n Tv program "Unsolved Mysteries," verlede week? Hulle het dit drie maal uitgesaai. Die eerste keer was in September laas jaar, 1992. En onlangs so wat 'n week gelede. Hulle het dit nog 'n keer uitgesaai. So jy is 'n rolprent held. Nee. Daar is die wat verkondig dat evolusie 'n bewyste feit is. Dat dinosourusse miljoene jare gelede geleef het. Soos jy weet dink ek baie anders en ek was 'n wetenskap onderwyser vir 15 jaar, Ek het 'n sterk opinie dat daar nog 'n paar dinosourusse lewend is, die wêreld is nie miljoene jare oud nie. Sou jy sê dat wat jy gesien het die beste beskryf kan word as 'n dinosourus van aard is? Water wonend? Ek het 'n dinosour gesien. Jy voel dat jy 'n dinosourus gesien het? Ek weet ek het. Ek weet ek het 'n dinosourus gesien. Reg, jy weet. Ek het 'n dinosourus gesien. Die vraag duik op by mense, hoekom het jy net een foto geneem? Omdat ek niks wou mis nie. Omdat jy dit dopgehou het? Ek was besig om daarna te kyk. Ek het my kamera gevat. Ek het die een foto geneem en dit neergesit. Ek wou niks mis nie. Ek was totaal verbaas. Reg. Ek was verslae oor wat besig was om te gebeur en ek weet nie hoekom ek net een geneem het nie. Dit was net instink; my man het die kamera aangegee. Hy het die kamera gaan haal om fotos van die kinders te neem. Dit was voordat dit uit die water gekom het. Hy het nie geweet wat aangaan nie totdat hy teruggekeer het nie. Hy het die kamera aan my gegee sodat hy my tot op die wal kon help. Ek het gebewe en het op my kniëe gesak, ek het die kamera opgetel. Ek het een foto geneem en dit neergesit. Ek sou geval het. Jy kon twintig fotos geneem het. Reg. Natuurlik. Maar ek wou dit dophou. My verstand het dit probeer rasionaliseer... en ek het probeer dink - wat is dit? Jy kom op 'n punt dat jy dit nie kan rasionaliseer nie. Jy staan verbaas. We goed. Enigiets anders? Enige tipiese vrae wat gevra word? Meeste van die mense wat met jou onderhoud voer glo in evolusie? Ja. Hoe voel jy daaroor? Jy hou nie daarvan nie. Ek stem 100% saam. Ek waardeer dit dat jy my toelaat om die foto te gebruik. Ek sit dit op een van my plakkate. Baie mooi. Ek het heelwat foto's van verskillende mense. My motief is om mense se geloof te versterk in die Bybel. Die Bybel is die Woord van God. Daar is Sandy se foto. Jy het al op verkeie programme, tydskrifte en so aan verskyn. Hoe lank bly jy al in Winchester? Twintig jaar. Twintig jaar, so jy het geen ambisie gehad om 'n rolprentster te word deur Champ af te neem nie? Nee, inteendeel ek wou dit nie gepubliseer het nie; Ek het dit geheim gehou vir twee jaar. Ek het hulle gedwing om dit in die wetenskap wêreld te hou. Ek is deur die media gedwing om dit te publiseer omdat hulle gebel het. Hulle is regtig aanhoudend - as ek dit al ooit gesien het, ek was gedwing. Dit is hoekom ek kopiereg daarop verkry het, sodat ek in 'n mate kontrole daaroor kon hê. Hulle moet my toestemming kry alvorens hulle dit kan gebruik. Dit was slim, 'n goeie skuif. Mense vra my nou, "As daar dan so baie van die gediertes is hoekom kry ons nie meer foto's nie?" Ek vra die vraag, "Het jy al ooit 'n motorongeluk gesien?" Hulle sê, "Wel ja." Ek sê, "Gee my 'n foto van een wat besig is om te gebeur." Jy het nog nooit 'n foto gesien van 'n ongeluk terwyl dit gebeur nie, tog gebeur daar duisende ongelukke. Dit gebeur so vinnig, dit duur 'n paar sekondes en jy dink nie daaraan om 'n foto te neem voor dit te laat is nie. Wel miskien kan jy my op datum hou. Stuur aan my enige informasie aangesien mense waarskynlik na jou toe kom en sê "Ek het dit gesien." Ek sal graag 'n lêer daaroor wil byhou. Stuur vir my 'n lys. Definitief. (Dr. Hovind se onderhoud met Sandy Mansi vervolg.) Hier is Champ op die muur. Vertel vir hulle van die ouerige man wat dit kom bekyk het. Ek het hier by die toonbank gestaan. 'n Ouerige man het binnegekom. Hy het na die foto gestaar en gestaar en my gevra waar was dit? Ek het gesê dat dit "Champ" is in die Champlain Meer. Hy het my vertel dat hy nog niemand daarvan vertel het nie, dit was gedurende die tagtigs. Hy het gesê hy was nege-en-tagtig of Sewe-en-tagtig. Hy het my vertel dat toe hy 'n jong man was hy gaan visvang het saam met sy oupa in die Champlain Meer. Dit was by Bulwagga Baai in daardie area. Het hy daar grootgeword? Ja hy het op die meer grootgeword. Hy en sy oupa was besig om vis te vang - en die monsteragtige ding het uit die water gekom Sy oupa het aan hom gesê dat dit Champ was en dat hy vir niemand moet vertel nie. Mense sal net lag en dink dat jy mal is. Al die jare het hy niemand daarvan vertel nie. Ek was die eertse persoon aan wie hy dit vertel het. Hy't gesê, "Ek was nie mal nie en my oupa ook nie, hy het 'n lewende, asemhalende dinosour gesien." Ek het gesê, Halleluja. Ja. Meer getuienis. Beslis. Noudat ander mense dit ook gesien het en vir jou sê...? Ja, ek waardeer dit omdat dit my 'n indikasie gee dat ek nie mal is nie. Ek het dit nie opgemaak nie. Dit is wat ek gesien het en dit is wat hulle gesien het. Ons almal het iets gesien en miskien sal die meer eendag haar geheim onthul; moet dit nie doodmaak nie. Moet dit nie doodmaak nie. Reg, baie dankie, jy het kliënte hier, ons beter jou laat gaan. (Die volgende video is geneem deur Lee Smith, gesig na Champlain Meer, van New York se kant.) ... verposing ...(video begin - geen klank) Dit is 'n haai! Dit het wit goeters op hom! Dit kom uit hom uit - dit kom uit die water uit. Haai dit gaan onder. Dit volg sy paadjie. Dit het net daar ondergegaan pa. Kyk met die verkyker. Huh? Kyk met die verkyker. Was dit 'n haai? Nee dit was nie 'n haai nie. Iets het nou net daar opgekom. Ek het dit gesien pa. Ja, dit is onder. Ek dink ons nou net "Champ" gesien. Wat is Champ? Die Champlain Meer monster. Maar dit is nou weg Clayton. Ek moes nie so lank deur die verkyker gekyk het nie; ek moes die kamera gekry het. Dit het seker dieselfde manier ondergegaan; dit her daar vêr begin. Hy was net verby die boei toe daardie seilboot verby gegaan het. Ek weet. Ek het daarna gekyk met die verkyker. Ek het gedink dit was net 'n houtstomp. Dit het al die pad van daardie boei af binneland toe gegaan, toe gaan dit onder net daar. (Lee Smith video eindig; wetenskaplike video begin.) Hierdie is 'n reuse inkvis van die spesie Architeuthis Dux. Dit het gestrand 22 November, 1979 naby Brainerd's Conurs Eiland, Bon Vista Baai, Newfoundland. Dit is 'n onvolwasse wyfie. Dit is 'n klein wyfie, maar dit is deel van die spesies van Reuse Inkvisse. Ek glo die Reuse Inkvis bereik 'n grootte van min of meer 150 voet (46 m). As die 20 voet (6 m) lank is, dan is die totale lengte 8 keer langer as dit. Dit is 'n groot inkvis. (Verskeie opnames van ooggetuies van see monsters.) In 1976 net 30 myl (50 km) vanaf Lizard Point, Cornwall, het twee visersmanne, ... George Venican en John Cox ook 'n monster teegekom. Dit het vanaf 30 myl ingekom, 25 - 30 myl (45-50 km) vêr. Ek het gesien wat ek gedink het is 'n boot wat omgeslaan het. Ons het nadere ondersoek gaan ingestel. Toe ons nader gaan het ons gesien dit is nie 'n omgeslane boot nie. Dit was iets wat ander al gesien het. Donker van kleur met hobbels op die rug. Tussen 15-18 voet (4-5 m) lank. Dit het ongeveer 3 voet (1 m) bo die oppevlak uitgestyg. Dit was 'n gladde kalm dag; daar was geen steurnis op die water nie. Ons het nader gegaan, ek het na die agterskip gegaan, dit het uit die water gestyg. Hy was slegs 3 voet (1 m) vanwaar die boot was. Sy kop het uit die water gelig! Ek het gedink dat dit iets was wat ek in my 40 jaar op see nog nooit gesien het nie. Dit gelydelik in die water afgesak en verdwyn. Nadat ons daaroor gepraat het, is die enigste ding waaraan ons kon dink is dat dit 'n prehistoriese dier was. Ons is besig met 'n inbel program. ... Theresa, hoe gaan dit? Dit gaan goed dankie. Vandag praat ons oor die Ogopogo. Baie mense in die gebied het dit al gesien. Die legende gaan al jare aan en ons sal met 'n paar kenners gesels. Ons het Arlene Gull vandag hier. Arlene het 'n boek geskryf. Dis reg. Ons gaan nou na die telefoonlyne. Lyn twee goeie môre. Hallo Mnr. Palridge. Ja gaan voort. U wil uitvind oor Ogopogo. Ja baie graag. Reg, ek het 'n huurmotor gehad en 'n passasier na die hospitaal geneem. Ek het afbeweeg in Abbott Straat, ek het tot omtrent hier gevorder, ek het na die meer gekyk. Ek was verbaas. Ek het die ding uit die water sien opkom. Dit was soos 'n perdekop met tipe horings daarop. Wel hy was groot. Hy't daar gestaan - net soos 'n groot slang. 'n Ander man het agter my aangekom en gevra, "Waarna kyk jy?" Ek het gesê, "Ek sien Ogopogo daar oorkant." Hy't gesê, "Waar!? Waar!?" "Daar oorkant," Ek het die voertuig se deur oopgemaak. Ek het net effens uitgeklim - en hy het terug in die water geglip. Hy't gesê, "Haai, kyk die groot golwe." En al wat ons kon sien was groot golwe, daar naby die boot afrit. Hulle het verdwyn. Ek het opgewonde geraak en in die motor geklim. Ek het by die Willow Inn gestopp en die mense daar vertel. Hulle was besig met ontbyt. "Ek het nou net Ogopogo gesien!" Hulle het gesê, "Wat die joos het jy gedrink?" Lyn vier, gaan asseblief voort. Hallo John. Hoe gaan dit? Dit gaan nie te sleg nie. Goed. Gaan jy jou naam vir my gee? Nee ek gaan nie. Regso. Ek het Ogopogo gesien by Clarsen vier jaar gelede. Jy wil nie jou naam oor die lug sê nie. Nee ek wil nie. Jy het sekerlik sommige mense daarvan gesê. Ja. Is jy bang dat hulle sal dink dat jy 'n bietjie mal is? Ek het later vreemde oproepe ontvang. Ek kry dit elke dag, dit is hoekom hulle my betaal. Wel ek word nie daarvoor betaal nie; Ek het genoeg daarvan gehad, dankie. Ons was op die strand besig om piekniek te hou. My dogter was op die swaai toe ek die "gedierte" sien opkom onder die kaai. Toe ek omdraai en dit sien het ek besef dit is die legendariese Ogopogo, ek het geskrik. Ek het net my baba gegryp en langs die strand af gehardloop. Ek raai ek het oor en oor gegil "Dis hy!" Sy het hard geskreeu. Ek kon dit nie glo nie; haar gesig was rooi. Dit het visgevang of wat ookal. Dit was daar vir 'n hele ruk, toe het dit reguit gegaan. En dit het al langs daardie pale gegaan. Soos dit beweeg het, het slegs die drie boggels uitgestaan. Hulle was van die een punt van die pale tot by die ander; uitmekaar, daar was drie boggels. Dit het langs die strand afbeweeg tot by daardie draai. Dit het toe gedraai en reguit oor die meer gegaan. Reg, ons gaan nou wegbreek van die telefoon oproepe. Ons gaan iemand voorstel wat wel bekend is in die Okanagan Vallei. Arlene Gull; Arlene het 'n boek geskryf oor Ogopogo. Goeie môre Arlene. Goeie môre John. Goeie môre Theresa. Goeie môre. Hoeveel besigtigings het jy gedokumenteer? Letterlik honderde. Wanneer was die eerste? Die eerste was in 1852. Die eerste gedokumenteerde besigtiging was in 1852 en dit is nou 1980. Beteken dit dan dat daar meer as een Ogopogo is? Dit wil voorkom asof daar meer as een is. Daar is 'n film gemaak, ek dink in 1968. Dit is nogal moeilik om nie te glo as jy dit vir jouself sien nie. Vertel vir ons van daardie film. Die Folden film is gedurende 1968 geneem deur 'n man genaamd Art Folden. Hy het teruggekeer na 'n reis na sy huis in Chase. Toe hy die perske lyn area genader het, het hy 'n voorwerp in die meer gesien. Hy het vir sy vrou gesê, "Kyk, daar is Ogopogo." Sy't vir hom gelag. Hy het uitgeklim en die gedierte begin afneem. Wat ons in die film sien is 'n groot lewende voorwerp wat deur die water beweeg. Dit kom na bo en gaan na onder teen verskillende tussenposes en verkillende tye. Dit wys ook die gedierte wat teen 'n hoë spoed wegbeweeg en 'n groot golfstroom maak. Hier is beeldmateriaal in die film wat ek baie van hou omdat jy die gedierte kan sien ... die water vinnig wegdruk, met 'n masiewe golfstroom - wat 'n groot golf maak. Van my kant af glo ek dit. Was daar enige onlangse besigtigings? Ons het tussen sewe en agt besigtigings gehad hierdie jaar. Ons het een wat die beste besigtiging was. Hoekom? Dit was deur die Rieger familie. Dit was 'n pragtige dag en die water was kalm en soos glas. Ek het opgekyk en ek het 'n groot golf gesien wat na my aankom. Ek het nie veel notisie daarvan geneem nie maar dit het steeds nader gekom. Ek het by myself gedink, hoekom sal daar 'n golf wees sonder wind of iets? Ek het my seun geroep, ek het gesê hy moet kom kyk. Kyk of jy kan sien wat de joos hier op die meer aankom. Hy het gekyk en geantwoord, "Nee, ek weet nie." My kleinseun was ook daar. Hy't gesê, "Haai oupa, dit is Ogopogo!" Dit sou reg in ons vasgeswem het maar ons het die boot weggestuur. Ons het dit gevolg vir omtrent 15 - 20 minute. Ek sou sê dat die monster ongeveer 14-16 voet (4-5 m) lank was en wat bo water uitgesteek het ongeveer 3 voet. Dit het 'n redelike boggel tussen die skouers gehad en dit het 'n boggel op die rug gehad by die stert. Ek sou sê dat die stertongeveer 30-40 (9-12 m) of miskien 50 voet lank was, ek kon nie die punt sien nie. Maar hy het 'n lang stert gehad. Dit het vier bene gehad. Ek sou sê dat die monster ongeveer 30 ton geweeg het. Sy kop voor het van kant tot kant beweeg. Dit wou voorkom asof dit vis gesoek het of om te eet of so iets. Hy het 'n groot volume water rondgeroer. Ek het dit nog nooit gesien nie, ek sou dit nooit geglo het nie. Ek gee eintlik nie om of enigiemand my glo of nie. Ek het daardie dier daar gesien en ek weet dit is hier. Ek weet dit is geweldig groot. Dit was 'n soort "monster vis" in die afwesiheid van 'n beter woord. Dit was ongeveer 30 tot 35 voet (9-11 m) in lengte. Sy kop het uit die water gesteek en jy kon die sweephaar aksie van die stert sien. Die golwe het bo-oor dit gegaan. Ek het twee foto's daarvan geneem. U sê dit is rofweg soortgelyk hieraan? Wat het verskil? Soortgelyk, maar ek kon nie die vinne aan die kant sien nie. Omdat dit die vis is wat ek gesien het of wat ookal maar hulle was nie in sig nie. Jy kon net die kop sien, die nek en die bo gedeelte van die lyf. Hierdie is Kent Hovind van Pensacola, Florida. Ek is hier in Kanada by 100 Hubtley Straat Program. Verskeie jare gelede, ek dink ongeveer 1994, toe ek op die program was. Het ek my boek van Dr. Roy Mackel, "A Living Dinosour" saamgebring. Ek is saam met Cal wie hier langs my sit. Hy't gesê, "Toe ek in Afrika was het ek iets gesien wat soos 'n dinosour gelyk het." Ek het na hierdie bladsy geblaai, bladsy 256 in Roy Mackel se boek en jy't gesê, "Haai, ek het een gesien!" Wil jy nie 'n paar minute neem en die mense vertel wat jy gesien het en waar jy nou werk nie. En as hulle jou in die hande wil kry as hulle enige vrae het - beskryf net wat jy gesien het. Dit was een van die skrikwekendste ervaringe. Dit was in 1963. Ek was oppad deur die ou paaie van Kenia, oppad terug na Nairobie om 'n motor te gaan haal. Ek het my ou Chevrolet, wat waarskynlik te groot was vir die paaie oor die slaggate, gery. Ek het redelik stadig beweeg. Dit area was vol bulte in Muhoroni die omgewing. Dit is in die Rif Vallei maar 'n heuwelrige gedeelte van die vallei. Soos ons die hoogte genader het, o ja my vrou was saam my. Skielik het dit voor ons gelê - dwars oor die pad 7, 8, of 9 voet (2-3 m) lank. Ek het eers gedink dit is 'n krokodil. Toe dink ek, nee dit kan nie 'n krokodil wees nie. Hierdie is 'n droë deel van die land. Terwyl ek daarna gekyk het, het ek spoed verminder. Ek het die motor gestop en daarna gekyk vir omtrent 10 minute. Terwyl ek daarna kyk het die woord "prehistories" by my opgekom. Dit het deur my gedagtes gegaan. Ek het gesê, "Dit kan nie waar wees nie." Ek het al prente gesien wat so lyk maar nie heeltemal soos hierdie een nie. Elkgeval, vanaf die stert tot by die kop was daar - 'n reeks - riffels. Riffels soos driehoeke, perfekte driehoeke al die pad van kop tot stert. Dit het net plat op die pad gelê. Dit wou voorkom asof dit in die son gebak het. Ek die ding dopgehou vir tien minute. Ek kon myself skiet omdat ek nie my kamera by my gehad het nie. Ek wens ek het, daar was dit, ek het nog nooit so iets gesien nie ook nie sedert nie. Ek het mense daaroor gevra en na die natuur historiese museum gegaan. Ek het gesê, "Het julle so iets gesien of gehoor van so iets in Kenia?" Hulle het gesê, "Nee daar is niks lewend vandag soos dit nie." Ek het gesê, "Ek het so iets gesien." Ek het intens met hulle geredeneer vir 'n ruk. Hulle het gesê, "Dit moet jou verbeelding wees." Wel ek en my vrou het dit gesien. Ons het verskeie kenners daaroor uitgevra vir 'n paar jaar. Niemand het nog of sedert dan so iets gesien nie. Daar het dit in die pad gelê. Na omtrent tien minute het dit opgestaan nie heeltemal so hoog as op die skets nie. Dit het afgewandel in 'n baie droë gedeelte van die land, 'n bosagtige gedeelte. Dit het net weggeloop, ek en Marion het net na mekaar gestaar en gewonder wat op dees aarde dit was. Watter kleur was dit? Dit was soort van grys. Kon jy die oë sien? Ja hulle het geknip. Dit het sy kop gedraai en na ons gekyk; dit het gelyk of dit bang was vir ons. Kon jy deur na die oë te kyk sien of dit ovaal of rond was? Ek as nie naby genoeg om dit te sien nie. Was die bek soos die van 'n krokodil? Meer soos 'n krokodil as seekoei sal ek sê; dit het 'n lang gesig gehad. Sommige van die Afrika mense met wie ek gepraat het sê dit was 'n likkewaan. Ek het gesê dit is onmoontlik. Ek het al baie likkewane gesien. Ek het nog nooit een gesien van 9 voet (3 m) lank nie; daar was nog nooit so lang een nie. Ek het per ongeluk al 'n paar likkewane dood gery met my motor. Hulle vel is glad; met geen riwwe op die rug nie. Ek ken 'n likkewaan as ek een sien. Hierdie is nie 'n likkewaan nie; hierdie ding het riwwe op sy rug gehad. Kon jy sien of was die vel glad of skubberig? Dit het hobbelrig gelyk, meer soos 'n krokodil. Regso. Ek dink nie dit het skubbe op die kant gehad nie. Ek is regtig nie seker nie. Regso. Dit was baie jare gelede. Dis nou 1997. Ek verstaan. Ek sê al vir jare dat daar steeds 'n paar lewende dinosourusse is. En die eerste ding waaraan jy gedink het is dat dit prehistories is? Ek was gekondisioneer deur opvoeding wat ek ontvang het tot op daardie stadium. Reg. Hierdie dinge bestaan nie. Wat ookal dit was, dit kan nie 'n dinosour wees nie. Dit is die eerste ding waaraan die meeste mense dink. Ek het dit oorweeg en besluit dat dit moet een of ander likkewaan wees. Omdat jy akkedisse kry van alle groottes vanaf 'n geitjie tot by 'n likkewaan. Jy werk hier te 100 Huntley Straat. Wat is die telefoon nommer hier as mense enige vrae het kan hulle vra vir Mnr. Cal Bombay? My nommer is 1-905-335-7100, uitbr. 3206. Wel skakel hom indien jy dit nie glo nie. Ek het dit gesien. Toe ek hierdie foto gesien het, het ek gedink, "Dit is wat ek gesien het!" Kom ons kry hulle om die foto te vergroot as jy kan en ons afsluit daarmee. Indien u enige vra het sal ons bly wees om te help. Skakel ons gerus indien u meer inligting oor dinosourusse wil hê. Laat weet ons. Ons sal graag ons video bande aanstuur oor: Skepping, Evolusie en Dinosourusse. So dit is wat jy gesien het in 1962? Dit is die naaste wat ek nog ooit gesien het. Baie dankie broer. Ek waardeer die tyd en die Here seën jou. Jy's welkom, baie dankie. Ons hoop jy het die reeks videos oor die skepping, evolusie en dinosourusse geniet. Baie belangriker as al die waarheid en feite waarvan ons kennis dra is om die waarheid te weet of jy hemel toe gaan of nie. As jy nog nooit Christus as jou saligmaker aanvaar het nie, laat ek gou verduidelik wat jy moet doen om hemel toe te gaan. Die Bybel sê ons is almal sondaars. Ons het God se gebooie verbreek. Ons het die Skepper verontagsaam. Ons het bose dinge gedoen. Ons is sondaars. Sommige erger as ander, ten minste in die mens se oog, maar ons het almal God se gebooie verbreek. In die Bybel staan jy moet bely. Die woord "bely" beteken om terug te keer, dit beteken eintlik twee dinge, draai jou rug op sonde en draai na God. God kyk vir 'n verandering in jou houding waar jy sê, "Here, ek wil nie meer verkeerde dinge doen nie. Ek is jammer dat ek vir U aanstootlik was. Ek wil die regte ding doen." En u draai weg van sonde en draai na God en sê, "God, vergewe my asseblief? Sal U my red?" In die Bybel staan in Romeine 3 vers 23: want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God. Jy moet erken dat jy 'n sondaar is. Nommer twee: In die Bybel staan in Romeine 6:23, "Want die loon van die sonde is die dood," Ons verdien die dood en om hel toe te gaan vir ons sonde. Maar, Jesus het vir jou gesterf. Hy is lief vir jou. Hy wil hê dat jy hemel toe gaan. Enigiemand wat Hom vir Sy genade vra, sal God aan hom die geskenk van die ewige lewe gee sê Romeine 6:23. Dit is verniet. Dit staan in Romeine 10 vers 13: Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. As jy net uitroep en sê, "Here, ek is 'n sondaar. Sal U my asseblief vergewe?" En vra Hom. Hy sal aan jou die geskenk van ewige lewe gee. Hoekom bid u nie sommer nou saam my nie en u jy kan Christus as jou redder ontvang? Daar is geen toorwoorde nie. God kyk na jou hart. Maar as jy dit kan sê en dit bedoel, sal God jou vergewe. Sê net, "Liewe Here Jesus, ek weet ek is 'n sondaar. Ek het U gebooie verbreek. Ek is jammer. Vergewe my asseblief. Vereffen my rekening deur U bloed. Vergewe my sonde en neem my hemel toe. In Jesus se Naam, Amen." In die bybel staan, "As jy die Here aanroep sal jy gered word." As jy die Here gevra het om jou te red, Hy't belowe Hy sal. Nou is dit jou werk om te groei. Lees jou Bybel, bid, raak betrokke by 'n kerk wat die Bybel glo en begin om 'n goeie Christen te wees. Baie dankie. Skakel of skryf gerus as ons kan help. Ons sal bly wees om te help. Wat u nou gaan hoor is 'n band opname: Dit is na bewering die gebrul van die gedierte in die Congo Moeras. Die plaaslike mense noem dit: Mokele-Mbembe, wat een van die min lewende dinosourusse is. Die geluid klink of dit 'n geklap of slaan geluid bevat naby die einde van elke brul. Sommige mense spekuleer dat dit soortgelyk is aan die Geitjie. Wat 'n brul geluid maak met die vel flap onder sy keel. Dit slaan terug teen die keel wat . geklap veroorsaak. Dit is die beste wat ons sover hiervan het; as jy nog hoot laat weet my asseblief. Hoop u geniet dit. ROAR!! Vir meer inligting oor ons materiaal by die Skepping Wetenskap Evangelisasie skryf aan ons by: Creation Science Evangelism, P.O. Box 37338, Pensacola, FL. 32526 USA Skakel ons by 1-850-479-DINO, dit is 1-850-479-3466. Of besoek ons aanlyn by: www.drdino.com - [Ed.13.5] - Afrikaans