Seminar 2a - www.drdino.com - Dr. Kent Hovind - Afrikaans Die brachiosourus was 85-voet lank en het 30 tot 80 ton geweeg. Maar sy neusgate was maar so klein soos dié van 'n hedendaagse perd. Het hulle versmoor? Of was die atmosfeer op Aarde anders ongeveer 6000 jaar gelede? Kyk hoe geweldig anders was die oorspronklike skepping van ons omgewing vandag en vir meer as 900 jaar. Die omgewing het enorme plante en diere voortgebring en het die perfekte toestande vir die groei van die dinosourusse geskep. Seminar 2a - Dr. Kent Hovind - www.drdino.com - translated by Niki Tolken into Afrikaans Seminar 2a - "DIE TUIN VAN EDEN" Baie dankie vir u teenwoordigheid. My naam is Kent Hovind. Ek het hoërskool wetenskap vir 15 jaar aangebied; en vir die laaste sestien jaar doen ek seminare oor die skepping, evolusie en dinosourusse. In hierdie sessie gaan ons praat oor (1) hoe dit in die Tuin van Eden was, (2) waarom kon mense lewe tot 900 jaar oud, tot en met die Groot Vloed? (3) wat is dan nou anders van die oorspronklike skepping teenoor vandag? En verder, (4) hoe om God se belofte te verstaan dat Hy weer die aarde gaan restoureer soos dit oorspronklik bedoel was. (U kan deel hê hierin as u wil.) Maar eerstens, hierdie is nie my vrou nie; dis net 'n foto van haar. Ons woon in Pensacola, Florida, wat dalk binne die volgende uur deur 'n tropiese storm getref kan word. Ons het al 'n redelike klomp orkane ervaar sedert ons daar woon - maar dis nie so erg nie. Ons het drie kinders, een van elk. Een van elk? Hulle is darem almal getroud, en die hond is dood. So ek het dit gemaak, ek is vry! En sover het ek vier kleinkinders, en ek dink dit is God se beloning as jy nie jou eie kinders vermoor het elke keer as die gedagte by jou opgekom het nie. So, hopelik is daar nog oppad. Die hele spul woon hier. Hulle woon almal naby my en hulle kom kuier elke dag. Dis wonderlik! Ek het 'n wonderlike familie. Hulle wil almal God dien met hulle lewens. Die Bybel sê in Kolossense hoofstuk een, "want in Hom (Jesus) is alle dinge geskape — Alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. Jesus het alles geskape. En Jesus sê in Matteus 19:4, "Het julle nie gelees, dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie?" Was dit dan werklik die begin? Jesus sê dit was. Die Bybel sê dat van die begin van die skepping af het God hulle manlik en vroulik gemaak. Die Bybel leer dat sonde deur een man in die wêreld gekom het, en die dood, deur sonde. Deur mens het die dood gekom. Evolusie leer dat die dood het die mens in die wêreld ingebring; die Bybel sê mens het die dood in die wêreld ingebring. Hierdie twee sienswyses is totaal en al die teenoorgesteldes. En die Bybel sê Adam was die eerste; en hy was 130 toe Set gebore was; en Set was 105 toe Enos gebore was. Ons het dit reeds in die vorige sessie bespreek. As ons deur die Bybel gaan en die datums optel (dis nie moeilik of te doen nie), dan werk dit uit na 'n datum omtrent 6,000 jaar gelede, 4000 vC vir die skepping. Hierdie datum word verkry deur die datums in die Bybel op te tel. So nou gaan ons 'n paar dinge bespreek. Hoe was die aarde voor die Vloed? Is dit moontlik vir 'n mens om meer as 900 jaar te lewe? U kan baie in 900 jaar leer! Baie mense het nog nooit hieraan gedink nie, maar besef u dat Adam elke taal in die wêreld kon praat? Want daar was net een! En hy was ook getroud met die mooiste meisie in die wêreld. Maar dinge was baie anders in daardie dae! Skoolhandboeke leer ons kinders dat dinosourusse miljoene jare gelede gelewe het. Is dit waar? Wel, as die aarde slegs 6,000 jaar oud is, kan dit mos nie waar wees nie. Waar pas die dinosourusse in? Wel, ons sal dit nou-nou bespreek. Het dinosourusse miljoene jare gelede gelewe, of het hulle altyd tussen mense gewoon? Hulle was net 'n ander naam genoem - hulle was drake genoem. Hoe was die oorspronklike skepping? Wat het hulle geëet voor die Vloed? Hoe gaan dit wees tydens die 1,000-jaar regering van Christus? wanneer die Here dinge gaan herstel soos dit moes wees. Waar het al die water van die Vloed vandaan gekom? En waarheen het dit gegaan? En was daar werklik 10-voet reuse op die aarde? Wel, wag bietjie. Ons sal nou soveel moontlik bestudeer as wat ons kan; hier gaan ons! Die Bybel sê in II Petrus hoofstuk 3, "Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom." Het u geweet dat daar mense is wat spot met die Bybel? Ek het op 'n gereelde basis met hulle te doen. Ek trek hulle aan soos 'n weerligafleier. Die spotters daar buite - hulle haat my! Ek probeer gaaf met hulle wees, maar steeds hou hulle niks van my nie. Hulle waardeer nie die gawe, wonderlike ou wat ek is nie. Die Bybel sê "die spotters sal volgens hulle eie begeerlikhede wandel". Weet u hoekom mense met die Bybel spot? Dit is nie oor hulle wetenskap nie. Hulle dink dit is; maar dit is nie. Hulle spot met die Bybel as gevolg van hulle eie begeertes. Hulle wil nie hê dat God vir hulle vertel wat om te doen nie. Dis die onderliggende waarheid, elke keer. Die spotters gaan sê, "Waar is die belofte van Sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, ... ... bly alles soos dit was van die begin van die skepping af." Dis 'n belangrike stelling; ons bespreek dit op video #4. Maar die spotters gaan sê: die manier soos dinge nou is, is die manier hoe dinge altyd was. Gelykvormigheid - ons het nie nou tyd om dit te bespreek nie - meer inligting hieroor in video #4. Die Bybel sê dat die spotters moedswillig vergeetagtig is. Moedswillig vergeetagtig! In die Grieks beteken dit "doelbewus onnosel." Die spotters is doelbewus onnosel ten opsigte van twee dinge, naamlik; Nommer een, "Dat daar van lankal af hemele was en ontstaan het deur die Woord van God." Neem kennis dat die woord "hemel" meervoudig, "hemele" is. Daar is meer as een hemel. Ons sal later hieroor praat. Die spotters is onkundig oor hoe God die hemele deur Sy Woord geskape het. "en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het." Dis is 'n vreemde gedagte. Hoe kan die aarde uit water en deur water ontstaan? Maar kyk, dit sê, die hemele en die aarde het onstaan deur Sy Woord. Het u geweet dat toe God die heelal geskep het, het Hy nie 'n vinger verroer nie? Hy het nie een skroef ingedraai of een spyker ingekap nie. Hy het net gepraat en elke molekule het reggestaan. Dit is ongelooflik. As Hy praat, lê selfs die golwe plat; die wind gaan lê. As Hy praat, staan die dooies op. As Hy praat, word die heelal geskape! Alles is gehoorsaam aan die stem van God, behalwe ons. Hy het moeilikheid met ons selfs nou. Maar Hy gaan alles binnekort herstel sodat "elke knie sal buig, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader" Maar die spotters is doelbewus onnosel oor hoe God die hemele deur Sy Woord geskape het, en hulle is onkundig oor hoe die aarde uit water en deur water ontstaan het. Met ander woorde, hulle is onkundig oor die oorspronklike skepping. Hoe was dit dan? Ons sal binnekort daarna kyk. Die tweede punt waaroor hulle onkundig is, is die Vloed. Dit sê "waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het." Hierdie wêreld was vernietig deur 'n Vloed, heeltemal vernietig. Die derde punt waaroor hulle onkundig is, is oor die toekomstige oordeel. Die volgende vers sê, "Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê, ... ... en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense." Sien, die spotters is onkundig oor die skepping. Hulle wil nie erken dat God die wêreld geskape het nie, want dit beteken dat Hy dit besit. Hulle wil ook nie erken dat daar 'n Vloed was nie, want, soos u weet, dit bewys dat God die outoriteit het om Sy skepping te oordeel. Hulle hou niks van hierdie idee nie. En verseker wil hulle nie glo dat daar 'n toekomstige oordeel is nie! Ek hou van die buffer plakker wat sê: "Jesus is oppad, en mensig, Hy is kwaad!" Dit is die Waarheid! Wel, ongelukkig is baie Christene ook onkundig oor hoe die oorspronklike skepping was, en wat die Vloed aan hierdie wêreld gedoen het; en as gevolg van hulle onkunde oor die skepping en die Vloed, veroorsaak dit dat baie Christene die suiwer lering van God se Woord kompromitteer. Genesis hoofstuk een, "In die begin het God die hemel en die aarde geskape." Terloops in Genesis 1:1, dis hemel, enkelvoud. Later is dit altyd "hemele" meervoud. Toe Hy dit oorspronklik geskape het, was dit hemel, een hemel. Later het Hy dit opgedeel in drie dele: eerste hemel, tweede hemel, derde hemel. Ons sal nou-nou daarna kyk; maar kyk nou na vers vyf. Dit sê "En dit was aand en dit was môre, die eerste dag." Let op na die woord "die," d-i-e. In Engels word dit die bepaalde lidwoord genoem, DIE eerste dag. Hierdie is die "King James" weergawe, wat ek self gebruik en ek stel dit hoog op prys vir Engelssprekendes. Ek versamel ook ander weergawes van die Bybel. Ek is nie vir hulle bang nie; maar, wees bewus dat daar 'n paar baie ernstige veranderinge gemaak is in van hierdie ander weergawes. Baie het die Bloed in vele plekke uitgelaat; en baie het die Goddelikheid van Christus ontneem. Sommige ernstige veranderinge. Sommige het soveel as 200 verse uitgehaal! Meer inligting hieroor in Video #7. Ons bespreek daarin waarom die "King James" weergawe die beste is. Maar ek het baie geleer uit my "Revised Standard" weergawe, wat ek vir volledige bywoning in graad 4 aan die Metodiste Kerk ontvang het. Ek het as kind in 'n uitermate liberale Metodiste Kerk in die Peoria [Illinois] area kerk bygewoon. Nie alle Metodiste is liberaal nie, maar myne was redelik baie. Ons kerk het twee kansels gehad; dit was werklik vreemd! Hulle het een kansel gehad waar hulle die Bybel vanaf gelees het, en dan het die prediker geloop na die ander kansel waarvandaan hy dan gepreek het. Dit het my baie lank geneem om te verstaan waarom hulle dit so gedoen het, totdat ek uiteindelik besef het dat dit was omdat wat hy daar gelees het so ver was van wat hy aan die anderkant gepreek het, dat hulle die twee kansels moes skei. Maar ek het volledige bywoning in graad vier gehad, en hulle het vir my die "vergruisde sub-standaard perversie" [RSV] van die Bybel gegee. En so het ek my Bybelversameling begin en ek wou sien hoe hulle die Genesis storie vertolk. Weet u wat se verskille is daar? En dit sê in die "omgekeerde weergawe" [RSV], "dit was aand en dit was môre, een dag." Wag 'n bietjie! Wat het geword van "die eerste dag"? Hoeveel "eerste dae" is daar in die geskiedenis? Een. Hoeveel "een dae" is daar in die geskiedenis? Almal van hulle, enige van hulle, reg? Hoekom dan dit "een" dag noem? Dan in vers agt noem hulle dit "'n tweede dag" in plaas van "die tweede dag". Wel, ek het uitgevind dat die ouens van die "vergruisde weergawe" glo nie in 'n letterlike ses-dag skepping nie. En omtrent elke ander beskikbare vertaling verander "die eerste dag" na "een dag." U kan dit maar self ondersoek. Hierdie mense, of baie van hulle, glo in die gapingsteorie. Hoeveel van u het al van die gapingsteorie gehoor? Die gapingsteorie was opgemaak in 1814, deur 'n Skotse prediker genaamd Thomas Chalmers. Hy het gesê, "Daar is 'n gaping tussen vers een en vers twee, en daar is miljoene of biljoene jare tussenin." Niemand het eers aan die gapingsteorie gedink tot die 1800s nie, waarna dit populêr geraak het om te preek dat die aarde miljoene jare oud is. Sien, in 1795 was 'n boek geskryf wat beweer dat die aarde miljoene jare oud is; en 'n paar Christene, het dit geglo en sê toe, "Sjoe, ons moet die Bybel dit laat sê." En so het hulle met allerlei idees vorendag gekom: gapingsteorie, dag-jarige ouderdomsteorie, progressiewe skepping... Ons sal weer later hieroor gesels. Maar die gapingsteorie was een van dié wat hulle in 1814 uitgedink het, om te leer dat daar miskien miljoene of biljoene jare tussen die eerste twee verse is. Dit is wat ek geleer was toe ek Bybel Kollege begewoon het. Dit is ook wat die Scofield Verwysingsbybel leer. Hulle beweer dat daar tussen die eerste twee verse van Genesis genoeg ruimte vir al die geologiese eras is. Hulle sê daar is 'n pre-Adamitiese rebellie; en die oordeel oor Lucifer is afgehandel. Wag 'n bietjie, was enigiemand hier voor Adam? Was daar 'n pre-Adamitiese rebellie? En presies wanneer was Lucifer geoordeel en uitgewerp uit die hemel? Wel, ons beter kyk wat die Skrif sê. Genesis 1:2 sê, "Die aarde was woes en leeg." In Hebreeus is dit "tohu waw bohu," wat beteken "vormloos en leeg." vormloos beteken..."sonder vorm." En leeg beteken "leeg". Dit beteken nie verwoes nie; dit beteken net dis nog nie klaar nie, dis al. Daar is 'n goeie boek buite op die boektafel. As u wil diep delf en diep grawe, en niks leer nie, kan u die een lees getiteld "Unformed and Unfilled;" of as u 'n verkorte weergawe verkies, koop dan die een wat ek geskryf het getiteld "The Gap Theory." Volgens my is dit een van die mees gevaarlike dwaalleringe in die geskiedenis in die geskiedenis van die Christendom, die gapingsteorie; en dit is dwaalleer. Hierdie huis, byvoorbeeld, is vormloos en leeg. Niemand woon daarin nie, maar dit is nie verwoes nie! Vormloos en leeg beteken nie noodwendig dat dit verwoes is nie. Daar is 'n vers in Jeremia wat hierdie selfde frase gebruik, "woes en leeg." In hierdie geval, verwys die gedeelte in Jeremia dat 'n stad verwoes is. Hy het "na die berge gekyk, hulle het gebewe...die heuwels het geskud...daar was geen mens nie, en al die voëls...het weggevlieg." Hierdie kan nie getuig van die skepping nie. Die voëls was nie geskape tot die vyfde dag nie. Hierdie getuig nie van die skepping nie. Hier gaan dit oor 'n stad wat veroordeel is. Hierdie gedeelte het niks te doen met die skepping nie. Hierdie huis is ook vormloos en leeg. Die Bybel sê in Eksodus 20, "Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is." Wat dink u het Hy hiermee bedoel? Dit is deel van die Tien Gebooie. Hy het op 'n kliptafel met Sy vinger geskryf. God hakkel nie! Dit wil vir my voorkom of Hy vir ons sê dat Hy dit als in ses dae gedoen het. Nou sal dit Lucifer insluit? Sal dit die engele insluit? Dit sal alles insluit, sal dit nie? Alles in die hemel en op aarde. Die vraag is nie wat dit sê nie; die vraag is glo u wat dit sê? So as iemand sou sê, "Lucifer was uit die hemel gewerp voor die skepping." Dan is daar alreeds 'n konflik met die vers. Eksodus 20:11 gaan verder en sê " en op die sewende dag het Hy gerus." As daar 'n gaping tussen vers een en twee is, is dit nie "die" sewende dag nie. Maar regdeur die Skrif verwys dit na "die sewende dag." Eksodus 31:17, "Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig ‘n teken, ... ...want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik." "Die sewende dag". Dit word oor en oor genoem, die sewende dag. Hebreërs hoofstuk vier, "die sewende dag." So, Romeine vyf vertel dat, "deur een mens het die sonde in die wêreld ingekom en deur die sonde die dood." Die dood het regeer van Adam tot Moses. Deur die mens kom die dood. Die Bybel is baie duidelik. Maar as die gapingsteorie waar is, en daar was 'n pre-Adamitiese beskawing, en hulle het gesterf toe Lucifer uit die hemel gewerp is, het ons nou die dood voor die sonde. 'n Duidelike dwaalleer. Dis is glad nie wat die Bybel leer nie! Die Bybel sê die dood is 'n vyand. Mense sê, "Wel, gaan plante nie dood nie? As Adam die appel geëet het, het dit nie doodgegaan nie?" O, maar u beter eers seker maak of plante werklik lewe. Hulle het geen bloed nie, geen asem nie. Hulle verwelk. Hulle vervaag. Ons bespreek dit op Video #7. Plante is nie lewendig in die Bybelse klassifikasie van dinge nie. Die Bybel sê dat God het vir Adam gesê om die aarde te vul. En die gapingsteorie mense sê graag, "Wel, net daar sê dit 'replenish' en die woord replenish beteken 'maak weer vol'." Slaan dit na in die woordeboek. En sowaar, u slaan dit na in die woordeboek, en dit sê, "replenish: fill again." Wel, as u die betekenis van die woord in 1611 naslaan, toe hulle dit vertaal het, het die "King James" vertalers die woord "male" teëgekom, wat "vul", beteken en hulle kies toe die woord "replenish," want in 1611 het die woord "replenish" slegs "vul" beteken. In 1650 het 'n skrywer genaamd Bacon 'n tweede definisie tot die woord bygevoeg, genaamd "hervul." Dit het nooit "hervul" beteken tot 1650 nie. U kan ou woordeboeke kry, soos 'n 1828 woordeboek. Dan kan u self sien dat die primêre betekenis van die woord "replenish" dan slegs "vul" is. Die sekondêre betekenis is "hervul, verhaal voormalige volheid" soos bygevoeg deur Francis Bacon. Hier is 'n 1891 woordeboek. Die eerste definisie van die woord is "vul". Die tweede definisie is "verhaal voormalige volheid." In 1892 het die woordeboeke die definisies omgeruil. Die eerste een in 1891 is "vul"; in 1892 is die eerste een "hervul" en die sekondêre betekenis raak "om te vul." H'm, wat het hier gebeur? Moderne woordeboeke het dit weer verander. Die 1989 weergawe wys net "hervul." Hulle los toe sommer die primêre definisie van die woord uit, "vul." Daar's 'n 21ste-eeu woordeboek. "Replenish: hervul." Sien, Engelse woorde se betekenisse verander die hele tyd. Toe ek 'n kind was,het "cool" beteken dis nie warm nie. En "gay" het gelukkig beteken. Kan iemand daardie ouderwetse dae onthou? Hoe sal u hierdie verse ontsyfer? Jakobus 2:3, "ye have respect to him that weareth the gay clothing." Sal u met my saamstem dat die betekenis van hierdie woord in die laaste 30 jaar verander het? En u sou sekerlik nie vandag vir iemand kan sê "Wow, you have gay clothing on today." Dit sou nie 'n goeie ding wees om te sê as u nie u tande wil verloor nie, reg? Paulus het gesê, "I would have come to you, but I was 'let' hitherto." Weet u dat die woord "let" oorspronklik 'verhinder' beteken het? Nou beteken dit "toegelaat." Engelse woorde verander betekenis. U sien, God het beloof om Sy Woord te bewaar; Hy het nie belowe om die Engelse taal te bewaar nie. In Esegiël 28 vertel dit toe Lucifer uit die Hemel uitgewerp is. Dit sê, "So spreek die Here HERE: Jy was die seëlring van eweredigheid, vol wysheid en volmaak in skoonheid." Jy [Lucifer] was in Eden." Dit praat van Lucifer, al die edelgesteentes, ensovoorts. Dit sê, "op die dag toe jy geskape is." "Jy was ‘n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut." In vers 15 staan daar, "Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is." Ons kan 'n aantal dinge oor Lucifer leer in hierdie gedeelte. Nommer een, hy was geskape. Dit sê so twee keer. Hy is nie ewig soos God nie. Hy was geskape! Tweedens, hy was in Eden. En derdens, hy was in Eden totdat hy gesondig het. Wel, die Tuin van Eden was nie daar tot dag ses nie. So, Lucifer kon nie uit die Hemel uitgewerp wees tussen vers 1 en vers 2 nie, want die Tuin van Eden het nog nie bestaan nie. Lucifer was in Eden as 'n goeie ou, moontlik vir 'n lank ruk. Esegiël vertel dat Satan het trots geword; hy het hoogmoedig geword. Hy het gesê, "Ek is ‘n god." hy het hoogmoedig geword as gevolg van sy wysheid, sy rykdom, sy skoonheid, en as gevolg van sy mag. Die vier dinge wat mense tot vandag tot in die verderf lei: wysheid, rykdom, skoonheid, en mag. Sy hart het hoogmoedig geword. In Job hoofstuk 38, sê dit dat voor dit gebeur het was hy een van die seuns van God. "Seuns van God" word vyf keer in die Ou Testament genoem; dit verwys altyd na engele. God het vir Job gesê, "Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het?... ... en al die seuns van God [die engele] gejuig het?" Klaarblyklik was almal opgewonde toe God die fondasies van die aarde gelê het. Lucifer sou deel van hierdie groep gewees het, en hy's opgewonde! Sjoe, God gaan nou iets met hierdie planeet doen. Wel, wanneer was dit dan? Dit sê hier wanneer Hy die fondasies van die aarde gelê het. Nie toe Hy die aarde geskape het nie - toe Hy die fondasies gelê het. Ek glo dit was dag drie, toe Hy het die droë grond laat sigbaar word. Toe die aarde oorspronklik geskape was, was dit 'n bal water sonder vorm en leeg.; en toe het Hy die droë grond laat sigbaar word op dag drie, wat beteken dat engele geskape moes wees op dag een of dag twee. Die Bybel is nie spesifiek nie, maar dit moes een van hierdie twee dae wees; Want alles was geskape in ses dae, en Lucifer was geskape. Aan die einde van die sesde dag "Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en — dit was baie goed" Dit sou nie alles baie goed gewees het as die Duiwel rondgehardloop het as 'n slegte ou nie. Alles was baie goed. Mense sê, "Is 'geskep' en 'gemaak' dan nie verskillende woorde met verskillende betekenisse nie?" Nee, dit word verwisselbaar gebruik. En God het gesê: "Laat Ons mense maak na Ons beeld", "En God het die mens geskape na Sy beeld." Op Video #7 is 'n lang lys van allerlei dinge deur die Skrif. Die bome is "gemaak"; die bome is "geskape." Die insekte is "gemaak"; die insekte is "geskape." Die voëls is "gemaak"; die voëls is "geskape." Ek praat meer oor hierdie tipe verse op Video #7. Die gapingsteorie mense leer ons dat die "eerste aarde" verwoes was en God moes toe die aarde "oor maak". John Hagee het 'n pragtige uitbeelding agter hom as hy preek oor die Skepping. Daarop is die "eerste aarde" wat verwoes is toe Satan uit die Hemel uitgewerp is. En dan die "tweede aarde." En hy sê, eendag gaan God 'n "derde aarde" maak. En dit is 'n goeie preek en dit preek lekker. En dis 'n pragtige uitbeelding: hy is 'n goeie kunstenaar; maar dis nie Skriftuurlik korrek nie. Ons woon steeds op die eerste aarde. Openbaring 21 sê, "En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien,... ...want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan." Hierdie is aarde is die eerste een. Dit was 'n bietjie herrangskik tydens die Vloed, maar hierdie is steeds die eerste aarde! Hebreërs sê God het die engele as dienende geeste gemaak ter wille van die wat die saligheid sal beërwe. As u 'n Christen is, het u beskermengele! Myne gaan vroeg aftree. Ongeveer elke ses maande sê hulle, "Here, kan U vir my iemand anders gee? Het U gesien hoe hy bestuur? Here, ek wil asseblief 'n ander een hê. Hulle gaan my vermoor daar onder." Hier is 'n paar feite om te oorweeg. Nommer een, alles was in ses dae geskape. Nommer twee, Satan was geskape. Satan was in Eden totdat hy gesondig het. Eden was op dag ses gemaak. Engele was gemaak as dienende geeste vir ons; so waarom sou God hulle miljoene jare voor ons hier is, maak? Satan was opgewonde toe die fondasies van die aarde gelê is; die fondasies was op dag drie gelê. Alles was goed aan die einde van die sesde dag. Adam was 130 toe Set gebore is. En voor dit was Kain en Abel gebore; maar geen datums word weergegee nie. So as ons twee en twee bymekaar tel, dan is dit maklik om uit te werk dat Satan moontlik 'n 100 jaar na die Skepping uit die Hemel uitgewerp is. Hy kon nie uit die Hemel uitgewerp wees voor die Skepping nie. Dit pas nie aan by die ander Skrif nie. II Petrus 1:20 sê dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie. Vergelyk die Skrif met die Skrif, en dit is die enigste manier hoe dit sal pas. 'n Skotse teoloog genaamd Thomas Chalmers het die gapingsteorie uitgedink. Dit is teenstrydig met die Skrif. Dit plaas die dood voor sonde; dit plaas Satan se val voor dag sewe. Daar is baie vrae wat u aan die gapingsteorie mense kan stel, as hulle dit self glo. U kan my boekie oor die gapingsteorie koop as u meer inligting verlang. Die argumente vir die gapingsteorie is óf baie swak, óf verkeerd, óf behels 'n byvoeging tot die Skrif. Ek is nie bewus van enige argumente vir die gapingsteorie wat bly staan onder toetsing teenoor die Skrif nie. So, ek kry toe my 'Lewende Bybel' in my Bybelversameling en die sê, "Laat die aarde voortbring grasspruitjies en plante wat saad gee en vrugtebome..." hierdie plaasgevind het op die derde dag." Toe ek dit lees sê ek; "Ja, ons het 'n goeie een hier," totdat ek die voetnota sien. Onderaan sê Ken Taylor, "Dit is 'n tydruimte." In plaas van 'n dag, is elke dag 'n lang tyd. Hoeveel van u het al voorheen van hierdie idee gehoor? Miskien is die dae in Genesis nie dae nie: miskien is dit lang tydruimtes. Hulle haal altyd Psalms hoofstuk 90 aan, "Want duisend jaar is in U oë soos die dag van gister." Of II Petrus 3, "een dag by die Here soos duisend jaar, en duisend jaar soos een dag." Let op dat beide verse sê "duisend," nie 'miljoen' nie. En nie een van hierdie verse het enigiets met die skepping te doen nie. Hulle sê dat tyd niks beteken vir God nie. Dis is nie 2005 in die Hemel nie. Daar is geen tyd daar nie. Wanneer iemand sê, "Wat het God gedoen voor die skepping?" Dadelik besef u dat hulle dink aan iets wat nie met God te doen het nie. Want die God van die Bybel word nie affekteer deur ruimte, tyd of materie nie. Dit is ons wat beperk is deur ruimte, tyd en materie . God is nie. As God beperk is deur tyd, is Hy nie God nie. So daar was geen "tyd" voor die skepping nie. God het tyd geskape. Meer hieroor ook op Video #7. Maar sien, een van die dae gaan dit weer stop. Daar is nie tyd in die hemel nie. Ons sing die lied, "When we've been there 10,000 years ..." Dit is 'n wonderlike lied, en ek is gek daarna; maar dit is nie Skriftuurlik nie. Ons gaan nie vir 10,000 jaar daar wees nie. Ons gaan net daar wees. Geen tyd. Die eerste ding wat u doen as u in die Hemel aankom, is om u horlosie af te haal en gooi dit eenkant toe. U gaan dit nie meer nodig kry nie. Haal die sakrekenaar uit; gooi dit weg. U gaan dit nie meer nodig kry nie. Ons gaan nooit weer laat wees nie! So, voor die skepping was daar nie tyd nie. Aan die einde is daar geen tyd nie. Die engel het verby gevlieg en gesê, "Daar sal geen tyd meer wees nie". wat beteken dat as u daaraan dink : eendag was daar 'n tyd, toe daar geen tyd was nie. Dink 'n bietjie daaraan en u brein gaan pyn. Hier is die Ferrar Fenton Bybel van 1903. Hy sê, "Met tyd het God dit geskape wat die Sonnestelsels produseer het; dan dit wat die Aarde produseer het." Nou klink dit vir u soos Genesis 1:1? Wat van vers 5? "Dit was die begin en die einde van die eerste tydperk... Die begin en die einde van die tweede tydperk." Hy probeer werklik hard om die Bybel te laat sê dat die aarde miljoene jare oud is! Terloops, hierdie Bybel het nie baie goed verkoop nie. So as ons verder na vers 11 kyk, God het gesê "Laat die aarde voortbring grasspruitjies, en vrugtebome op die derde dag." Op die vierde dag het Hy die son gemaak. Asof daardie dae miljoene jare was, dit gaan moeilik vir die plante wees om miljoene jare lank te wag dat die son moet opkom! En op die vyfde dag het Hy die insekte gemaak; en hulle bestuif die plante. So as daardie ouens leer dat die dae lank tydperke is, het ons 'n ernstige probleem. Want nou het ons plante sonder 'n son, en geen insekte en voëls om die plante te bestuif nie, wat miljoene jare duur. Dis 'n wonderwerk, 'n reuse wonderwerk, sou ek sê! Geen professor in Hebreeus sal sê dat die dae in Genesis enigiets anders as 24-uur dae beteken nie. Hulle mag dit dalk nie eers glo nie, maar hulle weet wat in die Skrif geskryf staan. Die Boek leer duidelik dat die dae van Genesis is normale dae is. Hulle sê, "Beteken die woord 'yom' dan nie dag, soos in 'die dag van die HERE' nie?" Daar is slegs een ander verwysing uit die 1,800 kere wat "yom" gebruik is; dit beteken altyd 'n dag. Daar is drie betekenisse vir die woord, dag: (1)'n 24-uur dag; (2)Jesus het gesê, "Is daar nie twaalf ure in die dag nie?" Dit is die daglig gedeelte van die dag. (3)En dan sê dit, "In die dag van die HERE." Nou praat dit enigsins van lang tydperke of is dit ook 'n dag? Ek weet nie; Ek dink dis ook net 'n dag. Maar beslis wel as dit sê "aand en môre" en "die eerste dag," "die tweede dag," daar is geen rede om te sê dat hierdie dae enigiets anders voorstel as 24-uur dae nie, net soos ons vandag het. Geen verse in die Bybel waar die woord "yom" voorkom beteken is anders as 'n 24-uur dag nie! Kry gerus die gapingsteorie boek, as u wil diep delf of dalk my boekie, "The Gap Theory." In 1795 het James Hutton 'n boek geskryf en mense het begin dink die aarde is miljoene jare oud. Thomas Chalmers het die gapingsteorie uitgedink om te sorg dat dit in die Bybel inpas. En sedertdien is dit is deur Christene opgeslurp. Dit is onskriftuurlik. En toe kom Darwin se boek uit in 1859. En teen daardie tyd het Christene alreeds die idee geglo dat die aarde miljoene jare oud is. En was daar nie regtig enige effektiewe weerstand teen die evolusieteorie toe dit uitkom nie. Die Christene het nie eers Darwin se teorie teëgestaan nie, want hulle het alreeds aanvaar dat die aarde biljoene jare oud is. Dit is hoekom ek sê dat dit 'n uiters gevaarlike dwaalleer is! 75% Kinders uit Christen huise wat publieke skole bywoon, verwerp vandag die Christen geloof, grotendeels as gevolg van die ou-aarde kwessie, wat ons gister behandel het. Hoe om te bewys die aarde is nie biljoene jare oud nie. Hugh Ross, natuurlik, leer dat elk van die dae lang tydperke is. Hy het 'n Webtuiste, "Reasons to Believe." Ek het hom debatteer vir drie ure op die John Ankerberg Program. Hy sal dit nie weer doen nie; Ek sal hom debatteer, enige tyd, enige plek. Hy is 'n baie intelligente man. Ek is ook seker hy is 'n baie opregte man; lief vir die Here. Ek sal dit nie bevraagteken nie. Maar hy is verkeerd in wat hy glo. En omdat iemand vriendelik is en glimlag en en intelligent is, beteken nie dat hulle reg is nie. Vergelyk die Skrif met die Skrif. Ondersoek die Woord; kyk of dinge waar is. So, Genesis hoofstuk 1 sê, "Laat daar ‘n uitspansel wees tussen die waters, en laat dit skeiding maak tussen waters en waters." Wel, wat is 'n "uitspansel"? Party mense sê dit moet die grond wees, want die grond skei die water van die water. Nee, dit is nie die grond nie. Lees verder, in vers nommer 20, en dit sê, "en laat die voëls oor die aarde vlieg langs die uitspansel van die hemel." Die voëls vlieg in die uitspansel. Die voëls vlieg nie in die stof nie. Die voëls vlieg in die lug. Die eerste hemel, soos dit vir ons hier sê, is waar die voëls vlieg. Die Skrif interpreteer homself. Die tweede hemel is waar die son, maan, en sterre is. God het gesê, "Laat daar ligte wees aan die uitspansel" Dit praat van die son, maan, en sterre. Dis die tweede hemel. Die derde hemel word net een keer in die Bybel genoem, in II Korintiërs hoofstuk 12. Die Apostel Paulus vertel die storie toe hy "aan die slaap gestenig" is, Ek bedoel, net gestenig, en hy was opgeneem na die derde hemel. Drie hemele word genoem in die Bybel: die eerste hemel, waar die voëls vlieg; die tweede hemel, waar die sterre is; die derde hemel, waar God woon. Ons gaan soontoe een van die dae; ons gaan 'n basuin hoor blaas. Lutherane, julle gaan eerste, weet julle, dit sê, "die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan." En dan gaan ons 'n hap van die Melkweg neem en dan gaan ons na die derde hemel. Ons gaan binnekort daar wees. Psalm 19 sê: "Die hemele (meervoud) vertel die eer van God": hemele. Onthou in Genesis 1:1, was dit hemel (enkelvoud). Dan verdeel Hy dit in dele: eerste hemel, tweede hemel, derde hemel. "Die hemele vertel die eer van God." Vers sewe sê, "God het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is." Wag 'n bietjie, sê Hy hier daar is water nog bo waar die voëls vlieg? Psalm 148 sê, "Loof Hom,...waters wat bo die hemele is!." Miskien is daar nog water verby die buitenste ruimte. Die Bybel sê die "die HERE is op die groot waters". Miskien is hierdie 'n uitbeelding van die hele groot heelal met al die "bazillion" sterre. Miskien is die hele ding omring met water. Dis die enigste vers wat ek kon kry om die teorie te staaf. Maar miskien is alles wat ons kan sien alles binne-in soos klein glas balletjies op God se laaikas. wat 'n mens optel en nou en dan skud en die sneeuvlokkies dan sweef om jou. God sê, "Hoe gaan dit met julle daarbinne?" II Petrus sê, "‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het." Dalk was daar, toe God oorspronklik die aarde geskape het, 'n laag water of ys bo die atmosfeer. Dis nie nou meer daar nie; dit het neergestort tydens die Vloed. Maar Jesaja sê die Here "sit bo die kring van die aarde". Interessant! Die Bybel sê die aarde is rond, en dit drie duisend jaar gelede, Christene het nooit gesê die aarde is plat nie. Sommige heidene het dit geglo en het die blaam op die Christene probeer sit. Maar ons het altyd geweet die aarde is rond. Maar dit sê ook "Hy het die hemel uitgespan" 17 keer in die Bybel, dit sê Hy span die hemel uit. Miskien is dit die rede vir 'n "redshift" in astronomie. En mense sê, "Hoe het die lig van die sterre tot hier gekom?" O, ons het als omgekeer. Die Bybel sê dat God eerste die aarde gemaak het, en dan die sterre. Die vraag is dan, hoe het die sterre beweeg van hier tot daar? Nie, hoe het die lig beweeg van daar tot hier nie? Ons bepreek dit meer volledig op Video #7. Maar, Hy het die hemel uitgespan. Interessant! Vandag se atmosfeer wat ons inasem het ses lae: troposfeer, stratosfeer, mesosfeer, termosfeer, eksosfeer, en ionosfeer. Daar was voorheen 'n sewende laag. Dit was 'n laag water of ys bo die atmosfeer. Ek weet nie wat dit was nie, want dit is nie meer daar nie. Ons kan slegs 'n teorie vorm. Dit word genoem die "canopy"- of koepelteorie, wat sê dat daar 'n laag water of ys, moontlik ys, bo die atmosfeer was. Ek glo dit was moontlik 10 of 20 duim ys, super-koue ys, wat in suspensie hang deur die magnetiese veld. Weet u hoe 'n magneet kan dryf op 'n ander magneet? Dit word die Mysner-effek genoem. Meer inligting hieroor op Video #6. Maar die aarde kon 'n koepel ys gehad het wat in suspensie hang deur die magnetiese veld, wat dit laat dryf het bo die aarde. Hierdie ys of water sou van die UV-lig kon blokkeer; en dit sou die lugdruk verhoog. Vandag is die lug ongeveer 'n honderd myl dik. Dit sou alles moontlik na 10 of 20 myl afdruk en die lugdruk op die oppervlak verdubbel. Terloops, wanneer 'n ruimtetuig lanseer en al die gasse agterlaat, vorm dit yswolke. En die yswolke sweef na die noord- en suidpool en hang dan ongeveer 50 myl bo die pole. Yswolke wat sweef! Hulle val nie; vermoedelik vasgevang in die magnetiese veld, ek weet nie. Maar, daar is 'n artikel hieroor. Josephus het in sy boek geskryf dat die Hebreërs geglo het dat toe God die aarde op die tweede dag gemaak het, dat Hy 'n kristallyn uitspansel om dit geplaas het. 'n Kristallyn uitspansel? moontlik super-koue ys. Daar was nie net 'n koepel water bo die aarde nie, daar was ook water in die aardkors. Psalm 24 sê, "Die aarde behoort aan die HERE...Hy het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome." Sien, die meeste van die water wat nou in die oseane is, was eers in die aardkors. Psalm 136 sê "Hy Wat die aarde op die water uitgespan het." Dis nie so vandag nie. Ek glo die oorspronklike skepping het 'n laag water gehad, miskien 10 of 20 duim ys; en dan 'n laag lug om in te asem, moontlik 10 of 20 myl, Ek weet nie; en dan grond en rotse om op te staan. Ons het nog altyd die aardkors. Maar in die aardkors, was daar eers water. Dis die water wat opgeskiet het na die oppervlak, toe "fonteine van die groot watervloed oopgebreek" het. Terloops, daar is steeds baie water in die aardkors. Andersins sou daar nie warmwater luggate wees wat in die seebodem opskiet nie. As daar dan warm water uit die seebodem opskiet, waar kom dit vandaan? Laer as die seebodem, nie waar nie? Daar is steeds reuse warmwater luggate in die seebodems! Ek reken van daardie borrel steeds op. Ons bespreek meer van die hidroplaat teorie op Video #6. Maar, ek dink die aarde het vandag steeds krake waar dit oopgebreek het tydens die Vloed. Ek het aardwetenskap doseer vir jare. Die aarde is ongetwyfeld in plate verdeel. Ek was al by die 'San Andreas Fault', die 'Hayward Fault', die 'New Madrid Fault', die 'Golden Fault'. Nie een was my fout nie... Maar, ek was al by 'n paar van hulle. Daar is geen twyfel dat daar krake in die aardkors is nie; en as hulle beweeg, stort geboue neer. Dit word aardbewings genoem, goed, of tsunami's gebeur as gevolg van onderwater verskuiwings en vertroebeling van seestrome. Die aarde is ongetwyfeld opgebreek, en daar is ook geen twyfel dat die plate steeds beweeg nie. Die vraag is wel, wanneer het dit als gebeur? Die evolusionis sal sê dit het miljoene en miljoene jare gelede gebeur. Die kreasionis sê, Nee, hierdie hele katastrofe het moontlik by die Vloed begin, toe die "fonteine van die groot watervloed oopgebreek" het. Dit is wat die verskuiwingslyne veroorsaak het, en die water het opgeskiet na die oppervlak, en dit is steeds vandag daar. Ek het eenkeer 'n ateïs debatteer; en tydens V en A tyd, het 'n student opgestaan en gesê, "Hovind, waar het al daardie water van die Vloed heengegaan?" Ek het geantwoord, "O, dis nog daar." Ek het gesê, "Die oseane is groot! Daar is genoeg water in die oseane, en as u die aarde glad uitstryk, sal dit die aarde 'n hele een-en-'n-half myl (2 km) diep bedek." Ek het oor die Stille Oseaan van Australië gevlieg, toe sê ek vir een van die ouens in my kantoor, "Man, daardie Stille Oseaan is reusagtig groot!" Toe sê hy, "O, dis is net die bokant." Wat 'n gedagte! Hierdie warmwater luggate is bewys dat daar steeds water in die aardkors is. Moontlik is die meeste al weg; dis op die oppervlak. Maar hierdie koepel water wat daar was in die oorspronklike skepping sou die hele aarde soos 'n groot kweekhuis maak. Wie van u weet wat 'n kweekhuis is? Hulle het net glas mure. As u in 'n kweekhuis leef, sal u in die kelder moet aantrek! Wel, wetenskaplikes vind steeds water tussen die sterre in die buitenste ruimte. Daar is baie water in die buitenste ruimte. Interessant, ons praat later meer hieroor. En hulle het 'n nuwe teorie nou wat sê, miskien het 'n tekort aan suurstof die dinosourusse laat uitsterf. 'n Tekort aan suurstof? Hoekom sou hulle dit sê? Wel, hulle het 'n groot simposium in 1993 gehou. 'n Groep wetenskaplikes het bymekaargekom om die apatosourus te bestudeer. En hulle het gesê, "Mense, ons het 'n probleem. 'n 80-voet Apatosourus het neusgate soos 'n perd gehad. Hoe gaan 'n 80-voet [24 m] dier genoeg lug kry deur neusgate soos dié van 'n perd?" Hy gaan so hard snuif om asem te haal, dat dit hom aan die brand sal steek van die wrywing, van die wind wat daardeur fluit, dat hy kon nie asemhaal nie! Wel, klaarblyklik het hulle asem gehaal, want dinosourusbene is oral oor die planeet gevind, selfs in Antarktika en Alaska. Ek bedoel, dinosourusse het oral gelewe. So hoe kon 'n 80-voet (24 m) dier genoeg lug kry? Wel, nie in vandag se tyd nie; nie om 80-voet lank te raak nie! Maar ek dink dat voor die Vloed, hulle hierdie koepel van lug, water of ys, gehad het wat die lugdruk sou verhoog. Plus, hulle het ryker suurstof gehad. U weet toe hulle in die amber (barnsteen) geboor het... Wie van u het die film, "Jurassic Park" gesien? U weet, waar hulle geboor het om die muskietbloed uit te kry? Partykeer in amber, wat versteende boomsap is, vind hulle lugborrels in die amber. Toe hulle die lugborrels analiseer het, het hulle gevind dat daar 50% meer suurstof is, as wat ons vandag het. Vandag asem ons 21% suurstof in. Amber lugborrels het 32% suurstof. Weet u dat as u in 'n wêreld met dubbel die lugdruk en 50% meer suurstof geleef het, sou net om asem te haal opwindend wees? Adam sou inasem en sê "Sjoe! Dit was groot pret." "Haai Eva, kom ons doen dit weer. Hier gaan ons!" Die aarde het meer suurstof in die verlede gehad as nou. Julle kinders gaan in die handboeke leer dat die aarde geen suurstof aan die begin gehad het, toe lewe evolueer het nie, wat hulle noem 'n "verminderende atmosfeer." Dit is bog! Ons praat verder in Video #4 oor hoe lewe begin het. Dit kon nie evolueer met suurstof, of sonder suurstof nie! Maar, as u die lugdruk verdubbel en die suurstof verhoog, neem nie net u hemoglobien suurstof aan nie, soos dit veronderstel is om te doen nie, maar u plasma sal suurstofversadig wees, wat beteken u sou vir honderde myle kon hardloop, sonder om moeg te word! Adam en Eva het nie motor nodig gehad nie. Hulle het sommer na ouma toe gehardloop. Behalwe, hulle het nie 'n ouma gehad het nie. Of 'n skoonma nie, terloops...dis hoekom dit die paradys was, maar... My vrou het eintlik 'n wonderlike skoonma gehad. Maar, ...Ek dink dinge was baie anders voor die Vloed. Met verhoogde suurstof sou u vinniger gesond word. Wie van u onthou Baba Jessica wat in die put in Texas geval het? Agtien maande oud, haar linker been het in 'n pyp afgegly, haar regter been was agter haar, en haar bene het oopgesprei soos sy afgegly het tot binne-in 'n 8-duim staalpyp. Sy het 20 voet afgesak en was daar vasgekeer vir 2 en 1/2 dae! Hulle het die hele buurt omgedolwe om te probeer om die kind uit die put uit te kry. Dit was omtrent elke 15 minute op die nuus, onthou u dit? Baba Jessica leef nog! toe hulle haar uiteindelik uit die put kry, het gedeeltes van haar liggaam swart geraak van 'n gebrek aan sirkulasie. Haar regterbeen was swart, in die heup ontlid met haar haak teen haar wangbeen gedruk, in ‘n totaal gesplete posisie, wat die bloedtoevoer afgesluit het. Een dokter het gesê dat hulle haar been onmiddellik moet amputeer! 'n Ander dokter het gesê, "Haai, voor ons die been amputeer, kom ons probeer om haar in 'n hiperbariese suurstof lugkamer te sit." In 'n wat? Hiperbariese suurstof! Hulle het Jessica in een van hierdie lugkamers geplaas, het dit volgemaak met suiwer suurstof, en dit tot dubbel die normale druk opgepomp. Binne 'n paar uur het haar been pienk geraak. Hulle het die sirkulasie herstel. Hulle het haar been gered. Hulle moes helfte van haar kleintoontjie amputeer. Hulle kon nie dit red nie. Dit is verreweg beter as om 'n been te verloor! Terloops, wat noem jy 'n meisie wat een been korter is as die ander? 'Ilene'. Net 'n bietjie nuttelose inligting daar. Daar is 'n hiperbariese lugkamer in Pensacola, Florida. Hierdie een in Pensacola kan 30 mense in 'n noodgeval hou. Baie hospitale installeer nou hiperbariese lugkamers. Het UT [University of Tennessee] Mediese Sentrum 'n hiperbariese lugkamer? Het hulle? Weet u hoe groot dit is? Is dit 'n een-, twee- of drie-persoon lugkamer? O, een persoon. Wes-Duitsland behandel beroerte pasiënte met hiperbariese suurstof, en kry ongelooflike herstel van beroertes. In England behandel hulle veelvuldige sklerose. Hulle behandel allerlei siektes met hierdie hiperbariese lugkamers. In Indië behandel hulle melaatsheid, en kry ongelooflike resultate. Hier is 'n kind wat behandel word vir serebrale gestremdheid met hiperbariese suurstof. Dokters het ontdek as hulle meer suurstof byvoeg tydens chirurgie terwyl die persoon onder narkose is, kry die helfte minder pasiënte infeksies en die helfte minder mense raak naar; net deur die slapende pasiënt meer suurstof te gee. Interessant! Daar is 'n lugkamer in New York wat outisme met hiperbariese suurstof behandel. Hierdie artikel sê "Die gebruik van hiperbariese terapie as genesingstegniek vorder,". Hierdie is 'n enkel-persoon lugkamer. Het u geweet die 'Dallas Cowboys' [voetbal span] het 'n hiperbariese lugkamer? Waarom sou professionele sportspanne 'n hiperbariese lugkamer wou hê? Wel, want hulle het ontdek dat hulle beseerde spelers dubbel so vinnig genees. Sien, as u die man $1,000.00 per minuut betaal om met 'n bal te speel, moet hy darem op die veld wees en met die bal speel, en sy $1,000.00 per minuut verdien, of wat ookal hulle kry. Hier is 'n artikel van Zach-iemand van die 'Dolphins'. Dit sê, "Ongeveer drie maal per week, tydens die seisoen, sit Zach vir 'n uur of so in 'n hiperbariese lugkamer, 'n 12' by 4' sak opgeblaas met suiwer suurstof wat die liggaam help genees en 'n gevoel van welsyn bevorder. U kan u eie hiperbariese slaapsak kry, as u wil! 'n Vriend van my in Oregon het 'n hiperbariese lugkamer. Hier is ek en my seun (met die videokamera daar agter) en sy vrou by 'n "suurstofkroeg" in Alaska. Nie 'n kroeg waar 'n mens alkohol drink nie. Ek het nog nooit alkohol in my lewe gedrink nie. U kan aansit vir middagete, en u asem suiwer suurstof in. Betaal hulle vyf dollar en u asem suiwer suurstof in terwyl u middagete geniet. En wanneer u klaar is, voel u weer lus om inkopies te doen. Dis 'n sameswering, ek sê u nou! Die hele ding is 'n sameswering om u te kry om meer geld te spandeer. Maar u voel fantasties. My vriend in Oregon het 'n hiperbariese lugkamer. Ek was daar. Hy het gevra, "Broer Hovind, wil jy dit probeer?" Ek het gesê, "Ja!" Hy het my daarin gesit, en vir my 'n boek gegee om te lees, en het gesê, "Ek gaan die deur sluit en dit pomp tot drie keer normale druk." Hulle gebruik duik terminologie: u gaan duik tot op 90-voet (30 meter). Wel, ek sit daar in die lugkamer; ek gaan nêrens heen nie. Maar dit is soos skubaduik tot op 90 voet. Hy het gesê, "Ek sal jou laat uitkom oor 'n uur." Ek was daar binne en het suiwer suurstof vir 'n uur ingeasem, terwyl ek lees, onder drie maal normale druk. Toe hy my laat uitkom, het hy gesê, "Hoe voel jy?" Ek het gesê, "Ek voel lus om om die wêreld te hardloop!" Dit is ongelooflik! Nou, hoeveel van julle 'oumense', se "mensejasse is met lugleegtes gevul"? U weet waarvan ek praat, né? Die mees opwindende ding wat u aan kan dink op 'n Sondagmiddag is om 'n slapie te vang, reg? In die pre-Vloed wêreld, as hulle dubbel die hoeveelheid lugdruk en verhoogde suurstof gehad het, was almal vol energie die hele tyd! Daar is 'n ou in Japan wat tamatieplante onder hoëdruk koolstofdioksied (CO2) gekweek het. U weet, plante asem CO2 in en nie suurstof nie. Sy tamatieplant het vinniger gegroei as normaalweg. Toe dit twee jaar oud was, was dit 16-voet hoog en het 900 tamaties produseer! Hulle het dit na 'n winkelsentrum verskuif en 'n steierwerk rondom gebou om die takke op te hou. Hulle het gesê, "U weet, hierdie ding mag dalk 10,000 tamaties produseer." Dit is een tamatieplant! Dit het op die einde 40-voet hoog gegroei en 15,000 tamaties produseer - van een plant. Dit was 'n kersietamatie plant. Maar die tamaties wat gepluk is, was bofbal grootte. 'n Man in Iowa het nuuskierig geraak; hoekom begin die voëls 'n uur voor sonop sing? Hy het uitgevind dat die getjilp van die voëls het 'n sekere frekwensie wat die stomata op die blaarselle oopmaak. U weet, as u aan die onderkant van 'n blaar kyk deur 'n vergrootglas, is daar klein gaatjies daarin wat oopmaak om die CO2 in te laat. Dit maak dit blaar wakker in die oggend. Wel, hy het ontdek dat hierdie frekwensie word ook gevind in klassieke musiek. So hy het begin Beethoven en Bach en Chopin speel vir sy koringlande. Sy bure het gedink, "Hy het mal geraak." U weet, hy is van looitjie getik, of so iets. "Hy het van sy wysie af geraak." In elk geval, hulle het gedink hy was getik, totdat sy koring 15-voet hoog gegroei het. Hy het dit vir sy murgpampoen plante gespeel en hulle het vyf murgpampoene per blaar, in plaas van een opgelewer. Hy het dit vir sy swart okkerneutboom gespeel en dit het dubbel so vinnig gegroei. Sy aartappels was dubbel of drie maal die normale aartappel grootte. Sy spanspekke was so groot soos sokkerballe. Hulle noem dit "Sonic Bloom." Daar is 'n goeie tydskrif genaamd "Creation Illustrated". Ek het een hier op die tafel. Daar is twee skeppings-tydskrifte: 'n gewone "Creation Magazine;" daardie is 'n goeie een, en hierdie "Creation Illustrated," wat u op my Webtuiste [www.drdino.com] kan kry en klik net op die skakel om na die "Creation Illustrated" blad te gaan. Hulle sal vir u 'n gratis proefeksemplaar stuur. Dit is 20 dollar 'n jaar as u wou inteken, maar as u na my Webtuiste gaan, drdino, kan u klik daarop en vra vir 'n gratis eksemplaar. Daar is 'n artikel in een van die vorige uitgawes oor hierdie "Sonic Bloom," dit is werklik ongelooflik; dit is op die tafel hier. Teken daarvoor in op drdino.com. Ek het Eugenie Scott debatteer. Sy is die president van die 'National Center for Science Education' in Berserkely, California. Die "nasionale" sentrum is 'n klein ou voorraadwinkel met vyf mense wat daar werk. Die 'Nasionale Sentrum vir Wetenskap Onderwys'. Maar ek het Genie Scott debatteer. Sy het gesê, "Dr. Hovind, daar is 80 afsonderlike lae steenkool in die 'Midwest'." Sy is reg. Sy het gesê, "As u na die hoeveelheid steenkool in die wêreld vandag kyk, die algehele biomassa, sal die plante in die wêreld vandag, nie naastenby soveel fossielbrandstof nie kon voorsien nie." Sy is weer reg. Daar is soveel steenkool in die wêreld dat as u elke boom en grasspriet en bos neem en saampers, sou u nie daardie steenkool kon maak nie. Daar is enorme volumes steenkool in die aarde. Ek het gesê, "Genie, jy is reg." Sy het gesê, "Wel, kan u nie sien nie, Hovind, dit moes 'n geweldige lang tyd neem om al die steenkoollae neer te lê." O, nee, nee, nee. Net daar is sy verkeerd. U sien, sy kyk na se wêreld en aanvaar dit is hoe dit altyd was. Die steenkool wat ons in die grond vandag sien, ... is 'n resultaat van die Vloed wat die pre-Vloed wêreldbegrawe het, toe hulle baie meer bome gehad het. Daar is 'n steenkoolmyn in Montana wat 10,000 vierkante myl steenkool het, tot 200-voet dik. Iemand het my 'n paar maand gelede vertel dat hulle 'n laag 300-voet dik gevind het. Dit is baie steenkool; baie steenkool! En somtyds word menslike artefakte in die steenkool gevind. Hierdie klok was in 'n stuk steenkool gevind. Hierdie ysterpot in 'n stuk steenkool gevind. Die sool van 'n skoen was in 'n stuk steenkool gevind! Meer hiervan in Video #6, oor steenkoolformasie. Maar die Bybel sê daar was plante oor die hele aarde. Dis nie so vandag nie. 70% van die aarde is onder water, om hemelsnaam. Goed, dis nie nou bedek met plante nie. Die aarde was bedek met plante toe God dit gemaak het. Het u geweet dat hulle blare in Antarktika gevind het? 250 myl van die Suidpool af, hulle vind blare! Vandag is daar geen bome by die Suidpool nie. 70% van die aarde vandag is onder water. Weet u dat slegs 3% van hierdie aarde bewoonbaar is vir die mensdom! Baie daarvan is onder woestyn, yskappe, toendra, en bergreekse waar niemand kan woon nie. Drie persent is bewoonbaar. Wat ons vandag sien, is nie wat Adam en Eva gesien het nie. Die Bybel sê dat Hy het "dit geformeer om bewoon te word". Dis hoekom Hy dit gedoen het! Moontlik was die pre-Vloed wêreld (en ek kies sommer 'n nommer) moontlik 80% land, en slegs 20% water. Die oseane was nie daar nie! Die water was in die aardkors of in die oorhoofse koepel. Voor die Vloed was daar bome van pool tot pool. Hierdie laag water bo die aarde sou optree as 'n versperring wat UV lig en X-strale blokkeer en ander skadelike dinge van die son. U sien, die son produseer baie dinge behalwe lig. Dit produseer X-straal- en gammastrale en betastrale; en al die "straal-seuns" kom tot hier! En hulle is skadelik vir u liggaam. X-strale is uitsonderlik gevaarlik. Wie van u het al voorheen 'n X-straal gehad? As kind het ek altesaam 9 bene gebreek. My broer het 21 gebreek! Ons het rof in ons buurt gespeel. Een van ons buurseuns het sy broer met n kruisboog deur die been geskiet. Hy het gesê, "Ek het nie geweet dit was gelaai nie." Hoe kan 'n mens nie weet dat 'n kruisboog gelaai is nie? Duh! In elk geval, by die hospitaal word ons aangesê om al ons klere uit te trek en dan om hierdie kamerjassie aan te trek. U trek hierdie kamerjassie aan, en dit maak nie heeltemal agter toe nie. Dis eintlik 'n verleentheid. Dan sê hulle, "Loop nou ongeveer 12 myl in die gang af, en dan sal u die X-straal kamer sien." Wel, as u dit dan tot daar maak, sal hulle sê, "O, ons is so bly u is hier. Sal u asseblief op hierdie tafel lê?" En hulle het sopas die tafel uit die yskas gehaal 'n paar minute voor u daar aangekom het. Wie van u was al op daardie tafel? U weet waarvan ek praat. Dis yskoud. En hy sit hierdie vreemde masjien bo-op jou, en die dokter sê, "Nou haal diep asem...en hou dit in." En hy hardloop uit in die gang. En hy het 'n loodvoorskoot aan. U sê, "Dokter, kom hier. Is hierdie masjien gevaarlik?" Hy sê, "Nee, dis skadeloos." Hy jok. U sê, "Dokter, hoe werk hierdie masjien?" Hy sê, "Wel, wanneer ek die knoppie druk, kom daar X-straal koeëls uit die masjien; en hulle gaan reg deur jou liggaam soos 'n masjiengeweer. En ons gaan jou vol gate blaas. Biljoene van hulle. Baie klein X-straal gaatjies. Ons gaan eintlik net 'n skaduwee maak van die binnekant van jou liggaam, [dis terloops waarom baie radioloë 'n negatiewe siening van die lewe het]; ons gaan jou vol gate blaas!" Maar hy weet langtermyn blootstelling aan X-strale is gevaarlik . So dit is hoekom hy die loodvoorskoot aan het, en hardloop om agter die loodmuur te staan. Hy wil nie blootgestel word aan daardie X-strale nie! Maar baie mense besef nie die son bestraal ons elke dag nie. Ons word bestraal, net hier! Nou, beton sal X-strale keer, en water sal X-strale keer, maar hierdie dak op hierdie kerk sal nie X-strale keer nie. Hulle kom deur die dak en regdeur u liggaam. En so word u bestraal terwyl u daar sit; en daar is niks wat u daaraan kan doen nie. Wel, ek sal vir u nou-nou vertel wat u daaromtrent kan doen. Maar u vel voel die volle krag van hierdie X-strale. En u liggaam moet die skade herstel. Ek bedoel, Ons herstel miljoene gaatjies in die vel elke dag. Miljoene van hulle. En na 50 of 60 jaar...of 70 of 80 verseker, begin mense om ons oplet dat ons die geveg teen die skadebeheer verloor. Ons vel begin verrimpel! U sê, "Broer Hovind, Ek wil nie oud en verrimpel word nie." Reg, as u nie verrimpel wil word nie, is daar drie dinge wat u daaraan kan doen. Nommer een, u kan vroeg doodgaan. Nommer twee, u kan 'n lood- of beton sambreel oor u kop sit te alle tye. Moet nooit blootgestel word aan X-strale nie. Of, nommer drie, u kan doen wat Elizabeth Taylor gedoen het. Wie van u het al ooit gehoor van Elizabeth Taylor, die filmster? Iemand het my jare gelede vertel dat sy 'n gat in haar voorkop het. Elke oggend vul sy dit op smeer dit toe met grimering. En dis regtig erg om te sien, maar...u weet. Dis eintlik hoogsgeheim! Ek was eenkeer by 'Wal-Mart', en staan in die ry by die betaalpunt, by 'Wal-Mart'. En daar was al hierdie tydskrifte langs my, en een van hulle het Elizabeth Taylor se foto op die buiteblad. Sy het op trou gestaan vir die veertigste keer of so iets. En ek dink, haai, ek gaan dit bekyk. Ek het gehoor van hierdie gat in haar voorkop, maar, ek wou dit self sien. So ek haal toe my Switserse weermagmes uit, wat 'n vergrootglas het, en ek tel die tydskrif op en ek begin na haar voorkop staar. Die mense in die ry het na my gestaar. Ek het gesê, "Haai, wat is fout met julle? Ek kyk net na 'n tydskrif, huh? Gaan koop iets!" Ek het daarna gekyk vir 'n rukkie tot ek uiteindelik gesnap het waar die gat vandaan kom. Ek was so trots op myself. Daardie vrou het al soveel Ontrimpelingbehandelings gehad, om van die plooie ontslae te raak. Dis haar naeltjie, net daar! Haai, gaan 'Wal-Mart' toe (sy trou moontlik weer hierdie week); u kan haar foto daar sien. U sê, "Wel, Broer Hovind, ek wil nie oud en verrimpeld word nie." Ek is jammer. As u oud word, gaan u verrimpeld word. U moet dit maar so aanvaar. Maar dit het nie die Vloed gebeur nie. Die Bybel sê dat hulle meer as 900 jaar oud geword voor die Vloed, en moontlik sonder plooie. Een man wat sê hy is 'n kreasionis sê, "Mense, hulle het nie regtig 900 jaar oud geword nie. Hulle het elke maand as 'n jaar getel. Hulle het 'n maankalender gebruik en dan deel ons die syfers deur twaalf." Sjoe, dit is nog 'n groter wonderwerk. Henog was 65 toe hy die vader van Metúsalag geword het. Twee van hierdie ouens was 65. Kom ons kyk, gedeel deur twaalf - dit maak hom 5 en 1/2 toe hy 'n pappa geword het. Ek betwyfel dit sterk. Dit is onmoontlik om te glo. Nee, hulle het werklik tot 900 jaar oud gelewe. En hulle het groter geword! Hier is ek by Robert Wadlow, die langste man in hierdie eeu - 8 voet, 11 1/4 [duim] (2.74M). Hy het 'n nommer 37 skoen gedra; 'n mooi groot seun! OK. Robert Wadlow sou net 'n paar duim korter as Goliath gewees het, wat ongeveer 9-voet, 5 of 6. Robert Wadlow, teen 12-jarige ouderdom, was die wêreld se langste Padvinder. Hier is hy teen 12-jarige ouderdom, met sy Padvinder bende. Ons sal dit as reusagtig oorweeg, teen amper 9-voet lank, nie waar nie! Maar ek dink voor die Vloed het hulle selfs groter as dit geword. Hier is die skelet van 'n man 11-voet, 6 duim (3.5 m) lank. Wel, lank, nie hoog nie. Hy lê nou plat. 11' 6" . Ek wonder hoe sal dit wees om een van hierdie ouens in 'n basketbal span te hê? Sjoe, die Universiteit van Tennessee sal dan altyd wen, sal hulle nie? Elf voet, ses! Partykeer raak die vrouens vies vir my. En hulle sê, "Nou, Hovind, jy het gesê dit was die skelet van 'n man. Miskien was dit 'n vrou!" Wel, Ek het biologie en anatomie doseer. Ek weet toevallig hoe om die verskil tussen 'n manlike en vroulike skelet te bepaal. Dit is nie die hoeveelheid ribbes nie. Net Adam het 'n rib vermis. En ook net vir 'n kort rukkie. Daar is net een been in die menslike liggaam wat sal teruggroei as dit verwyder word. Die onderste rib sal teruggroei as dit verwyder word. U weet, 'n geitjie se stert groei terug as dit afgesny word. Die onderste rib sal teruggroei as u dit verwyder. Sjoe, 'n mens sou dink dat God geweet het wat Hy doen, as ons nie van beter geweet het nie! In elk geval, daar is twee maniere om die verskil tussen 'n manlike en vroulike skelet te bepaal. Een manier is om na die voete te kyk. As hulle in die rigting van die winkels wys, is dit 'n vrou! Die ander manier is om te kyk na die proses op die temporo-mandibulêre gewrig. As daardie gewrig daar meer verweer is, is dit 'n vrou! Een vrou het gesê dit is omdat 'n mens als vir mans twee keer moet sê. Julle luister nie die eerste keer nie! Goed, skuldig, skuldig! Die langste hedendaagse man was 8-voet, 4 duim (2.5 m) toe hierdie foto geneem is. Ek het gehoor dat hy nou 8-voet, 7 duim lank is en woonagtig in Oekraine: 'n redelike groot seun. Agt voet sewe; groot hande! Daar probeer hy om 'n selfoon te gebruik. Dit moet baie moeilik wees, né! Die Romeinse Keiser Maximus was 8-voet en 6 duim; 2,000 jaar gelede; dit is waar ons die woord "maksimum" vandaan kry. 'n 9-voet, 8 duim (2.95 m) skelet was in Indiana gevind. Twee skelette elk van 9-voet lank was in Virginia City [Nevada] gevind. Elke skelet wat in hierdie grafheuwel in Louisiana gevind is was almal 9-voet lank! 20 skelette was gevind; 'n Skelet van 10-voet lank was in Humbolt Lake, Nevada gevind. In Guam het hulle 'n legende dat die reuse op die Guam Eiland gewoon het, en hierdie reuse het "latte" steenpilare daar gebou. In Indiana, was agt reuse gevind, wat wissel van 8 to 9 voet lank. Hulle het swaar koper harnasse aangehad. Die museum was nie geïnteresseerd nie. Waarom sou 'n museum nie belangstel om 9-voet skelette uit te stal nie? Kan dit wees dat daar 'n teorie genaamd evolusie is, wat sê dat ons klein begin het en groter en groter word? Daardie teorie laat ons natuurlik belangrik voel. Ons evolueer. "sodat julle soos God sal wees." Julle raak beter! Kan dit wees dat die waarheid eintlik die teenoorgestelde is? Mense was baie groter voor die Vloed, en nou gaan ons agteruit? En miskien probeer hulle dit wegsteek! 'n 12-voet skelet, was in Lompoc Rancho, California gevind. Nog 'n 12-voet een is in Tucson, Arizona gevind. Die ou het ses tone. Ses vingers, ses tone, en 'n voëlvormige hooftooisel. Toe Cortes na Mexiko gegaan het en 'n deel daarvan verower het, het die mense wat daar gewoon het gesê, "O, daar was reuse wat op hierdie kontinent gewoon het." Hulle het 'n been van een van hierdie ouens gewys. Net die dybeen was as so lank soos Cortes! Net die dybeen! En hy het gesê, "Ek is 'n redelik groot man. Ek is 'n groterige ou, maar hierdie been was dieselfde grootte as ek." Hierdie is 'n reuse rotsblok. Wie op aarde het hierdie goed rondgedra? Let op na die kameel in die voorgrond, vir skaal. Wie het hierdie goed gebeitel en beweeg? Dit is 'n 39-pond (18 kg) bylkop. Swaai gerus 'n 10-pond hamer vir 'n paar minute rond en sien hoekom ek wonder wie sou 'n 39-pond bylkop rondswaai. Hierdie is 'n klip wat ontwerp was om tussen die duim en vinger gehou te word vir afsplintering. Die 'Smithsonian' is verantwoordelik vir verdoeseling van meeste van die ontdekkings van reuse mense. Hulle wil nie hê mense moet weet van die reuse nie , want dit staan die evolusie teorie teë. Hierdie kopbeen was op vertoning in Winnemucca, Nevada tot 'n paar jaar gelede tot hulle dit verwyder het. Dit is in die kelder. U moet 'n spesiale versoek rig om dit te kan sien. 'n Reuse menslike skedel! Hier is 'n normale menslike duimbeen; onderaan is 'n reuse menslike duimbeen. Hierdie is 'n gedeelte van 'n skelet in 'n graf in Turkye gevind, naby Mt. Ararat. Die regering van Turkye sê dat hulle die graf van Noag gevind het. Die skelet was 12-voet lank. Nou, dit sou sy ellemaat 'n bietjie langer maak, nie waar nie? Mense sê een man en drie seuns sou nooit so 'n groot boot kon bou nie. Huh, maar u het nie daardie seuns gesien nie! "Haai Bubba, bring vir my daai boom, sal jy." "Seker Pa, waar moet ek dit neersit?" Ons het 'n replika van 'n dybeen in ons museum van 'n man wat ongeveer 13 voet (3.95 m) lank sou wees. As u so 'n ou ontmoet, noem hom maar "meneer". Daar is 'n artikel hieroor op die tafel as u meer hieroor wil lees. Hierdie kakebene word ten toon gestel by 'n hotel in Turkye; 6 en 1/2 duim (16.5 cm) oor die TMG. Enigeen van u kan u kop binne-in die kaak sit en dit rond bons. In Wausaukee, Wisconsin het hulle 'n menslike skedel drie keer die grootte van 'n gewone mens gevind. Dit was in 'n Indiese grafheuwel gevind. Reuse was op die aarde in daardie dae. Dit is wat die Bybel sê, daar was reuse op die aarde. Wel, die Bybel sê ons is in God se beeld geskape. Nou, as ons dan in God se beeld geskape is, hoekom leer ons die kinders dat hierdie is oupa is? Wat is die waarheid oor die grotman? Waar pas grotmense in elk geval in die prentjie in? Ek meen, as die Bybel waar is en die aarde slegs 6,000 jaar oud is, wat van die grotman? Wel, ons sal dit bespreek na 'n vinnige pouse. Grotmense, volgende aan die beurt. EINDE van Seminaar 2a - Dr. Kent Hovind - www.drdino.com - Afrikaans BEGIN van Seminaar 2b - Dr. Kent Hovind - translated by Marlize Chamberlain into Afrikaans Op hierdie Seminaar gedeelte 2B gaan ons oor die grotmense praat, en ook oor 'n paar ander onderwerpe. Die Bybel sê in Genesis 1, God het gesê, Ek gaan die mens volgens my eie beeld skep. As ons volgens die beeld van God geskape is, hoekom leer ons vir kinders dat oupa 'n aap was? Nou, evolusie leer vir ons dat ons verbeter,en dat ons eendag God sal word. Die feit is dat ons slegter word. Dinge val uitmekaar uit. Ons het 'n ongelooflike genetiese las. Ons is verstandelik en fisies gestrem in vergelyking met Adam en Eva. Dinge word nie beter nie, maar die handboeke leer, "Hierdie is oupa." Wat is waar omtrent die grotmense? Is dit moontlik vir 'n aap-agtige kreatuur om in 'n mens te verander? Daar is mense wat vandag nog in grotte bly. Wel dit hang af wat jy bedoel met grotman. Daar is mense wat vandag lewe in grotte. Ons noem hulle nie half aap, half mens nie. Hier is die wêreld se mees gesoekte grotmens net daar, Osama bin Laden. Daar's 'n vorige grotmens. Ek dink iemand probeer om 'n aap van ons te maak. Was jou voorvader 'n aap-agtige kreatuur? Ek dink nie so nie. Kom ons praat oor 'n paar van hierdie sogenaamde grotmense. Ons kan ure aan hierdie onderwerp spandeer, maar ons het meer om hier te dek. Nebraskaman was vir jare gebruik as bewys vir evolusie. Al wat hulle vir Nebraska man gevind het was een tand. Dit is die hele Nebraskaman...net daar. Een tand! Dan het hulle 'n hele man van daardie een tand gemaak, en later het hulle vir hom 'n vrou gemaak. Nou moet jy regtig goed wees om te weet hoe sy vrou gelyk het van net sy tand. Maar hierdie is vakkundiges; moenie hulle bevraagteken nie, OK. Hulle weet waarvan hulle praat. Later het hulle uitgevind dat die tand eintlik aan 'n vark behoort het. Daar's die regtige Nebraskaman net daar! Wat van Piltdownman, vernoem na die gruisgroef waarin dit gevind is, in Piltdown, Engeland. Iemand het a mens se kopbeen gevat en 'n aap se kakebeen; hulle het hulle afgevyl en almal geflous. In 1912 het hulle die Piltdownman ontdek. Dit was in die "New York Times". "Darwin Teorie Waar Bewys deur die Piltdownman." Dit sou gebruik word in 1925 by die Scopes-aapverhoor as deel van die bewyse vir evolusie, maar die regter het gesê, "Die vraag is nie, is daar bewyse vir evolusie nie; die vraag is, het hy die wet van onderrig oortree?" So hy was skuldig bevind vir wetoortreeding. Die onderwyser was John T. Scopes hier onder in Dayton, Tennessee. Maar, Piltdownman was 'n kullery. Iemand het 'n aap se kakebeen en 'n mens se kopbeen gevat, die TMJ's afgebreek, hulle laat saam pas, en almal gekul! Hulle het die tande afgevyl! Vir 40 jaar was dit in die handboeke as bewys vir evoluse. Dit was 'n bedrieëry; ontbloot as 'n bedrieëry in 1953. Neanderthalman is steeds in jou handboeke wat hier in jou dorp Knoxville, Tennessee gebruik word! Maar jare gelede is dit bewys dat dit onmoontlik nie a vermisde skakel kan wees nie. 'n Lang storie oor die Neander Vallei, vernoem na Joachim Neander wat die liedjie in die liedboek geskryf het, "Prys die Here die Almagtige, die Koning van die Skepping." 'n Goeie godvresende man. In 1856 het hulle 'n versteende geraamte gevind. 'n Man het versteen in hierdie vallei (die Neander Vallei), en hulle noem dit toe Neanderthalman. Die rug was gebuig. Wel, ape loop op vier bene, en 'n mens op twee; so toe die Darwin teorie populêr geword het, het hulle die Neanderthalman opgewek, en gesê, "O wow, miskien het hy stadig ontwikkel, en hy kom op." Wel, hulle het van die begin af geweet dat dit 'n ou man was met artritis, wat stadig afgaan. Hy is glad nie besig om op te kom nie. Hy gaan ondertoe, maar hulle hou hom steeds in die handboeke. Omtrent 300 Neanderthalle is al gevind. Hul breine is groter as ons s'n. Hulle beenstruktuur is ongelooflik sterk. Hulle sê dat hulle so baie spiere gehad het, dat die gemiddelde Neanderthal kon moontlik die gemiddelde NFL agterlyner optel en hom oor die doelpaal gooi. Merkwaardige krag in die Neanderthalle! Hulle het dieselfde skedel vir 9 verskillende kunstenaars gegee en gesê, "Hoe het hy in werklikheid gelyk?" Hulle het 9 verskillende antwoorde gekry. Hulle het gesê, "Hoe wil jy hê moet hy lyk; ons is kunstenaars, jy weet. Wil jy hom aap-agtig of mens-agtig hê? Sê jy vir ons hoe jy hom wil hê. Ons sal dit doen." Jack Cuozzo, 'n vriend van my van New Jersey, is 'n tandarts vir 32 jaar. Hy het gekom en by ons konferensie gepraat 'n paar weke gelede by die "boot camp" wat ons hier in Pensacola gehad het. Hy het die werklike Neanderthal skedels in Europa bestudeer. Hy het gesê, "Hierdie Neanderthalle is net doodnormale mense wat lewe tot 'n regtige laat ouderdom." Jy sien, voor die Vloed gekom het, het die mense tot 900 jaar geleef. Maar na die Vloed, het lewensdure verminder tot 400, en toe 200, en toe 100; maar dis steeds 'n lang tyd om te leef. En dis 'n eenvoudige feit dat die bene van jou wenkbroubulte nooit ophou groei nie. So as jy kan leef om drie- of vierhonderd haar oud te word, sal jou wenkbroubulte ver uitsteek! Mense wat vandag hulle kakebene baie gebruik, soos die Aborigines in Australië wat altyd hulle kakes gebruik as 'n skroefbek (hulle dra nie 'n gereedskapskis saam met hulle nie), se wenkbroubulte steek baie ver uit as gevolg van die kouspiere. Dit trek aan die been. Die Neanderthalle is doodnormale mense wat gelewe het vir 2 tot 3 honderd jaar. Dis al wat hulle is. Hulle breine is groter as ons s'n. Hulle is glad nie ondermenslik nie! Hulle is net baie ou mense. Daar's 'n Aborigine op die verre links. Sien jy die wenkbroubult wat uitsteek? Dit kom van kou of deur jou kaakspiere baie te gebruik. Daar is baie verskillende kopvorms. Jy kan die mense in Knoxville, Tennessee langs mekaar laat staan en evolusie bewys net deur middel van die vorms van die skedel. Ry dorp toe; jy sal sien waarvan ek praat. Daar's Cro-Magnonman, wat steeds in handboeke gebruik word, alhoewel dit 'n doodnormale mens is. Hoe op aarde word dit gesien as 'n vermisde skakel? Hulle het een daar wat Homo sapiens as moderne man genoem word. Hy is gelys as Cro-Magnon. Hy's glad nie 'n vermisde skakel nie! Een wat hulle nou daarin het is Australopithecus africanus. Dit was in 1973 verkeerd bewys. Verkeerd bewys dertig jaar gelede! Hoekom hou hulle dit in die handboeke vir bewyse van evolusie? Hulle het Australopithecus afarensis, beter bekend as as Lucy. Wie van julle het al voorheen van Lucy gehoor? Donald Johanson het Lucy in 1974 in Ethiopië gevind. Hy het soontoe gegaan met 'n subsidie om vir vermisde skakels te soek. Iemand het vir hom geld gegee en gesê, hierso, gaan vind 'n vermisde skakel; as jy nie een kry nie, kry jy nie meer geld nie. Twee weke voordat sy subsidiegeld verval het, het hy Lucy ontdek. Hoogs gemotiveerd, ek vermoed; en dit sal terloops verdag wees in die hof, jy weet. Lucy was drie voet lank; dit was duidelik een of ander 'n sjimpanzee. Nou die bene van die skedel was ordentelik verpletter. Jy kon niks sê oor die skedel nie, maar toe hulle dit bymekaar gesit het vir jou kind se handboek, maak hulle dit half mens, half aap. Hulle het dit Lucy genoem want hulle het na hierdie liedjie geluister, "Lucy in the sky with diamonds". 'n Baie populêre liedjie in daardie tyd. Wat net so terloops die voorletters LSD het, waarop hulle moes gewees het toe hulle hierdie ding gevind het. Maar, die kniegskuif wat benoem was as Lucy se knieg in "National Pornographic...Geographic" was eintlik 'n myl en 'n half en 20 voet verder gevind. Die "National Geographic" het dit as Lucy se knieg benoem. Dis nie Lucy se knieg nie! Dis 'n myl en 'n half weg, om hemelsnaam. Daar is steeds 'n kontroverse oor daardie kniegskuif. Maar die kniegskuif is die beste bewyse wat hulle gehad het dat Lucy 'n mens geword het. Omdat 'n aap se boonste en onderste bene in 'n reguit lyn met mekaar is. 'n Menslike been gaan op tot by jou knieg en hoek uit na die kant toe omdat jou heupe wyer as you knieë is. Lucy se knieg hoek uit na die kant. En Donald het gesê, "Sien, dit bewys dat sy 'n mens word." Nee, enige aap wat bome klim het 'n gehoekte kniegskuif. Wat hy gevind het was 'n boomklimmende aap. Dis nie bewyse dat dit 'n mens word nie. Hy het gesê, "Wel, die bene is heelwat groter as 'n gewone aap s'n." Wel, dis waar. Dit bewys nie dat dit 'n mens word nie. Die bene van 'n Clydesdale is heelwat groter as 'n gewone perd. Dit bewys nie dat dit 'n trok word nie, om hemelsnaam, OK. Wat hy gevind het was 'n groot sjimpanzee. En die voor-Vloedse sjimpnazees en alles was sekerlik groter, as hulle vir langer en gesonder lewe. Dis al wat hy gevind het. Daar is groot perde en klein perde vandag nog, terloops. Die St. Louis Dieretuin het menslike voete op hulle Lucy-uitstalling geplaas. Nie een voetbeen of handbeen was gevind nie. Nie een nie. Elke ander australopithecine wat gevind is het gekrulde tone. Professor Menton by die Washington Universiteit het gesê, "Die standbeeld is 'n totale verdraaiing." Dis 'n groot fantasiewoord vir leun. Ek verkies kleiner woorde. Dis 'n leun. Die dieretuin direkteur het gesê, "Dieretuin beamptes het geen planne om te swig nie. Ons kan nie elke uitstalling opdateer met elke nuwe stukkie bewyse nie. Ons kyk na die algemene uitstalling en die indruk wat dit skep, en ons dink dat die indruk wat dit skep, korrek is." Bruce, sê jy vir my dat jy vir die kinders wat deur jou dieretuin kom lieg net om 'n indruk te skep dat evolusie waar is? Jy bedoel jou teorie is belangriker as die feite? Dis presies reg. Hulle sal vir die kinders wat deur hierdie wetenskapsentrums en dieretuine gaan lieg, om hulle in hierdie evolusie teorie te laat glo! En daar is leuns in die handboeke; so 60 van hulle! Ons dek dit in Video #4, "Leuns in die Handboeke." In Africa het hulle doodnormale menslike voetspore in 'n laag as gevind, wat in steen verander het. Doodnormale menslike voetspore! Maar die voetspore in die as is veronderstel om 3 en 3/4 miljoen jaar oud te wees. Hulle het die voetspore bestudeer en gesê, "Wow, hierdie voetspore is presies dieselfde as ons s'n vandag." Russell Tuttle, by die Universiteit van Chicago, het die voetspore noukeurig bestudeer. Hy het gegaan en 'n plek gevind waar mense nooit skoene dra nie. Hulle dra nooit ooit skoene nie! En hy het hulle voetspore bestudeer. Hy het hulle deur die modder laat hardloop, deur die modder laat loop, jy weet, deur die modder draf en spring. Hy het gesê dat die voetspore van hierdie mense wat nooit skoene dra nie presies dieselfde as die wat in Laetoli, Afrika gevind is. Identies. En toe het hy gesê, "As dit nie bekend is dat die Laetoli voetspore so oud is nie, sou ons aflei dat hulle gemaak was deur 'n lid van ons eie geslag." Met ander woorde, as ons nie van beter geweet het nie, sou ons gedink het 'n mens het hierdie gemaak! Wel hoe weet jy beter? "O, want die klip is te oud." Hierdie is 'n voorbeeld van hoe die evolusie teorie 'n hindernis vir gesonde verstand en wetenskaplike navorsing is. Dis een van die grootste hindernisse tot wetenskap. Dis nie deel van wetenskap nie. Dis kontraproduktief tot wetenskap. Toe het "National Geographic" mens/aap-agtige-mengsel eienskappe op hierdie kreature gesit wat deur hierdie as loop. Nou hou in gedagte dat nie een been gevind is nie. Geen bene is gevind nie. As jy doodnormale menslike voetspore gevind het, wat verskoon jou om donkervellige, aap-agtige kreature daar te sit wat op jou tekening loop? En as ek 'n Afrika-Amerikaner was, sou ek ontsteld wees dat hulle altyd donker velle op die vermisde skakels sit! Asof dit is, jy weet, donker vel is minder ge-evolueer! Dis wat hulle probeer impliseer hier. En hoekom het hulle hierdie toonskeiding bygevoeg? In hierdie prentjie, merk op dat die groottoon van die res van hulle geskei is. Hulle het dit aspris gedoen want dit is 'n regtige ernstige probleem om van 'n aap-agtige voet na 'n mensvoet toe te gaan. Ape het 'n toon wat na die kant to steek soos 'n duim. Dit is sodat hulle 'n tak kan gryp en van hulle agterpote af kan hang. Jy kan dit nie doen nie! As jy dit wil oefen, stel ek voor dat jy vir oefening met 'n lae tak begin. Want jy gaan jou kop seer maak. Maar hier het hulle "vier miljoen jaar van tweevoetigheid." En hulle het vir elkeen van hierdie sogenaamde vermisde skakels menslike voete gegee. Want die voet is 'n ernstige probleem vir die evolusioniste. Charles Oxnard het Lucy bestudeer en gesê, "Lucy se bene stel 'n dier voor wat nie in die lyn van mense is nie." Dis nie 'n vermisde skakel nie. Hy het 'n rekenaaranalise van die bene gedoen. Hierdie kreature, hierdie klein aap-agtige kreature wat regop loop, kan vandag steeds lewendig wees in Sumatra. Lucy kan 'n dier voorstel wat steeds lewendig is. Pekingman was vir jare as bewys vir evolusie gebruik. Alles het verdwyn gedurende die Tweede Wêreld Oorlog; maar hulle het 'n grot gevind, met 'n klomp verpletterde aapskedels daarin. Die skedels was stukkend gebreek, en hulle het 'n klomp mensgereedskap gevind. En so het een of ander briljante wetenskaplike gesê, "Wow, hierdie ape het geleer om gereedskap te maak." O, en hulle oefen op hulle koppe, ja. Dis 'n goeie een. Kom ons hou daardie een net hier. Wel, duh, hulle het vir niemand gesê dat hulle 10 normale mense in dieselfde grot gevind het nie. Geraamtes van mense. Sien, in sommige kulture hou hulle daarvan om aapbreine te eet. Al ooit "Indiana Jones" gesien? Hulle het 'n grot gevind waarin hulle apies geëet het. Dis waar hulle hul feeste of iets gehou het. Dis nie 'n vermisde skakel nie. Homo erectus is steeds in die handboeke. Homo erectus was bekend as Javaman, toe verander hulle dit na Pithecanthropus erectus, en nou Homo erectus. Dit was gevind deur Dr. Dubois, 'n Hollandse ontleedkundige, wie doelgerig na Indonesië toe gegaan het, om te probeer om vermisde skakels te vind. Hy het 'n klomp tronkgevangenisse gehuur om vir hom te grou. Hy was nie eers daar toe hulle dit gevind het nie. Wat hulle gevind het was 'n aapskedelgedeelte, drie menslike tande, en 'n bobeen wat 'n jaar later 50 voet weg gevind is. Dubois het hulle almal saam gesit en gesê, "Ons het 'n vermisde skakel hier." Jy weet nie eers of daardie dierbene bymekaar gaan nie. Drie tande, 'n bobeen, en 'n skedelgedeelte van 'n aap! Dit sou ook gebruik word in 1925 as bewyse vir evolusie by die Scopes-aapverhoor. Die Javaman! Die bekende ontleedkundige Virchow het gesê, "In my opinie is hierdie kreatuur 'n dier, feitlik 'n reuse gibbon. Die bobeen het nie die vaagste verbinding met die skedel nie." Dubois het die feit dat hy twee mensskedels in dieselfde area gevind het weggesteek. Hy het daardie onder sy bed, onder die vloer gesit, soos Edgar Allen Poe; jy weet, "The Tell-Tale Heart." Behalwe hierdie was "tell-tale head." Daar is geen bewyse van hoe mense enigsins evolueer het nie. Fossielbewyse vir die evolusie van mense is onvolledig. Fossielbewyse van sjimpanzee evolusie is altesaam afwesig. Daar is geen bewyse vir hoe sjimpanzees evolueer het nie. Maar tog kry mens daagliks artikels in tydskrifte oor evolusie. "Waarheen gaan ons?" Ek kan dit vir jou sê. Jy gaan reguit Hel toe as jy nie Christus aanvaar nie. Dis regtig eenvoudig. In Spanië sou hulle 'n groot uitstalling van die Orce man gehad het. O-r-c-e, die Orceman. Hulle sou 'n groot partytjie gehad het vir die Orceman wat hulle ontdek het. Totdat hulle ontdek het dat dit eintlik 'n skedelgedeelte van 'n vier maande oue donkie is. Dit sou die vermisde skakel gewees het. 'n Dolfyn se rib was vir 'n baie lang tyd bestempel as 'n "menslike sleutelbeen" in 'n museum, tot iemand gesê het, "Uh, daardie is 'n dolfyn se rib, nie 'n menslike sleutelbeen nie." Die Hobbit was hier gevind in 2004. Die Hobbit was 'n piepklien mensie. Seker die resultaat van sekondêre kleinskedinigheid dwergisme. Net 'n normale mens, omtrent 3 1/2 voet lank! Daar is mense soos dit wat oor die hele wêreld rond hardloop. Daar's 'n goeie boek oor die sogenaamde grotmense. As jy hierdie boek wil lees. As jy hierdie goed geleer word in skool, kry die boek deur Marvin L. Lubenow, "Bones of Contention." Uitstekende boek, dit sal regtig alles in perspektief vir jou plaas. Die enigste vermisde skakel wat ek kan vind is tussen hierdie ouens se ore. Jy weet, iets is vermis! Sommige van hierdie profesore spandeer al hulle vrye tyd om in die grond te grou, opsoek na bene. My hond doen dieselfde ding, maar ons laat nie die belastingbetalers sy salaris betaal terwyl hy dit doen nie. Nou het die meeste van die state wette wat vereis dat handboeke akkuraat is. Florida het een; California het een; Texas het een; Wisconsin het een; Alabama het een. Die wet sê dat handboeke akkuraat moet wees. Minnesota sê, "Onderwysers sal nie wetenlik vakmateriaal onderdruk of verdraai nie." Maar Minnesota se handboek gee steeds hierdie voor as bewyse vir evolusie, wanneer almal in die rooi sirkel bewys is dat hulle onmoontlik nie 'n vermisde skakel kan wees nie. Net so terloops, die Minnesota handboek (en die meeste handboeke nou) in plaas daarvan om mense "homo sapiens," soos wat ons genoem was, te noem, word hulle nou "homo sapiens sapiens" genoem. Wow, wat beteken dit? Wel, sapiens beteken "wys." So ons is die wyse wyse man. Sien, die Bybel sê, deur om hulself wys te verklaar het hulle dwase geword. En as jy dink dat jou oupa met sy stert in 'n boom geswaai het, is jy eenvoudig net 'n dwaas. Hierdie handboek sê, "Hy's die pappa van ons almal." Ag, dis dom. Jy weet nie of hy die pappa van enige iets is nie. As jy bene in die grond kry, weet jy nie of dit die pappa van enige iets is nie. Dit sê, "Die Moeder van Alle Soogdiere," by die Smithsonian. As jy bene kry, weet jy nie dat dit die ma van enige iets is nie. Sien, as jy 'n fossiel in die grond kry, al weet jy weet is dat dit dood gegaan het. Jy kan nie bewys dat dit enige kinders gehad het nie, en jy kan sekerlik nie bewys dat dit verskillende kinders gehad het nie. En hoekom sal jy dink dat 'n been wat jy in die grond gevind het iets kan doen wat diere vandag nie kan doen nie, deur om iets anders as sy eie soort voort te bring? Geen fossiel sal tel as bewyse vir evolusie in 'n hof nie. So waar pas die "Steentydperk" in die Bybel in? Was daar ooit 'n Steentydperk? Wel, net na die Vloed kon Noag nie vir sy kleinseun hardewarewinkel toe gestuur het om vir hom 'n graaf te kry nie. Daar was nie hardewarewinkels nie. Hulle het 'n verwoeste samelewing gehad, mense. Hulle het van die ark af geklim, en alles buite was vernietig. Jy moet die samelewing totaal oorbou. Hulle het 'n "Gilligan's Island" situasie gehad. Jy het 'n klomp slim mense gehad. Wel, "Gilligan's Island" het nie 'n klomp slim mense gehad nie, jy weet. Miskien een. Hulle is op hierdie verwoesde planeet. So hulle moes van niks af herbou het, so jy sal steengereedskap moet maak. Want dis baie vinniger as om die ystererts op te grawe, dit te smelt, en ystergereedskap te maak! Jy weet, teen die tyd wat dit jou gevat het om jou byl te maak, gaan jy sterf van die honger. So hulle gaan klipgereedskap maak. En mense wat uit die gemeenskap gedryf word sal in klein troppe rondswerf, en trekkende diere volg. En hulle wil nie 50 pond se steengereedskap saam met hulle dra nie. Dis vinniger om jou steengereedskap op die werksplek te maak. Jy volg die mammoete tot jy met hulle opvang (of die buffels) en dan maak jy vinnig jou gereedskap. Maak die mammoet of die buffel dood, slag dit, en los jou gereedskap daar en gaan iewers anders. En dan vind ons vandag hierdie klipgereedskap en sê, "Wow, kyk na hierdie Clovis-punt." Wow, dis perfek gevorm, perfek gebalanseer; hierdie ou is slim; hierdie is 'n bevorderde samelewing! En dan kry hulle 'n ander pylkop wat bietjie onafgewerk lyk, jy weet. Dis nie mooi glad gekerf nie. En hulle sê, Wow, hierdie ou is voor-mens, nog nie so slim nie. Jy weet, miskien het jy die hele verkeerde perspektief daarop. Miskien was die een wat bietjie onafgewerk is gemaak deur 'n ou wat haastiger was, want die mammoet gaan wegkom. Hy het net nie tyd om vir 'n uur daar te sit en te speel met sy pylkop nie. Hy wil gaan en die ding nou skiet, voordat dit weghardloop. So dit kan 'n voorbeeld wees van hoeveel tyd hulle gehad het om daaraan te spandeer. Geensins 'n voorbeeld van hulle intelligensie nie, ok? Maar nie net het mense vir langer gelewe voor die Vloed nie, diere het ook. En hulle het groter gegroei. Moontlik baie groter. Hier is 'n horinglose renoster van 18 voet (5.5 m) lank. Dis 'n groot renoster! Mense sê, dis 'n prehistoriese dier. Nee, het jy geweet dat die woord "prehistories" nie eens in die woordeboek was tot en met omtrent 'n 100 jaar gelede nie? Ons versamel ou woordeboeke by ons wetenskapsentrum. As jy 'n paar woordeboeke van die 1700's of 1800's het, ons sal graag hulle wil hê. Ek het 'n woordeboek van 1766; die woord "prehistories" is nie daar nie. Ek het 'n woordeboek van 1860; die woord "prehistories" is nie daar nie. Geen sulke ding soos "prehistories" in 1860 nie. Daar's 'n woordeboek van 1892; die woord "prehistories" is steeds nie daar nie. Sien, daar is dinge wat voor-Vloeds is, maar daar is nie so 'n ding soos "prehistories" nie. Ons het geskiedenis vanaf die eerste dag, "In die begin het God die hemel en die aarde geskape." Jy kan nie voor dit gaan nie. So daar is nie so 'n ding soos "prehistories" nie. Maar voor die Vloed gekom het, sou hierdie dak van water die lugdruk vermeerder het, wat sal maak dat dinge baie anders sal gebeur. Dit maak dat insekte baie groter word. Sien, insekte is beperk op grootte, gebasseer op die hoeveelheid suurstof wat hulle kan kry. Insekte wat in suurstofryke water lewe word 'n 1,000 keer swaarder as die wat nie. Dit het te doen met die oppervlakte area tot volume verhouding. Sonder om almal te verveel vir 'n half uur, hoe groter 'n insek word, hoe groter sy oppervlakte area. Maar nie in vergelyking met sy volume nie. Die oppervlakte area in vergelyking met sy volume verhouding verminder. Soos jy op die kaart hier kan sien. So soos wat 'n insek groter word, het dit nie genoeg vel nie. Want insekte haal deur hulle velle asem. Maar reuse insekfossiele is al gevind; soos hierdie naaldekoker met 'n 50 duim (1.3m) vlerkspan. Hoe sal jy daarvan hou om een van daardie te tref teen 70 myl per uur (110 kpu)? Dit sal die insekskerm en kap reg afvat en jou in die voorste sitplek ontmoet. Groot naaldekokers is gefossiliseer op hierdie planeet gevind. Vandag word hulle vier of vyf duim lank, m.a.w. nie baie groot nie. Voor-Vloed was hulle yslik. Kakkerlakke word nogal 'n goeie grootte vandag. Ons groei hulle in ons museum in Pensacola; die Madagascar sissende kakkerlakke. Maar het jy geweet dat reuse kakkerlakke gevind is? Agtien-duim (45 cm) lange kakkerlakfossiele. Jy het nie Orkin in daardie dae geroep nie! Jy het die Nasionale Burgermag geroep om te kom om die huis uit te roei, OK? 'n Reuse duisendpootfossiel van 8 1/2 voet (2.6 m) lank was gevind. Springkane van 2 voet (60 cm) lank was gefossiliseer gevind. Jy kan 'n ete uit hulle maak. 'n Tarantulafossiel, met 'n 3 voet beenspan; 60 voet (18 m) katstertfossiele is al gevind. 'n Donkie 9 voet (2.75 m) hoog, van Texas, natuurlik. Alles is grooter in Texas. Reuse luidiere het natuurlik op die planeet gebly. Nou gaan jy vertel word dat dit miljoene jare gelede was. Nee, dit was nie; dit was net voor die Vloed gekom het. Buffels is gevind met horingspanne van tot en met 12 voet (3.7 m). Elk met 12 voet (3.7 m) horings. Sommige van julle takbokjagters dink nou, "Wow, dit sal mooi lyk op 'n muur!" Hoeveel van julle gaan uitgaan en probeer om Bambi se pappa te skiet? Kom nou; wees eerlik. Daar's hy! Goed, goed, en hom ook eet. Jy weet, kangaroofossiele van 10 voet hoog is al gevind, en 'n wombatfossiel die grootte van 'n minibus. Hier's die fossiel van 'n marmot wat 1,500 pond (680 kg) was. Dis 'n groot marmot. 'n Voël is gevind van 13 voet (4 m) hoog. Hier is 'n olifant voëleier. Die een agter dit is 'n volstruiseier, wat ook yslik is. Hulle het fossiele van 'n prehistoriese gans gevind wat so hoog soos 'n olifant gestaan het en 'n half-ton geweeg het. Hoe sal jy dit vir Danksegging-aandete wil hê? Vertel vir Klein Tim van daardie gans! Fossielbewers van 8 voet (2.4 m) is gevind. Hier is 'n ou wat 'n bewerkakebeen van omtrent 'n 7 of 8 voet lange bewer vashou. Hier is 'n 6 voet (2 m) bewer wat in Ohio gevind is. Sien, as jy groter bome voor die Vloed gehad het, sal jy groter bewers nodig hê om hulle af te kou. God het alles gebalanseer gehou in daardie dae. Salamanders van vandag word tipies tussen 5 en 8 duim lank. Het jy geweet dat salamanderfossiele gevind is wat 6 voet (2 m) lank is? Vermeerderde lugdruk beteken dat meer gas in die water kom, en visse moet in die water asemhaal, deur hulle kuwe. So as jy meer gas het wat in die water opgelos is as gevolg van groter lugdruk, met dit kan die visse groter word. En jy kan baie meer visse per kubieke myl kry. Vandag as 'n haai 'n tand van omtrent 'n duim (2.5 cm) lank het, wys dit dat die haai sekerlik omtrent 15 voet (4.5 m) lank is. Het jy geweet dat fossielhaaitande gevind is, wat aandui dat haaie 80 voet (25 m) lank geword het op hierdie planeet? Kan jy jou 'n 80 voet (25 m) haai verbeel? Die film "Jaws" het 'n 25 voet (7.6 m) haai gehad. Jy sal vir "Jaws" as byt moet gebruik om een van hierdie megalodons te vang. Dr. Baugh teel piranas in 'n akwarium met 'n sterker magnetiese veld om dit. Deur net die magnetiese veld te vermeerder doen iets, want die pirana is 4 keer groter as normaal. Toe ons vrugtevlieë in 'n hiperbariese kamer geteel het, het hulle 10 keer langer as normaal gelewe. Net deur lugdruk te vermeerder! As jy die lugdruk en die gefiltreerde sonlig en die sterker magnetiese veld kombineer, sal jy seker Tuin van Eden kondisies kry. Ons het seker ten minste al drie daardie dinge verloor. Misken is meer dinge verloor van toe af. Skilpaaie het nogal groot geword. Daar's 'n groot skilpad aan die linkerkant. Oesters was 2 myl bokant seevlak gevind. Elf-voet oesters wat 600 pond (270 kg) weeg, twee myl bokant seevlak in die Andes Berge! Toe hulle Mt. Everest geklim het, het hulle versteende mossels bo-op Mt. Everest gevind. Die interessante ding van hierdie mossels is dat hulle versteen en toe is. Nou ek wil net uitwys, Mt. Everest is eerstens 'n bietjie ver van die strand of. Omtrent 450 myl (700 km) tot by die strand, en mossels klim nie berge baie goed nie. En wanneer 'n mossel doodgaan, maak dit oop! Jy kan op die strand loop en 'n miljoen skulpe vind. Jy vind omtrent nooit 'n paar wat pas nie, en jy vind hulle nooit toe as hulle dood is nie. Hulle maak dadelik oop. Hoe kry jy toe versteende mossels bo-op Mt. Everest? Ek dink daar was 'n Vloed; maar ek dink nie die Vloed was bo-oor Mt. Everest nie. Mt. Everest was nie daar nie. Psalm 104 vertel ons dat die berge opgestyg het gedurende die laaste gedeelte van die Vloed. Die bergreekse het gedurende die einde van die Vloed gevorm. Dis was seker die gevolg van die aarde se kors wat oop gekraak het en oop gebars het in stukke. En stukke sal oplig en voorentoe en agtertoe buig. Ons dek al dit in Video #6. Reptiele hou nooit op met groei nie. Dis 'n eenvoudige feit. Die meeste reptiele hou nooit op met groei nie: hulle groei hul hele lewens lank. Mense hou op met groei. Wanneer jy 16 of 18 is, gaan jy ophou groei, ten minste vertikaal. Party gaan horisontaal daarna. Maar reptiele hou nooit op met groei nie. Wat sal met 'n reptiel gebeur as jy hom in die Tuin van Eden sit en hom laat lewe om 900 jaar oud te word? Jy sal 'n groot akkedis hê - 'n baie groot akkedis! Dinosourusse was baie groot akkedisse wat saam met Adam en Eva gelewe het voordat die Vloed gekom het. Jy kan hierdie Jackson trapsoetjie nou dadelik kry by die troeteldierwinkel. Hoe gaan hy lyk teen omtrent 15 ton? Seker soos een of ander triceratops. Dinosourus beteken yslike akkedis, en dinosourusse het saam met mense gelewe regdeur geskiedenis. Hulle het net 'n ander naam vir hulle gehad, en ons sal meer dek oor dinosourusse in Video #3. Maar dinosourus- en mensbene is al saam gevind. Dinosourusbene was gevind in dieselfde kliplae as hierdie gefossiliseerde menshande. Dinosourusbene en soogdierbene, saam gevind! Hier's een van die Ica-klippe wat wys hoe 'n mens 'n dinosourus ry. Dr. Baugh het 'n paar klippe in sy museum. Ons het agt in ons museum nou, van hierdie Ica-klippe. Ek dink ons het die grootste versameling in Amerika, van hierdie Ica-klippe vanaf Peru. Baie van hulle wys dinosourusse daarop. Ons dek meer daarvan op Seminar gedeelte 3, oor dinosourusse en die Bybel. Dinosourusvoetspore en mensvoetspore is saam gevind in Glen Rose, Texas. Ek weet dat daar kontroverse is hieroor. Ek was vyf keer daar. Ek het al die kritiek daaroor gehoor, en ek was self daar om dit te sien. Maar gaan na Dallas, Texas, en gaan suid vir 45 myl na Glen Rose. En jy sal vind dat die Paluxy Rivier deur hierdie klein dorpie vloei. En dis alles vol kalksteen. Die hele area is kalksteen, amper soos hier rond in Knoxville. Wel, daardie rivier sny deur die kalksteenlae. In 1908 was daar 'n vloed. Die rivier het 17 voet (5 m) per myl gesak, maar hierdie vloed was ongelooflik. Dit was, ek dink, 30 voet (9 m) bokant vloedhoogte of iets. Dit was net 'n ongelooflike vloed in 1908. Dit het die onderkant van die rivier afgeruk en die kalksteenlaag afgeskeer. Twee voet van kalksteen was afgeruk. Onderaan was 'n nuwe kalksteenlaag, en toe die rivier opgedroog het die volgende somer, het hulle ontdek dat daar honderde dinosourusvoetspore is. Dinosoususvoetspore. Dit word Dinosaur Valley State Park genoem. Daar's 'n boek op die tafel hier, as jy meer daaroor wil lees. Hulle het baie van die voetspore uitgekerf en hulle na museums toe gevat om hulle te red sodat hulle nie deur die rivier weggevreet kan word nie. Hulle het yslike blokke in die 1930's uitgehaal en hulle onder die dinosourusgeraamtes gesit. Die voetspore is groot. Hier's 'n klein kindjie wat 'n bad vat in een. Maar soms in hierdie area vind hulle mensvoetspore saam met die dinosourusvoetspore. Mensspore en dinosourusspore saam! Ons kan die hele dag spandeer om hieroor te praat. Daar was al duisende verslae hieroor. Party glo dit; party glo dit nie. Hier's 'n spoor van mensspore wat die spoor van dinosourusspore kruis. En die mensvoetspore, sommige van hulle, is nogal 'n goeie grootte. En per geleentheid is hulle binne-in die dinosourusvoetspore gevind. Wel, as jy deur die modder hardloop om van die Vloed te ontsnap, is dit 'n logiese plek om in te trap, reg waar iemand anders alklaar in getrap het. Dis soos om deur diep sneeu te loop. En ek dink baie mense kry die verkeerde idee. Hulle dink dat Noag in die ark geklim het, dit gereën het en almal in die eerste 10 minute dood gegaan het. Dit het seker ses maande gevat om almal op hierdie planeet dood te maak. Hulle sou hardloop en vir hoër grond soek. Die water het aanhou styg. Sien, die reën was vir 40 dae, maar die Bybel sê dat die water het aanhou styg vir 150 dae. Want die meeste van die water het op gekom vanaf die binnekant van die kors van die aarde. Op deur die fonteine van die dieptes. Die reën het omtrent niks vir die Vloed gedoen nie. Dit was die water van die binnekant wat die Vloed veroorsaak het. Dit het seker ses maande gevat om almal dood te maak. So hulle sou gehardloop het, jy weet; wanneer die getui sak sou hulle na hoër grond hardloop. En baie gou sou hulle baklei het vir hierdie hoër grond, wat meer en meer skaars sal word. Maar die voetspore is nogal 'n goeie grootte. Ons verkoop uitdrukke van hierdie een as jy een wil kry. Dis op ons webtuiste, www.drdino.com Jy kan die grootte 24 mensvoetspoor sien. Ons het een keer 'n groot kind gehad wat probeer het om dit te fil; kon dit nie regkry nie. Ons het 'n grootte 18 gehad. Hulle het klipbanke uitgekerf en meer voetspore onder die onversteurde kalksteen gevind. En van die voetspore was toe oor die toon gesaag. Hulle het na die eindtak gekyk, en jy kan sien waar dit afgedruk het en die laminasielyne verwring het. Ek weet daar is argumente daaroor. Ek het, ek dink, alles oor die onderwerp gelees. Ek het sekerlik baie gelees. Ek is oortuig dat hulle gegrond is. Die voetspore het 'n 6 tot 7 voet (1.8 tot 2.1 m) tree. Dit sal 'n baie groot man vat om 6 of 7 voet (1.8 tot 2.1 m) elke keer te trap. 'n Vriend van my was daaronder toe hulle die voetspore uitgegrawe het. Hy het hierdie brief vir my geskryf. Hy's nou 'n assistent-pastoor by 'n Suidelike Baptiste Kerk in Arizona. Hy't gesê, "Dr. Hovind, ek het in Glen Rose groot geword. Ek was by 'n opgrawing met Dr. Carl Baugh, ...ons het die voetspore van 'n man langs 'n dinosourus se voetspore gevolg. Dit was asof die man saam met die dinosourus geloop het. NOVA was daar om die opgrawing te film. Daar was ook 'n evolusionis wat die hele tyd met Dr. Baugh geargumenteer het. NOVA het nie veel van die spore of ons grawery gefilm nie, maar hulle het die evolusionis ondervra. Hy het vir hulle gesê dat hy niks gesien het wat evolusie verkeerd kan bewys nie. Wat hy nie vir die kamera vertel het nie is dat hy geweier het om om te draai en na die spore te kyk waaraan ons gewerk het nie." "Toe hulle een gekry het, het hulle hom op die skouer getik en gesê, 'Uh, meneer, jy wil dalk hierna kyk,' en hy't gesê, 'Nee, ek wil dit nie sien nie.' Hy met sy rug na die grawery en die spore gestaan terwyl hy hierdie stellings gemaak het. NOVA het geweet dat die man nie na die spore gekyk het nie, maar hulle het dit nie gerapporteer nie." Sien, NOVA is blykbaar toegewyd aan 'n teorie genaamd evolusie, en enige iets wat teen die teorie staan gaan eenvoudig nie op TV gewys word nie. Punt. Die teorie moet beskerm word teen kritiek. Een ou het gesê, "Wel, as hulle mensvoetspore met dinosourusvoetspore vind, al wat dit bewys is daar 'n dinosourus was met 'n voet soos 'n mens s'n." Nou wel, dis nou 'n briljante manier om daarna te kyk, is dit nie? Nog 'n voorbeeld waar evolusie 'n hindernis vir navorsing is! "Wel, skeppeniste stel dit dat mense en dinosourusse tydgenote in tyd was. As hierdie gewigtige stelling waar is, sal die name van sy ontdekkers deur die gange van tyd druis, as individue wat een van die uitsteekendste ontdekkings van die twintigste eeu gemaak het." Wel, teensy daar 'n mediablok is, is dit waar. OK? Daar is baie goeie boeke daaroor. Hulle het ook 'n hammer gevind, 'n gefossieliseerde menslike hammer...'n mensgemaakte hammer. Mense het gesê, "Hulle het nie enige yster voor die Vloed gehad nie." O, natuurlik het hulle. Die Bybel sê Tubalcain was 'n vakman in koper en yster. Jy kan 'n namaaksel van die hammer kry as jy dit op jou tafel wil hou. Kyk na ons katalogus of ons webtuiste, www.drdino.com. Hierdie klok was binne-in 'n koolklont gevind. Hulle het geweet van yster en metale voor die Vloed gekom het. Hulle was uiters slim. Jou kinders sal in skool geleer word dat die geologiese kolom die geskiedenis van die aarde voorstel, en dat die koolstofhoudende era die tyd is toe kool gevorm is. Dis snert. Kool het gevorm in die tyd van die Vloed want die wêreld was begrawe. Hulle het 'n goue ketting binne-in 'n koolklont gevind in 1881 in Illinois. Hierdie ysterpot was ook binne-in 'n koolklont gevind. Hierdie ding was binne-in soliede klip gevind wat veronderstel is om 600 miljoen jaar oud te wees. Hier is ek in Nampa, Idaho, besig om wat 'n Nampa beeld genoem word, vas te hou. 'n Putboorder het hierdie klein poppie 320 voet onder gevind terwyl hy 'n put geboor het. Seker 'n voor-Vloedse pop. Hierdie battery-ding was in Irak gevind; veronderstel om 'n 2,000-jaar-oue battery te wees. Hulle het lank terug van elektrisiteit geweet. Die Egiptinare het van elektrisiteit geweet. Hulle het geweet hoe om dinge elektrolies te beslaan. Werkers het mensbene in 'n koper pylkop in 'n silveraar gevind. Gevorderde klipgereedskap was in 'n goudmyn in California gevind. Hulle het in die middel van hierdie berg 'n skag terug in die gruisput gegrou, onder lae van lawa wat veronderstel is om 55 miljoen jaar oud te wees. En hulle het mensgereedskap daar gevind! Professor Holmes van die Smithsonian was een van die grootste vokale kritiseerders van die Calfornia vindinge. Hy het gesê, "Miskien as Professor Whitney ten volle die storie van menslike evolusie waardeer het, soos wat dit vandag verstaan word, sou hy gehuiwer het om die gevolgtrekkings aan te kondig, ongeag die oortreedende reeks getuienis." Sê hy dat hy nie sy ontdekking aangekondig het nie, want dit gaan teen 'n teorie? Is dit wat hy sê? Dis presies wat hy sê. En mense, Ek sê vir julle, daar is mense wat so toegewyd is aan daardie dom evolusie teorie, dat hulle van hulle gedagtes en van skrif, as hulle kan, enige iets sal blok wat teen dit gaan. Hulle beskerm die teorie met godsdienstige toewyding. Die Smithsonian is baie verantwoordelik vir die wegsteek van bewyse teen evolusie. In 1950 het Thomas Lee van die Nasionale Museum van Kanada gevorderde klipgereedskap in 'n gruisdeposito gevind. Die probleem was dat die gruisdeposito reeds as 65 tot 125 duisend jaar oud gedateer is. Dit was heeltemal te oud vir mense om in Kanada te wees. So, die direkteur van die museum was afgedank omdat hy geweier het om die ontdekker af te dank. Tonne artefaktes het na stoorbokse verdwyn. Die ontdekking moes dood gemaak word. Dit sou die herskrywing van amper elke boek in die besigheid gevorseer het. "Ons kan nie dat jy iets vind wat teen ons teorie gaan nie, want al die boeke wat ons gedruk het praat van hoe wonderlik die teorie is. En nou gaan jy maak dat ons al hierdie boeke oorskryf; so jy is afgedank." Hierdie muntstuk was gevind deur 'n putboorder in Illinois meer as 100 voet onder die oppervlakte. Dis was nooit geanaliseer nie. Die Vloed het daardie wêreld begrawe. God het nie net vir hulle gesê wat om te doen en hoe om te lewe voor die Vloed nie, Hy het ook vir hulle gesê wat om te eet. Hy het vir hulle die perfekte dieeet gegee. God het gesê, Ek wil hê julle moet die kruie eet. Kinders, eet julle groente, die vrugte, en die sade (Genesis 1:29). Ons doen dit nie so baie nie. Ons eet die hamburger, skyfies en Coke. God het gesê eet die vrugte, groente en sade. Wanneer jy die vrug eet, moet jy die saad eet. As jy 'n perske eet, eet die saad. Jy sê daardie ding is hard. Wel, breek dit oop met 'n hammer. Die saad is binne-in die dop, OK. En net so terloops, daar's 'n goeie boek. 'n Dame het my seminar gesien, het opgewonde geraak, het op 'n Tuin van Eden dieet gegaan, en haar gesondheid gerevolusioneer. Sy het 'n goeie boek daaroor geskryf nadat sy die Eden dieet gevolg het. As jy dit wil kry, "Your Right to Be Beautiful." Maar, jy moet die saad eet. Nou maak seker dat jy organies gegroeide sade kry, nie die wat met steroïde en insekoders gegroei word nie. Maar die sade bevat 'n bitter stof genaamd sianide. Dit sal vir jou 'n plooi gee wat vir omtrent 'n uur en 'n half sal hou. Party van julle ou toppies kyk na my soos in, "Plooi, plooi, waarvoor is dit? Man, ek het dit geweet." My pa het gesê, jy weet dat jy oud word as jy al die pad na die ander kant van die kamer gaan om jy vrou te soen, en jy dan vergeet hoekom jy gegaan het. Jip, jy word oud, Pa. Maar hierdie sade bevat 'n vitamien genaamd vitamine B-17 wat half sianide is. Jy sê, o dis gif. O, dis ook nie! Waterstof is plofbaar; vra die mense op die Hindenburg. Hulle het uitgevind. En suurstof ondersteun verbranding. Nou wie op aarde sal waterstof en suurstof op 'n vuur spuit om dit te probeer dood? Elke brandweerman op die planeet! Wat kry jy as jy waterstof en suurstof meng? Water. Sodium is giftig; kloor is giftig. Jy meng hulle saam en kry sout, wat wonderlik is. So die sianide wat in sade gevind is, is gemeng met bensaldehide. Altwee is giftig, maar saam is hulle skadeloos. Todat hulle in 'n kankersel vashardloop! Daar is 'n boek oor hierdie onderwerp met die naam van "World Without Cancer." Baie webtuistes oor hierdie onderwerp, as jy meer wil lees. Daar's baie dinge daar op die skerm en op my webtuiste, www.drdino.com. Daar's 'n stam van mense in noordelike Pakistan genoem die Hunza. Die Hunza mense kry nooit kanker nie. Toe die stam eers ontdek was, was hulle gemiddelde ouderdom 160. Hierdie is een van die valleie daar bo in die Himalaya Berge. Dit het gelei tot die legende van Shangri-La. Hoeveel van julle het al ooit gehoor van die vallei van Shangri-La, die vallei waar jy vir ewig lewe? Wel, hulle het nie vir ewig gelewe nie, maar hulle het vir 'n baie lang tyd gelewe. Die Hunza mense se gunsteling kos om te eet is appelkoossade. Nou vandag lewe hulle om tipies omtrent 90 te word. Hulle het baie kontak met die buitewêreld gehad. Maar appelkoossade is nogal interessant. Hulle vat die appelkoossade en druk hulle om al die olie uit te kry. Hulle sit die olie op hulle velle, en die vrouens kry die plooie nie. Hulle is baie aantreklik teen 70 en 80. Hunzas eet hierdie appelkoossade soos wat ons grondboontjies eet. Hulle is lief daarvoor en kry nooit kanker nie. Jy weet dat mense wat voedingsterapie vat om kanker te genees het 'n baie beter oorlewingssyfer. Nou hulle oorleef nie almal nie, verstaan ek, OK. Maar dis omtrent 10 keer die geleentheid om te lewe, as wat daar is met konvensionele terapies. Daar is baie goeie boeke oor hierdie onderwerp. Jason Vale leer dat jy appelkoossade moet eet om kanker te genees. En hy het gesê, "Kanker kan nie oorleef in 'n liggaam van 'n persoon wat appelkoossade inneem nie." Jason Vale het eenvoudig voorgestel dat mense appelkoossade eet. En hulle het hom gearresteer en in die trok gesit. Hy's steeds in die tronk omdat hy vir mense gesê het om appelkoossade te eet. Want die FDA wil hê dat mense medikasie gebruik om beter te word, nie sade om beter te word nie. Want hulle kan nie sade reguleer nie. Hulle kan nie geld maak daaruit nie. Dit gaan alles terug na geld, jy weet. "Volg die geelbaksteen pad," (goud) die geldspoor. Vir jare het seemanne van 'n vreeslike siekte genaamd skeerbuik gesterf. Die Britse seemag het miljoene seemanne verloor tot skeurbuik. Weet enige iemand hoe hulle skeurbuik genees het? Vitamine C. Hulle het nie eers van vitamine C geweet nie. Hulle het net geweet as jy lemmetjies eet, kry jy dit nie. Hulle het dit die "limeys" genoem, het hulle nie? Vat lemmetjies aan boord! Baie siektes wat ons vandag kry word veroorsaak deur 'n tekort aan 'n vitamine. Dis nie wat jy eet wat jou doodmaak nie. Dis wat jy nie eet nie wat jou doodmaak. As jy nie genoeg vitamine B kry nie, kry jy beriberi, pellagra, rickets. Almal van hulle is vitamien-tekort siektes. Die Bybel sê dat God die krui vir die diens van die mens gegee het en brood om sy hart sterk te maak. Het jy geweet brood het altyd jou hart sterk gemaak? Maar hou in gedagte, "die liefde vir geld is die wortel van alle kwaad." Hulle het jare gelede geleer, as hulle die vitamine E uithaal, die lecithin, en die omega-3 vetsure (hulle haal dit uit die koring; en maak die brood met wit meel), hou die brood vir maande. Maar die mense het begin doodgaan aan hartaanvalle en beroertes en sirkulasie probleme. Sien, dis 'n eenvoudige formule: hoe witter die brood, hoe gouer is jy dood. Nou dis nie die witbrood wat jou doodmaak nie. Dis wat nie in die brood is nie wat jou doodmaak. Sien, God het brood gemaak om jou hart sterk te maak. Onthou die Bybel praat van "ons daaglikse brood". Maar mense wat brood maak om te verkoop, het moeg geword dat helfde van dit sleg gaan op die rak waar hulle dit nie kon verkoop nie. So hulle moes 'n manier uitwerk om te maak dat die brood langer hou om winste te vermeerder. Dit gaan alles terug na geld. Volg die geelbaksteen pad. Daar is twee filosofië oor gesondheid. Een is gebasseer op evolusie wat sê jou liggaam is niks meer as chemikalië wat per toeval saam gekom het, oor biljoene jare. So om siektes te behandel voeg jy meer chemikalië by. Dis dwelmterapie. As jy 'n kopseer het, sê jy, "Dokter, ek het 'n hoofpyn." Hy sê, "Hier, drink 'n pil." Wel nou, wag net so bietjie. Wat het jou hoofpyn veroorsaak? Was die afwesigheid van 'n pil wat jou hoofpyn veroorsaak het? Ly jy aan 'n pil-tekort. Behandel jy nie die simptoom in plaas van die oorsaak nie? Ek bedoel, dink daaraan. Sien, as jy op die snelweg ry en jou olie-liggie gaan aan in jou kar, het jy twee keuses. Kry die probleem en maak dit reg, of ontkoppel die liggie. Jy sê jy sal nooit die liggie ontkoppel nie. Dit sal dom wees. Ja, ek weet dit sal dom wees. Die lig is nie die probleem nie; die lig probeer om vir jou te sê van die probleem. En glo dit of nie, jou hoofpyn is nie die probleem nie. Jou hoofpyn probeer om jy te sê van 'n probleem. Tekort aan magnesium miskien, of protëine, ek weet nie. Maar die meeste van die medikasie wat ons vandag inneem is om die ligte te ontkoppel. Hulle is nie daar om die probleme op te los nie. Hulle los die siptome op. En soms is dit noodsaaklik. Ek's nie teen medisyne al die tyd nie, maar ek sê vir julle, mense, dat ons mal geword het. Medisynemaatskapye maak nie geld as jy gesond is nie, en die liefde vir geld is die wortel van alle kwaad. Die meeste siektes is tekort siektes. Jy het te min van 'n vitamine of 'n mineraal of 'n olie. Daar is sestien vitamine, sestig minerale en drie olies wat jou liggaam elke dag nodig het. Gee dit net genoeg, OK. Daar's 'n goeie boek deur Bill Sardi, 'n vriend van my in California, met die naam van "The Power of Healing, The Power of God." Ons s'n op die tafel is klaar, maar jy kan dit bestel. As jy meer wil leer oor gesondheid of sy ander boek kry, "The Bible Prescription for Health and Longevity" deur Bill Sardi. En voordat jy opgewonde word oordat hulle floride in jou water sit, moet jy dalk miskien lees oor die waarheid agter die floride wat hulle by ons watersisteme voeg, en hoe gevaarlik dit is. In 1845, was 'n dokter in Vienna, Austria geskok, want 30% van die vrouens wat in die hospitaal geboorte gegee het het dood gegaan. Dertig persent! So die dokter het agter gekom dat dokters die liggame van die dooie vroue sal ondersoek en dan, sonder om hulle hande te was, die volgende verwagtende ma ondersoek. Hulle het nie toe oor miskroskopiese organismes geweet nie. Maar Dr. Semmelweis het daarop aangedring dat die dokters in die hospitaal hulle hande was nadat hulle 'n dooie liggaam ondersoek het. Die dodesyfer het gesak na twee persent. Weet enige iemand wat het met Dr. Semmelweis gebeur as gevolg van sy ontdekking? Hy was afgedank. Drie hospitale in 'n ry het hom afgedank. Hy het uiteindelik in 'n sielsieke-inrigting beland waar 'n pasiënt hom vermoor het. Net deur aan te dring dat jy jou hande was! Drie duisend jaar vroeër in die boek van Levitikus, het God vir Moses gesê, sê vir die mense dat wanneer jy aan 'n dooie liggaam vat, dat jy onrein is. En was jou hande en jou liggaam voordat jy aan enige iemand anders vat. God het dit gesê 3,000 jaar voordat wetenskap dit uitgewerk het. Die ander filosofie van medisyne is gebasseer op die skepping, wat sê dat jou liggaam deur God ontwerp is. En Hy het vir ons die kos gegee wat ons behoeftes bevredig: vitamines, minerale, ens. Ons noem dit voedingsterapie. Ons het baie meer daarop op ons video-reeks "The Bible and Health". Kyk dit as jy meer wil kry oor daardie onderwerp. Sien, die gemiddelde aantal mense wat elke jaar doodgaan aan die neem van kruie is nul. Elke jaar gaan omtrent drie mense dood van die neem van vitamines. Elke jaar gaan omtrent 320 mense dood van die neem van oor-die-toonbank medisyne. Omtrent 9,000 mense gaan dood aan kos-draende siektes. En elke jaar gaan 90,000 tot 110,000 mense dood van die neem van verkeerd-voorgeskrewe medisyne. Dit tel nie verkeerde voorskrifte nie! Dit is daardie wat hulle gesê het jy moet vat en jy't dit gevat en jy het dood gegaan. Twee keer soveel wat dood gegaan het in die Vietnam Oorlog in 10 jaar gaan elke jaar dood aan verkeerd-voorgeskrewe medisyne. Daar is ook twee filosofië van regering. Ons gaan meer daarin op Video #5. Maar een is gebasseer op evolusie, wat sê wette kom van die mense se opinies. Die regte is deur die regering gegee, en die regering moet die allermagtige voorsiener wees, met welsyn en alles anders. Dis 'n demokrasie. Demokrasie is 'n gevaarlike vorm van regering. Hulle word altyd diktatorskappe; en hulle praat omtrent altyd van hierdie universele gesondheidsorg. Wel, 70 tot 80 persent van alle gesondheidsorg-kostes in Amerika is van self-teweegebringde probleme. As jy dwelms wil neem en alkohol drink en rook, is dit jou besigheid. Maar as jy wil hê ek moet betaal wanneer jy siek word, is dit my besigheid. As ons universele gesondheidsorg gaan hê, hoekom kry ons nie universele karsorg nie? Ek bedoel, as jy jou kar in 'n boom in ry, koop die regering vir jou 'n nuwe kar. Jy ry agteruit in iemand in die parkeerarea ry en dit krap. Hi, dis OK. Die regering sal dit regmaak. Hy blaas jou enjin want jy het vergeet om jou olie te ruil. Dis OK. Die regering sal dit regmaak. Hoekom het ons die universele huissorg nie? Sien, as jy al ooit 'n huis besit het en dit aan iemand anders verhuur het, sal jy verstaan. Hoeveel weet waarvan ek praat? Huurders kyk net nie daarna soos wat eienaars doen nie, né? En as dit jou verantwoordelikheid is om na jou gesondheid te kyk, sal jy daarna kyk. En wanneer jy die kar gekoop het, sal jy dit nie in 'n boom vasry en daaroor lag nie. Jy sal huil as jy die boom tref. Die ander filosofie van regering is gebasseer op die skepping, wat sê wette kom van die Skepper, regte is onvervreembaar, en die regering moet beperk word. Dis 'n republiek. Meer daaroor op Video #5. Ons kan daaroor praat vir twee ure. Genesis 1:30, en ek sal hier stop. God het gesê, "Maar aan al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel en al die kruipende diere op die aarde, waarin 'n lewende siel is, gee Ek al die groen plante as voedsel." Jy bedoel alles wat op die aarde gelewe het het plante geëet voordat die Vloed gekom het? Dis presies reg. Jy sê, Broer Hovind, kyk na hierdie tande. Nou dis 'n vleiseter! Nee, dis 'n pandabeer. Het jy geweet haaitande dui nie vleis-eeting aan nie? Daar's 'n takbok in China. Dis 'n watertakbok. Jy kan dit opsoek op die Internet, watertakbokke. Dit het tande soos 'n sabeltandtier. Jy kyk na 'n sabeltand. Oh wow, daai's 'n vleiseter. Nee, daai's 'n vegitariër, OK. Wat van daardie een? Nou dis 'n vleiseter! Kyk na daardie skerp tande, Hovind. Nee, jammer, dis 'n vrugtevlermuis. Wat van daardie een? Daai's 'n vleiseter! Nee, daai's 'n vegitariese aap. Daar was 'n leeu wat geweier het om vleis te eet sy hele lewe lank; het gelewe om 11 jaar oud te wees. Dit was in films gebruik as 'n akteur. Dit het uiteindelik dood gegaan in 'n ongeluk op die toeneel. Dit het geweier om enige soort vleis te eet. Nadat die Vloed verby was, Genesis 9, het God vir Noag en die seuns geseën en gesê gaan hê 'n klomp kinders. En shoe, hulle het. Hier is ons. Hy het gesê, "Die vrees en die skrik vir julle sal wees oor al die diere van die aarde." Weet jy wat was die eerste verandering na die Vloed? Diere het bang geword vir mense. Hulle was nie voorheen bang nie. Nou het hulle bang geword vir mense. Die tweede verandering na die Vloed, God het gesê, "Alles wat beweeg en lewe, sal julle voedsel wees." Nou kan julle vleis eet, en as gevolg daarvan is daar baie lyding in die wêreld. Diere ly sodat ons kan eet. En dis doodnormaal om vleis te eet. Maar God het 'n perfekte wêreld gemaak en die mens het dit verwoes. Die mens het dood en sonde in die wêreld gebring. Paulus het gesê, ek vermoed dat die lyding van hierdie huidige tyd... Is daar lyding in die wêreld vandag? Baie. Die hele wêreld is vol gekerm en geswoeg en pyn. Charlie Darwin het gesê, "Ek is verwar. Ek het geen voorneme gehad om ateïsties te skryf nie, maar dit lyk asof daar so baie ellende in wêreld is." Charlie kon nie verstaan hoekom God 'n wêreld met lyding gemaak het nie. Charlie, God het nie die wêreld my lyding gemaak nie! Maar Charlie Darwin het gedink dat "van die oorlog van hongersnoot en natuur en dood kom die opgehefste onderwerp, wat ons in staat is om te bedink." Wag 'n bietjie. Charlie, sê jy dat oorlog, en hongersnoot, en dood dit is wat ons ophef na hoër vlakke? Dis presies wat hy sê, en dis presies wat evolsie vandag leer. Niks het verander nie. Dood is die held van die storie vir die evolusionis. Die Bybel sê, God het 'n perfekte wêreld gemaak. Die mens het dit verwoes. Deur een mens het sonde in die wêreld gekom, en dood deur sonde. Dit was Adam se skuld. Jy kan nie 'n verwoesde kar op die vervaardiger blammeer nie. Stuur 'n foto vir die vervaardiger van 'n wrak en sê, "Hoekom het jy 'n kar soos die gemaak?" Dit het nie soos dit in die fabriek gelyk nie. Vandag, mense, bly ons in 'n rommelwerf. Nou ek hou daarvan om op planeet aarde te bly, en Knoxville is 'n pragtige plek; maar, ek sê vir julle, mense, hierdie is niks in vergelyking met wat Adam en Eva gesien het nie. Hierdie is 'n rommelwerf, maar God gaan dit weer regmaak. Eendag gaan die wolf met die lam wei, die luiperd sal saam met die bokkie lê; en die kalf en die leeu en die vetlam saam, en 'n klein kind sal hulle ly. 'n Klein kindjie gaan 'n luiperd of 'n leeu ly? "Hey Mamma, kyk na die groot katjie wat ek gekry het. Kan ek die katjie hou, Mamma?" "Seker, skat, sit die groot katjie in die agtertuin en gee vir haar bietjie gras." Jy sê, "Hovind, leeus eet nie gras nie." O, hulle sal eendag. "Die leeu sal strooi eet soos die os." 'n Ou in Kanada het vir my 'n vidoestuk gestuur van bere in sy erf wat vir twee ure lank gras geëet het. Niks behalwe gras nie. Die Bybel sê die kind sal doodgaan 'n honderd jaar oud. Hulle gaan heers en regeer saam met Christus vir een duisend jaar. Daar is nie genoeg Skrif om regtig dogmaties te wees nie, maar dit blyk asof daar 'n duisend jaar span sal wees, wat na hierdie tydperk gaan kom, waar as jy gered is jy kan lewe vir 'n duisend jaar. Met alles terug na Tuin-van-Eden-kondisies! Kinders, jy gaan jou eie troeteldier dinosourusse kan kry. Dit gaan cool wees. Dan gaan Hy nuwe hemele en 'n nuwe aarde maak. Jesaja 65, II Petrus 3, nuwe hemele, nuwe aarde! Openbaring 21, nuwe hemel, nuwe aarde. Jy kan jou nie eers verbeel hoe dit gaan wees nie. Ek kan sekerlik nie. Die Bybel sê, niemand het gesien, geen oor het gehoor of het in die hart van 'n mens gegaan, die dinge wat God vir die wat Hom lief het voorberei het nie. God het dinge beplan vir Sy kinders waaraan jy nie eers kan dink nie. Ek gaan vir jou een gee om te probeer om oor te dink en dan stop ons vir middagete. Hierdie is die elektromagnetiese spektrum. Ek het fisika geleer. Ek moet hierdie iewers hierin kry. Hierdie bevat al die verskillende golflengtes: radiogolwe, mikrogolwe, insluitende 'n klein snytjie lig, die kleurspektrum: Rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo, en violet. Ons oogbal is in staat om daardie kleure te sien. Maar dit is net 'n klein stukkie van die ruse spektrum. Veronderstel God gee vir ons nuwe oë wanneer ons in die Hemel kom. En ons is in staat om die hele spektrum te sien. Dit beteken dat daar splinternuwe kleure sal wees. Nie nuwe skakerings van hierdie kleure nie; ek praat van splinternuwe kleure. Dis hoekom die hemel so groot moet wees. Dis vir die vrouens se kaste. My vrou gaan sê, "Liefie, gaan hierdie saam met dit?" Ek sal sê, "Skat, ek kon dit nie terug op aarde uitwerk nie." Sy moet my dasse nommer om by my pakke te pas, want ek weet nie wat gaan saam met wat nie. Tweedens, ek gee nie om nie. Ek wil net aantrek. Sal jy dit asseblief uitlê? Enige iemand anders wat ook so daaroor voel? Jy sê, "Ek weet nie wat gaan saam met wat nie. Sit dit net saam vir my." Daar's hy. Jou ma of jou vrou sê, "Dit pas nie." Wel, hoe is ek veronderstel om te weet. Waar is die reëlboek vir dit? Hey, veronderstel ons kom in die Hemel en God gee vir ons nuwe oë wat die hele spektrum kan sien. En ons sal in staat wees om die klanke te sien wat van musikale instrumente afkom. Nou kan ons hulle net hoor. Wat as jy hulle kan sien, of hulle kan ruik? Ah...C majoor het verminder. Speel dit weer. Wat as ons nuwe ore kry wat die hele spektrum kan hoor? Wat as jy die kleure kan hoor, of hulle ruik, of hulle proe? Wow, blou, wow! Ons het net vyf sintuie, mense. Miskien is daar meer. Maar as God net hierdie vyf vat en hulle uitberei tot die maksimum, sal ons vir ewig spandeer deur om deur die Hemel te loop en gaan "Wow, het jy dit geruik? Lek dit. Wow." My eerste rekenaar was 'n IBM XT-8088. 4.77 megahertz. Wanneer jy vir dit gesê het om 'n program te laai, kan jy net sowel middegete kry, die pos oopmaak, en 'n slapie vat want dit gaan 'n rukkie vat. Hoeveel van julle het een van daai oudtydse rekenaars gehad? Ons het opgegradeer. My rekenaar hier nou is 'n Pentium 4, 3.4 gigahertz met "hyper-threading" en 'n 60 gig hardeskyf, 2 gig RAM. Dieselfde programme hardloop, maar hulle is baie vinniger; en hulle is in kleur! Dis 'n sisteem-opgradeering. Het jy geweet dat as jy daarvan gehou het om in jou liggaam te lewe met die sigte en klanke en smake van hierdie wêreld, wag tot jy in die Hemel kom. Jy's oppad na is sisteem-opgradeering, wat jou verstand te bowe sal laat gaan. Die enigste vraag is, gaan jy gaan? Paulus het gesê, ek het 'n man in Christus geken 14 jaar gelede wie opgevang is tot die derde Hemel. Ek dink hy praat van homself. Ek dink hy het doodgegaan en was opgevang tot die derde hemel, en hy het dinge gehoor wat onspraaklik was. Jy kan dit nie eers verduidelik nie. Hey, kan jy kleure verduidelik aan 'n blinde man? Probeer dit een dag. Kan jy klanke aan 'n dowe persoon verduidelik. Probeer dit net een dag. Kan jy die Hemel aan 'n aardbewonder verduidelik? Dit kan nie gedoen word nie. Jy sal dit nie kan verstaan nie. Buite jou vermoeëns. Maar sjoe, vir die res van sy lewe, toe Paulus terug ondertoe gekom het, was hy angstig om terug Hemel toe te gaan. Hy het vir die Filipense vertel, ek het 'n behoefte om te vertrek en met Christus te wees, maar ek sal hier bly want julle het my nodig. Paulus sal dorp toe gaan om te preek; en hulle sal sê, "Paulus, as jy nie gaan stop met daai prekery nie, gaan ons jou doodmaak." Regtig? Gee my jou beste, man. Kom ons gaan. Hy was angstig om te gaan. Wat van jou? Is jy reg om te gaan? God het hierdie wêreld gemaak. Hy besit dit. Hy maak die reëls, en ons almal het Sy reëls gebreek. Hy het vir ons baie duidelik gesê, "Jy mag nie leuens vertel nie." Moenie lieg nie. Ons het almal gelieg. Hy het vir ons gesê moenie steel nie; ons het almal gesteel, en dis net tien... Daar is meer as 600 gebooie in die Ou Testament. Daai is net tien. Ons het baie van hulle gebreek, mense. Daar's geen twyfel; ons is skuldig, en ons gaan gestraf word. Of, ons moet 'n plaasvervanger kry. Dis waar Jesus inkom. Hy is gewillig en in staat om vir jou 'n plaasvervanger vir jou sondes te wees. Op Februarie 9, 1969, het ek gesê, "Here, ek is 'n sondaar en ek verdien om reguit Hel toe te gaan, maar ek glo U het vir my doodgegaan, ek sal daarvan hou as U my vergewe. Ek wil hê U moet vir my sondes betaal, Here. Ek's jammer. Ek het U reëls gebreek en ek is hopeloos verlore. Maar ek glo U kan dit regmaak. Vergewe my asseblief." Die Bybel sê, "Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word" (Romans 10:13). So daardie dag het ek tot die Here geroep en my hart aan hom gegee, en Hy het my gered. En as ek vandag doodgaan, gaan ek Hemel toe. Dis nie omdat ek goed is nie. Spot jy? As ek kry wat ek verdien, is ek in die moeilikheid, en jy ook. Die predikant het een keer saam met die dekaan gepreek; en die predikant het met die gang afgehardloop, en deur die agterdeur gejaag. En iemand het hom gestop en gesê, "Pastoor, Pastoor, waarna toe gaan jy?" Hy het gesê, "Ek moet hier uitkom." Hy sê, "Hoekom? Hoekom, Pastoor?" Hy sê, "Ek was daaronder besig om saam met die dekaan te bid." "Ja, so wat?" "Daai dekaan het gebid; hy het gesê, 'Here, gee my net wat ek verdien.' Ek wil nie naby wees wanneer hy dit kry nie, man. Ek kom hier weg!" Man, ek wil nie hê wat ek verdien nie. Ek soek God se genade. Het jy dit? As jy vandag doodgaan, waarna toe sal jy gaan? Rook of nie-rook? Jy gaan dood wees vir 'n baie lang tyd. Jy beter aan daardie een dink. As jy gered is, wat op aarde gaan jy doen om Hemelsnaam. Wat doen jy vir die Here? Kinders, julle kan gaan slaap. Julle sal nie hierdie verstaan nie, maar ouers, julle sal hierdie verstaan. Ma kan die klere was, hul droog maak, hul vou, en hulle by die slaapkamerdeur sit. Die kind kom in en sien nie eers hulle nie. Wie weet waarvan ek praat? Dis van, het jy nie daardie klere gesien nie? Nee. Ek dink God is bo in die Hemel en kyk af na sommige van sy kinders en sê, "Sien julle nie wat gedoen moet word nie?" Jy weet, hello, doen iets! Deel 'n gospelbundel uit. Kry iemand gered. Jy weet, begin 'n sondagskoolklas. Doen iets. Wat doen jy vir die Here? Ons hoop dat jy hierdie video reeks van skepping, evolusie en dinosourusse geniet het. Baie meer belangrik as om die waarheid en feite van wetenskap te weet, is om die waarheid te weet van of jy Hemel toe gaan of nie. As jy nooit God as jou Redder aangeneem het nie, laat ek gou verduidelik wat jy moet doen om Hemel toe te gaan. Die Bybel sê ons is almal sondaars. Ons het almal God se wette gebreek. Ons is ongehoorsaam aan die Skepper. Ons het slegte dinge gedoen. Ons is sondaars. Party is erger as ander, ten minste in die mens se oë; maar ons het almal God se wette gebreek. En die Bybel sê jy moet bekeer. Die woord bekeer beteken "om te draai." Eintlik beteken dit twee dinge: "om weg van jou sondes te draai, en na God toe te draai." God soek vir 'n verandering in jou gesindheid, waar jy sê, "Here, ek wil nie meer verkeerd doen nie. Ek's jammer. Ek het U te na gekom. Ek wil reg doen." En jy draai weg van sonde en jy draai na God; en sê, "God, sal U my asseblief vergewe? Sal U my red?" Die Bybel sê in Romeine hoofstuk 3 vers 23, dat "Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God." Jy moet erken dat jy 'n sondaar is. Nommer twee, die Bybel sê in Romeine 6:23, "Want die loon van die sonde is die dood." Ons verdien dit om dood te gaan en Hel toe te gaan as gevolg van ons sonde, maar Jesus het vir jou gesterf. Hy is lief vir jou. Hy wil hê dat jy Hemel toe gaan. En enige iemand wat Hom wil vra vir verlossing, sal God vir jou die geskenk van ewige lewe gee, sê dit in Romeine 6:23. Dis 'n vrye geskenk. En dit sê in Romeine hoofstuk 10 vers 13, "Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word." As jy net sal uitroep en sê, "Here, ek's 'n sondaar, sal U my asseblief vergewe?" En hom vra. Sal Hy vir jou daardie vrye geskenk van ewige lewe gee. Hoekom bid jy nie nou saam met my nie, en jy kan Christus as jou Verlosseer aanneem. Daar is geen "toorwoorde" nie. God kyk na jou hart, maar as jy hierdie sê en dit bedoel sal God jou vergewe. Sê net, "Liewe Here Jesus, ek weet dat ek 'n sondaar is. Ek het U wette gebreek. Ek's jammer. Vergewe my asseblief. Pas asseblief U bloed toe op my. Vergewe my sondes en vat my Hemel toe. In Jesus se naam, Amen." Die Bybel sê, as jy die Naam van die Here aanroep sal jy vergewe word. So as jy die Here gevra het om jou te red, het Hy belowe om jou te red. Nou is dit jou werk om te groei. Lees jou Bybel, bid, raak betrokke by 'n goeie Bybel-gloënde kerk, en begin om in 'n goeie Christen te groei. Baie dankie. Skakel of skryf as ons enigsins van enige hulp kan wees. Ons sal graag help. vir meer inligting op die gemeente van Creation Science Evangelism, skryf aan ons by Creation Science Evangelism, 29 Cummings Road, Pensacola, FL 32503 USA. Of skakel ons by 1-850-479-3466. Jy kan ook ons op die web vind by www.drdino.com. Dis www.drdino.com. Einde van Seminaar 2b - Dr. Kent Hovind - in Afrikaans – [Ed.13.5]