Seminar 1a - Dr. Kent Hovind - www.drdino.com - Afrikaans Het Jy al ooit daaroor gedink? Ek wil rêrig weet, wat is die doel van die lewe? Waarom is ons hier? Waar kom ons vandaan? En vir die rede, waarheen gaan ons wanneer hierdie lewe verby is? Hierdie seminaar praat oor die ouderdom van die aarde. Dr Hovind gee 'n definitiewe bewys dat hierdie aarde nie biljoene jare oud is nie In-teendeel, dit bewys letterlik 'n ses dae skepping. Net soos ons in Genesis hoofstuk 1 vertel word. Hallo, my naam is Eric, en ons hoop julle geniet hierdie ongelooflikke kragtige seminaar. Dit word, deur Dr Hovind aangebied. Dit word, "Die ouderdom van die aarde" genoem. Seminaar 1a - Dr. Kent Hovind - www.drdino.com - Afrikaans "Die Ouderdom Van Die Aarde" - Seminaar #1a - Dr. Kent Hovind Wel, dit is 'n voorreg om vanaand hier in Tennessee te wees. My naam is Kent Hovind Ek het hoër-skool Wetenskap-klasse vir vyftien (15) jaar gegee en nou vir sestien (16) jaar is ek 'n evangelis wat seminare doen oor die skepping, evolusie en dinosourusse. En ek vertel mense van die begin af dat ek glo dat die Bybel is die onfeilbare, ge-inspirëerde, foutlose Woord van die Lewende God is. Ek glo selfs die omslag op myne, want dit sê: Kent Hovind. En vir die wat nie weet nie; die Bybel is jou; Basiese Instruksies Voordat Jy Die Aarde Verlaat. Jy behoort rêgtig hierdie boek te lees want, jy gaan vir 'n verskriklikke lank tyd weg wees! Wanneer jy hierdie plek verlaat is daar geen terugkoms nie, so maak seker dat jy na die regte plek toe gaan. Nou, een van my take as 'n Christen is,"om altyd gereed te wees om 'n antwoord aan elke man te gee wat vra vir 'n rede vir die hoop wat in jou is". Ek dink, in die laaste paar honderd jare, dat Christenne nie goeie werk gedoen het om die evolusie tëorie te beantwoord nie. En ons is hopeloos te vedraagsaam vir hierdie evolusie-filosofie wat eintlik 'n valse geloof is Ons het toegelaat dat hierdie valse geloof, ons skool en regs - sisteem oorneem. Ons hele denk-proses is nou gebaseer op 'n filosofie, wat geen wetenskaplike bewys het nie. Niks nie! Ons het al twee-honderd-en-vyftig-duisend dollar ($250,000) aangebied aan enige iemand wat egte, eerbare wetenskaplikke bewyse het vir evolusie. Daardie aanbod is al vir twaalf(12) jaar daar. Niemand het dit nog opge-eis nie. Daar is absoluut geen wetenskaplike bewys vir evolusie nie. Mense glo daarin; ek verstaan; maar dit, maak dit nie wetenskap nie. Daar is drie(3) dinge wat ek in my seminaar probeer tot stand bring. Nommer een, ek wil jou geloof in die Woord van God versterk. Nommer twee, as jy nog nie gerêd is nie, wil ek jou probeer bekeer tot 'n Bybelse Christenskap. Ek sal jou van die begin af vertel, ek soek na jou. Ek kruip nie stilletjies op jou af nie - ek is openlik op soek na jou! Goed so? Nommer drie, as jy al reeds bekeer is en jy doen min vir die Here, .... Dan gaan ek jou probeer ongemaklik maak. Reg so? Nou weet jy waar ons gaan. Reg, hierdie is nie my vrou nie. Dit is net 'n foto van haar. Verlede somer was dit ons een-en-dertigste (31ste) huweliks herdenking, en ons het gesit en uitwerk hoeveel geld ons in die tyd wat ons getroud is gespandeer het. Ons, het dit als gespandeer. Ons woon in Pensacola, Florida of, wat oor is daarvan. Orkaan-Ivan het dit so-te sê van die kaart af geblaas. Maar ons geniet die herstelwerk daar-onder. Ek het drie kinders, almal volwasse nou, en ek het hul almal afgetroud, en die hond het al gevrek, so ek het dit gemaak, prys die Heer! Ek is vry; dit is te wonderlik! Ons het tans die hele familie aan die werk in die bediening, en ek het vier(4) kleinkinders so vêr. En toevallig, Kleinkinders is die Here se beloning dat jy nie jou eie kinders dood gemaak het toe jy daaraan gedink het nie. Hoeveel van julle het al dit uitgewerk? Hulle bly almal naby en rondom my en werk in ons bediening; hulle wil almal die Here bedien met hulle lewens. Dit is nou iets werd vir iemand Ons het omtrent veertig mense in ons bediening, en ons wil dinge doen wat jou geloof in die Here se woord versterk. Ons wil mense se wêreld-uitsig verander. Daar is twee maniere om na hierdie wêreld te kyk. Dit word jou wêreld-uitsig genoem. Party mense kyk so na die wêreld, anders as ons. Maar die manier waarop jy na die wêreld kyk, bepaal hoe jy die vier groot vrae van die lewe beantwoord. Daar is vier grondbeginsels wat elke geloof op planeet Aarde probeer beantwoord. Wie is ek? Waarvandaan kom ek? Hoekom is ek hier? Waarheen gaan ek wanneer ek stêrf? Die manier waarop jy daardie vrae beantwoord, word heeltemaal bevestig deur jou wêreld-uitsig. Party mense kyk na die wereld en sê, "Weet jy, dit is verbasend dat, 'n groot ontploffing, dit van niks gemaak het. Dit is die humanistiese wêreld-uitkyk, gebaseer op die evolusie-tëorie. Ander mense kyk na die wereld en sê,; " Weet jy, daar is 'n ongelooflike skepping...daar moet 'n ontwerper wees? Daar is hulle, wat glo in die Skepping, se uitkyk van die wereld, gebaseer op die Skepping. En daardie twee wêreld-menings veg n oorlog teen mekaar. Iemand is verkeerd, en ek hou daarvan om vir hulle te vertel wie die iemand is. Ek het al baie debatte gehad, meer as neëntig(90) Twee-en-neëntig debatte nou, wat ek gedoen by die universiteite; een hier by U.T. Knoxville teen Dr. Pigliuchi. Ek en hy het al twee keer gedebateer. Ek sal bly wees om dit weer te doen. Ek glo nie hy sal nie, maar ek sal ge-eerd wees. Die mense met wie ek debateer is baie slimmer as ek, maar ek slag hulle want, ek is reg en hulle is verkeerd. Dit is regtig eenvoudig. Maar, as die evolusie tëorie reg was, hoe sou jy die vier groot lewensvrae beantwoord? Wie is ek, en wat is my waarde? Wel, as evolusie waar is, dan is jy glad niks belangrik nie. Jy is net 'n stuk protoplasma wat op die strand opgewas het. Jy is glad niks werd nie. Eintlik is jy 'n deel van die probleem. Jy sien, omdat jy een van die is wat die omgewing besoedel, en hoe meer van julle ons kan ontslae van raak, hoe beter. Sien, dis normale redenasie, as evolusie waar is. Waarvandaan kom ek? Wel, as evolusie waar is, dan kom jy van 'n kosmiese "wind-breek" omtrent twintig-bijoen jaar terug. Hoekom is ek hier? Wat is die doel van die lewe? Wel, as evolusie waar is, dan is daar geen doel vir die lewe, so jy mag net so wel pret hê. As dit goed voel, doen dit. Waarheen gaan ek as ek sterf? Wel, as evolusie waar is, gaan jy graf toe, en dan sal jy vir 'n wurm of 'n plant kos wees Maar sien, die Bybel sê; "In die begin het God die hemel en die aarde geskape Nou as dit waar is, dan gee dit 'n hele klomp verskillende stel antwoorde aan daardie vrae. Dit beteken dat ons beter probeer uitvind wie God is, en wat Hy wil he, en wat Hy se. Want Hy het hierdie plek geskape, wat beteken Hy besit dit, so Hy maak die reels. Ons beter uitvind wat Hy wil hê. En as jy nie Sy reëls gehoorsaam is nie, mag jy eendag in die moeilikheid wees. Ons sal later meer daaroor praat. Die duiwel hou glad nie van hierdie ideë dat God die aarde geskep het nie. Die duiwel het na Eva in die tuin van Eden toe gekom. Die eerste ding wat hy vir die vrou gesê het was, "Eva, het die Here gesê....? Hy probeer om God se Woord in twyfel te trek. Satan, probeer altyd God se Woord in twyfel te trek. Dit is een van die baie redes hoekom daar verwaring oor al die verskillende Bybel vertalings is. Ons dek meer hieroor in Seminaar #7. Die tweede ding wat hy vir die vrou gesê het is “Jy sal sekerlik nie sterwe nie.” Hy sê dus basies dat God ‘n leuenaar is. Die derde ding wat hy vir Eva gesê het, is waaroor ek vanaand met julle wil praat. Hy het vir Eva gesê; “as julle van daardie boom eet sal julle soos God wees.” En net daar is waar die hele gedagte van evolusie begin het. Dit het nie by Charlie Darwin begin nie, maar wel by Satan in die tuin van Eden. Hy wil hê jy moet dink jy kan ‘n God word. Ja, seuns en meisies, ons begin soos ‘n amoeba en dan vind daar evolusie plaas. Ons raak groter, en beter, en sterker en slimmer... ...en een dag sal ons soos in “Star Trek” deur die hemel ruim reis en nuwe wêrelde en lewens vorms ontdek. Mense vra my al die tyd en sê: “Hovind, dink jy daar is intelligente lewe op ander planete?” Dan sê ek: “Nee, ek het 15 jaar hoër skool klas gegee, en daar is nie eens baie intelligente lewe hier op aarde nie!” Ek sê jou;"Die Mormoonse kerk het dit gesluk". Hulle verkondig aan hulle mense dat as jy ‘n goeie Mormoon was en jy kom in die hemel dan word jy god. As jy ‘n Mormoon se vrou is en jy kom in die hemel dan gaan jy vir ewig verwag en "gees-babbatjies" hê. My vrou wil nie gaan nie. Sy sê; “Dis nie hemel nie, skatlam.” Maar daar is baie goeie boeke om Mormone mee te bereik en ‘n web tuiste: www.utlm.org. As jy Mormone wil bereik dan behoort jy die een te bestudeer. Ek was verwonderd om uit te vind dat daar ‘n paar jaar gelede sommige van die groter Katolieke teoloë was wat geleer het dat ‘n man, God kan word. Dit is steeds in hulle kategismus nou. Nou die meeste Katolieke glo nie dit nie, en hulle is nie eers bewus dat sommige van hulle leiers dit geleer het nie. Maar selfs Kenneth Copeland het gesê,: "Adam, in die tuin van Eden, is God gemanifisteer in die vlees.” Hy sê,: "Jy het nie God in jou nie, jy is een.” Ek is jammer Kenneth, jy is mal omtrent dit, hoor? Kenneth Hagan sê,: "Die gelowiges word Christus genoem, dis wie ons is, ons is Christus.” Nee, julle is mal. Die werk is nie beskikbaar nie, en jy kan dit nie doen nie al het jy dit. Jy is nie God nie, hoor? Nogminder is jy Christus. Loop op water, ek wil dit sien. Lucifer is die een wat God wil wees. Lucifer het gesê,: “Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God...” “Ek sal sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde.” “Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!” Sien, Satan wil God wees. Die werk is nie beskikbaar nie, so hy is onsteld daaroor. Omdat hy nie God kon wees nie het hy vir Eva gelieg en vir haar gesê sy kan soos God wees. Satan haat ons egter aangesien ons na die beeld van God geskape is. Eve het daarvoor geval hoek, lyn en sinker. Hitler het gesê,: “As jy ‘n leun lank genoeg, hard genoeg, en gereeld genoeg vertel, dan sal die mense dit glo.” Hy het ook gesê dat hulle sal moontlik eerder ‘n groot lieg glo as ‘n kleintjie. As jy iemand wil kry om ‘n leun te glo moet jy maak soos my twee groter broers met my gemaak het. Ek het twee ouer broers; hulle was nog altyd ouer as ek. Hulle is vandag nog. Ek het groot geword in Peoria, Illinois. Kyk ek weet ek is in Tennessee, maar is daar enige ander Yankees hier in die groep? Enige Northerners daar buite? Vyf, ses, sewe, goed so. En hoeveel Southerners het ons? Oooh! Wel, onthou net wie wen, as julle so gaaf sal wees. Ek weet dit is nog nie oor nie, nè? Maar ek was groot gemaak in Oos-Peoria, Illinois, in die noorde. Maar later na Florida getrek, toe ek slim genoeg was om uit te vind dat die Suide weer sou opstaan. Maar toe ek egter 6 jaar oud was, kom ek een oggend in gehardloop vir ontbyd. Ek was die eerste een daar vir ontbyt, so toe neem ek die laaste piesang uit die bak om op my ontbyt pap te sit. Wel, ‘n paar minute later kom my twee groter broers in. Hulle sê toe: “Hallo Kent, is dit die laaste piesang?” en ek antwoord toe: “ Ja, en ek het hom.” Hoeveel van julle het ouer broers en susters? Jy weet watter lekker gevoel mens kry as jy dit uiteindelik reg kry om hulle een voor te wees? Man, daardie oggend het ek hulle gehad en ek het dit geweet. Hulle wou my piesang hè. Maar groot boeties smeek nie kleiner boeties vir niks nie. Hulle sal jou of slaan en dit afneem met brute krag, of hulle sal lieg en dit kry, of jou bedrieg uit dit uit. So my broers sê toe, “Hi, Kent, weet jy hoe piesangs gemaak word?” Ek sê toe, "Nee." Ek was ses jaar oud, en dit is wetenskaplik bewys in labratorium toetse dat die brein eers begin groei in kinders op die ouderdom van 18 tot 20. Hoeveel ouers kan daarvan getuig deur die kinders wat hulle groot maak? Ek sê toe “Nee, hoe word hulle gemaak?” En hulle sê toe, “Wel, in die Suide van Amerika, het hulle hierdie spinnekoppe wat in bome leef, as hulle egter dood gaan dan vou hulle bene bymekaan en skimmel begin dan groei tussen die dooie spinnekop bene.” En dus is ‘n piesang niks anders as vermufde spinnekop bene nie. Ek sê toe, "Julle is besig om vir my te lieg. Julle wil net die piesang hè want julle weet dit is die laaste een.” Hulle sê toe, “Nee, boetie ons lieg nie.” Jy kan die ding in die helfte sny, en kyk dan in die middel; jy sal die swart kolletjies sien waar die bene was. Ek het vir byna 3 jaar daarna nie piesangs geeet nie. Hulle het vir my gelieg. Het iemand al vir jou gelieg? Jy weet ek sou nie die leuen geglo het as dit nie was vir die swart kolletjies nie. Sien, as jy wil hè iemand moet jou leuen glo, dan moet jy so bietjie waarheid bymeng. Dis tegniek wat hulle al jare gebruik om rotte mee dood te maak. Hulle meng eintlik twee goed saam wat nie saam hoort nie. Sien, rot gif is 99.995% goeie kos. Dit is hoe jy hulle uit oorlê. Hulle doen al die selfde ding vir jare om Marlboro sigarette te verkoop. Hulle meng dit in saam met “cowboys”. Jy kan maar enige advertensie van Marlboro kyk, daar is altyd iets in van ‘n “cowboy”. Het jy al stil gestaan en gedink hieroor? Watter verbintenis is daar tussen die rook van Marlboro en “cowboys?” As jy Marlboro rook, word jy outomaties ‘n “cowboy?” Nee. Jy ruik miskien soos ‘n perd maar jy is nie ‘n “cowboy” nie. Hoor? Eintlik is dit in labratorium toets bewys dat niemand in die wereld rook nie. Net sigarette rook, die persoon is die "sucker". Hulle moet dit einltik Kankerette, Asemvervrotters, Omlydings, Kwaadaardig, Slym Balle en Geld Vreters noem. Hulle doen dieselfde met bier. Hulle probeer bier assosieer met sport. Wat het bier te doen met sport? Hulle kry een of ander groot voetbalspeler wat sy blikkie Bud Dommerr of Bud Stupid vashou. Hulle noem dit "Budweiser", maar dit maak hulle glad nie wyser nie, dis verseker! Hy het Bud Dommer of Miller "Low Life" of "Dead Dog" of wat ook al. Hy sê, man, as jy hierdie goed drink sal jy 'n voetbal speler word. Die Bybel sê as jy daardie goed drink sal jy jou lewe verwoes. Wie het teenspoed? Wie kry onnodig seer? Dit is die wat tot laat sit en drink. Die Bybel sê, moenie eens daarna kyk wanner dit gegis het nie. Habakkuk sê, "Ellende wag vir hom wat vir 'n ander drank gegee het." Daar is baie geskryf in die Bybel oor hoe ons nie eens daaraan moet raak nie. 'n Seun het eenkeer vir my gevra, "Wat's fout Hovind, hou jy nie van bier nie?" Ek het gesê, "Ek weet nie, ek het dit nog nooit geproe nie." Hy sê toe, "Hoe weet jy dat jy nie daarvan gaan hou as jy dit nie probeer nie?" Ek sê toe , "Nou dit, seun, is 'n briljante manier om jou lewe te lewe." Kom ek vra jou n vraag, seun. Het jy al ooit jou kop onder 'n trok neergele? Wel, hoe sal jy weet of jy nie daarvan sal hou as jy dit nie probeer nie? Jy hoef nie alles te probeer om uit te vind of dit goed of sleg is nie. Daar is ander maniere om te leer; soos om te kyk wanneer ander mense dit doen. Wow, moenie dit doen nie, jy sal seerkry! Soos die rooinek se bekende laaste woorde, "Haai almal, kyk hier!" Ek hou van wetenskaplikes. Ek versamel wetenskap handboeke. Daar is baie goeie wetenskap in hierdie boeke, maar daar is 'n bietjie gif bygemeng. Dit is amper soos rottegif. Dis nie die goeie kos waarteen ek is nie - dis die gif! Ek het 'n seun en 'n dogter nodig wat wil leer hoe om 'n rubberrekkie op die wetenskaplike manier te skiet. Wie wil dit leer? Goed, daardie seun daar, kom hier. En een meisie, kom nou. Reg daar agter. Goed, maak vinnig, hardloop! Reg, die wetenskaplike manier om n rubberrekkie te skiet. Ek was een keer tien jaar oud vir 'n hele jaar lank. Dit was wonderlik! Ek was veronderstel om elf te wees, maar ek was siek vir drie jaar toe ek twee en 'n half was. En hoe oud gaan jy wees wanner jy amper twaalf is? "Elf" En hoe baie betaal jou ma jou om goed te wees? So jy is goed vir niks, en jy is tien. Kies 'n rekkie, Josh. Goed, die bruin een. En wat is jou naam mejuffrou? "Laura". Laura? Kies 'n rekkie, Laura. Jy wil seker die pink een hê, natuurlik; 'n meisie kleur. Goed. Dit is wat julle moet doen, Josh en Laura. Ons gaan hier staan en die rekkie langs die middelpaadjie af skiet. Daardie een sal nie werk nie, dis 'n dubbel een. Wag laat ek dit gou probeer. Probeer 'n oranje een, hier. Daardie is twee wat aanmekaar vas is, ek het dit nie gesien nie. Goed, Josh, skiet die rekkie langs die middelpaadjie af. Verby die tafel; nie te ver nie. Laura, probeer jy nou. Ooo, drie rye vêr. Kyk nou mooi. Ek gaan afsak gelyk met julle, en ek gaan vir julle die wetenskaplike manier wys om 'n rekkie te skiet. Gereed? Ek wil hê julle moet oplet dat my vingers nie my hand verlaat op enige stadium nie. Glo julle dit? Goed, nou let op. Sien julle die man wat reg agter in die kerk sit? Omtrent driekwart van die afstand tot daar. Heel moontlik dink julle nou aan 'n vraag wat vyf woorde in het. Watter vraag dink julle aan? Hoe het jy dit gedoen? Sien, ek het julle gesê dit het vyf woorde in, reg? Nou voordat ek vir julle wys hoe ek dit gedoen het, wil ek iets aan julle verduidelik. Sommimge kinders moet sekere dinge nooit leer nie, want hulle word dan 'n las vir die gemeenskap. Is hy veilig met hierdie informasie? Ha-ha. Ma sê nee! En wie is verantwoordelik vir hierdie een hier, waar is... niemand? O daar agter. Het jou man ook gekom? Nee. Goed, nou let op: die wetenskaplike manier om 'n rekkie te skiet. Daar is twee kante van 'n rubberrekkie. Is julle met my so vêr? Een kant stel jou vlees voor, dis jou liggaam. Die ander kan verteenwoordig jou gees. Jou gees moet binne jou vlees lewe anders is jy dood. As jou gees jou liggaam verlaat het jy 'n groot probleem! (Eintlik het die bure een.) Maar wat meeste mense verkeerd doen as hulle 'n rekkie skiet, en ook so in regte lewe, is hulle plaas dieselfde klem op die vlees en gees. Nou as jy albei kante dieselfde trek en laat los, en kyk daarna in stadige beweging, sal jy sien dat albei kante gaan... En al die energie in die rubberrekkie word gemors omdat die gees en die vlees teen mekaar veg. So die geheim tot hoë snelheid deur 'n vloeibare medium soos die atmosfeer ... ...wat weerstand bied, is om die turbulensie te verminder of elimineer. Goed? Al wat ek gedoen het toe julle nie gekyk het nie was om die een kant stywer te span as die ander kant. Een kant is baie styf. Kyk wat gebeur nou. As jy dit reg doen lei die gees die vlees en neem meeste van die turbulensie weg, en dus trek dit baie verder. Ek het die ou in die agterste ry raakgeskiet! So as ek hier staan met 'n hele hoop rekkies... ... wetende dat ek enige iemand in die kamer kan tref, dit gee my ‘n gevoel van mag... ... dat sommige kinders werklik nie weet hoe om dit te hanteer nie; weet jy waarvan ek praat? Jy dink daaraan op hierdie oomblik, nie waar nie? Ja, ek het so gedink. Die Bybel sê, die vlees lus teen die Gees, en die Gees teen die vlees; sodat hulle teenstrydig is met mekaar. Dit is waarom sommige van julle nie baie ver sal kom in die geestelike lewe nie. Julle gee die vlees te veel kos. Skakel die televisie so dan en wan af... Eenvoudig. Wag totdat julle ons super vliegtuie sien vlieg. Môre gaan ons vir julle ons super vliegtuie wys. Ek maak papier vliegtuie wat so ver vlieg, dat as hulle nie bo-op ‘n boom of ‘n gebou land nie, hulle al die pad tot op die grond sal vlieg. Ons rekord met die papier vliegtuig is 450 voet. Ons gaan hul heeltemal oor die gebou laat gaan, en die toring Ons hou van wetenskap. Ons is nie teen wetenskap nie, maar ek is teen gif wat by wetenskap ingemeng word. Dit is wat hulle vir kinders in graad 1 vertel Maar as jy dit aan ‘n graad 1 kind vertel, gaan hy jou glo. Graad eentjies glo alles wat jy vir hulle vertel. Hulle glo dat piesangs eintlik gemufde spinnekop-bene is. Ek het. En hulle vertel dit weer in graad twee. Sedert die ontstaan 4.5 biljoen jaar gelede, het die Aarde verander. Onder op die onderste laag sê dit: “lewe het ook op aarde evolueer.” Die woord “evolueer” is ‘n baie bedrieglike woord. Ek het meer as 90 debatte gedoen, en ongeveer 7000 televisie en radio inbel programme, en ek het geleer hoe om die debat oor evolusie binne die eerste vyf minute te wen. Ek sê: “Wat bedoel jy?” “Wel, jy weet, evolusie.” “Nee, van watter een praat jy?” Daar is 6 betekenisse vir die woord. Praat ons van chemiese evolusie? Want volgens die Big Bang teorie is daar stikstof, en miskien bietjie helium vervaardig. Hoe het ons dan al die ander elemente gekry? Wil jy hê ek moet glo dat uranium van stikstof evolueer het? Hulle sal sê, wel ja, jy het fusie in sterre. Ja, maar jy kannie verder as YSTER (FE) saamsmelt nie. en, dan het jy ‘n hoender of eier probleem hier, want die sterre is veronderstel om die elemente te maak, en die elemente is veronderstel om die sterre te maak. Watter een het eerste gekom? Wat ons natuurlik bring tot sterre evolusie. Hoe het die sterre gevorm? Het jy geweet dat niemand nog ooit ‘n ster sien vorm het nie? Wetenskaplikes het nie eers ‘n idee hoe ‘n ster kan vorm nie. Nie eers enige goeie teorieë oor ster-formasie nie. (Meer daaroor in Seminaar #7) Ons sien gedurig sterre opblaas. Ons noem dit ‘n nova, of ‘n super nova as dit ‘n groot een was. .. Elke enkele individu, om persoonlik 11 triljoen sterre vir jouself te besit. Dis slegs dies waarvan ons weet. Ons weet nie van die waarvan ons nie weet nie. Vierde, daar moet organiese evolusie plaasvind, die oorsprong van die lewe. En dit moes begin het van nie-lewende materiaal. Niemand het ‘n idee hoe dit kon gebeur het nie. Dan het ons nog, wat genoem word, makro-evolusie nodig. Dit is waar ‘n dier verander in ‘n ander soort dier. Het jy geweet dat niemand nog ooit gesien het dat ‘n hond ‘n nie-hond produseer nie? Nooit! Jy kan wel ‘n groot hond kry, of ‘n klein hond, maar jy gaan ‘n hond elke keer kry. En dit kan wees dat die hond, die wolf en die Wilde Hond, gemene voorvaders gehad het. Ek sal nie daaroor stry nie, hulle het waarskynlik. Is enige iemand hier 5 of 6? Wie is 5 of 6 jaar oud? Het ons iemand? Okay, hoe oud is jy, maatjie? Ses? Ek wil hê jy moet ‘n toets doen. Hier het ons ‘n hond, ‘n wolf, ‘n Wilde Hond, en ‘n piesang. Watter een is nie dieselfde as die ander nie? Die piesang! Dis reg, baie mooi! Ons het kollege-professors wat dit nie kan uitwerk nie! Ek sal jou sê wat ek wil hê jy moet doen. Wanneer ons klaar is, wil ek hê jy moet na die tafel in die voorportaal gaan, en jy kan enige gratis video of DVD kies wat jy wil hê, goed? Ons het klomp videos en DVDs oor dinosourusse en goeters daar buite. Nou, Charlie Darwin het ‘n boek geskryf op die tafel hier onder, genaamd: “Origin of Species.” Hy het almal om die bos gelei deur die woord te verander van “soort”, na “spesie”. Ons sal meer daaroor gesels in Seminaar #4. Laastens, het ons wat genoem word mikro-evolusie. Dit is variasie binne-in die soorte. Nou daardie een gebeur, ek sal saamstem met nommer ses. Ek dink diere kan ‘n hele verskeidenheid van nageslag produseer. Lang hare, kort hare, lang bene, kort bene, dit gebeur. Maar die eerste vyf is suiwer geloof. Dit is nie wetenskap nie. Ons het nog nooit enige van daardie observeer nie! So, as jy enige debatte oor evolusie wil wen, definieer eenvoudig presies waaroor jy praat. En jy sal vind dat hulle altyd slegs voorbeelde noem van nommer ses; waaroor daar nie argumenteer word nie. Dit gebeur. Maar dan sal hulle wil impliseer dat dit op ‘n manier, MAGICALLY, bewys is vir die ander vyf. En dit is nie. Die onderwysers word geleer, om seker te maak om aan die studente te beklemtoon dat die Aarde biljoene jare oud is. Maak seker dat die kinders dit glo. Jy weet, ek is seker nog ‘n bietjie oud modies. Ek dink dat in ‘n wetenskap klas moet wetenskap geleer word. Wetenskap sluit in dinge wat ons kan observeer, bestudeer, toets, en demonstreer. Dinge soos die Eerste Wet van Termodinamika. Die Eerste Wet van Termodinamika leer ons dat “Materie kan nie geskep of vernietig word nie.” Wel, alles is gemaak uit materie, so as materie nie geskep of vernietig kan word nie, hoe het die wêreld dan hier gekom? Ons is hier, jy weet. So dit los ons met twee keuses. Iemand het die wêreld gemaak; of die wêreld het homself gemaak. Daar is geen ander keuse nie. Wel, daar is sommiges daar buite op die Ekstremistiese Buitekring, wat vir jou sal sê, “Ons is nie regtig hier nie, ons dink net ons is hier.” U kan maar vergeet van daardie mense. Ons is hier. So, of iemand het die wêreld gemaak, soos die Bybel sê, God; of die wêreld het homself gemaak, soos die humaniste glo. Hy bestaan net van self en was nooit geskape nie. Wel, as die wêreld homself gemaak het, hoe kan dit gebeur? Die duiwel het lank oor daardie een gedink, toe eendag kom hy voor met die ”Big Bang” teorie. Hoeveel van u het al van die ”Big Bang” teorie gehoor? Ek was op ‘n vlug vanaf Dallas na San Francisco ‘n paar jaar terug, en ek sit toe per toeval langs ‘n professor van Berkeley. Ek weet nie of u hier in Knoxville al ooit van Berkeley gehoor het nie, maar Berkley is nie ‘n Bybelskool nie. So hier is ek op die vliegtuig, net so ver van die man af, en ons begin praat oor die Skepping en Evolusie. Almal langs wie ek op ‘n vliegtuig sit wil daaroor praat, so dan praat ons daaroor. Hy het gesê hy glo in evolusie. Ek sê toe, “Ja meneer, ek het so gedink. Jy moet as jy by Berkley wil werk.” Ek vra toe, “Vertel my meneer, as u in evolusie glo, hoe het die wêreld ontstaan?” Hy antwoord, “Oh, met die “Big Bang”.” Hy vra toe, “Jy is ‘n wetenskap onderwyser, en jy het nog nooit van die “Big Bang” gehoor nie?” Ek antwoord, “ Oh ja meneer, ek het al baie van die “Big Bang” gehoor, en ek glo in die “Big Bang”, maar my “Big Bang” is baie anders as jou “Big Bang”.” Ek sê toe, “Vertel my van u “Big Bang”, dan vertel ek u van my “Big Bang”. En hy gee toe ‘n antwoord wat lyk asof hy reguit uit ‘n handboek lees. “Wel Mnr. Hovind, ek glo dat omtrent 18 to 20 biljoen jaar terug...” (dit is ‘n lang tyd) “...al die materie in die heelal...” (dit is baie goed) Terloops, die woord “Universe” kom vanaf twee latynse woorde: Uni wat beteken ”enkel”, en Verse wat beteken: ”uitgesproke sin” Het u geweet dat ons in ‘n enkele uitgesproke sin lewe? En God het gesê ”Laat daar wees...” Daar is ‘n preek iewers daarin, en as u prediker dit nie kan vind nie, het hy geen preek in hom nie! “Alles in die heelal was gekonsentreer binne in een baie dig, baie warm area, wat so klein kon gewees het soos ‘n kolletjie op hierdie bladsy” Ekskuus? Alles in die heelal saam gepers in ‘n spasie kleiner as ‘n kolletjie op ‘n bladsy? Sjoe, dit is een beknopte kolletjie. Swaar ook. Maar, dit is nie die eerste keer wat dit gebeur het nie, seuns en dogters. Hierdie handboek sê, “Eendag, na baie biljoene jare, gaan al die materie en energie weereens saam pers in ’n baie klein area.” “Dit gebeur elke 80 tot 100 biljoen jaar.” Kan u glo hulle het ’n boom afgesny om dit te druk? Waar is Al Gore wanneer jy hom nodig het? Dit is wat ek graag wil weet! En hoekom het julle vir Al Gore Washington toe gestuur? Julle het hom dan hier gehad! Hierdie handboek skrywer was briljant. Ek kon nie glo hoe slim hierdie ou was nie. Hy sê, “Seuns en dogters, niks beteken letterlik niks.” Jy moet ten minste so slim wees om ’n boek te kan skryf. Hy sê, “Nie net materie en energie sal verdwyn nie, maar ook ruimte en tyd. Hoe dit ook al sy, fisici spekuleer dat die heelal vanaf ‘n toestand van niksheid, in ‘n massiewe ontploffing ontstaan het. Ja, seuns en dogters, julle sien, eendag, toe ontplof daar niks... ..en hier is ons nou. Ons kan drie dae spandeer om oor die “Big Bang” teorie te praat. Hulle het altyd gesê dat die ding wat ontplof het ‘n paar ligjare in deursnee was. Toe sê hulle, “Dit is net 275 miljoen myl.” En toe sê hulle ”Dit is net 71 miljoen myl.” Hulle hou aan om dit kleiner en kleiner te maak, en nou sê hulle ”niks” het ontplof nie. ‘n Paar jaar terug het ”Discover” tydskrif gesê ”Waar kom alles vandaan?” “Seuns en dogters, die heelal het ontplof in iets in van letterlik niks af nie. Nul niks nada. Soos dit groter geword het, het dit voller geraak met meer goed wat van nêrens af gekom het nie. Hoe is dit moontlik? Vra Alan Guth. Sy teorie sal alles verduidelik. Sjoe, ek moet hierdie ou Alan Guth ontmoet. Alan Guth het in “Scientific America” gesê, “Die waarneembare heelal kon vanaf ‘n oneindige klein area af ontstaan het.” (in Hebreeus is dit ‘n kolletjie.) Hy spekuleer verder, “Dit is dan maklik om een stap verder te gaan, en te spekuleer dat die hele heelal van letterlik niks af ontstaan het.” En hulle noem dit wetenskap en sit die in ‘n wetenskaplike joernaal? Ek sal dit ‘n sprokiesverhaal noem en dit in die asblik gooi. Ek vra, “Professor, wat het geword van jou kolletjie?” Hy antwoord, “Hovind, 20 biljoen jaar terug het al die stof in die sonnestelsel in ’n klein kolletjie in getrek. En dit het getol. Vinniger en vinniger en toe ewe skielik het dit ontplof. “Big Bang”! All die stukkies wat afgebreek het, het sonnestelsels geword, en son, maan en die sterre, en hier is ons nou. Mense. Niks behalwe sterrestof nie. Ek vra toe, “Meneer, kan ek u asseblief ‘n paar vra vra? Hy antwoord, “Sekerlik, wat wil u weet?” Ons is op ‘n drie-uur vlug en sit net so ver van mekaar af op die vliegtuig. Ek sê, “Meneer, ek het ‘n vraag. U het gesê 20 biljoen jaar terug het al die stof bymekaar gekom vir ’n groot druk, ’n groot tol en ’n “Big Bang”. Waar het al die stof vandaan gekom?” Ek sê toe, “Wag net ‘n bietjie, as ek vir u vertel dat ek glo dat God omtrent 6,000 jaar terug die hemele en die aarde geskape het, dan gaan u vir my vra ‘en waar het God vandaan gekom?’, en ek het geen idee nie. Maar u het gesê dat 20 biljoen jaar terug was daar ‘n “Big Bang”, maar u weet nie waar die stof vandaan gekom het nie. So, basies glo ek “In die begin, God”, en u glo “In die begin, stof.” Moenie vir my sê my teorie is godsdienstig en u teorie is wetenskaplik nie. Nee, nee, nee! Hulle is altwee godsdienstig. Die nuus media probeer dit laat lyk na wetenskap teen godsdiens. Dit is nie wetenskap teen godsdiens nie, dit is twee godsdienste. Evolusie en die skepping is altwee godsdienstig! Mens moet in een of in die ander glo. Die verskil is, dat die Evolusie godsdiens deur belasting ondersteun word. Dit is die verskil. Een van baie verskille. Net so terloops, hierdie twee tydlyne agter my, is dieselfde. By die boonste tydlyn, verteenwoordig elke duim 150 jare. Abraham Lincoln was nie eers president, een duim gelede. Indien ek 20 biljoen jare moet voorstel op dieselfde skaal as die boonste kaart. (...Dan die onderste kaart hierdie skaal moet wees...) ...Hierdie een sal dan 2,100 myl lank moet wees. Dit is van Pensacola, in Florida na Portland, in Oregon. Ek wil nie so ‘n groot kaart rond dra nie, en daarom het ek ‘n ander skaal gebruik vir die ander een. Die professor het gesê dat hy nie weet waar die materie vandaan kom nie. En ek vra, "Professor, kan jy my vertel waar die wette vandaan kom?" Hierdie heelal word deur wette beheer. Gravitasie, Sentrifugale Krag, Traagheid, Boyle se Wet, Cole se Wet, ens. Daar is verskilende wette in die heelal. Wat is die oorprong daarvan? En terloops, waarom is die wette nie nog steeds besig om te evoleer nie? Dink jy ooit daaraan? Waarom is gravitasie altyd dieselfde? Waarom weeg jy nie 10 pond meer elke dag nie? (Jy sê, "Ek doen!") Wel, om een dag 10 pond meer te weeg, dit is vir verskillende redes. Die professor sê, "Ek weet nie, ons weet nie enige van hierdie dinge nie." Hy sê, "Seker. Wat anders wil jy weet?" Anders? Wat bedoel jy, wat anders? Jy het my dan nog niks vertel nie! Ek sê, "Meneer, het U.C. Berkeley ‘n malle-meule?" Hoeveel van julle weet wat ‘n malle-meule is? Jy gaan om en om, totdat jy opgooi. Hy antwoord, "Nee, ons het nie ‘n malle-meule by Berkeley nie." Ek sê, "Julle moet regtig een kry. Julle kan goeie wetenskap leer op ‘n malle-meule." As jy sommige graad viers daarop sit... Enige graad viers hier? Verlede jaar of volgende jaar se graad viers. Ek weet dit is somertyd nou hier. Nou reg! Ek hou van graad viers; Ek het die beste vyf jaar van my lewe gespandeer in graad vier. Dit was voor hulle AAS gediagnoseer het. Wel, ons gaan ‘n paar graad viers in ‘n malle-meule sit, en die hoërskool se voetbalspan kry om hulle kloksgewys te draai, so vinnig as wat dit kan gaan. As jy ‘n digitale horlosie het, mag jy dalk nie weet wat kloksgewys beteken nie. ...Ek sal jou later vertel. Ons gaan die malle-meule kloksgewys draai, en die kinders sal in die proses deur vier fases gaan. Hulle begin in fase een, waar almal van hulle vir die voetbal spelers gaan skreeu, "Kom aan, laat ons vinniger gaan! Vinniger! Kan julle nie vinniger maak nie?" Wanneer ons so by 30 myl per uur kom, en die kinders fase twee binnegaan, sal hulle ophou om te skreeu. Hulle sal almal net stilweg probeer vasklou om hulle lewe te red. Wanneer jy by 60 myl per uur kom, gaan die kinders fase drie binne, waar almal weer begin skreeu, maar nou skreeu hulle, "Stop! Stop! Asseblief maak stadiger!" Dit is waar die kinders begin wegskiet van die malle-meule. Indien die malle-meule kloksgewys draai, sal die kinders as hulle afskiet, ook kloksgewys draai. Totdat hulle weerstand ervaar, soos ‘n boom of ‘n paal. Dit is as gevolg van ‘n wet van Fisika, bekend as: "Die Behoud van Hoekmomentum." Jy sien, as ‘n roterende objek wegbreek, sal die stukke wat wegbreek ook draai of roteer in dieselfde rigting, omdat die buitekant vinniger beweeg as die binnekant. En ons kan die hele dag lank praat oor die Behoudingswette as jy wil, maar die professor sê, "Ja, ek weet van die Behoudingswette." Ek sê, "Wel Professor, laat ek jou ‘n vraag vra. As die Heelal begin het as ‘n roterende kolletjie soos jy sê, waarom draai twee planete anti-kloksgewys, en dalk drie?" Ek sê, "Professor, waarom draai agt van die een en negentig van die mane wat aan ons bekend is ant-kloksgewys ? Waarom het Jupiter, Saturn, and Neptune mane wat in albei rigtings draai op dieselfde oomblik in tyd? Waarom bestaan die Son uit 98% waterstof and helium, maar die ander planete bevat minder as 1% waterstof and helium? En waarom is hierdie nege planete so verskillend van mekaar? As almal ontstaan het tydens die Groot Knal, waarom dan so verskillend? Baie verskillende samestellings. En waarom roteer totale melkwegstelsels agteruit ?" CNN het ‘n artikel gepubliseer, "Goofy melkwegstelsel draai in verkeerde rigting." Ek sê, "Professor, waarom roteer hierdie goed agteruit?" Hy sê, "Ek weet nie. ..." "...Waarom dink jy roteer hulle agteruit?" Ek het gehoop hy gaan dit vra. Ek sê, "Professor, dit is eintlik eenvoudig. ..." "... Jy sien, 'In die begin het God die hemel en die aarde gemaak', en God het dit doelbewus so gemaak, om die Groot Knal teorie onnosel te laat lyk." Ja, amen. Nou, ek glo in die Groot Knal, omdat die Bybel leer van die die Groot Knal. Die Bybel beskryf, "Die hemele sal vergaan met ‘n groot gedruis." In die oorpronklike Grieks, is dit : ‘n Groot Knal. So, daar gaan ‘n die Groot Knal wees. Dit het egter nog nie gebeur nie, reg? So kinders, as jy skool toe gaan, en ‘n professor sê, "Haai, glo julle in die Groot Knal?" Dan kan julle sê, "Ja ons doen, en julle beter gered word en gereed wees daarvoor." Die Groot Knal kom binnekort na ‘n stad naby jou. Net so terloops, as die wêreld ontstaan het deur die Groot Knal, en stadig besig is om te evoleer oor biljoene jare, waarom het Jesus dan aan die kruis gesterf? Wat is die doel van Jesus se dood? En waar sê die Bybel dat God die wêreld gaan herstel soos dit voorheen was... ...Herstel dit na wat? Meer dood en lyding? Ons behandel meer oor die tëistiese evolusie posisie in video #7. Die Groot Knal Teorie is belaglik vir verskeie redes, reg? Ernstige, ernstige probleme met die Groot Knal Teorie. Selfs Fred Hoyle het gesê, "Ek het geen huiwering om te sê dat ‘n sieklike kleed nou oor die Groot Knal teorie hang ." Kry meer daaroor in die boek, "Evolution Cruncher." Dit is ‘n 900 bladsye boek; en kos slegs $5. Die Tweede Wet van Termodinamika vertel ons: "Alles neig na chaos." Indien jy iets los vir ‘n wyle, sal dit verrot, roes, doodgaan, uitmekaar val, of gaan staan. Niks raak beter op sy eie. Dit is wat die Bybel ons leer. Niks raak beter op sy eie. Kyk byvoorbeeld na jou hare in die oggend as jy opstaan. Jy sal presies sien waarvan ek praat. Als neig na chaos, reg? Hier is Sue, sy is 20. Hier is sy op 90. En hier is sy op 3,000. Als neig na chaos mense, reg? Al wat jy hoef te doen is niks, en als verval, tuimel in mekaar, breek af, vergaan. Dit is wat die Tweede wet van termodinamika se. Als is in ‘n staat van verval. Niks raak beter. Maar die handboeke se, “Die mens het moontlik ontwikkel uit bakteriee 4 biljoen jaar gelede” Is jou groot, groot, groot, groot, groot, groot oupa ‘n bakteriee? Evolusioniste sal se, “Wel, Hovind, weet jy nie as jy energie byvoeg dan kan jy die Tweede Wet van Termodinamika oorkom nie?” En die Aarde ontvang energie vanaf die son, so die Aarde is ‘n ope sisteem. Dit is hoe ons die wet oorkom het” Ek verstaan die argument, maar hulle mis die punt. Nommer een: Die heelal is ‘n geslote sisteem. Nommer twee: Toevoeging van energie is afbrekend, tensy daar ‘n spesiale meganisme is om die energy the gebruik en te beheer. Sien, die Japanese het ‘n groot klomp energie aan Pearl Harbor bygevoeg. Hulle het nie ‘n enkele ding georganiseer nie, het hulle? Toe ‘n paar jaar later voeg ons toe bietjie energie by ‘n paar stede van hulle. (Resiprokeer toe die guns) Het ons enige iets georganiseer? Toevoeging van energie is afbrekend. Die son voeg energie tot jou huis se dak, maar dit gaan jou hele huis verwoes. Die son se energies al jou hele huis verwoes. Die son se energie sal jou kar se dak, jou stoffering, en selfs die verf verwoes. Daar is slegs een ding wat eintlik die son se energie kan gebruik: chlorofil En een klein plantsel is meer kompleks as ‘n ruitemtuig Ons behandel dit meer volledig op Seminar #4 Evolusie verbreek die Tweede Wet, en evolusie is verkeerd, OK? Hierdie handboek wys vir ons ‘n fosiel stervis. Was jou groot, groot, groot, groot, groot, groot oupa ‘n stervis? Ons kyk na Discover tydskrif, November 2004? Was jou voorvader ‘n See spons? Moet asseblief nie lag vir die volgende foto nie, OK? Dit gaan ‘n foto wees van my broer: wanneer hy net opgestaan het in die oggend, na sy eerste koppie koffie, wat glo ‘n bietjie te sterk was. Terwyl ons nou praat, ek moet die kinders waarsku. Kinders luister mooi. Moenie koffie drink nie. Want as jy doen, as jy trou gaan jou babas naak en ongeletterd gebore word En tee is erger. Daar was een maal ‘n Indier wat meer as 15liter ys tee gedrink het. Daardie aand toe verdrink hy in sy tee-urine. Wees versigtig met daai goed, dis doodlik. Elk geval, dit gaan my broer wees, asseblief moenie lag nie, hy kan nie help nie, daar is hy! Let op na wat die handboek se, “30 miljoen jaar gelede.” Nou kinders laat ek dit vir julle vertaal. Enige tyd wanneer die handboeke se “miljoene jare gelede…” wat dit beteken is: lank gelede, en ver weg. Dit beteken ‘n fee verhaal kom volgende, OK? Dit is jou waarskuwing, ‘n fee verhaal is oppad. “30 miljoen jaar gelede het die diere ontwikkel.” Daar’s daai woord alweer, kyk uit vir hom. Dit se, “hulle is die voorgangers van beide mens en aap.” Voorgangers vir mense? Oup? “Wat se groot oe het oupa!” “Om jou beter mee te kan sien my kind” Julle weet seker ons leer ons kinders dat hulle niks behalwe diere is nie Selfs Barbara Reynolds het dit ontdek. “Raai wat, Jannie, jy is net ‘n dier, en jy deel ‘n gemene oorsprong met ‘n erdwurm. Huh? Jy bedoel ek is net ‘n dier? OK” Het jy al ooit gesit en dink dat wat ons, ons kinders leer moontlik hul gedrag kan beinvloed? Wat jy glo bepaal jou gedrag. Kinder vandag word geleer jy is niks meer as ‘n dier. Die Rock musiek vandag is vol dood en destruksie. Ek was eenmaal in ‘n debat toe se die professor vir my, Hovind daar is geen absolute waardes nie Ek se toe, “Is jy absoluut seker?” Sy brein was in ‘n spin. Nou wag so bietjie, hoe kan ek absoluut seker wees as daar nie absolute waardes is nie? Ek praat so paar jaar terug by ‘n publieke skool in Pennsylvanië, en die kind sit in die tweede ry. Hy se toe, “Hovind, ek’s ‘n ateis. Daar is geen god” Ek se toe, “Is jy seker?” Hy se toe, “Ek is seker.” Ek se toe, “Laat ek jou ‘n vraag vra, seun” Ek se toe, “Weet jy alles?” Hy antwoord toe, “O nee, nee.” Ek se toe, “OK, goed. Dink jy miskien jy weet die helfte van alles?” …Sal dit moontlik wees vir God om te bestaan in die ander helfte van wat jy nie weet nie? Ek se toe, “In elk geval seun, as jy ‘n ateis is, laat ek jou die simpel vraak vra.” Hoe onderskei jy tussen reg en verkeerd? Vra daai vraag vir ‘n ateis as jy tyd het Hoe onderskei jy tussen reg en verkeerd? He se toe, “Dis maklik…ek besluit wat is reg of verkeerd” Toe se hy, “Ek’s die God van my eie heelal” Ek se toe, “Ek’s bly om dit te hoor seun, ek gaan jou skiet oor 5 minute” He se toe, “Nee, jy kan dit nie doen nie” Ek se toe, “O ja ek kan! Jy sien, ek is die god van my heelal, en ek het besluit dis in die haak om vir jou te skiet.” As “elkeen doen wat reg is in sy eie oë”, soos wat die boek Rigters sê. ‘n Eenvoudige vraag om ‘n evolusionis te vra. Hulle het nie ‘n manier om te antwoord nie. Miskien moet Osama bin Laden besluit wat is reg en verkeerd. Miskien moet Bill Clinton besluit wat is reg en verkeerd. As hy enige idee het waar om dit te vind. Ek bedoel, hoe weet mens wat is reg en verkeerd? Dis baie maklik om te weet wat is reg en verkeerd. “So sê die Here.” Sien, dit is absoluut. En die Here het gesê, “Julle mag nie enige snye in julle vlees maak vir die dooies nie, ook nie enige merke op julle liggame nie.” Party mense weet nie wat die Here sê nie, of miskien gee hulle net nie om wat die Here sê nie. Maar die Here sê om dit nie te doen nie, OK? Dit lyk of baie onderwysers nie verstaan nie. Hulle volg net blindelings die handboek, en dink dat hulle die evolusie teorie aan kinders moet leer. Nee, jy hoef nie die evolusie teorie aan kinders te leer nie! Onderwysers kan kreasionisme in publieke skole leer as hulle wil. Ons het ‘n videoband met die naam: “Die Publieke Skool Aanbieding” wat gaan oor al die wette oor die onderrig van kreasionisme in publieke skole. Wat gebeur het was, Arkansas en Louisiana het wette aangeneem wat vereis dat kreasionisme geleer word. Die hof het dit afgekeur in beide gevalle. Hulle het gesê, “Jy kan nie vereis word om kreasionisme te leer nie.” Hulle het gesê, “Die onderwysers kan dit leer as hulle wil, maar dit moet vrywillig wees van die onderwyser se kant af.” Selfs Stephen Gould het gesê, “Geen wet bestaan in enige staat om die onderrig in ‘kreasionisme wetenskap’ te verhoed nie.’” Dit kon voorheen geleer word, en dit kan nou geleer word. Hy het kommentaar gelewer op die 1987 Hooggeregshof besluit. …Dat jy nie mag praat oor Kreasionisme in publieke skole nie. En dit is eenvoudig net nie waar nie. Dit was nog altyd piekfyn om Kreasionisme in publieke skole te leer. Maar as ‘n onderwyser voor in die klas staan, en sê, “Goed kinders, luister, julle het begin as slym, en het stadig ontwikkel in ‘n mens.” Jy hoef nie geniaal te wees om uit te werk dat daardie tipe leer party kinders se geloof in die Bybel sal vernietig nie. En enige iemand wat ‘n kind se geloof vernietig, beter lees wat Jesus daaromtrent sê. Hy het gesê, “Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in my glo, van my afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met ‘n groot meulsteun aan sy nek … …in die diep see verdrink.” Enige iemand wat evolusie aan ander leer, is in die moeilikheid wanneer hulle voor die Here staan. Dis interessant wat gebeur het. In die 1950’s, het die gemiddelde handbook in Amerika baie min evolusie gehad. 2,000 of 3,000 woorde, dit was al. Hoeveel van julle is oud genoeg om te onthou die paniek in Amerika, toe die Russe besig was om die ruimte resies te wen? Hulle het artikels gehad in Life Magazine, “Hoe jy ‘n kernbom aanval kan oorleef.” Hulle het gesê, “Die Sowjette is voor ons in wetenskap, omdat die Sowjette evolusie leer.” Ons leer dit nie in ons skole nie.” Hulle het artikels gehad oor hoe om jou eie bomvaste skuiling te bou. Mense het hulle gebou in hulle agterplase, om kernaanvalle te oorleef.” Wag ‘n bietjie; die Sowjette is voor ons in die wetenskap omdat hulle evolusie leer? Wat het evolusie te doen daarmee om ‘n satelliet op te stel? En toe, in 1959 was dit die honderd jaar herdenking van Darwin se boek wat uit gekom het. En in 1959, het Eisenhower kongres gevra vir $1 biljoen om meer evolusie in die skoolsisteem in te druk. En hy het dit gekry. Amerikaanse handboeke is herskryf in die laat 50’s, en vroeg 60’s, om meer evolusie in te sluit. Ons hele wetenskap kurrikulum, en ander kurrikulums is herskryf om seker te maak dat evolusie geleer is. En teen 1963 was daar 33,000 woorde oor evolusie in die gemiddelde handboek. Teen 1963, is gebed uit die skoolsisteem uit gehaal. Onthou enige iemand dit? Madeline Murray O’Hare? Ons het ‘n merkwaardige styging in seksueel oordraagbare siektes gesien vir tien tot veertien jariges. Ons het ‘n groot styging gesien in ongetroude geboortesyfers, ‘n 550% toename in swangerskappe. Die verskil word geaborteer. Nou is ‘n derde van alle kinders wat in hospitale gebore word, kinders van ongetroude paartjies. Buite-egtelike Kinders. Luister nou mooi. As jy een van hulle is, is hierdie vir jou. Timoteus was ‘n “halfbloed”, wat nooit gebore moes word nie. Timoteus se ma was Joods, sy pa was Grieks. Die Jode was nie veronderstel om met enige iemand behalwe Jode te trou nie. Ma was ongehoorsaam; Timoteus was die gevolg. Maar hy wou die Here dien, en die Here het gesê, Ek sal jou vat, seun. So as jou ouers droog gemaak het, bly jy stil, hou op kla, en gaan dien die Here met jou lewe, OK? Daar is geen verskonings nie. Die Here sal enige iemand gebruik, OK? Die aantal ongetroude paartjies wat saam woon het dramaties toegeneem sedert 1963. Hy het gesê, “ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.” Jesus het gesê, “Elkeen wat na ‘n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg.” Net so terloops, dames, dis hoekom dit belangrik is hoe jy aantrek. My pa het altyd gesê, “As jy nie in die besigheid is nie, moenie adverteer nie.” Egskeiding syfers het mal geraak in hierdie land. Ek is nie so oud nie, maar ek onthou nog die dae toe jy nie jou huis hoef te gesluit het nie. En jy het altyd die sleutels in die motorontsteking gelos. Jy’t hulle nooit uit gehaal nie, omdat jy hulle kon verloor. En as jy na ‘n gewone Hoërskool toe gaan, het die helfte van die bakkies in die parkeerarea gelaaide gewere gehad wat hang in die agterste venster. En niemand is geskiet op skool in daai dae nie, is hulle? Hulle het aspris geskiet op Hitler se verjaarsdag. Hulle het Isaiah Shoels geskiet, net omdat hy swart was. Hitler het swart mense gehaat; hulle het ook. Dit was evolusie gemotiveerde skietery. En direk na die skietery, het Rosie O’Donnell op haar TV program gesê, “Sien, ons het meer geweer beheer nodig.” Rosie, daardie kinders het agtien geweer wette gebreek toe hulle in die skool in gaan. Sien, Rosie kan dit nie uitwerk nie; maar een ou het die hele ding uit gewerk en dit op sy spaarwiel oortreksel op sy bakkie gesit. Hy het gesê, “Om gewere te blameer vir Columbine is soos om lepels te blameer vir Rosie O’Donnell se gewigsprobleem. Dis nie die lepels se skuld nie, Rosie! En dis ook nie die gewere se skuld nie. Twee keer tydens die laaste veertig jaar het hulle die toetse dommer gemaak. Hulle het die toetse dommer gemaak, sodat die tellings weer op moes gaan. Tiener selfmoord tellings het belaglik geraak. Nou, as jy jouself vertel dat as jy ‘n padda soen, dit in ‘n prins sou verander… …Jy sou sê, “Nee, paddas verander nie in prinse nie.” Hoeveel van julle dames het julle mans gekry deur ‘n padda te soen? Kom aan, kom ons sien. Lyk soos net omtrent drie; OK. Sien, dit gebeur nie baie dikwels nie; maar in die handboeke gebeur dit. Ons begin soos ‘n amoeba, en stadig evolueer ons in ‘n padda, en baie stadig word ons ‘n prins. Dis dieselfde feëverhaal. As die padda vinnig in ‘n prins verander, dan weet ons almal dis ‘n feëverhaal. Maar as die padda stadig in ‘n prins verander, is dit moderne wetenskap. Nee, ek’s jammer, dis nogsteeds ‘n feëverhaal. Die verskil is nie ‘n soen nie. Dit sal net nie meer die ding doen nie. Vandag, seuns en dogters, as jy jou padda in ‘n prins wil verander, moet jy ‘n super, spesiale, kragtige, towerbestanddeel genaamd ‘biljoene en biljoene jare’ hê. Hoeveel van julle het dit al ooit gehoor? “Biljoene en biljoene jare gelede…” Dis alles in die handboeke. Jy sien dit op TV, in die tydskrifte, dis op National Geographic. Biljoene en biljoene jare gelede…” Hulle praat daarvan asof dit ‘n wetenskaplike feit is. Hier is ‘n Graad 4 handboek: dit sê, “Baie miljoene jare gelede…” Hulle sal sê, “Nee, natuurlik was ek nie daar nie.” En dan sê, “Weet jy dat die aarde miljoene jare oud is?” Is dit regtig deel van die wetenskap? Is dit iets wat ons kan observeer, bestudeer, toets en demonstreer? Hulle sal sê, “Nee. Maar almal glo die aarde is miljoene jare oud.” Minder as 15% is evolusioniste en ateïste in die opnames wat hulle doen. Die meerderheid van Amerikaners glo nie dat die aarde miljoene jare oud is nie. Maar dit maak dit nie waar nie. Dit is waar dat hulle glo in evolusie, maar wat hulle glo is nie waar nie. Sien, net omdat ‘n klomp wetenskaplikes iets glo, beteken niks nie. Daar was ‘n tyd toe wetenskaplikes mense geleer het dat die planete om die Aarde draai. Die wetenskaplikes het mense geleer dat ‘n groot klip vinniger as ‘n klein klippie sal val. Hulle het mense geleer dat wanneer jy siek was, het jy slegte bloed gehad. Haal jou bloed uit, dan sal jy beter word. Daar was spesiale plekke reg oor Amerika, om jou bloed uit te laat haal. Jy kon sien waar hulle was, omdat hulle ‘n wit paal met ‘n rooi streep rondom die paal gehad het. Die haarsnyer was die bloedtapper. En reg langsaan George Washington,… .…terwyl hulle besig was om dood te bloei, was ‘n Bybel wat hulle vertel, “Want die lewe van die vlees is in die bloed:” As hulle daardie versie gelees het, sou hy dalk vandag nog gelewe het. Wel, hy sou langer gelewe het, in elk geval. Maar luister, as jy gaan diepseeduik, en jy vind ‘n skatkis vol goue muntstukke. En ek vra jou ‘n eenvoudige vraag, “Wanneer het die boot gesink?” Jy sê, “Ek weet nie.” Wel, kyk na die datums op die muntstukke. As daar ‘n muntstuk in daai boks is van 1750, is jy veronderstel om te kan uitwerk dat die boot na 1750 gesink het. Hoeveel van julle kan dit uitwerk sonder enige hulp? Dit kon nie gesink het voor dit nie, kon dit? Jy grawe nie rond in die boks, om die oudste muntstuk te kry nie. Jy moet die mees onlangse muntstuk kry. En dit beperk wanneer die boot moontlik kon sink. Dit word genoem die beperkende faktor. Het jy geweet dat daar seker ‘n honderd verskillende maniere is om te kan sê hoe oud die Aarde is? Baie van hulle gee groot nommers, en baie van hulle gee klein nommers. Dis die kleines waaroor ons bekommerd moet wees. As jy ‘n dinosourus been vind, moet jy dadelik twee dinge op let. Nommer een: dit praat nie. Nommer twee: dit het nie ‘n datum daarop gestempel nie. Dit sê nie: “Gemaak deur ‘n dinosourus in 70 Miljoen v.C.; in Taiwan.”nie. Hulle sê dit nie, OK? So, hoe kan jy dan sien wat die ouderdom van die fossiel is? Hoe kan jy sien wat die ouderdom van die Aarde is? Hoe oud is hierdie Aarde in elk geval? Wel, die Bybel datums gee ‘n som van omtrent 6,000 jaar. As die handboeke sê dis biljoene jare, is iemand verkeerd. Daar is ‘n verskil tussen 6,000, en 20 biljoen. Die kongres verstaan blykbaar nie die verskil nie, maar daar is ‘n verskil, OK? Ons sal daaroor praat in die volgende sessie. Hoe bewys jy dat die Aarde nie biljoene jare oud is nie? Maar as dit net 6,000 jaar oud is soos wat die Bybel ons leer, bring dit ‘n paar interessante vrae op. Wat van die dinosourusse? Wat van Koolstof datering? Hoe het die lig vanaf die sterre tot hier gekom? Wat van die Grand Canyon? Het dit miljoene jare geneem om te vorm? Wat van die geologiese kolom? Wel mense, dis hoekom my seminaar omtrent sewentien ure lank is. Ek praat so vinnig as wat ek kan, maar ons dek al die bogenoemde. Ons sal meer hieroor praat oor ‘n paar minute. Seminaar 1b – Dr. Kent Hovind – www.drdino.com - Afrikaans Die Bybel vertel ons in Genesis Hoofstuk 1, vers 1, dat “In die begin het God die Hemel en die aarde geskape”. Wanneer was die begin? Die Bybel vertel ons verder meer dat Jesus alles wat bestaan in die Hemel en op die Aarde geskape het. Wag nou ‘n bietjie, het God die Hemel en die Aarde geskape of het Jesus die Hemel en die Aarde geskape? Beide stellings is korrek. Jesus is God, die Almagtige in vlees tenspyte van dit wat “Jehovah se vals getuienisse” vir ons wil wysmaak. Jesus leer ons in Mattheus 19:4, die volgende: “ Het julle nie gelees dat die Skepper hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie?” Jesus het gesê dat dit die begin was. Dieselfde woorde kom ook voor in Markus 10:6, “Maar van die begin af, van die skepping af, ‘het God hulle man en vrou gemaak’”. Volgens die Bybel het die dood in die wêreld ingekom as gevolg van die mens se sonde. Daar was geen dood voordat Adam gesondig het nie. Deur die mens kom dood – die Bybel is baie duidelik hieroor. Adam was die eerste man en so ook was Eva die moeder van alle mense. Dit behoort dit dus heel maklik te maak – ons moet net al die datums bymekaar tel. Volgens die Bybel was Adam 130 jaar oud toe Set gebore is. Set was 105 jaar oud to sy seun Enos gebore is. Enos was 90 toe Kain gebore is. Gaan deur jou Bybel, tel die datums bymekaar en kyk ‘n bietjie wat jy kry – dit is nie so moeilik om te doen nie. Jy kan ‘n grafiek soos hierdie redelik maklik optrek. In die seminaar notaboek sal jy sien dat die laaste bladsy oopvou soos ‘n grafiek of jy kan ‘n gelamineerde een kry soos die. . Indien jy hulle vir plekmatjies wil gebruik – veral waneer jou skeptiese vriende kom vir ete. En dit is ook beter leesstof vir die kinders tydens ontbyt – instede van die pap boks. Wanneer jy al die datums bymekaar tel sal jy waarneem dat die tyd stop by om en by 4000 VC vir die skepping. Nie miljoene jare gelede nie. Ek is nie een van daardie mense wat ‘n presiese datum op die onstaan van alles wil plaas nie. Ek verkondig nie dat dit 4004 VC was nie Oktober 23, om twee uur in die middag nie. Ek dink nie dat dit moontlik is om so presies te wees net volgens die Bybel nie. Al wat ek dink is dat Adam dalk in die middag geskape was aangesien dit net voor Eva was. Dit is die enigste leidraad wat ek kon kry. Ek kan dit nie bewys nie, maar ek dink ek weet hoekom God vir Adam eerste geskape het. God wou nie enige advies hê oor wat Hy moet doen en hoe Hy dit moet doen nie – dit is hoekom Hy vir Adam eerste geskape het. Hoeveel mans stem saam met my oor daardie een? So terloops VC beteken Voor Christus. Omtrent alle nuwe handboeke verander dit deesdae na VCE toe. Volgens handboeke is die Aarde biljoene jare oud. Volgens Jesus was die begin die dag toe Adam geskape is. Het Hy dalk gejok? Het Hy wetenskap verstaan? Of was Hy dalk reg? Hoe oud is die Aarde? Wanneer was die begin? “Want God het in die begin die fondasies gelê vir die Aarde” Hoe oud is die Aarde? Is dit dalk moontlik dat die datum 4000VC korrek is? Ek is gereeld betrokke by besprekinge by universiteite en is ‘n gereelde gas by geselsprogramme en daar is altyd ‘n ateïs…. wat sal inbel en vra, “Hovind, ek het ‘n vraag vir jou. Met wie het Adam se seuns getrou?” Dit is ‘n baie goeie en redelike vraag. Ek antwoord dan dat dit ‘n goeie vraag is en dat ek dit graag sal beantwoord, alhoewel julle die ouens is met die probleem. Dit staan nêrens geskrywe waar die vroue gevind is nie. Maar wie was sy vrou en met wie het Set dan getrou? En ek dink ek kan dit antwoord, maar as ons die evoluste in ag neem het ons ietwat van ‘n probleem. Hulle glo dat tussen 18 en 20 biljoen jaar gelede daar ‘n groot geknal was - wat uit niks uit ontplof het - en alles toe tot stand gekom het. en dat 4.6 biljoen jaar gelede die aarde afgekoel het en toe ‘n vuurwarm bal van klip geword het. “Die aarde het begin as ‘n vuurwarm klip” – leer hulle vir ons. En milljoene jare van se storm vloede het groot oseane veroorsaak. Hierdie oseane het gewoel en was ‘n borrelende, komplekse, chemiese maalkolk. Die proses om te verander vanaf ‘n komplekse chemikaliese sop na ‘n lewendige organisme is baie stadig. Dit is so stadig dat dit nooit eers gebeur nie! Hierdie ou sê toe “Die eerste enkel voortplanting sisteem moes uit hierdie organiese sop ontstaan het”. Dus volgens die Groot Knal teorie, was daar 20 biljoen jaar ‘n groot slag en 4.6 biljoen jaar later het die Aarde afgekoel. Vir miljoene jare het dit gereën op die rotse wat toe ‘n sop geword het en die sop het lewendig geword sowat drie biljoen jaar gelede. En daardie eerste vorm van lewe het iemand gekry om mee te trou. Nou ja, en natuurlik ook iets om eet, en toe stadig maar seker het dit geëvolueer in alles wat ons vandag rondom ons sien. Dit is die Groot Knal teorie. Dit beteken dus dat jou groot, groot, groot, groot oupa sop was. “Aanvanklike Sop” Ek was ‘n spreker by ‘n Kollege in Boston op ‘n keer, en hulle het vir my gesê “Hovind, jy kan maar hier by ons Kollege ‘n praaitjie kom lewer, maar dan moet jy instem dat ons professors enige vraag aan jou kan stel… … want ons sal graag aan ons studente wil bewys hoe dom julle Christene nou eintlik is” Ek het toe gesê” “Ek sal geëerd voel om Boston toe te gaan vir dit.” Toe daag ek op. Daar was ses professors en al hulle studente in ‘n kamer. Ek het gevoel soos Daniël in die leeukuil! Ek sê toe” Mense, ek glo in die Bybel. Ek glo dat sowat 6000 jaar gelede, God alles geskape het” “Noag het twee van elke soort – nie verskillende spesies nie – twee van elke soort dier in die Ark ingeneem.” Toe vertel ek hulle wat hulle glo. 20 Biljoen jaar gelede was daar ‘n Groot Knal. Toe, sowat 4, 6 biljoen jaar gelede het die Aarde afgekoel. Dit het gereën vir miljoene jare op die rotse. Die reën het veroorsaak dat die rots verander het in sop, en die sop het lewend geword. Een professor was lelik omgekrap. Hy sê toe, “Hovind, besef jy dat daar honderde tipes honde in die wêreld is?” Ek antwoord toe, “Ja, daar is baie van hulle.’ Hy antwoord, “Bedoel jy om my te vertel dat jy glo al daardie verskillende tipes honde kom van slegs twee wat op Noag se Ark was?” “Verwag jy van my om dit te glo?” Ek sê toe, “Meneer, kan jy ‘n bietjie kyk na wat jy vir jou studente leer? Jy leer jou studente dat al daardie honde van ‘n klip afkomstig is. Hy het nie verdere vrae gehad nie. Elk geval, met wie is Adam se seuns toe getroud? Hoeveel kinders kan iemand in 800 jaar hê? ‘n Hele paar nê? My vriend in Arkansas het 15 kinders, almal binne 15 jaar gehad. Ek het ‘n gesin in Minnesota raakgeloop met 20 kinders, almal onder 20 jaar oud. Dis baie koud in Minnesota. Met wie het Adam se seuns dan getrou? Met hulle susters. Julle vra verontwaardig: “Met hulle susters?!" Bedaar tog, eerstens, daar is tog geen ander keuse nie, nie waar nie? In die tweede plek, aan wie sou hulle dit rapporteer. Dink daaroor. Derdens was daar geen wet daarteen nie tot 2 500 jaar later toe die Wet deur Moses gegee is. Aanvanklik was daar nie sulke wette nodig nie. Binne die eerste duisend jaar was daar geen genetiese gebreke nie. Dit was geen problem om met ‘n suster te trou nie. Nou sê jy: "Ek het nog nooit só daaraan gedink nie." Gaan dink maar weer! Die mense sal sê, "Jy kan nie met jou suster trou nie, wat van genetiese eendersheid?" Adam is met sy eie rib getroud. Dis nou vir jou genetiese eendersheid! In daardie tyd was dit nie ‘n probleem nie. As jy die Bybel lees, kom jy dit nie agter nie, maar as jy die datums op ‘n tabel natrek is dit nogal verstommend. Jy sal agterkom dat Adam oud genoeg geword het om sy agter-agter-agter-agter-kleinkind te ken. Noag se vader kon Adam vir 56 jaar geken het. Kan julle julself indink wat ‘n familiereünie van daardie tyd sou behels? Kom nou julle --- almal gou op die kameel, ons gaan vir groot-groot-groot-groot-groot-groot-oupagrootjie Adam kuier! En hy gaan vir ons alles van die Tuin van Eden vertel. Ek vertel ‘n hele paar grappies oor Adam en Eva. Die een dame vra my toe: "Waar sou julle mans wees as dit nie vir ons vrouens was nie?" Ek sê toe, "In die Tuin van Eden." Maar dit sou veels te eensaam wees, net nie die moeite werd nie. Jy sal ook met die lees van die Bybel die volgende mis, maar as die datums in ‘n tabel getrek word sien jy dit duidelik. Noag se seun Sem het na die vloed lank genoeg geleef om Abraham, Isak en Jakob te ken. Jakob het 13 kinders gehad: 12 seuns en 1 dogter. Een van sy seuns was Josef. Hy is die outjie wat die veelkleurige kleed gedra het. Sy broers het jaloers geraak en hom rondgeslaan. Hulle het hom in ‘n put gegooi en so het hy in Egipte beland. Daar het hy die “Onder-Farao” of so iets geword. Later het Josef al sy broers genooi om na Egipte te trek en daar te woon. Toe Josef sy vader aan Farao voorstel, vra Farao aan Jakob: "Hoe oud is u?" Jakob het geantwoord: "Ek is 130 jaar oud." "Min in getal en vol teëspoed was die dae van my lewensjare, en hulle het nie die dae van die lewensjare van my vaders gehaal nie." Ek het hierdie vers 36 jaar gelede as ‘n splinternuwe Christen gelees en by myself gedink, wat bedoel hy hier? Ek is 130 jaar, maar dit is niks vergeleke met my voorouers nie? Ja, as jy in ag neem dat hy persoonlik vir Sem, Arpagsad, Sela en Heber kon ken. As jy 130 jaar was en daar was iemand van 600 jaar om die hoek, dan sou jy nie meer so oud gevoel het nie. Nietemin, die handboeke sê dat die aarde miljarde jare oud is. Jesus het gesê dat die skepping van Adam slegs 6 000 gelede die begin was. Het Jesus dan leuens vertel? Was Hy dom? Of was Hy reg? Hoe oud is die aarde? Leer die handboeke in julle dorp aan die kinders dat die aarde miljarde jare oud is? Gaan hulle dit leer as hulle nou weer terug skooltoe gaan? "4,6 miljard jaar gelede ...." Selfs party Christene leer dat die aarde miljarde jare oud is. Party van hulle het werklik ‘n opregte, eerlike liefde vir die Here. Hierdie lys van persone dui maar ‘n paar van dié aan wat leer dat die aarde miljarde jare oud is. Ek het met Hugh Ross vir 3 ure op die John Ankerberg-program debat gevoer. Beide van hulle glo vas dat die aarde miljarde jare oud is. Baie mense sal sê: "Wel, wat maak dit saak?" Dit maak wél saak. Omdat daar dood voor die sonde sou intree as daar miljarde jare was. Dan het jy vir seker kettery. Dit is nie kettery om te glo dat die aarde miljarde jare oud is nie, maar dit is kettery om die dood voor sonde te plaas. Dit is duidelik kettery. Die Bybel sê duidelik dat dood vanaf Adam tot Moses regeer het. Die mens het die dood gebring. Almal sterf in Adam. Wie gee om hoe oud die aarde is? Eerstens is die geloofwaardigheid van Genesis hier op die spel. Want die gemiddelde persoon sal nie miljarde jare daarin lees nie. Die vraag is dus heel eenvoudig. Of moet een of ander ghoeroe vir ons uitspel wat dit beteken? Tweedens is die geloofwaardigheid van Jesus op die spel. Hy het 25 maal uit Genesis aangehaal. Feitlik al die boeke in die Bybel verwys na Genesis. Dit is ‘n belangrike onderwerp. Die evolusioniste gee rêrig om. As jy al die miljarde jare wegneem lyk hulle teorie baie verspot. Jesus het gesê:, "As julle Moses geglo het, sou julle my glo, want Moses het van my geskrywe." Die Bybel leer duidelik dat dit 6 000 jaar was. Kom ons kyk wat is die wetenskaplike bewyse. In 1999 het die wêreldbevolking 6 miljard verbygesteek. In 1985 was daar 5 miljard mense op aarde. In 1800 was daar 1 miljard mense hier. Almal is dit eens dat hier ongeveer 1 miljard om en by 1800 was. Maar die wêreld is nie oorbevolk nie. Die wêreld is nie oorbevolk nie. Die totale wêreldbevolking vandag, al 6 miljard mense, kan tweemaal binne Jacksonville, Florida pas. Daardie klein stadjie beslaan 25 miljard vierkant voet. Die wêreld is nie oorbevolk nie, mense. Het julle al ooit oor Nebraska gery? Of Kansas? Of New Mexico? Of Texas? Ry bietjie oor Texas. Het enigeen van julle al oor Texas gery? Jy kan vir drie dae aanmekaar ry. Is ons nog in Texas? Ja, niks daar buite behalwe platgeryde hase nie, laat ek jou vertel. Die wêreld is nie oorbevolk nie. Ry tog net oor Tennessee. Dit is nie oorbevolk nie. Kyk man, as daar te veel mense om julle is, trek dan liewer weg! Want daar is oor genoeg ruimte op ander plekke, nie waar nie? Dit lyk asof die hele bevolkingsgroeikoers sowat 4400 jaar terug begin het. Maar, as jy in evolusie glo het jy `n probleem. Evolusioniste glo mens was hier vir sowat 3 miljoen jaar. In 3 miljoen jaar sou die bevolking gegroei het. Daar sou huidiglik sowat 150,000 mense per vierkante duim gewees het. Dit sou oorbevolk gewees het. Nee, mens was nie hier vir 3 miljoen jaar nie. God het Adam en Eva vertel om die aarde aantevul. Om dit te bewoon en baie kinders te hê. Hy het die wêreld gevorm om bewoon te word. So sê Jesaja 45. Ons het mense aan die ander kant wat sê ons moet die populasie verminder. Dis natuurlik Satan se plan. Jacques Cousteau het gesê ons moet die populasie met 350,000 mense per dag verminder. Ted Turner voel die menslike populasie moet met 95% afneem. Reg so, Ted. Jy eerste. Hierdie ouens vir die Nuwe Wêreld Order wil die populasie afbring tot `n half biljoen mense. Satan was deur die Here vertel in die tuin van Eden, "Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe." Die Here sê, "En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou kop vermorsel." Satan weet dat eendag gaan `n saad van die vrou sy kop vermorsel en hy sien nie uit daarna nie. Daarom het hy besluit om elke mens op aarde uit te roei. Satan se doel is om mens uit te wus en om God se plan om te krap. God het gesê om die aarde te vul met kinders. Om vele kinders te hê. Satan sê, "Nee, ons sal dit afmaai na 0.". Onthou toe Herodus die baba Jesus wou vermoor in Bethlehem? Wat het hy gedoen? Hy het al die kinders dood gemaak. Hy wou seker maak hulle kry die regte een. Maak almal dood. Satan het probeer om elke mens dood te maak. Charles Wurster het gesê, "Mense is die oorsaak vir alle probleme, ons moet ontslae raak van sommige mense." Bill Clinton het die biodiversiteit verklaring geteken wat sê dat ons die wêreld se bevolking moet verminder na 1 biljoen mense. Hulle het reeds die aarde verdeel in streke. Die rooi gedeeltes is vir diere alleenlik, geen mense toegelaat nie. Die verklaring is geteken, dit is net nog nie afgedwing nie. Dit kom wel binnekort. Peter Singer is die persoon wie aborsies wil goedkeur na die kind gebore is. Jy het 28 dae om te besluit of jy die kind wil hou of dan nie. Hy het gesê, "Chistene is ons vyand..." "As diereregte moet aangaan, moet ons die Chistelike geloof vernietig." So asof diere meer regte as mense hoort te hê. Alan Gregg het gesê, "Die wêreld het kanker - die kanker is mens." Prins Phillip, die man van Koninging Elizabeth, sy is die een wie die mikrogolf-oond ontdek het. Prins Phillip het gesê, "As ek uit die dood gewek kon word, sou ek wou terug kom as `n dodelike virus om die menslike bevolking te verminder." Goeie mens, ou Phil. Hulle was verban uit Europa. Maar 70% van alles wat jy eet bevat genetiese aangepaste voedsel wat probleme veroorsaak met ons gesondheid. Kry die boek, "Seeds of Deception" as jy meer wil uitvind daaroor. Of lees, "Engineered Extinction" van "New American" om te leer oor hoe voedsel verander word om die populasie te beheer en te verminder. Die 'United Nations' het gesê, "Voedsel is mag, ons gebruik dit om gedrag te beheer, ... ons vra nie onverskoning nie." En voor jy opgewonde raak oor teenmiddels, gaan vind eers uit oor wat gebeur met die virusse wat ingespuit word. Virus tyd-bomme word geplant. Daar word meer daaroor uitgebrei in die video "Bible & Health". Outisme ruk hand uit. Daar is `n 75,000 persent toename in outisme in Illinios! "Sudden Infant Death Syndrome (SIDS)" is moontlik `n oorsaak van teenmiddels. In Australië is teenmiddels vrywillig. 50% van die mense het uitgeval en Australië het 50% afname aan SIDS. Verwys na www.marytocco.com vir meer inligting rakende teenmiddels. Maar daar is mense wat die wêreld-bevolking wil verminder. Gaan net buite Atlanta, Georgia, na die dorp genaamd Alberton. Gaan noord vir 7 or 8 myl op snelweg 77. Kyk regs. Jy sal `n plek sien waar geleer word om die bevolking te verminder. As jy regs kyk sal jy hierdie stene sien. Dis die eienaardigste plek in die middel van nêrens. Staan op en lees hulle. In 12 tale staan daar: Die 10 gebooie van die nuwe wêreld order. Gebod nommer een, onderhou die mensdom onder `n halwe biljoen. Wag net so bietjie, hier is dan 6 biljoen mense hier. Hoe stel hulle voor om "mense onder `n halwe biljoen" te hou? Daar sal `n dramatiese verlaging in mense bevolking moet plaasvind. Dis wat die duiwel wil hê. Meer daaroor in ons kursus: CSE 101. Ongeag van wat die toekoms inhou, die bevolking vandag vertel dat die mens hier was vir sowat 4400 jaar. Hulle sê dit lyk asof daar `n genetiese bottelnek was. Die hele bevolking was net `n paar duisend so paar duisend jaar terug. Hulle kom nader. Eintlik was dit 8 mense sowat 4400 jaar terug. Ek vertel almal jy hou aan leer, en sodra jy die berg van kennis uitklim sal jy sien die babtiste het heeltyd bo gesit. Sterrestelsels draai, maar die sterre in die middel draai vinniger as die aan die buitekant. So waarom het ons steeds spirale arms op die sterrestelsels? Hulle hoort nie daar te wees nie. Sterrestelsels is bewyse dat die heelal nie biljoene jare oud is nie. Sterre ontplof gereeld. Dis word genoem 'supernova' of 'nova'. Maar `n ster ontplof sowat elke 30 jaar, en tog is daar minder as 300 'supernova' letsels of oorblyfsels gevind. Dis net `n paar duisend jaar se sterre. Hoekom is daar nie biljoene 'supernovas' gevind nie? Sekere mense sê, "wel, nuwe sterre vorm in die Krap Nebula of Perdekop Nebula." Nee, dis nonsens. Kyk seminaar #7. Die planeet Jupiter koel vinnig af. Die sterre verander van rooi reuse na wit dwergies. Die handboeke sê dit vat biljoene jare. Ons weet dit is nie waar nie. Al die antieke astroloë het gesê Sirius was `n rooi ster. Vandag is dit `n wit dwerg. Dit gebeur binne ‘n paar duisend jaar. Moenie laat hulle u vertel dit vat biljoene jare nie. Jupiter is besig om baie vinnig af te koel. Dit verloor konstant hitte. Dit kan nie biljoene jare oud wees nie. Dit sou teen nou al koud gewees het. Jupiter se maan, Ganymede het ‘n sterk magnetiese veld, wat dui op ‘n vloeistof kern, wat beteken dat hy nie biljoene jaar oud kan wees nie. Saturnus se ringe is besig om uit te sit weg van die planeet af. Hulle kan nie biljoene jare oud wees nie. Daar is meer hiervan in Walt Brown se boek “In the Beginning”, ‘n uitstekende boek, terloops. Die maan wentel om die Aarde, hoeveel van u het dit reeds geweet? Het u geweet dan soos die maan om die Aarde wentel, beweeg hy verder weg van die Aarde af? Ons is stadig maar seker besig om die maan te verloor. Hy verlaat ons met net ’n paar duim per jaar, nie ’n groot bekommernis nie. Niks om oor te bekommer nie, plus, daar is in elk geval nie iets wat daaraan gedoen kan word nie. Maar, die maan beweeg daagliks verder weg van die Aarde af. Kinders, hierdie gaan bietjie ingewikkeld wees, so luister mooi. Die maan beweeg elk dag verder en verder weg van die Aarde af. So, dit beteken dat die maan voorheen nader aan die Aarde was. Hoeveel van julle kon dit uitwerk sonder hulp? Wel, as jy die maan nader bring, veroorsaak jy ‘n probleem, want die maan veroorsaak die getye. Julle mense in Knoxville, diep binneland, bekommer julself seker nie met die getye nie. Maar in Pensacola, Florida op die kus, bekommer mens hulle oor die getye. U sien, as die maan nader was, sou die getye hoër gewees het. Daar is ‘n wet genoem die omgekeerde kwadraat wet. As jy die maan inbring na 1/3 die afstand, skakel daardie nommer om na 3/1, en bereken die kwadraat. Dit is 9 keer die aantrekkingskrag. As jy die wiskunde doen op hierdie een, sal jy uitwerk dat die maan en die Aarde ± 1.4 biljoen jaar terug aan mekaar sou raak. Dr Walt Brown sê dan 1.2 biljoen jaar die maksimum lewensduur kan wees vir die Aarde en die maan. Wel, as die maan rondgedraai het net bo die kors van die Aarde, verduidelik dit definitief wat met die lang dinosaurusse gebeur het. Hulle was gemaan. Komete vlieg deur die buite ruimte, maat hulle verloor aanhoudend materie. Materie waai van die komeet se stert af. Mens kannie aanhou verloor nie, want binnekort is alles weg. Jy weet, dit werk amper soos u tjekboek. As jou uitgawes meer is as jou inkomstes, sal jou onderhoud elke keer jou ondergang beteken. Wel, hierdie komete verloor gedurig materie. Dit is iets wat nie vir altyd kan aanhou nie. Meeste astronome stem saam dat komete nie vir langer as 10,000 jaar kan oorleef nie. Wel, dan het ek ’n vraag. Hoekom het ons nog steeds komete? Hulle moes dan al almal weg gewees het? Ek het jare terug in ‘n seminaar genoem dat komete ‘n goeie indikasie is dat die heelal minder as 10,000 jaar oud is. En toe gaan ‘n ateis, en skep ‘n hele webwerf teen my, ’n anti-Hovind webwerf. Daar is nou meer as ‘n duisend van hulle. Een ou het vir my gesê dat daar nou nader aan 2,000 anti-Hovind webwerftes is. Ek is baie trots op myself. Well, hierdie een twyfelaar op die webwerf het gesê, “Hovind het u nie geweet daar was ‘n Hollandse astronoom met die naam Jan Oort in 1950 nie?” Hy het voorgestel (hy het gewens) dat daar ‘n groot komeetbank was, en dat nuwes heeltyd uitgekom het om die uitgebrandes te vervang. So hy het gesê dat die rede dat daar nogsteeds komete is, is omdat nuwes heeltyd die uitegebrandes vervang. Hulle noem dit die “Oort Wolk” van komete. Hy sê dat die Oort Wolk 50,000 astronomiese eenhede ver weg is. As u nie weet wat ‘n astronomiese eenheid is nie, dit is die afstand vanaf die Aarde tot by die son. Dit is een astronomiese eenheid. Dit is baie moeilik om Pluto te sien sonder ‘n baie goeie teleskoop, en Pluto is net 39 astronomiese eenhede weg. Mens gaan nooit ‘n komeet wat 50,000 astronomiese eenhede weg is te sien kry nie, dit is verseker. Niemand het nog ooit die Oort Wolk gesien nie. Oort het nog nooit die Oort Wolk gesien nie. Die hele ding is gebasseer op ‘n wiskundige fout. Daar bestaan geen Oort Wolk nie. Selfs Carl Pagan, jammer ek bedoel Sagan, het gesê, “Baie wetenskaplike publikasies word jaarliks vrygestel oor die Oort Wolk, sy eienskappe , sy ontstaan, sy evolusie... ..maar daar is nie een stukkie direkte waarneembare bewys vir die bestaan van die wolk nie. Daar is nie ‘n Oort Wolk nie. Maar die op die webwerf het gesê, “Hovind, as jy die komeet wil gebruik om te bewys dat die Aarde jonk is... ...dan moet jy sonder twyfel bewys dat die Oort Wolk en ander komeet bronne nie bestaan nie. Wag so ‘n bietjie, hoe bewys mens dat iets nie bestaan nie? Sou ek nie in elke plek in die heelal op die selfde tyd moet wees om te bewys dat iets nie bestaan nie? Wat hy hier probeer doen word genoem: verplasing van die las van bewys. Die liberale doen dit permanent met ons, en ons val elke keer daarvoor. Ek sal u wys hoe maklik ’n mens dit kan doen. Dit word die verplasing van las van bewyse genoem . Dit behoort redelik moeilik te wees om te doen, né? Sodra jy die skil sny, o, dit is rooi, maar dit was so pas ‘n sekonde terug blou. Hy sê ek moet bewys daar is nie ‘n Oort Wolk nie. Maar wag, Dave, hier is wat ons weet. Ons weet daar is komete. En die komete kan nie ouer as omtrent 10,000 jaar word nie. Ons weet die Bybel se die aarde is 6,000 jaar oud. Ek het nie ‘n probleem met komete nie. Die bybel sê “Die hemele verkondig die heerlikheid van God” Die Bybel sê God het die Aarde gemaak voor die son en die sterre. Elke liewe ding, heeltemal omgekeerd. Hierdie teorië pas nie. Alles is omgekeerd. Die Bybel sê die mens het dood in die wêreld ingebring. Evolusie sê dat dood die mens in die wêreld ingebring het. Die Bybel sê dat God die mens geskape het, maar evolusie sê nee, mens het God gemaak. Hierdie teorië is heeltemal teenoorgesteld. Mense vra, “Kon God nie evolusie gebruik het om te skape nie?” Well, hy kon seker, maar dit is definitief nie die God van die Bybel nie. ‘n God wie evolusie sou gebruik is wreed, morsagtig en vertraag. Dit is nie ‘n God wie u wil aanbid nie, dit is verseker. Ons sal meer hieroor bespreek op nommer sewe van die blou reeks DVDs daar agter. Die Psalm skrywer het gesê, “Wanneer ek opkyk na die hemele...” Terloops, die hemele is ‘n meervoud, ons sal dit meer bespreek in Seminaar #2. Hy het gesê, “Wanneer ek opkyk “. Kinders, julle sal julself ‘n groot guns bewys deur elke nou en dan die televisie af te skakel. En gaan bietjie uit en kyk op na die hemele. Gaan kyk wat het God gemaak. Die Psalm skrywer het gesê, “While I was musing the fire burned.” Die word “Muse” beteken: dink. Dink. Die Bybel gebruik hierdie word twee keer. Dink. Nou, Engels is ‘n baie interresante taal. ‘n “Theist” is iemand wat in God glo. Indien u die letter “a” voor ‘n word sit, beteken dit die teenoorgestelde. So, ‘n “A-theist” is iemand wat sê hy glo nie in God nie. “Muse” beteken om te dink. So, wat is die teenoorgestelde? Julle het dit. “Amuse” beteken letterlik om nie te dink nie. Het u geweet ons groot pretparke het waar mens kan geld betaal om net dit te doen. Mens noem dit “Amusement parks”. ‘n Plek om nie te dink nie. Hy het gesê, “Wanneer ek opkyk na die hemele en ek sien die werke van U vingers, die maan en sterre wat U in hulle plekke geplaas het, Wat is die mens dat U aan hom dink, die mensdom dat U vir hulle omgee?” Weet u wat is interresant, ‘n persoon wat hul tyd spandeer om te dink aan wat God doen, is glad nie so beïndruk met wat mens kan doen nie. Luister mooi, julle leer julle kinders om te mediteer op wat mens kan doen, nie op wat God kan doen nie. En hulle brein, hulle dink prosesse, gaan net omtrent so vlak wees. Weet u die diepte van hulle begrip? Dit is, sjoe, hy kan die bal deur die net gooi. Wie gaan omgee oor ‘n duisend jaar? Wie gaan omgee oor vyf jaar? Weet enige iemand wie het die “Stupid Bowl”, errr, “Super Bowl” vyf jaar terug gewen? Gee enige iemand om? Dit maak nie saak nie, né ? Al daardie uitgevrete mans wat uitgaan en baklei oor een ou balletjie, terwyl hulle elkeen kan bekostig om hul eie een te koop. Nee, ek bedoel nie dit is sonde nie, maar dit is dom om ‘n ou vyf miljoen Doller te betaal om ‘n vark blaas oor ‘n koei weiland te dra deur loodgieter pype.. Dit gaan nie hou nie, mense. Dink oor dinge wat vir ewig gaan hou, soos wat God gemaak het. Mediteer daaroor. Die Bybel sê: “Praat met die Aarde. Dit sal julle onderrig.” Die Bybel sê dat die Aarde soos ‘n groot magnet is. Nou, magnete verloor altyd hulle aantrekkingkrag. Die Aarde se magneet het oor die afgelope 150 jaar 10% van sy aantrekkingskrag verloor. Dit beteken natuurlik dat dit voorheen sterker was, aangesien dit nou swakker word. En dit kan nie meer as 25,000 jaar oud wees nie. Om ‘n paar voorbeelde te gee, hier is die onderbeen van ‘n Mammoet , gedateer op 15,380 jaar oud, maar die vel was gedateer op 21,300 jaar. Praat van ‘n stadige geboorte. Ons dek meer oor Koolstof-14 dateering in Seminaar #7, en al die ernstige probleme daarmee. Die handboeke sal sê, ja, die magnetise veld word swakker, maar dit is omdat dit besig is om om te swaai keer. Hulle beweer dat dit ‘n patroon van ommekerings is. Nee, daar bestaan geen magnetiese ommekerings in die magnetiese veld op die bodem van die see nie. Ons dek dit alles in Seminaar #6. Dit is alles deel van die teorie van “Pangaea”. Hoeveel van julle het al gehoor van “Pangaea”? Dit is die teorie dat al die kontinente voorheen inmekaar gepas het. Ek waarborg julle dat hulle nie vertel het hoe hulle Afrika 40% moes krimp om almal te laat pas nie, het hulle? Het hulle julle vertel dat hulle Mexico en Sentraal Amerika heeltemal moes uitlaat? "Senor, que pasa donde esta: Mexico, Panama, Costa Rica and Guatemala?" en ek weet hulle vertel julle ook nie wat ek dink van selfsprekend sal wees vir ‘n graad eentjie nie. Mense sê, ”Hovind, dink u dat die kontinente ooit vebind was?” Ek sê, “Wat bedoel u, hulle is nog steeds verbind.” Ek bedoel huidiglik, dit is net dat die lae plekke vol water is. Wat bedoel jy hulle “was voorheen verbind”. Hallo. Hulle is nog steeds verbind. Wat ‘n dom teorie. Ons dek meer daarvan gesels verder daaroor en oor “Pangaea” in Seminaar #6, in Die Hovind Teorie. Die Aarde draai teen ‘n spoed van min of meer ongeveer 1,000 myl per uur by die ewenaar. Maar die aarde is besig om stadiger te draai. Die Aarde draai omtrent ‘n duisendste van ‘n sekonde stadiger per elke dag. Die Aarde draai stadiger. “Astronomy Magazine” het ‘n artikel gepubliseer in 1992. Hulle het gesê, “Aarde Die aarde se omwenteling word stadiger, Junie gaan een sekond langer wees as gewoonlik.” Hulle moet ‘n “skrikkel” sekonde byvoeg omtrent elke jaar na jaar en ’n half byvoeg. Kinders, hierdie gaan bietjie ingewikkeld wees, so luister mooi. Die aarde draai, maar word draai al stadiger. So dit beteken, hy het voorheen vinniger gedraai. Hoeveel van julle kan dit sonder enige hulp verstaan? Wel, as die Aarde net 6,000 jaar oud is, is dit nie ‘n probleem nie. As die Aarde bietjie vinniger was, sou Adam dit nie agter gekom het nie, hy het in elk geval nie ‘n horlosie gehad nie. Party mense wil graag hê ek moet glo dat die Aarde biljoene jare oud is. As jy ‘n biljoen jaar terug gaan in tyd, sit jy met ‘n probleem. Die aarde sal teen ‘n verbysterende spoed draai! Staan op, gaan slaap. Staan op, gaan slaap. Staan op, gaan slaap. Jy sal nooit iets gedoen kry nie! Die sentrifugale kragte sou iets vreesliks gewees het. En jy wil hê ek moet glo dat dinasorusse miljoene jare terug geleef het? Ek weet wat met hulle gebeur het. Hulle is in die ruimte ingeslinger!! Die Sahara woestyn het, wat genoem word, ‘n konstante windpatroon. Die wind wind waai, so te sê, altyd in dieselfde rigting. Dit versoorsaak ‘n groot problem. Die warm lug wat uit die woestyn uit waai maak die omliggende bome dood en vorm dan nog woestyn daar. Hierdie proses word “woestynvorming” genoem. Jy kan meer hieroor lees in aardrykskunde boeke. Die Sahara woestyn is deeglik bestudeer. In hierdie tyd het dit begin groter word. Egipte was ‘n vrugbare land wat oor die hele area gestrek het. Goed, wel, dan het ek ‘n vraag. As die aarde miljoene jare oud is, hoekom het ons nie ‘n groter woestyn iewers op die aarde nie? Hoe kan die oudste woestyn op aarde slegs 4000 jaar oud wees? Wel, ek het ‘n teorie hiervoor en hier is my teorie. Ek glo, omtrent 6000 jaar gelede het God alles gemaak en 4400 jaar gelede was daar ‘n vloed. Nou, dis ‘n bietjie onmoontlik om ‘n woestyn te hê onder ‘n vloed. Jy sal moet erken dat dit regtig moeilik sal wees. So die woestyn kon nie begin vorm het voor al die vloedwaters terug getrek het nie. So ek beweer, volgens die Bybel, dat die oudste woestyn in die wêreld nie ouer as 4400 jaar kan wees nie. En hy is!! Maggies, miskien kan die Bybel reg wees! Jy weet seker dat wanneer hulle in die aardkors in boor, hulle soms op olie afkom. Die olie is onder verskriklike hoë druk by party plekke, soms so hoog as 20 000psi (pond per vierkante duim). Wel, die mense wat die klip bo die olie bestudeer sê, “Jy weet, hierdie klip kan nie hierdie hoë druk hanteer vir langer as 10 000 jaar nie.” Ek weet dat die gewig van klip druk sal veroorsaak, maar die druk in die olie kanaal is hoër as wat die gewig van die klip bank kan veroorsaak. Hulle sê dat die druk die klip sou kraak en al die olie sou uitlek in minder as 10 000 jaar. Wel, ek het dan twee vrae: Waar kom die olie vandaan? En waarom is dit nou nog onder sulke hoë druk? Wel, baie wetenskaplikes stem saam dat olie gevorm word wanneer organismes saamgepers word. Hitte en druk verander dit in olie. Hulle het in 1971 agtergekom hoe om olie in 20 minute in ‘n laboratorium te maak. Daar is ‘n fabriek in Texas wat kalkoen afval onder hoë druk sit , die temperatuur hoog opstoot en dit dan in olie laat verander. Dit staan in hierdie artikel:”Ons het nageboots wat die aarde doen, maar wat die aarde miljoene jare neem, het ons in slegs 30 minute gedoen.” Sinclair gebruik ‘n dinasourus as ‘n emblem. Hulle beweer dinasorusse het in olie verander. Inderdaad, kinders, rondgehang vir 80 miljoen jaar. Ek twyfel sterk. Ek het ‘n teorie hoe olie gevorm het en hier is my teorie. Ek glo, omtrent 6000 jaar gelede het God alles gemaak en 4400 jaar gelede was daar ‘n vloed. Daar het baie, baie mense en diere in hierdie vloed verdrink. Hulle is begrawe onder grond en die klippe en die modder en die sand en dit het baie, baie swaar geword. Hierdie groot gewig het hulle saamgepers en olie gevorm. Wel, Noag se ooms in elk geval. Volgende keer as jy by die vulstasie jou tenk met hulle vol maak, sê maar “Totsiens Oupagrooitjie. Jy moes miskien na Noag geluister het. Hy het julle gewaarsku dat dit gaan reën!” “Hovind, ons weet jy leer vir almal dat die aarde 6000 jaar oud is. Ons wil graag vir jou wys dat jy verkeerd is.” “Sal jy asseblief saam met ons kom?” Ek sê:”Alte graag!” Hulle vat my toe na groot vrieskas net buite Denver, in Lakewood, Colorado. Na die Nationale Ys Kern Laboratorium. Binnekant is dit minus 36 Grade Fahrenheit (-38 grade C). Hulle gee vir my ‘n groot pak om aan te trek, groot hoed, groot handskoene. Ek het gevoel ek verkluim in die eerste vyf sekondes na ek daar ingestap het. Jy moet verstaan,ek het maar dun, Florida-bloed in my are. Hulle sê:”Hovind, ons gaan gereeld Groenland toe en boor daar in die ys-kors in.” “In opdrag van die regering, jy weet.” “Ons gebruik hierdie dik pyp en ons boor daarmee diep in die ys in en bring dan die ys boontoe wat binne die pyp is.” “Ons bêre dan hierdie ys-monster in hierdie vrieskas hier in Lakewood, Colorado. “Daar is tans 10 van hierdie ys-monsters in hierdie vrieskas.” Hulle wys my toe een van hierdie monsters en sê:”Sien jy hierdie ringe in die ys, lyk dit nie soos jaarringe van ‘n boom nie?” Ek sê:”Ja, dit is nogal duidelik wat dit is.” Hulle sê toe:”Wel, wat gebeur is, in die somer smelt die sneeu, vries weer en vorm helder, deurskynende ys.” Dit verskyn as ‘n donkerder ring. In die winter pak die sneeu net dikker saam, sonder om te smelt. Dit verskyn weer as ‘n ligter ring. Hierdie lae verteenwoordig dan winter, somer, winter, somer, winter, somer. Ons tel toe hierdie lae, 135 000 van hulle. “En jy is besig om vir almal te vertel dat die aarde slegs 6000 jaar oud is!” “Maar ons kan dus bewys dat die aarde, ten minste, 135 000 jaar oud is.” Ek vra toe:”Kêrels, maar neem julle nou sommer aan dat elke laag een jaar verteenwoordig?” Jy sien, hulle weet klaarblyklik nie van die Verlore Eskader nie. In die Tweede Wêreld Oorlog het ‘n paar Amerikaanse vliegtuie se brandstof opgeraak en toe gaan land hulle in Groenland. Hierdie vliegtuie is toe net so daar gelos in 1942. Die vlieëniers het aangegaan met die oorlog en almal het van die vliegtuie vergeet. Eendag kry ‘n miljoenêr van Kentucky toe die idee om hierdie vliegtuie te gaan soek en terug te bring. Hy gaan toe Groenland toe om die vluigtuie te soek. Hulle moes radar toerusting gebruik wat deur die ys kon “sien” om hierdie vliegtuie op te spoor. Hulle het 'n gat in die ys in gesmelt tot onder by die vliegtuig. Toe haal hulle hom uit mekaar, en bring die stukke terug deur die gat. Toe sit hulle dit weer aan mekaar in Middlesboro, Kentucky- Nie baie vêr hier vandaan. Hoe vêr is Middlesboro vanaf Knoxville, Kentucky? Twee ure miskien? Die twee fliegtuie, dis waar hulle basis is, in Middlesboro. Nou, die diepste gat wat nog ooit geboor was in Groenland is 10 000 voet (3048m). Ek weet dat die diepper lae wel in mekaar gedruk word, en dit word 'n Ysgletser genoem. So, 4000 jaar is regtig genoeg tyd om al die ys by die noord en suid poole te laat vorm. So, hoekom is daar nie meer ys in die noord en suid pool nie? Ek het die Museum besoek, en met die persoon gepraat wat die P-38 fliegtuig opgegrawe het. Sy naam is Bob Carden. Ek het gesê: "Bob, toe julle gegrawe het tot by die fliegtuig, het julle deur verskeie lae ys ringe gesmelt?" Hy't gesê: "Ja, honderde lae." Is daar nie veronderstel om so 48 ringe te wees nie? Hy't gesê: "Wie het vir jou vertel dis jaarlikse ringe? Dit stel nie somer, winter, somer, winter voor nie..." Dit dui aan: warm, koud, warm, koud, warm, koud... Jy kan ongeveer vyf sulkes kry in 'n week in Knoxville, kan jy nie? Maar hier is 'n ou wat dit nogsteeds jaarlikse ringe noem. Of hy's onkundig, of hy lieg. Ek hoop hy is net onkundig, want onkunde kan reg gemaak word. Jy sien, onnosel is verewig, maar onkunde kan reg gemaak word. Dit is die verskil so terloops. 'n Man wat saam met die Eskimos in Alaska werk het gesê: "Broer Hovind, ek het 15 lae sneeu in 8 ure gekry. Nie 15 duim (38cm) nie, 15 afsonderlike lae! Julle kinders gaan geleer word dat elke laag op die aarde 'n ander tydperk is. Daar is Cenozoic, Mesozoic, Paleozoic, Archeozoic, ens. Het julle geweet dat die hele geologiese kolom nonsens is. Dit bestaan nie. Ons dek dit in seminaar #4. Versteende bome wat verskillende lae verbind kan nie miljoene jare se verkille in die lae se ouderdomme beteken nie. Een van die is in Cookville, Tennessee, nie baie vêr hier vandaan. Die onderkant is in steenkool verander, die middel net versteen, en die bokant ook in steenkool verander. Die boomstomp loop deur twee steenkool nate. Ons dek meer van dit in Seminaar #6 oor steenkool formasies. Hulle het vinnig versteen terwyl hulle regop gestaan het. En toe so na die bodem gesink, hulle het vol water geraak. Hier is 'n versteende vis wat geboorte skenk. Dit vat nie miljoene jare om 'n om geboorte te skenk nie. Hierdie is 'n versteende beeswagter se stewel met die beeswagter se been nogsteeds binne in hom. Daar is artikels hier op die tafel genoem "The Limestone Cowboy". Die Mississippi rivier verplaas sedimente teen 'n gemideld van 80 000 ton per uur. Hulle het die Delta redelik goed bestudeer, en gesê dit moes ongefeer 30 000 jaar geneem het om al daai modder in die delta in te spoel. Wel, ek het 'n vraag. As die wêreld miljoene jare oud is, hoekom is die hele golf van mexico nie al vol modder nie? Hulle sal sê: "hovind, dis 30 000 jaar wat bewys die Bybel is verkeerd". Die Bybel se 6000. Ek glo 6000 jaar gelede het God alles geskape, 4400 jaar gelede was daar 'n groot vloed. Soos die vloedwater afgekom het, was omtrent die helfde van daai modder soëntoe gespoel in sowat 20 minute. So dit lyk of dit 30 000 jaar gevat het om al die modder daar te kry, maar dit het eintlik net 20 minute gevat, en 4400 jaar sedert dan. 'n Vriend van my in Louisiana is 'n pastoor van 'n kerk. Hy't gesê: "Broer Hovind, ek het vir olie geboor, in die olie vêlde van die golf van Mexico". Hy't gesê: "Ons het deur 14 000 voet se modder geboor en bome getref wat 60 voet (18m) lank was, wat regop gestaan het". Bome van 60 voet (18m) onder 14 000 voet (4260m) se modder wat regop staan. Meer hiervan in Seminaar #6. Hier is 'n foto van die oudste boom in die wêreld. Dit word 'n "Borsel Dennebol Boom" genoem. Ons het 'n stukkie Borsel Dennebol in ons Museum in Pensacola. Dis net 30 duim (76.2cm) in diameter en 700 jaar oud. Jy kan die ringe met 'n vergrootglas tel. Dit groei regtig stadig. Boom ring dateering is nie 'n presiese wetenskap nie. Bome kan twee ringe, of drie ringe in 'n jaar produseer. En wees baie versigtig met boom ring dateering met 'n oorvleuelende volgorde. Ons dek meer hiervan in Seminaar #7, V & A tyd as julle wil. Die oudste boom in die wereld volgens die handboek is 4300 jaar oud. Dis 'n baie ou boom, maar ek het 'n vraag. As die aarde miljoene jare oud is, hoekom is daar nie 'n ouer boom ernste anders nie? Hoekom sal die oudste boom 4300 jaar oud wees? Ek het 'n teorie daaroor: Ek glo so 6000 jaar gelede het God alles gemaak, omtrent 4400 jaar gelede was daar 'n vloed. En dus voorspel ek dat die oudste boom omtrent so 4300 jaar oud sal wees. En dit is! Miskien is die Bybel reg, Miskien moet ek dit lees en glo. Hier is 'n foto oor 'n koraalrif. Het julle geweet die grootste koraalrif in die wêreld is in Australië? Ek het eenkeer 'n oproep ontvang vanaf 'n kerk in Brisbane. Hulle het gesê: "Wil jy hier kom preek in Australië?" Ek het gesê ek moet bid hieroor. Ek het gebid, hy het "ja" gesê. Ek en my dogter het gaan duik by die "Great Barrier Reef". 'n Gedeelte van die rif was vernietig geduurende die tweede wêreld oorlog deur skepe, ankers, en bomme, en sulke dinge. Toe gaan die omgewingsmense soëntoe om te sien hoe lank dit vat om terug te groei. Hulle het vir 20 jaar gekyk hoe die rif groei (Dit was 'n regerings projek). Na 20 jaar se kyk hoe die rif groei, het hulle gesê die rif is minder as 4200 jaar oud. Wel, dan het ek ‘n vraag. As die aarde miljoene jare oud is, hoekom het ons nie ‘n groter rif iewers nie? Hoekom op aarde sou die grootste rif slegs 4,200 jaar oud wees? Ek het ‘n teorie daaroor. Ek wet julle weet wat dit is, nê? Kan julle dit nou al uitwerk? Die handboek sê: “Seuns en dogters, die rotsbank bokant Niagara Valle erodeer nou al vir omtrent 9,900 jaar.” Nou, hoe weet hulle dit? Wel, die rotse breek gedurig teen die rante af. Ek bedoel, alle watervalle doen dit. Hulle breek die rotse af en die waterval sny sy pad agteruit. Niagara Valle beweeg agteruit teen 4.7 voet elke jaar. Charles Lyell was in 1841 daar en het gesê: “Wel, Niagara Valle is hier.” Hy het gesê dit wys omtrent 10,000 jaar se erosie. Een goeie reënstorm en dan vind ‘n hele klomp erosie plaas. Hy het dit aspris gedoen om die Bybel verkeerd te laat lyk. Hy het die Bybel gehaat. Ons praat meer oor Lyell in Seminaar #4. Vandag is die Niagara Valle hier al die pad terug, gesplete oor daai eiland. Daar is eintlik 2 dele van die Niagara Valle: die Kanadese kant en die Amerikaanse kant. Dit het heelwat agteruit ge-erodeer sedert Charles Lyell se tyd. Die handboek sê dat die gorge waarin die rivier loop is 7.5 myl lank. Sien, die valle is reg hier. Dit het verder noord begin, bo by Lewiston. As die aarde miljoene jare oud is, hoekom het dit nog nie terug ge-erodeer tot by Lake Erie nie? Hoekom is Niagara Valle reg hier? Ek het ‘n teorie daaroor. Hier is my teorie. Julle sien, omtrent 6,000 jaar terug het God alles gemaak, en 4,400 jaar gelede was daar ‘n vloed. Soos die vloedwaters afgeloop het, het omtrent die helfde van daai rivier uitgewas in 20 minute. So, dit lyk asof dit 9,900 jaar gevat het. Hulle het vergeet van die Groot Vloed. Hulle het ook vergeet om die regte syfer te kry. Dit moes 8,400 gewees het as hulle 4.7 gebruik het, maar wat verwag julle? Wanneer dit reën, loop 30% van die water in die seë in. Dit dra minerale soute saam. Die oseane raak elke dag meer sout. Vandag is die oseane 3.6% sout. Hulle kon so geraak het in minder as 5,000 jaar. Vraag: “Hoekom is die oseane nie nog meer sout nie?” Wel, jy sien, 6,000 jaar gelede het God alles gemaak. 4,400 jaar terug was daar ‘n vloed. Nou, vandat die vloed verby is, het die oseane stelselmatig meer sout geraak. Een ateis het in ‘n debat gesê: “Hovind, kan jy asseblief vir my verduidelik hoe die varswater visse die vloed oorleef het?” Ek vra toe of hy nie dalk aangeneem het die vloed was soutwater nie. Hy sê toe: “Die see is soutwater.” Toe sê ek: “Dit is – vandag.” “Tydens die vloed was dit waarskynlik meestal varswater en dit het geleidelik meer sout geraak, en vandag moes sekere diere maar aanpas by soutwater.” “En vandag het ons varswater krokodille en soutwater krokodille, en hulle het waarskynlik ‘n gemeenskaplike voorvader gehad.” “ ’n Krokodil.” sê hy, “Dis evolusie.” Ek sê: “Nee, dit is nie.” “ ’n Aanpassing van ‘n varswater krokodil na ‘n soutwater krokodil is ‘n geringe verandering vergeleke met jou evolusie storie.” ‘n Vriend van my in Alabama maak visse groot. Hy sê hy het varswatervisse gevat, Black Mollys. Hy het stadig sout bygevoeg in hulle akwarium. Binne twee weke het hulle soutwater visse geword. Toe hy hulle terugsit in varswater, het hulle binne 30 minute gevrek. Hulle kan aanpas by soutwater sonder probleme. Hoeveel van julle het al ooit in ‘n grot ingegaan, toe sê die toergids: “Moenie aan die formasies raak nie, hulle neem miljoene jare om te vorm.” Of gaan na Carlsbad Grotte toe in Arizona, en hulle sê dit het 250 miljoen jaar geneem. Hulle het ‘n studie gedoen op hierdie stalagmietes, en een ou sê: “Jy weet, die vinnigste wat hulle kan groei is 2.5 duim per duisend jaar.” Hier is ‘n vlêrmuis heeltemal bedek met vloeisteen voor dit eers kon verrot. Hier is 2 duim stalagtiete wat groei uit ‘n verkoelingseenheid in Pensacola, Florida. Hier is ‘n ou in ‘n gebou in Indiana wat skaars 40 jaar gelede gebou is. Dit het massiewe grot formasies in die kelder van water wat deur die kalkklip lek. Hier is ‘n myn in Australië wat vir 55 jaar gesluit is. Toe hulle dit oopgemaak het om to loer, was daar alreeds massiewe grot formasies binne 55 jaar. Ek dog dit was 2.5 duim per duisend jaar… Hulle het die stalagtiet afgebreek wat daaronder was en dit vir my gegee. Dis in my museum. Hier is ‘n parkeerterrein in Texas wat gebou is in 1997. Dit het stalagtiete gevorm op die studente se karre wat daaronder geparkeer het. Hulle moes ‘n drippan installeer om die water op te vang. ‘n Ou in Wyoming het ‘n warmbron op sy eiendom gehad in Thermopolis, Wyoming. Hy sit toe ‘n pyp in die grond. Die water kom toe bo uit die pyp uit en loop teen die kante van die pyp af. Wel, die ou is later dood, maar hulle los toe die pyp wat so uit die grond uit steek. Terwyl die pyp daar was het dit minerale neersettings gelaat soos die water verdamp het. Wie van julle het al hierdie minerale neersettings gesien? Mens kry dit in jou wasbak. Die ou is dood, en omtrent 95 jaar later is die pyp steeds in die grond. Ek het gaan kyk daarna. Hier is dit, in 1998. Dit sal nogal ‘n klompie Lime Away vat om daai ding skoon te skrop, of wat dink julle? Ja, so ‘n klein bietjie. Die ou verder af in die pad het syne later begin. Dis nie heeltemal so groot nie. Jy weet, teen die huidige tempo van erosie sal die kontinente almal plat erodeer binne 14 miljoen jaar! Hoekom sê hulle dat daar fossiele is wat 300 maal ouer is as dit wat steeds bo seevlak lê? Dit moes al 300 keer see toe uitgespoel het. Al wat jy hoef te doen is om Wes Amerika toe te vlieg en na die erosie-patrone te kyk en jy sal sê: “Hierdie plek is verwoes deur ‘n vloed”. Die hele wêreld is deur ‘n vloed verwoes. Vlieg rond soos ek doen en kyk nou en dan by die venster uit. Die oudste tale in die wêreld is nogal interessant. Wel, hulle sê dat die oudste skrif-stelsels in die wêreld rondom 3,000 VC, 5,000 jaar gelede begin het. Die oudste skrif-stelsels en die oudste tale is modern, sofistikeerd en volledig. Die Chinese sê dat die jaar 2000 was die jaar 4700 was. Hulle glo dat hulle kalender met ‘n vloed begin. Hulle noem vir Noag, ‘Phu Hi’. Die oudste geval van die doodstraf op rekord was 3,800 jaar gelede. Die Hebreeuse kalender se die jaar 2000 was 5,760. Ons weet dat die Hebreeuse kalender geknoei is omdat ‘n rabbi met opset sekere jare uitgehaal het sodat Daniël 9:25 se profesie oor Jesus nie sou pas nie. Die geskiedkundige Saxons het ‘n genealogie wat teruggaan tot by Adam. Die Dene en Noorweërs het ‘n koningsgeskiedenis wat terugdateer tot by Noag. Moenie die Egiptiese koningsgeskiedenis vertrou nie. Dit hoogs aangedik. Sien die werk van Corvil hieroor in “The Evolution Cruncher”. Hoekom is die oudste betroubare geskiedkundige rekords minder as 6,000 jaar oud? Wel, ek het ‘n teorie hieroor. En ek wed julle weet wat dit is, nie waar nie? Die Bybel is absoluut korrek, vriende. Absoluut korrek en wetenskaplik. Die bewyse vir ‘n jong Aarde is oorweldigend. Studente word dit nie geleer nie. Studente word slegs die sogenaamde bewyse vir ‘n ou Aarde gewys. Onthou die muntstukke in die boks? Hulle moet eerder met die jongstes werk en nie die oudstes nie. Hierdie boeke is eintlik nie meer wetenskapsboeke nie. Hulle is boeke oor Evolusie. Ek dink dis deel van ‘n baie groter prentjie vir ‘n Nuwe Wêreld Orde. Julle sien, die ouens wat Amerika begin het, het gesê: “Ons hou hierdie waarhede as self-bewysend.... ... Dat alle mense gelyk geskape is, dat hulle deur hulle Skepper sekere onwrikbare regte geskenk is.” Maar weet julle dat 75% van kinders uit Christen huise wie publieke skole bywoon, sal die Christelike geloof sal verwerp na een jaar op kollege / universiteit? Dis wat met Crawford Toy gebeur het. Meeste mense het nog nooit van Crawford Toy gehoor nie, maar hy was ‘n baie bekende Suidelike Baptiste teologiese professor. Hy het amper met ‘n meisie getrou met die naam van Lottie Moon. Het enigiemand al van Lottie Moon gehoor? ulle weet, julle hou ‘n Lottie Moon kollekte elke Kersfees. Sy was ‘n groot sendeling na China. Na die Amerikaanse burgeroorlog is Crawford Toy Europa toe, en leer hy van Evolusie. Hy het dit opgeneem en geglo en ‘n Evolusionis geword. Crawford is terug Bybelskool toe en het gesê: “Die Bybel poog om ‘n eenvoudige ses-dag Skepping te leer... ... Die Bybel is eenvoudig verkeerd op daardie punt.” Die Bybel verkeerd?! Nou wag ‘n bietjie, Crawford! Miskien is daar fout met jou teorie; of miskien is jy gebreinspoel. Dis baie maklik om gebreinspoel te word. Ek gaan nou probeer om die hele gehoor te breinspoel en dan gaan ons klaarmaak en huistoe gaan. Môre gaan ons gesels oor die Tuin van Eden. Hoe was dit daar? En hoekom het hulle tot 900 jaar oud geleef? Maar eers gaan ek probeer om almal te breinspoel. Hier is wat gaan gebeur. Ek gaan ‘n storie vertel. Soos ek die storie vertel gaan ek julle breinspoel. Miskien is jy nog nooit vantevore gebreinspoel nie. Dis ‘n heeltemal skadelose prosedure. Wanneer ek die storie klaar vertel het, gaan ek julle twee eenvoudige vrae vra oor die storie vra. As jy die antwoord ken,wil ek hê jy moet jou hand oplig. As jy nie die antwoord weet nie, is dit omdat jy suksesvol gebreinspoel is. Nou gee aandag: hier is die storie. Eendag verlaat ‘n man van sy tuiste, en draf. Hy draf ‘n kort entjie en draai links. Hy draf nog ‘n entjie en draai links. Hy draf nog ‘n entjie, draai links, en draf terug tuiste toe. Soos hy tuis draf, sien hy twee gemaskerde mans wat vir hom by die tuiste wag. Wie is die gemaskerde mans? En hoekom het hy sy tuiste verlaat om te draf? As jy weet, lig jou hand, maar moenie dit hardop sê nie. Die res van julle moet aandag gee, ons gaan dit weer probeer. Eendag verlaat ‘n man sy tuiste, en draf. Hy draf ‘n entjie en draai links. Ek sal julle ‘n wenk gee, dis belangrik. Hy draf ‘n entjie en draai links. Hy draf ‘n entjie, draai links, en draf na sy tuiste toe. Soos hy tuis draf, sien hy twee gemaskerde mans wat vir hom by die tuiste wag. Wie is die gemaskerde mans? En hoekom het hy sy tuiste verlaat om te draf? Nog iemand wat dit uitgesyfer het? ... Twee meer. Vir die res van julle, gee aandag. Ons gaan dit nog een maal probeer. Maar nou gaan ek julle ont-breinspoel. Sien, wat julle nie besef het nie, is dat ek julle binne die eerste drie sekondes gebreinspoel het. Ek gaan julle almal nou ont-breinspoel deur net ‘n paar prentjies te wys. Ek sal dieselfde storie vertel, woord vir woord, maar kyk na die prentjies. Jy sal voel hoe jy ont-breinspoel word. Dis die wonderlikste gevoel. Is julle gereed? Hier gaan ons. Eendag verlaat ‘n man van sy tuiste, en draf. Hy draf ‘n entjie en draai links. Hy draf ‘n kort entjie en draai links. Hy draf nog ‘n entjie en draai links en draf terug tuiste toe. Soos hy tuis draf, sien hy twee gemaskerde mans wat vir hom inwag by die tuiste. Wie is die gemaskerde mans? Die ‘Vanger’ en die “Skeidsregter’! Jy sal sê: “Broer Hovind, is dit so maklik om gebreinspoel te word?” O Ja! Jy sien, die oomblik wat ek gesê het, “’n Man verlaat sy tuiste...” Jy het aan ‘n huis gedink. En net daar was jy van koers af. En as jy eers van koers af is, is dit nogal moeilik om weer op die regte pad te kom. Wil julle sien hoe kinders elke jaar in hulle miljoene deur die skoolstelsel gebreinspoel word? Miljoene kinders in Amerika word elke jaar gebreinspoel. En dis so eenvoudig hoe hulle dit doen. Hulle plaas kinders in kleuterskole waar hulle nog nie kan lees nie. En gee vir hulle 'n boek soos hierdie "I Can Read About Dinosaurs." Wil enigiemand 'n raaiskoot waag wat die eerste sin die die boek sê? "Miljoene jare gelede...." En daardie kind word binne die eerste vyf sekondes verwar. Hoeveel kinders word in Evolusie onderrig in jou dorp? Almal van hulle. Dit is om Jesus 'n leuenaar te noem. Het Dinosourusse miljoene jare gelede gelewe? Dr. Seuss sê selfs, "Miljoene jare gelede voordat jy gebore is". Jesus sê “Het julle nie gelees dat die Skepper hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie?” Iemand is dus verkeerd! Maar wag ‘n bietjie. Die Bybel vertel dat mense tot 900 jaar oud geword het voor die vloed,. Hoe is dit moontlik? Ons sal dit môre in Seminaar 2, behandel. Wat van die groot vloed? Dit word in Seminaar 6 gedek. En wat van Dinosourusse? Wel, dit word in Seminaar 3 behandel. Maar besef dit, jy gaan in die skool vertel word dat jy eers slym was en stadig begin mens word het. Pas op, hierdie tipe filosofie sal u benadeel. Jesus sê “Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie” As ‘n kind skool toe gaan vir 12 tot 16 jaar in jou dorp, hoe gaan hy die wêreld aanskou? Hy gaan seker aan evolusie glo. As die Bybel reg is oor die skepping – moet dit dus reg wees oor die einde. Kom ons som dit op. God het die wêreld gemaak. He besit dit, en Hy maak die reëls. En ons is skuldig omdat ons Sy reels breek. Elkeen van ons. Kom ek wys jou. Hier is die Tien Gebooie. Hy het gesê “Jy mag nie valse getuienis teen 'n ander gee nie.” (Moenie lieg nie). Hoeveel van ons het ooit gelieg? Steek hande op – of u vertel nog een as u nie u hand opsteek nie. “Jy mag nie steel nie” Hoe veel mense het ooit iets gesteel? Kom nou, u het klaar vir my vertel dat u leuenaars is- steek u hand op. (Het u hand daar gewys broer? Kom, steek hom in die lug). Tot dusver, is ons ‘n groep mense wat lieg en steel of hoe? Wil u die volle lys lees en sien hoe doen ons? Ek dink ons moet liewer net daar stop. Daar is geen twyfel – ons is skuldig. En ons gaan gestraf word. God is ‘n regverdige regter. Hy kan sonde nie verdra nie en ons gaan gestraf word. Of, ons moet 'n ander oplossing vind. Dis waar Jesus in die prentjie kom. Hy wil vir ons sonde betaal. Ek het Hom 36 jare gelede gevra om vir myne te betaal, om my te vergewe en bewaar. As u vandag doodgaan, waar sal u heengaan? Rook of Nie-Rook. Waar gaan u as u sterf? U moet daaroor dink – u gaan vir baie lank dood wees! Al wat ‘n mens uit hierdie lewe kry is ‘n baie klein tydjie tussen twee datums. Ek gaan ook eendag doodgaan. Ek sal graag wil hê dat dit die laaste ding is wat ek doen – maar dit gaan gebeur. Dit kan self vandag gebeur. Het u al gesien hoe bestuur hulle in Suid Afrika? Daar in ‘n paar waarlike gevaarlike mense op die paaie. U kan sterf op pad huistoe vannaand. Waar gaan u as u doodgaan? As u nie seker is of u Hemel toe gaan of nie, hoekom vra u nie vir die Here om u te verlos en te vergewe nie? As u weet dat u Hemel toe gaan, wat op aarde doen u vir die Hemel se saak? Almal moet ‘n manier vind om die Here te dien. Daar is tans ‘n oorlog aan die gang – vind iets om te doen wat saak maak. Wees besig om siele te wen, wees ‘n Sondagskool onderwyser, busbestuurder – doen iets vir God met u lewe. As daar iets is wat ons kan doen – dit is waarvoor ons en ons inligting beskikbaar is. Daar is ‘n katologus agter op die tafel. Ook ons videos, om u geloof in God se Woord te versterk. Ons hoop u het hierdie praatjies oor die skepping, evolusie en dinosouresse geniet. Meer belangrik egter as feite en waarhede oor wetenskap, is om met sekerheid te weet of u Hemel toe gaan of nie. As u nooit Christus as u Rredder aanvaar het nie, kom ek vertel u wat u moet doen om seker te maak dat u hemel toe gaan. Die Bybel sê dat ons almal sondaars is. Ons het almal God se rëels oortree. Ons het die Skepper veronagsaam. Ons het sondige dade gedoen – ons is sondaars. Party is erger as ander, in mense se oë, maar ons het almal God se wet verontagsaam. Die Bybel vertel ons moet ons bekeer. Die Engelse term “repent” beteken “omdraai”. Dit beteken eintlik twee dinge, om weg te draai van sonde, en om na God te draai. God soek ‘n verandering in u lewenswyse – waar u met u hele hart sê “Here, ek wil nie meer verkeerd lewe nie; Ek is jammer dat ek u beskaam het – ek wil nou reg maak” en besluit dan om weg te draai van sonde af, en na aan God te draai. Vra dan “God, sal u my asseblief vergewe en red?” Die Bybel sê in Romeine 3:23 “Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie.” Jy moet erken dat jy 'n sondaar is. Nommer twee, die Bybel sê in Romeine 6:23 “Die loon van die sonde is die dood…" Ons verdien om dood te gaan en hel toe te gaan, maar Jesus het vir my en vir jou gesterf. Hy het jou lief – Hy wil hê jy moet hemel toe gaan. En vir enigiemand wat vir verlossing vra, sal God die geskenk van die ewige lewe gee. Dit is 'n gratis geskenk en daar staan in Romeine 10:13, “want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.” As u net wil uitroep en sê “Here, ek is ‘n sondaar” en Hom vra, sal Hy die geskenk van die ewige lewe vir u gee. Kom bid dan nou saam met my en ontvang Jesus as u Redder. Daar is geen vreemde woorde. God kyk na jou hart – maar as u hierdie woorde kan bid, en hulle bedoel – sal God jou vergewe. Sê net: “Here, ek weet dat ek ‘n sondaar is – ek het u wette gebreek. Ek is jammer. Vergewe my asseblief. ... Ek vra dat u u bloed op my uitstort. Vergewe my sonde en neem my saam hemel toe. In Jesus naam, Amen.” Die Bybel sê dat as u die Here aanroep, sal Hy hoor en jou red. As u die Here gevra om u te red het Hy belowe om u te red. Nou is dit tyd om te begin groei. Lees u Bybel, bid, raak betrokke by ‘n kerk, en begin groei in die Here om 'n goeie Christen te wees. Baie dankie. Moet asseblief nie huiwer om ons te kontak as ons enigsins van hulp kan wees – ons help graag. Vir verdere informasie of inligting wat beskikbaar is vanaf “Creation Science Evangalism, Skakel ons by 1(850)-479-3466 - of besoek ons web adres www.drdino.com - [Ed.13.5]