Die Verdwynende Bewyse van Evolusie
Boek deur:  Thomas F. Heinze  ·  ©2005  ·  96 bladsye
  Tuisblad: Afrikaans
      Introduction
  Hoofstuk 1
Hoofstuk 2
  Hoofstuk 3
  Hoofstuk 4
  Hoofstuk 5
  Hoofstuk 6
  Hoofstuk 7
  Hoofstuk 8
<http://www.creationism.org/afrikaans/HeinzeVanishChap02_af.htm>
Hoofstuk 2
Herleef 'n Embrio Sy Evolusie?

Ernest Haeckel, 'n Darwin navolger, het geglo dat aan die begin van 'n nuwe lewe, soos die embrio groei, dit deur verskeie fases gaan gedurende sy evolusionêre geskeidenis. Hy het sy idee die biogenetiese wet genoem en dit gewild gemaak in 1866 met 'n reeks pen en ink sketse wat steeds gebruik word om studente te oortuig van evolusie.

Figuur 2 Foto's voorsien deur Dr Michael K. Richardson. Hulle is oorspronklik gepubliseer in MK Richardson et al.. "There Is No Highly Conserved Embryonic Stage in the Vertebrates: Implications for Current Theories of Evolution and Development," Anatomy and Embryology 196(2):91-106. 1997 ©Springer- Verlag GmhH & Co.. Tiergartenstrasse, 69121. Heidelberg German. Gereproduseer met toestemming.

Vervalste Sketse

Haeckel het die embrios geskets soos hy gevoel het dit moet lyk wanneer elke embrio beweeg het deur dieselfde fases in sy ontwikkeling as wat sy evolusionêre voorvaders gevolg het gedurende hul evolusie. Hierdie sketse is toe aangebied as bewyse dat 'n embrio werklik deur dieselfde fases gaan as wat sy spesie deurgegaan het terwyl dit ontwikkel het tot sy huidige staat. Die beste bekende eis is dat in een fase in die ontwikkeling 'n mens se embrio lyk soos 'n vis met kuwe. Hierdie fase is veronderstel om te wys dat mense ontwikkel het vanaf visse en dat soos die menslike embrio groei, elke mens weer deur daardie fase gaan.

(Sien figuur - links)
Vis
Salamander
Skilpad
Hoender
Haas
Mens

Links-bo, boonste ry: Haeckel se sketse van verskeie verskillende embrios wat merkwaardige ooreenkomste toon tydens hul vroeë "stertend" fase. Onderste ry: Richardson se foto's van hoe die embrios van dieselfde diere eintlik lyk wanneer hul deur dieselfde fase gaan (sien verwysing 13 vir spesie name). Baie moderne evolusioniste maak nie meer daarop aanspraak dat die menslike embrio homself herhaal in die volwasse fases van sy beweerde evolusionêre voorvaders nie maar verwys na Haeckel se sketse (boonste ry) en beweer dat dit hulself herhaal gedurende die embrio fases. Maar selfs hierdie beweerde steunstuk vir evolusie is nou blootgelê as gebasseer op vals sketse.

Die sketse is ontmasker as bedrog deur 'n aantal wetenskaplikes so vroeg as 1874 terwyl Haeckel gelewe het. Ten spyte van die ontmaskering word Haeckel se teorie dikwels aangebied as wetenskap wet. Van sy sketse kom steeds voor in skoolboeke vandag.

Jonathan Wells, in sy boek, “Icons of Evolution”, kritiseer sewe biologie teksboeke, meeste vanaf 1998 en 1999, wie Haeckel se sketse gebruik. (1) Ten spyte daarvan dat Haeckel se sketse ontmasker is as vals, word hulle deur hedendaagse voornemende evolusioniste geag as waar te wees. Wells skryf,

"In Februarie 2000 het teksboek skrywer Douglas Futuyma 'n boodskap geplaas op die Kansas internet forum in antwoord op 'n aanhanger van die skepping wat hom beskuldig het oor sy leuens deurdat hy Haeckel se embrios gebruik het in sy 1998 teksboek (gevorderde kollege vlak), Evolutionary Biology. In sy verdediging het Futuyma verduidelik dat voordat hy sy kritisie se kommentaar gelees het hy onbewus was van die teenstrydigheid tussen Haeckels se sketse en die eintlike gewerwelde embrios."
Futuyma, alhoewel 'n welbekende, goed ingeligte en hoog gerespekteerde evolusionis waarskynlik nooit sou geweet het van die foppery indien nie aan hom vertel deur 'n aanhanger van die skepping in 'n e-pos nie.

'n Paar eerlike evolusioniste vind nog gedurig uit oor die foppery en ontbloot dit. Byvoorbeeld MK Richarsdon het dit ontdek en ontbloot in 1998 in die Science joernaal, deur te sê:

"Haeckel se sketse van 1874 is substansieel gefabriseer. In ondersteuning van hierdie siening het ek gemerk dat sy oudtse 'vis' prent opgemaak is van stukkies van verskillende diere - van hulle mities. Dit is nie onredelik om dit te karakteriseer as 'nagemaak' nie. Latere uitgifte van Haeckel se sketse is ietwat meer akkuraat ... jammer om te sê dat dit die gediskrediteerde 1874 sketse is wat vandag gebruik word in so baie Britse en Amerikaanse biologie teksboeke." (2)
Richardson se artikel in die Science joernaal het 'n beroering van briewe aan die redakteur teweeg gebring wat aangedring het dat as die embrio bewyse in so baie teksboeke verskyn dit waar moet wees. Ek het opgevolg op 'n gesprek waarin Richardson op besware geantwoord het met meer briewe gepubliseer is in die Science. Die paar mense wat die joernaal gelees het, het eindelik oortuig geraak omdat die briewe wat beswaar gemaak het teen Richardson gestop het. Dinge sal waarskynlik aanhou soos tevore totdat 'n ander wetenskaplike die bedrog ontdek, verleë voel omdat hy verlei is en 'n artikel skryf in 'n ander joernaal. As gevolg van hierdie skrywe is baie omvorm na evolusie vir amper 150 jaar. Dit laat 'n mens wonder sou die teksboeke steeds hierdie vals bewyse gebruik om mense te oortuig van evolusie as daar regte bewyse was wat hulle eerder kon gebruik?

Om kritisie te vermy wys sommige skoolboeke kort, moeilik identifiseerbare dele van Haeckel se sketse en ander skryf dit toe aan iemand anders. In die gevalle word ou bedrog weggesteek deur nuwe bedrog en Haeckel gaan voort om omvorming na evolusie te maak.

Wat hierdie idee geloofwaardig maak is dat daar werklik sekere ooreenkomste bestaan tussen die menslike embrio en van sekere laer vorme van lewe. Die meeste diere is ietwat dieselfe in hul basiese struktuur, dit bestaan uit selle en ook in hull basiese funksie, hulle benodig nutriente, suurstof en 'n manier om van afvalstowwe ontslae te raak. Die sketse is vervals maar deur ander ooreenkomste by te voeg wat nie werklik bestaan nie om te eis dat die embrio deur een na die ander fase gaan van sy evolusionêre geskiedenis.

Die ooreenkomste met laer diere wat werklik bestaan is gewoonlik oppervlakkig. In die geval van die beroemde "kieu gleuwe" het die embrio wanneer 'n maand oud sekere voue op wat die nek raak, maar hierdie voue het nog nooit die funksie of materiale bevat wat kieue het nie. Die weefsel ontwikkel in 'n kakebeen, nek ens, nie in kieue nie, maar sommige jong mense word steeds vertel dat die embrio deur 'n kieue fase gegaan het en word die volgende gevolgtrekking gevoer: '...visse en mense deel 'n antieke gekieue voorvader." (3) Of dat die mens van 'n vis ontwikkel het.

Terwyl ek die boek geskryf het, is die hoofstukke op creationism.org geplaas. Ek het verwag om verontwaardige e-posse van evolusioniste te kry wanner hulle sou uitvind dat hulle gekul is; dat hulle skoolboeke hulle mislei het. Ek was nie voorberei vir wie hulle verontwaardig sou wees nie. Dit was nie teenoor Haeckel wie die misleiding begin het nie. Dit was nie eers teen die skoolboeke wat die bedrog bevorder het vir 150 jaar nie. In teendeel, hulle het beide Haeckel en die skoolboeke verdedig en woedend vir my! Ek het hulle probeer beroof van 'n argument wat jare lank effektief was in die omvorming van wat lyk asof dit hulle geloof geword het. Dit, so ver as wat ek kan sê, was meer belangrik as die waarheid. As jy ook so voel, moenie dink dat jy my sal oortuig deur verontwaardige briewe skryf nie. Onthou die omvormers wie die embrio vervals het is besig om jou in hulle geloof in te bring wat afkomstig is van myne!

Nadat ons skole ons Skepper uitgedruk het was dit net natuurlik vir hulle om ons skole te reinig van ons Skepper se 10 gebooie. Mense, egter, moet in iets glo. Dalk is dit betekenisvol dat een van die kinders wie die geregsbode was in die die era van die skool moorde 'n t-hemp gedra het met die woorde "oorlewing van die fikste." Deur dit uit te beeld deur sy skoolmaats uit te moor is nie aanvaarbaar nie maar die uitdra van die boodskap het nie enige amptelike kritisie uitgelok nie. Die reg op vrye spraak is van toepassing op almal -- behalwe ons Skepper! 'n Publieke skool wat my kinders bygewoon het, het nie eers die woord Kersfees toegelaat nie omdat dit opgemaak is uit twee woorde een van wie Christus is in engels.
 

Aborsie

Terug na Haeckel: Selfs al was sy teorie bekend daarvoor dat dit vals was, deur dit te leer asof dit waar is het die gemeenskap beïnvloed op 'n ander manier ook. Ek glo dat vir sommige van jou vriende aborsies ondergaan omdat Haeckel sy sketse vervals het in 1866. As jy dink dit is verregaande, ek ontvang steeds e-posse soos die volgende:

Verder glo ek nie dat mense aborsies ondergaan as gevolg van die sketse, wat ek erken is nie korrek nie, maar hulle was nie vêr verkeerd nie, by konsepsie is jy nie 'n mens nie, net 'n klomp selle, jy word nie 'n mens totdat jy die eienskappe van 'n mens kry nie. Deur so te redeneer is enige groep ontwikkelende selle 'n mens wat nie waar is nie." Soos jy kan sien in hierdie e-pos, selfs nadat mense erken dat Haeckel se argumente nie waar was nie hulle dit steeds moeilik vind om van hierdie misgissing afstand te doen.
In Oregon, waar ek bly, is nie net aborsie nie maar selfs die doodmaak van ongebore babas wettig. Lees die volgende aanhaling van 'n artikel genaamd "Fetus Gesteek In Die Baarmoeder Dood," n die Portland koerant, The Oregonian:
"Die fetus van 'n vrou wie in die maag gesteek was twee dae tevore deur 'n man wie haar familie se winkel binnegegaan het is verlede week oorlede, het die polisie gesê. ...Die vrou herstel steeds van haar wonde in die OHSU Hospitaal."

Clackamas Distriks aanklaer Michael Regan het gesê die dood van die fetus het geen wetlike implikasies vir Alfredo Cortes-Villa, 20, van Salem nie wat dronk was gedurende die aanval. 'n Fetus kan nie 'n moord slagoffer wees volgens die wet nie. 'n Moord slagoffer word gedefinieer as 'n mens wie gebore en lewendig is ten tyde van die kriminele daad wat gelei het tot sy dood." (4)

In die oë van die wet het die aanvaller nie 'n ongebore baba vermoor nie, net 'n fetus en dit was aanvaarbaar. Haeckel se sketse het die vrou se keuse om te kies getroef. Die wetgewers wie die wet geskryf het glo hulle biologie teksboeke wat wys dat gedurende een fase 'n ongebore baba baie meer lyk soos 'n vis as 'n mens. Sulke krag om te oortuig is die rede waarom die valse sketse so lankal gebruik is.

Alhoewel vandag word die sameleweing teruggetrek na die waarheid deur 'n kragtige invloed. Ultrasonars wys 'n groeiende aantal mense hoe hulle ongebore babas lyk en dit lyk nie soos die sketse nie. Dit het 150 jaar geneem maar die teksboek se posisie is besig om 'n verleentheid te raak dat die evolusioniste met 'n sug van weerstand dit sal laat vaar.

Voordat ek die boek klaargemaak het, het 'n nuwe wet na vore gekom wat dit onwettig gemaak het om ongebore babas te steek. The Oregonian sluit die kommentaar in:

"Teenstaanders van hierdie voorstel, terwyl hulle sê hulle simpatiseer met die drang om enige persoon erg te straf wie 'n verwagtende vrou aanval sê ook hulle is bekommerd oor die definiese van 'n 'kind in die uterus' wat onder die wet as 'n lid van Homo sapiens geag word tydens ontwikkeling, wie in die baarmoeder gedra word."
Die volgende paragraaf sluit in die belangrike woorde:
"...hulle het gedink dat wanneer die definisie in die federale wet ingeskryf is, dit uiteindelik gebruik sal word as 'n argument om huidige wette te wysig wat aborsie regte beskerm." (5)
Ek kan verstaan hoekom mense op skool wie oortuig was dat 'n fetus deur 'n vis en wat ookal fase gaan bekommerd sal wees oor die nuwe definisie.

Laat ek my posisie duidelik stel. Ek beweer nie dat 'n embrio begin as 'n perfekte miniatuur volwassene nie. Dit begin as twee selle wat bymekaar kom, een word en vandaar groei. Maar 'n mens baba is menslik vanaf die oomblik van bevrugting. Die ontwikkeling van die embrio word gerig deur menlike DNA. Daar is geen fase waarin die ontwikkeling van die embrio bepaal word deur die DNA van 'n aap of die DNA van 'n vis nie. Die DNA van enige vorm van lewe bevat instruksies vir konstruksie en die behouding in sy liggaam. Die instruksies is ingeskryf in 'n chemiese kode wat oorgedra word aan die kinders. RNA kopieër seksies van die kode soos benodig en vat hulle na dele van die sel wat dit vertaal en die inligting gebruik. 'n Baba vis is steeds 'n vis gedurende enige fase net soos 'n menslike baba 'n volle mens is selfs as is dit nie ten volle ontwikkel nie. Dit begin nie as 'n laer dier wat geleidelik 'n mens word nie. Jy sal nooit hoor van 'n vaderskap toets wat so klink nie:"Ons het die DNA van Megan se fetus getoets en gevind dat die vader was 'n vis!"

Endnotas

1  pp.102-107; como exemplo, veja o livro da Prentice Hall “Biology, The Living Science”, 1998, p.223.
2  Michael K. Richardson, Science, vol. 281, 28 August 1998.
3  John H. Postlethwait, Janet L. Hopson, McGraw-Hill, “The Nature of Life”, 1995, p.373.
4  Noelle Crombie, The Portland Oregonian, 30 December 2003.
The Oregonian, 26 March 2004, p. A7.
 

Hoofstuk 2 · "Herleef 'n Embrio Sy Evolusie?"
<http://www.creationism.org/afrikaans/HeinzeVanishChap02_af.htm>

Main:  Intro
www.creationism.org