FROM:  Creation Research Society   
www.creationresearch.org
Creation Matters  • Vol. 15, No. 3 • May/Jun 2010, Pg. 12
Die Vinnigste Bek
All by Design,
Dr. Jonathan C. O'Quinn
Vertaal deur Marlize Schutte

Kolibries het 'n buitengewone hoë aktiwiteitsvlak, wat nie net baie plantnektar benodig nie, maar proteïene en ander voedingstowwe van klein insekte soos vrugtevlieë, ongeveer 300 van hierdie vlieë per dag, verbruik. Die klaarblyklike probleem hiermee is egter die lang naaldagtige bek van die kolibrie wat duidelik geskik is vir blomme.

Wat die meeste mense nie weet nie, is dat die kolibrie ook perfek geskik is om hierdie klein insekte te vang. In plaas daarvan om 'n kraakbeen-skarnier aan die basis van die bek te hê, soos die meeste ander voëls wat insekte eet, is die kolibrie-snawels 'n soliede been. Die been van die onderste snawel is egter ongelooflik dun en buigsaam.

As 'n kolibrie sy bekkie oopmaak om 'n vrugvlieg te ruk, buig die spierkrag wat op die onderste snawel toegepas word, die onderste snawel ongeveer 25 grade en brei dit die snawel uit aan die basis om die oppervlakte te vergroot. Die elastiese energie wat dus in die been van die onderste snawel geberg is, bereik vinnig 'n drempelwaarde, waarna dit skielik binne 1/100ste van ‘n sekonde toegesluit word, baie vinniger as wat die kolibrie alleen deur spierkrag kan bewerkstellig. Hierdie uiterste snelheid help die kolibrie om hierdie klein vlieë te vang.

Soos oral in die natuur gesien word, pas die bekvorm van die kolibrie perfek by sy funksie. Die feit dat hierdie bekkie vanaf die eerste dag foutloos moes funksioneer, dui daarop dat dit nie lukraak en in fases kon ontwikkel het nie. Dit demonstreer opsetlike, intelligente ontwerp wat dramaties spreek tot die bestaan van 'n Skepper.


    Bibliografie

Smith, M., G. Yanega, and A. Ruina. 2011. Elastic instability model of rapid beak closure in hummingbirds. J. Theoretical Biol. 282:41–51.

    Figuuropskrif:
Breë-stert Kolibrie (Selasphorus platycercus) Nasionale Parkdiens foto, www.nps.gov, te danke aan Paula Hamilton.
 

"Die Vinnigste Bek"
(Originally published in "Creation Matters" as: Fastest Beak Around)
<http://www.creationism.org/afrikaans/CrsCmFastestBeak_af.htm>

Tuisblad:  Afrikaans
www.creationism.org