FROM:  Creation Research Society   
www.creationresearch.org
Creation Matters  • Vol. 13, No. 4 • Jul/Aug 2008, Pg. 10
Die Oog van Volmaaktheid – Valke
All by Design,
Dr. Jonathan C. O'Quinn
Vertaal deur Marlize Schutte

Of dit nou is om ensiem-gekataliseerde biochemiese reaksies, voortplantingstrategieë of fisiese spesialisasies van lewende dinge te bespreek, die biologiese stelsels waarop die lewe afhanklik is, is alles-of-niks-stelsels, wat óf perfek funksioneer vanaf die eerste dag en die lewe moontlik maak, óf dit voorkom as daar enige stelselfoute is.

Valke prooi op kleiner voëls en vang hulle vinnig in die lug met 'n snelheid van 300 km/uur. Dit vereis sowel skerp sig as 'n oogoppervlak wat skoon en gesmeerd bly, selfs op hoë snelhede. Valke het 'n derde ooglid, 'n knipvleis, wat gereeld en vinnig oor die kornea vee.

Die voorrand van die knipvlies van valke het 'n bindweefselvou wat die randvlakte genoem word. Dié vlakte het ontelbare haaragtige strukture, bekend as mikrovilli, op die oppervlak wat soos 'n mikroskopiese verestowwer optree om traanfilm en deeltjies te versamel en dit in 'n vergrote “puncta” te vee, wat dan in die nasolakrimale stelsel dreineer.

Valke het ook 'n spesiale klier, die Harderiaanse klier, geleë aan die basis van die knipvlies. Hierdie spesiale klier smeer die oogoppervlak met 'n hoogs viskose, verdampingsbestande oplossing, om te voorkom dat wind die traanfilm op die oogoppervlak verdamp.

Sulke hoogs gespesialiseerde kenmerke van die valk se oë, tesame met buitengewone gesigskerpte en geweldige spoed, moet almal perfek in plek wees sodat hierdie voëls kan oorleef. Gedeeltelik-ontwikkelde eienskappe sou nie funksioneer op die vlak wat nodig is vir die oorlewing van hierdie voëls nie, en is dus ‘n sterk argument teen hul stapsgewyse ontwikkeling.


    Bibliografie

Schwab, I.R. and D. Maggs. 2004. The falcon’s stoop. Br. J. Ophthalmology 88:4.

    Figuuropskrif:
Peregrine Falcon, Falco peregrinus. Photo by Kevin Law. Falco peregrinus. Foto deur Kevin Law. Gelisensieer onder ShareAlike 2.0 License (cc-by-sa-2.0).
http://commons.wikimedia.org/wiki/Image:Peregrine_Falcon_profile_shot.jpg
 

"Die Oog van Volmaaktheid – Valke"
(Originally published in "Creation Matters" as: Eye of Perfection)
<http://www.creationism.org/afrikaans/CrsCmEyeOfPerfection_af.htm>

Tuisblad:  Afrikaans
www.creationism.org