FROM:  Creation Research Society   
www.creationresearch.org
Creation Matters  • Vol. 15, No. 3 • May/Jun 2010, Pg. 12
Die Ongelooflike Vatoogvis
All by Design,
Dr. Jonathan C. O'Quinn
Vertaal deur Marlize Schutte

Die wêreld is vol manjifieke wesens waarvan die struktuur en ontwerp die pogings om hul bestaan na die toeval te bestry, uitroei. Kom ons kyk na die vatoogvis as een so voorbeeld.

Die vatoogvis is ‘n klein vis, ‘n paar duim lank, wat in die pikdonker dieptes van 2 000-2 600 voet (600-800m) leef. Dit leef in dieptes waar die sonlig nie die oseane kan deurdring nie. Die bokant van die kop van die vatoog is bedek met 'n dun, deursigtige membraan wat gevul is met kristalhelder vloeistof en vorm letterlik 'n borrel, met twee groot oë wat binne-in sy kop geleë is en na bo wys. Die buisvormige oë bevat heldergroen lense en is uiters sensitief vir lig van die vele bio-liggewende visse en jellievisse wat ook in hierdie dieptes woon.

Wanneer die vatoog 'n maaltyd sien, draai hy sy oë vorentoe en swem hy op om sy prooi te vang. Daar word vermoed dat die groen pigment in die oë sonlig op vlak dieptes uit filtreer, sodat enige deurdringende sonlig nie die vermoë belemmer om bio-liggewende prooi of hul silhoeëtte op vlak dieptes te sien nie. Die deursigtige skild beskerm die vis se oë teen die stekende selle van die jellievisse wat hulle die meeste van hou om te eet. Boonop het vatoogvisse groot, plat vinne wat hul in staat stel om in wese bewegingloos in die water te “hang” en die water bo te skandeer met minimale energieverbruik.

Soos ons oral in die natuur sien, die komplekse ontwerpe van lewende wesens funksioneer perfek in die spesifieke omgewings waarin ons hulle bevind en kan dit nie in fases ontwikkel het nie.


    Bibliografie
Robinson, B.H. and K.R. Reisenbichler. 2008. Macropinna microstoma and the paradox of its tubular eyes. Copeia 4:780–784.

    Figuuropskrif:
Winteria telescopa, ‘n spesie van vatoog (Opisthoproctidae). Uit Brauer, A., 1906. Die Tiefsee-Fische. I. Systematischer Teil. In C. Chun. Wissenschaftl. Ergebnisse der deutschen Tiefsee-Expedition 'Valdivia', 1898-99. Jena 15:1–432.
Danksy Wikimedia Commons (openbare domein).
 

"All by Design - Die Ongelooflike Vatoogvis"
(Originally published in "Creation Matters" as: The Incredible Barreleye Fish)
<http://www.creationism.org/afrikaans/CrsCmBarreleyeFish_af.htm>

Tuisblad:  Afrikaans
www.creationism.org