7 Wondere van die Berg St. Helens
by Lloyd & Doris Anderson    http://www.creationism.org/afrikaans/7wonder_af.htm

Inleiding:  Die 7 Wonders, soos hulle hieronder opgesom is, is sewe geologiese kenmerke wat die resultaat is van eruptiewe aktiwiteite van die ‘80’s en wat uitgestal word by die BSH-Skeppings Inligtingsentrum. Aangesien hulle vinnig gevorm is, daag hulle ewolusionêre denke uit wat lang tydperke aan sulke formasies toewys. Ons noem hulle “wonders” as gevolg van die ontsag wat hulle inboesem. Dit is inderwaarheid ons oortuiging dat hierdie wonders ’n boodskap van God is om die mens te herinner aan die spoed waarmee Hy die aarde geskape het.
Volcanic Eruption, May 18, 1980
Volcanic Eruption,  May 18, 1980

1.  Berg binne nege uur onherkenbaar herrangskik.  BSH is bewonder as die mooiste van die Cascade pieke. Kegelvormig en sneeubedek, het dit uitgetoring bo digbewoude diep bergklowe met ’n kristalhelder meer noord daarvan. In Maart 1980 het magma in die berg begin opbeweeg en dit asof met ’n wig uitmekaar gedruk. ’n Kragtige aardbewing op 18 Mei, om 8:32 vm, het veroorsaak dat die noordelike hang in die valleie daaronder ingestort het en die druk daarbinne met ’n laterale, noordwaartse, waaier-vormige ontploffing vrygestel het. Hierdie aanvanklike agt minuutlange ontploffing het 230 vierkante myl (600 km2) woud vernietig.

Die berg het aanhou ontplof tot die aand toe en die krag van 20 000 Hiroshema-klas bomme vrygestel. In daardie nege uur het die boonste 1/4 en die totale binnekant van die berg verdwyn en ’n enorme, gapende, perdehoef-vormige krater agtergelaat. Diep ravines is gevul en 250’ (75m) materiaal het op die bodem van die meer neergesak; en die rivier wat die noordelike en noordwestelike kante van die berg gedreineer het, is begrawe onder ’n gemiddelde afsaksel van 150’ (45m). In slegs nege uur het die omgewing ’n afgryslike, lewelose maanlandskap geword.

150 jaar lank het die geologiese ewolusie die rol van katastrofiese gebeure geminimaliseer. Tog sou die enorme geologiese verandering wat geskep is deur hierdie nege uur lange ontploffing van ’n mindere vulkaan miljoene jaar se geleidelike verandering geneem het.

2.  Diep klowe (canyons) binne vyf maande gevorm.  Binne die vyf maande wat gevolg het op die uitbarsting, is twee diep klowe gevorm deur modder en piroklastiese vloei en daardeur is dreinering verskaf vir die 1,5 x 2.0 myl (2,5 – 3 km) grootte krater. Die primêre dreinering, Step Canyon, is tot 700’ (213m) diep. Oos daarvan is Loowit Canyon. Beide klowe het deur 100’ (30m) soliede rots gesny. Spruite vloei deur beide klowe. Die tipiese ewolusionêre verduidedeliking is dat ’n spruit geleidelik oor geweldige tydperke ‘n kloof of canyon vorm. In hierdie geval weet ons dat die klowe vinnig gevorm het; toe het ’n spruit deur hulle begin vloei. Handboeke noem dat die mees asemrowende kloof, die Grand Canyon, gevorm is deur stroomerosie oor ’n tydperk van ongeveer ’n honderdmiljoen jaar. Nou glo wetenskaplikes wat spesialiseer in geologiese erosie dat dit vinnig gevorm is, net soos hierdie klowe by MSH.
 

 

3.  Dongaveld binne vyf dae gevorm.  Dongaveld tipografie kan in die Suidweste en in Suidelike Dakota gevind word. Dit vind plaas wanneer los materiaal ge-erodeer het in areas met rotsstrukture en ’n gekerfde maar prentjiemooie landskap agterlaat. Die standaardverduideliking vir sulke formasies is dat water oor eeue lank die los materiaal weggespoel het en vrystaande toringhoë rotspatrone agtergelaat het.

By MSH het die massiewe aardverskuiwing enorme hoeveelhede ys en sneeu daarmee saamgedra en dit in die diep vallei na die noorde begrawe. Dwarsdeur die dag is 30’ (9m) as van 550 grade Fahrenheit (300°C) ook neergelê en dit het veroorsaak dat die ys gesmelt het en veroorsaak dat dit “gevlam” het tot stoom. Dit is dieselfde energieproses wat dwarsdeur die dag die uitbarstings bo in die berg veroorsaak het. Water sit 1700 keer uit wanneer dit in stoom verander. Wanneer dit oombliklik gebeur, is dit ’n ontploffing. Uiteindelik is al die water deur soortgelyke ontploffings opgebruik.

Toe die rooiwarm as die ys en sneeu wat in die vallei begrawe was, bedek het, het dit daardie ys laat smelt en tot stoom laat “ontvlam” en daardeur is iets genaamd “stoom ontploffingsputte” (tot 125’ / 38m diep) gevorm. Hierdie putte het bykans vertikale kante gehad totdat die gravitasiekrag hulle laat ineenstort het en ’n “beek en klofie” effek gehad, een van die eienskappe van die dongaveld tipografie. (’n Beek is ’n klein klofie). Hierdie groot dongaveld tipografie in die VSA kon ook veroorsaak gewees het deur katastrofiese kragte en sommige deur vulkanise aksie.

4.  Rotslae binne drie uur gevorm.  Op 12 Junie 1980 het ’n derde kragtige uitbarsting 25’ (7m) stratifikasie veroorsaak wat geoloë verstom het. Opeenvolgende lae vereis volgens tradisionele denke langer tydperke om te vorm; tog is meer as 100 lae hoofsaaklik tussen die nagtelike ure van nege- en twaalfuur opeengestapel. Terwyl ’n pluim vinnig nege myl (15 km) bokant die berg uitgestyg het, het golf op golf proklastiese vloeisel uit die krater begin loop en met die noordelike kant afgestroom; elkeen het die vallei daaronder met nog ’n laminering bedek. Dit het vanaf enkele sentimeters tot meer as ’n meter dik gemeet en elkeen het tussen ’n paar sekondes tot ’n paar minute geneem om te vorm.

Geoloog Steven Austin het die piroklastiese vloei beskryf as grondklouende, fluïede, onstuimige flodder bestaande uit fyn vulkaniese puin. Dit het met die kant van die berg afbeweeg teen orkaanspoed en het afsettings van 1000 grade F (500 grade Celsius) neergelê. ’n Mens sou verwag het dat elke neerslag homogeen en deeglik gemeng sou wees. Wat egter merkwaardig was, is die feit dat hierdie hoë-snelheid flodder van rooiwarm as en puimsteen sou verdeel in growwe en fyn partikels in perfek gedefineerde lae. Sulke kenmerke volg wette wat vloei beheer in sedimentasie tenks in labratoriums.

Soortgelyke dun neerslae verskyn in die Tapeatse Sandsteen van die Grand Canyon. Konvensionele wysheid sou sê dat hulle gevorm is deur die stadige en voortdurende sedimentasie oor lang tydperke. Beide gas-gelaaide flodder wat die MSH strata gevorm het en die water-gelaaide flodder wat die Tapeatse strata gevorm het, volg dieselfde wette van fisika. Die vulkaan het gedemonstreer dat sulke formasies vinnig gevorm kan word. ’n Globale vloed sou Tapeats binne ’n kort tydperk kon vorm.

5.  Die Rivierstelsel wat in nege uur gevorm is.  Die grondverskuiwing van 18 Mei het die rivier en die hoofweg na Spirit-meer tot ’n gemiddeld van 150’ (50m) begrawe. Dit het ook die meeste dreinerings in die 23 vierkante myl (60 vierkante kilometer) van die Bo-Toutle-vallei begrawe en die mond van die vallei verstop. Vir twee en twintig maande lank het daar geen vasgestelde pad vir water na die Stille Oseaan bestaan nie.

Toe, op 19 Maart 1982, het ’n uitbarsting ’n groot sneeupak wat gedurende die winter in die krater versamel het, laat smelt. Die water het gemeng met die los materiaal op die hange van die berg en ’n enorme moddervloei veroorsaak. Sonder dat iemand dit sien gebeur het, het die moddervloei binne nege uur ’n geïntegreerde dreineringstelsel oor ’n groot deel van die vallei uitgekerf en die pad na die Stille Oseaan oopgemaak. Die dreinering het ten minste drie valleie van 100’ (30 m) diep, ingesluit. Een het die bynaam gekry van “Die Klein Grand Canyon van Toutle” omdat dit ’n 1/40ste skaalmodel van die Grand Canyon was.

Baie water (of modder) bereik baie gou wat ’n bietjie water (of modder) ’n ewigheid neem om te bereik.

Evolusie-geoloë het lang tydperke toegeskryf aan die formasie van die 16 000 vierkante myl (41 000 vierkante kilometer) van die Gekanaliseerde Skurfland (“Scablands”) van Oostelike Washington. In die 70’s het hulle uiteindelik erken dat hierdie enorme geologiese formasie wat die Grand Coulee insluit, grootliks binne twee dae gevorm is as gevolg van ’n katastrofiese gebeurtenis. Katastrofiese gebeurtenisse lewer die beste verduideliking van die groot erosie-formasies op die aardoppervlak. Die geskiedenis van byna 300 groepe mense noem ’n gebeurtenis voldoende om die werk te voltooi – die globale vloed.

6.  Sinkende stompe lyk binne slegs tien jaar na baie verouderde woude.  ’n Miljoen bome is op die dag van die hoofuitbarsting in die Spirit-meer ingespoel. Soos die jare verbygegaan het, is hulle een vir een deur water deurdrenk en het na die bodem gesink. Digte wortelhout is steeds deel van 10% van die stompe. Hierdie stompe sink regopstaande na die bodem en hulle wortels word gou bedek met voortdurende sedimentasie wat in die meer instroom. Dit skep die idee dat hulle gegroei en gesterf het waar hulle neergelê is; een woud bo-op ’n ander vir lang tydperke.

Sulke formasies word op ander plekke ook aangetref, insluitende “Specimen Ridge” in Yellowstone Nasionale Park. Daar het geoloë sulke woude gevind waar hulle “gewortel” is in 27 opeenvolgende lae in die rif en het afgelei dat hulle 27 opeenvolgende woude sien. Die verklarende teken by die Specimen Ridge het hulle fout uitgewys. Dit het gelees: “Begrawe in die vulkaniese rots waaruit die berg bestaan, is sewe-en-twintig afsonderlike lae fossielwoud wat 50 miljoen jaar gelede gefloreer het.”

Vandag is die waarheid bekend en die teken is weg. Wetenskaplikes besef dat die Spirit-meer verskynsel Specimen Ridge verklaar. Die bome het op ’n meer gedryf, gevul geraak met water en gesink na die bodem oor ’n tydperk en dan die idee geskep dat meervoudige woude een bo-oor die ander gegroei het. Die 50 miljoen jaar formasie kon binne slegs ’n paar jaar gevorm het waartoe gevoeg kan word die tydperk nodig om die bome te versteen (100 tot 1000 jaar.)

7.  ’n Nuwe model vir vinniger steenkoolformasie.  Dr. Steven Austin het sy doktorale proefskrif by Penn State Universiteit geskryf oor ’n nuwe model vir steenkoolformasie gebaseer op sy studie in ’n steenkoolveld in Kentucky. Terwyl geoloë ’n moerasturfmodel gebruik het om steenkoolformasie oor 100 jaar te verduidelik, was Austin se argument dat hierdie verduideliking nie pas nie, aangesien steenkool ’n growwe tekstuur het, soos bas, en nie ’n fyn tekstuur soos moerasturf nie. Moerasturf bevat wortelmateriaal en steenkool bevat dit nie. Moerasturf rus op ’n grondlaag; steenkool rus dikwels op ’n rotslaag. Geen moerastuf is nog ooit gevind wat gedeeltelik in steenkool omvorm is nie.

Austin het ’n drywende mat-model voorgestel – dat ’n waterige katastrofe miljoene hektaar woude afgestroop het en hulle in matte verknoop het. Hierdie matte het dan op ’n oseaan oor Kentucky gedobber, teen mekaar gestamp en hulle bas na die bodem laat val. Daaropvolgende vulkaniese aktiwiteit het hitte en druk geskep, die finale bestanddele wat in labratoriums gebruik word om steenkool te vorm. Die resultaat was ryk steenkoollae in Kentucky en ’n Ph.D. vir Austin.

Slegs tien maande later het St. Helens uitgebars en het enorme hoeveelhede plantegroei, insluitende ’n miljoen stompe, in die Spirit-meer neergelê. Dr Austin het gevind dat die stompe gestroop was van hul bas. Die bodem van die meer was oortrek met tot drie voet (90 cm) se bas gemeng met ander plantegroei en afsetsels. Tot op hede bly hierdie materiaal daar as slegs stadig verrottende vegetasie. Maar sou ’n katastrofe die korrekte hoeveelheid hitte en druk verskaf, sou die materiaal vinnig verander in steenkool. Dr Austin se navorsing dui daarop dat die aanname dat steenkoolformasie miljoene jare vereis, hoogs bevraagbaar is.
 

"7 Wondere van die Berg St. Helens"
<http://www.creationism.org/afrikaans/7wonder_af.htm>



Tuisblad:  Afrikaans
www.creationism.org